243 en 90 greiners
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
243 en 90 greiners
Dagse al die 243 manne. Ek het n 243 met n 1:10 twist loop van 26” en soek n goeie jagpunt wat sal stabiliseer oor langer afstande soos wat mens soms in die karoo kry. Ek dink aan iets soos die 90g ELDX punt en wil graag hoor wat julle ondervinding is. Ek skiet heel lekker met 87g V-Maxe op papier maar dink dit sal vleis mors op n springbok blad.
Ek het ook al 87g Berger VLD Hunting’s gebruik maar is nie baie tevrede met die vleisskade wat ek daarmee kry nie.
Ek soek beste van 2 werelde met goeie bc sowel as jagvermoe
Ek lees graag julle kommentaar

Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: 243 en 90 greiners
85gr interbond
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 243 en 90 greiners
Skiet jy net bladskote of 'n kombinasie van blad en kop?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2946
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: 243 en 90 greiners
90gr eldx kan werk, ek kry redelik vleisskade in my 7mmRM op 100-200m. Sodra voorraad klaar, gaan ek oorskakel na iets anders. Ons het dit op ‘n ander draad hier ook bespreek.
In my 243 1:10;
Hornady 87gr SP - uitstekend. Ek het niks wat beter doen in my roer nie. BC dalk probleem.
Partition 90gr - alombekend en goed in myne ook. Ek sou die 95Gr Sterk oorweeg, As j dit nog kry, vir langer skote.
90gr Acubond van Nosler ook uitstekend met mooi BC. Vir die langer redes wat jy genoem het, sal ek hom aanraai. My inligting is dat die Acubond stywer bymekaar hou vir penetrasie as die ELDX.
Ek kon nie Berger 88gr FB gelykstaande of beter in my roer kry as bogenoemde nie.
As jy mono wil gaan, Barns en ander in 85gr. Hiermee het ek nie eerstehandse ervaring nie.
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: 243 en 90 greiners
Ek kan net uit my eie ondervinding praat, maar toe ek laasjaar vir my trofee ribbok jag gelaai het, het sirra 90gr gameking die beste presteer in my 1:10 243.
Groete Ben
Groete Ben
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: 243 en 90 greiners
As BC nie belangrik is nie, 85gr Sierra HPBT. Bitter akkuraat, matige vleisskade. Ek het lank met hulle gejag en 87gd VLD gebruik vir veldskiet, skiet nou net 87's uit my 243 oor ek nie meer lus is om twee verskillede koeels te laai nie.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 696
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: 243 en 90 greiners
Ek jag nou al 9 jaar met 85gr Barnes TSX in my .243 wat 'n 1:10 groefdraai het. Hulle skiet akkuraat genoeg - elkgeval beter as wat ek kan uit tipiese jag posisies!
Sover nog geen probleme gehad nie - springbok, blesbok, rooihartbees, koedoe en gemsbok het sonder probleme geval, almal met lyfskote. Die enigste koeël wat ek kon herwin was op die rooihartbees met n frontale skoot, waar die koeël in die rumen gestop het.
Sover nog geen probleme gehad nie - springbok, blesbok, rooihartbees, koedoe en gemsbok het sonder probleme geval, almal met lyfskote. Die enigste koeël wat ek kon herwin was op die rooihartbees met n frontale skoot, waar die koeël in die rumen gestop het.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2946
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: 243 en 90 greiners
Jy het goeie aanbevelings hier. Ek sou ‘n kostevergelyking doen, dit jou help lei in jou keuse en besluit.
Oorweeg die 85gr Hornady Interbond ernstig alvorens jy Eldx gaan, as Hornady jou voorkeur is. Praat eerstehands met iemand wat eldx gebruik in jou tipe jagomgewing en afstande vanaf 100 - klink so na 400m plus as ek jou luister. Ek het ernstige bedenkinge oor die eldx onder 200/225m en die gevolglike vleisskade. Hulle bemark hom ook as die langafstand keuse, maar dan moet jy dalk net langafstand gaan. Die tyd sal leer, my 2c.
Ek sien die 87gr SP / Interlock blyk vanaf die mark te wees.

Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: 243 en 90 greiners
90gr Accubond.
85, 95 of 100gr Partition.
Met n vleisie...
85, 95 of 100gr Partition.
Met n vleisie...
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 243 en 90 greiners
Daaroor my vraag oor kopskote. Daar is verskeie koperkoeëls op die mark en Kriek, Ballistix en ander gee baie dieselfde prestasie as die Barnes.Jaco vdW wrote: Thu Jun 18, 2020 4:44 pm Ek jag nou al 9 jaar met 85gr Barnes TSX in my .243 wat 'n 1:10 groefdraai het. Hulle skiet akkuraat genoeg - elkgeval beter as wat ek kan uit tipiese jag posisies!
Sover nog geen probleme gehad nie - springbok, blesbok, rooihartbees, koedoe en gemsbok het sonder probleme geval, almal met lyfskote. Die enigste koeël wat ek kon herwin was op die rooihartbees met n frontale skoot, waar die koeël in die rumen gestop het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13532
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 243 en 90 greiners
95gr ballistic tips
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 243 en 90 greiners
Afhangend van waar jy is kan n 105gr Amax dalk ook werk ... nie beste koeël vir min vleisskade nie maar met die afname in spoed kan dit dalk werk.
Ander opsie sou ek ook die 85gr Interbond soos Lategan kies met die 95gr BT ook hoog bo aan die lys. Die hunting BT doen regtig baie beter as wat mens sou verwag.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Ander opsie sou ek ook die 85gr Interbond soos Lategan kies met die 95gr BT ook hoog bo aan die lys. Die hunting BT doen regtig baie beter as wat mens sou verwag.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: 243 en 90 greiners
Waardeer almal se insette! Het genoeg om te herkou!
Ek skiet beide kop en bladskote met die 243. Ek weet die 87g Bergers asook 87g V-Maxe werk uitstekend daarvoor maar dikwels moet ek vir die blad gaan en dan wil ek nie twyfel oor die werkverrigting van die punt nie. Ek wonder of die accubonds nie die antwoord gaan wees nie? Enige ervaring daarmee in 1:10 twist?
Ek skiet beide kop en bladskote met die 243. Ek weet die 87g Bergers asook 87g V-Maxe werk uitstekend daarvoor maar dikwels moet ek vir die blad gaan en dan wil ek nie twyfel oor die werkverrigting van die punt nie. Ek wonder of die accubonds nie die antwoord gaan wees nie? Enige ervaring daarmee in 1:10 twist?
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2946
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: 243 en 90 greiners
Beslis vir 1:10. Dit was jou aanvanklike vraag, toets hulle en gee vir ons terugvoering. Hy behoort mooi te loop uit jou 26” pyp.Skietstoel wrote: Thu Jun 18, 2020 8:54 pm Waardeer almal se insette! Het genoeg om te herkou!
Ek skiet beide kop en bladskote met die 243. Ek weet die 87g Bergers asook 87g V-Maxe werk uitstekend daarvoor maar dikwels moet ek vir die blad gaan en dan wil ek nie twyfel oor die werkverrigting van die punt nie. Ek wonder of die accubonds nie die antwoord gaan wees nie? Enige ervaring daarmee in 1:10 twist?
Ek skiet hulle, hoogs tevrede. (24” loop)
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Matewis28
- Full Member

- Posts: 132
- Joined: Sun Oct 12, 2014 5:47 am
Re: 243 en 90 greiners
Ek lees gretig saam want sit met effens dieselfde penarrie. Ek het nou 100gr Interlocks gelaai om te sien wat hulle maak. Moet se die 87gr Vmaxe loop mooi in my Howa en is baie tevrede op papier. Hulle nog nie op 'n bok getoets nie so kan nie uit ondervinding praat nie.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2946
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: 243 en 90 greiners
Ek sal link hier soek en plaas, sonder om alles te herhaal. Kortom, jy moet deeglik bewus wees daarvan of jou .243 ‘n 1:10 of die 1:9,iets loop het. Die 1:10 hou nie noodwendig van 100gr nie, hou ook in gedagte plat basis of bootstert. Ons praat van gewone jaggeweer.
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2946
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: 243 en 90 greiners
Lees hier, ek nie so fancy om al die goed oor te copy nie. Jy sal die kruks van die onderwerp hier optel.
Beste.
Top
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae te wees nie
Report Quote
Post Wed May 06, 2020 10:50 am
Die .243 waarvan ek ontslae geraak het, het ek ook 90gr Speers gelaai. Die geweer was baie akkuraat, maar die kolf het my nie gepas nie en die hele geweer was net lomp. Toe smous ek hom aan 'n man in Noord-transvaal wat baie gelukkig was met hom. Sommer eerste week al bosbok geskiet.
Wat sukkel julle manne so met die .270? My Blaser vreet alles vir soetkoek op. Net die 110gr maak so 'n bietjie oop, 1.25MOA op 100m.
Mooi loop
Top
derek
Newbie
Newbie
Re: Water geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae te wees nie
Report Quote
Post Wed May 06, 2020 9:45 am
#$@&* 270
Sent from my iPad using Tapatalk
Top
tripodmvr

Post Wed May 06, 2020 9:39 am
In die 1990's begin herlaai met 90gr mono van Goodnel in my 243 RSA enkelskoot. Moedeloos geskiet aan groepe. Internet was nog nie vandag se bron van kennis. Gelukkig lees ek oor projektiel lengte en kontak Goodnel. Hulle was toe al bewus van die probleem en het my 'n pak 80gr koeëls gestuur. Toe kry die springbokke pakslae.
Slegs platgat 100gr koeëls werk nog in die 1:10 lope en soms ook nie. Die 90gr Speer is 'n wenner vir my.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Top
Lategan1
Sr. Member

Edit Report Quote
Post Wed May 06, 2020 8:14 am
Ek wil aansluit, met amper weggooi geweer omrede hier .243 gemeld word en dit dalk manne kan keer om nie sy 243 weg te gooi nie.
So sukkel ek vir jare met my .243 Remington 700 BDL. (Delux met lekker wangstuk ens). Eerste skoot, dalk 2de in die kol, geweer warm, son bak. Daarna groot groep heeldag waarmee jy springbok misskiet. Baie veranderinge later deur Bennie Laubscher en Johan Morkel, jag sneller 1.2kg ens. Moedeloos. Vriende gespot, los maar hom, bring vir staatmaker...
Kort storie na baie hulp vra. Dit was of Johan Morkel of Hendrik van Rensburg wat my meegedeel het dat wanneer hulle lope sny(my woorde), die reamer/button afslyt weens die herhaaldelike gebruik daarvan en gevolglik het jy teoreties gespesifiseerde standaard loop, maar in praktyk nie. (Dit weet die tegniese manne almal)
Verskil is, die 1:10 loop in die .243 is eintlik verkeerde draai vir die 100gr patrone. 100gr was feitlik al wat algemeen beskikbaar was vroeër. Dus omrede die 1:10 op die grens is om 100gr mooi te stabiliseer, is die vensteropening om toe te laat vir die slytasie faktor hierbo genoem, te klein. Verskeie jagters sit onwetend met 1:10 lope in RSA, wat algemeen is, reg onthou Musgrave ingesluit en skiet uitsluitlik 100gr patrone. Baie Europese gewere en ander se lope is 1:9,iets vir die 100gr waarvan daar ook baie in RSA is. Die manne het nie my probleem gehad nie.
Sedert ek herlaai en dadelik begin het met 87-95gr koeëlpunte, is die hele probleem opgelos. My ervaring hiermee is al paar eienaars se oplossing, met groot blydskap. Etlikes waarvan ek weet, het soos ek ook nie meer gejag met sy .243 nie. Wind kamtig altyd die verskoning!!
Nou wonder ek, kan soortgelyke ervaring in die jagveld bygedra het tot die 243 se swak naam vir vleisskade? Skote tref te veel waar nie gemik is nie of die koeëlpunt is onstabiel met tref? Soveel so dat ons hom weggooi!
Ek weet nie, vra maar. Wat van die berugte .270, die temperamentele ramkat wat hieronder genoem word, geld die loop toleransies dalk hier ook? Net te veel mense het ‘n opinie en swak ervaring met hom.
My .243 is steeds my akuraatste en mees fantastiese geweer, vandag behoort dit aan my seun.

Maroelas
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm
Re: 243 en 90 greiners
As mens hulle tog net iewers in groot maat kan kry!
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: 243 en 90 greiners
Dankie, terdee bewus van die stabiliseringsprobleme met lang en swaar punte, daarom my keuse op 85-90 grein koele. Platgatte werk soms maar ek wil seker maak ek kry n punt wat bewese is in 1:10 twist en met n goeie bc.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 243 en 90 greiners
Ek skiet 76gr Kriek mono in my 6mm Musgrave teen 3050fps. Is mos die boere 243 die. Kop en blad skote nie n probleem nie en met n bladskoot op n springbok is vleis skade minimaal. Jy kry n 82gr wat uitstekend vaar in die 243.
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: 243 en 90 greiners
Is die mono punte nie baie lank nie? Omdat Cu ligter as Pb is moet die gewig mos uit die lengte kom?
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13532
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 243 en 90 greiners
Ja dit is hoekom die manne 76gr of 80gr Monos verkies
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 992
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: 243 en 90 greiners
Kan ook kyk na die 90gn Gamechanger.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 243 en 90 greiners
80gr bootsterte en 85gr platgat koeëls wat van koper gemaak is werk in die 1 in 10 groefdraai.Skietstoel wrote: Fri Jun 19, 2020 9:32 am Is die mono punte nie baie lank nie? Omdat Cu ligter as Pb is moet die gewig mos uit die lengte kom?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Matewis28
- Full Member

- Posts: 132
- Joined: Sun Oct 12, 2014 5:47 am
Re: 243 en 90 greiners
Ek love hoe die 87gr Vmax'e loop en groepeer. Miskien maar net hulle laai en klaar kry en dan kopskote skiet. ook goeie goed gehoor van die 90gn gamechangers