Hulp benodig met Geweer aansoek
- Tiny Hunter
- Full Member
- Posts: 160
- Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm
- Location: Welgemoed, Kaapstad
Hulp benodig met Geweer aansoek
Ek wil graag hoor of iemand my dalk kan verwys na n persoon wat my moontlik kan help met my aansoek vir competency asook vir twee wapens. Ek het verlede jaar Januarie aansoek gedoen vir competency en dit is afgewys omdat ek onder ouderdom is. Ek het 7 Junie 21 geraak en wil nou weer probeer maar wil hierdie keer seker maak ek doen alles van my kant af om sukses te verseker. As iemand my dalk kan help dat ek met iemand in kontak kom wat my kan help motiverings skryf ens. Ek weet ek gaan natuurlik moet betaal vir die diens.
Baie dankie
Tiny Geldenhuys
Baie dankie
Tiny Geldenhuys
-
- Hero Member
- Posts: 2310
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
- Location: Williston
Re: Hulp benodig met Geweer aansoek
Tiny
Whatsapp my op 08vier 592 7vier7vier
Whatsapp my op 08vier 592 7vier7vier
-
- Hero Member
- Posts: 1043
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
- Location: Stella
Re: Hulp benodig met Geweer aansoek
Die bevoegdheid is nie n probleem nie. Dit behoort sonder boe óf ba deur te gaan noudat jy oud genoeg is.
Watter tipe wapens wil jy lisensieer, en onder watter soort lisensie?
Watter tipe wapens wil jy lisensieer, en onder watter soort lisensie?
- Tiny Hunter
- Full Member
- Posts: 160
- Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm
- Location: Welgemoed, Kaapstad
Re: Hulp benodig met Geweer aansoek
Die een wapen is n .243 CZ550 wat ek as geskenk vanaf my pa ontvang het verlede jaar en die ander een is n .30-06 gebou op P14 aksie wat ek by my Oupa geerf het.
Ek het in 2016 toegewyde jagters status behaal maar het verlede jaar nie genoeg aktiwiteite aan deel geneem nie en volgens hul webtuiste het die status nou verval. Ek het wel nog die sertifikaat wat ek gekry het. Doen ek dan nogsteeds aansoek vir “Licence to possess firearm for dedicated hunting” met die ou sertifikaat of moet ek nou aansoek doen vir “Licence to possess firearm for occasional hunting”?

- Eduard Venter
- Hero Member
- Posts: 1018
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
- Location: Pretoria
Re: Hulp benodig met Geweer aansoek
Jy sal moet aansoek doen onder "occasional" as jou toegewyde status verval het. Anders moet jy eers jou organisasie kontak en hoor hoe jy jou status kan terugkry as jy daai roete wil gaan.
'n Paar plekke wat motiverings doen:
Jagtersreg Motiverings
GOSA
Legally Armed (sluit apel in indien afgekeur)
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
'n Paar plekke wat motiverings doen:
Jagtersreg Motiverings
GOSA
Legally Armed (sluit apel in indien afgekeur)
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
-
- Full Member
- Posts: 179
- Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm
- Location: Vaalpark
Re: Hulp benodig met Geweer aansoek
Stap 1 is competency. Dit is redelik straight forward, jy moet jou opleidings kursusse gedoen het, aansoek invul, jou vrou en paar vriende saamvat polisie kantoor toe vir onderhoude, dan is dit net saps admin verder. In die verlede het die saps in party provinsies dit saam hanteer, maar die indruk wat ek deesdae kry is dat jou competency reeds in plek moet wees tydens die lisensie aansoek. [Ek is laas jaar deur dit met my seun.]
Vir dei lisensie aansoeke sou ek geleentheids jag voorstel (S15) omdat dit jou eerste lisensies is. Die enigste verskil tussen S15 en S16 is op die hoeveelheid ammo wat jy wettig mag aanhou; 200 per lisensie vir S15 en onbeperk vir S16. Jy kan wel 'n klomp herlaai komponente aanhou en laai soos nodig vir enige kategorie lisensie.
Ek het S15 en S16 lisensies; om S16 in stand te hou is baie meer werk en geld as vir S15. As jy jou kwota S15's bereik het en jy wil nog wapens he sal jy maar noodwendig die toegewyde pad moet stap en dan S16 van daar doen.
Vir dei lisensie aansoeke sou ek geleentheids jag voorstel (S15) omdat dit jou eerste lisensies is. Die enigste verskil tussen S15 en S16 is op die hoeveelheid ammo wat jy wettig mag aanhou; 200 per lisensie vir S15 en onbeperk vir S16. Jy kan wel 'n klomp herlaai komponente aanhou en laai soos nodig vir enige kategorie lisensie.
Ek het S15 en S16 lisensies; om S16 in stand te hou is baie meer werk en geld as vir S15. As jy jou kwota S15's bereik het en jy wil nog wapens he sal jy maar noodwendig die toegewyde pad moet stap en dan S16 van daar doen.
- Tiny Hunter
- Full Member
- Posts: 160
- Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm
- Location: Welgemoed, Kaapstad
Re: Hulp benodig met Geweer aansoek
Ek het met oom Kobus van Jagtersreg kontak gemaak en hy gaan my help met die aansoek proses. Baie dankie vir almal se insette ek voel nou baie meer gerus nou dat ek duidelikheid het. Ek is tans op familie se plaas so my aansoeke gaan oor so week ingehandig word en dan is dit maar net duim vas hou sal maar ek sê.
Weereens dankie vir al die insette.
Groete
Tiny Geldenhuys
Weereens dankie vir al die insette.
Groete
Tiny Geldenhuys
-
- Hero Member
- Posts: 18376
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
- Location: Vereeniging
Re: Hulp benodig met Geweer aansoek
Ek dink jy het 'n goeie keuse gemaak. Kobus is al lank lid van Jaracal en doen al jare aansoeke.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
- Sr. Member
- Posts: 321
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Hulp benodig met Geweer aansoek
Stem saam. Goeie diens. Ek gaan volgende week meer as 200 bladsye inhandig wat Kobus gedoen het. 6 vuurwapens.tripodmvr wrote:Ek dink jy het 'n goeie keuse gemaak. Kobus is al lank lid van Jaracal en doen al jare aansoeke.
Sent from my iPad using Tapatalk
-
- Full Member
- Posts: 168
- Joined: Sun Feb 12, 2012 12:40 pm
- Location: Pretoria
Re: Hulp benodig met Geweer aansoek
My laaste 2 aansoeke wat Kobus gedoen het is ook sonder enige issues deur, goeie en vinnige diens kan nie verkeerd gaan nie
-
- Full Member
- Posts: 161
- Joined: Mon Dec 04, 2017 10:28 am
- Location: Pretoria
Re: Hulp benodig met Geweer aansoek
Ek stem saam, Kobus het ook my laaste 2 wapens gedoen
Sent from my SM-G985F using Tapatalk
Sent from my SM-G985F using Tapatalk