Springbok Beheer

Post Reply
AJ Botha
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Mon May 17, 2010 5:39 pm

Springbok Beheer

Post by AJ Botha »

Naand Manne

Ek wil 'n paar springbokke minder maak die jaar. Is daar iets spesifiek waarop mens moet fokus (vir langtermyn welstand van die trop), groot ramme, ooi ooie of so iets?
Groete
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Springbok Beheer

Post by Malan123 »

Antonie, hoe groot is jou trop en wat is die huidige verhouding tussen ramme en ooie?

Plant jy gras of is dit net veld?
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Springbok Beheer

Post by Eduard Venter »

Dit hang af wat is jou doel vir die bokke... Is hulle daar vir die mooi, vir biltong/trofee jagters of vir die vleis mark?

As jy weiding nodig het vir vee waarmee jy meer geld kan maak dan wil jy die minimum springbokke (indien enige) aanhou en skiet alle oortolliges so gou moontlik uit. As jy trofeejagters kry dan help dit nie jy oes die groot ramme teen slaghuis pryse nie.

Jy kan ook oorweeg om al die oortollig manlike diere af te haal dan behoort jou springbokke beter aan te teel in verhouding met die hoeveelheid weiding wat hulle opvreet. Bv ek het ongeveer 300 rooibokke gehad laasjaar waarvan 100 ramme is. Slegs 67% van my rooibokke kan moontlik lam. Toe skiet ek 50 ramme met my jagters. Nou het ek 250 rooibokke oor (nuwe aanteel uitgesluit) waarvan 80% moontlik kan lam.

Ek probeer maar sover moontlik nie my mooiste ramme skiet nie maar dis moeilik aangesien mens jou kliënte ook moet gelukkig hou.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk

User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 716
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm

Re: Springbok Beheer

Post by SakoTrippel2 »

Geno Kom in!

Hulle skiet ongeveer so 30% van 'n groot klompie bokke elke Jaar daar in DeAar se wêreld.

Die doel is natuurlik die behoud van goeie aanteel en goeie genetika.

Hyt laas verduidelik hoe die model werk, maar ek kan nie lekker onthou nie. Glo hy sal mooi kom verduidelik.

Groete
Frans

Sent from my SM-A505F using Tapatalk

Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
AJ Botha
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Mon May 17, 2010 5:39 pm

Re: Springbok Beheer

Post by AJ Botha »

Dankie manne, daar is seker so 80-100, ek wil so 20 afhaal. Ek weet nie wat is die ratio ramme tot ooie nie, ek vermoed heelwat meer ooie.
Ons skiet hulle self, ons kry nie jagters in nie.
Ek wil hulle nou bietjie minder maak om die veld kans te gee om te herstel na die kwaai droogte.
Ek wil hulle ook darem nie so skiet dat ek nie volgende jaar weer 'n paar het om af te haal nie.


Sent from my CLT-L09 using Tapatalk

Sako .243 Win
Sauer .300 WM
Remington 700 6.5 Kruitmoor
G19 Gen 3
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Springbok Beheer

Post by Malan123 »

AJ, jy gaan redelik baie verskillende antwoorde kry. Op 'n trop van 100 sou ek persoonlik 'n verhouding van 80 20 verkies, afhangende van die plaas grootte.

Daar is redelik baie ander faktore wat 'n rol speel indien jy erg tegnies oor die ding wou raak.
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Springbok Beheer

Post by naas222 »

More... wat maak die jakkalse met jou aanwas..
dit gaan ook bepaal soos Malan sê jy gaat baie antwoorde kry
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
AJ Botha
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Mon May 17, 2010 5:39 pm

Re: Springbok Beheer

Post by AJ Botha »

Die plaas is so 400ha, ons hou net beeste daar aan. Ek het nog nooit 'n rooijakkals daar gesien nie, net Maanhare en Silwer jakkies.


Sent from my CLT-L09 using Tapatalk

Sako .243 Win
Sauer .300 WM
Remington 700 6.5 Kruitmoor
G19 Gen 3
AJ Botha
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Mon May 17, 2010 5:39 pm

Re: Springbok Beheer

Post by AJ Botha »

Grasveld ImageImageImage

Sent from my CLT-L09 using Tapatalk

Sako .243 Win
Sauer .300 WM
Remington 700 6.5 Kruitmoor
G19 Gen 3
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Springbok Beheer

Post by Malan123 »

Oraait nou het ons almal 'n baie beter idee. Daai veld lyk nog vir my mooi. My laaste vraag, hoeveel beeste wei jy op die 400 hektaar? As dit net wild was sou daai 400 hektar gemaklik 100springbokke kan dra. Indien jy nie die veld oor bewei met beeste nie sou ek nie te veel geworry het oor tegniese aspekte van trop beheer nie. 80 20 ratio sal goed werk so kap maar 1 horing bokke, jong rammetjies ens.

Persoonlik hou ek nie van te veel groot ramme op dieselfde plaas wanneer buite jagters nie betrokke is nie. Ek verkies ook om heeltmaal nuwe bloedlyne in te sit so elke 5 na 7 jaar.

Baie van hierdie, soos met gewone boerdery, is maar elke man se persoonlike keuses en opinies
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Springbok Beheer

Post by Malan123 »

Daai heel ou uitskop ramme kan jy ook mar afhaal indien daar oor is
AJ Botha
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Mon May 17, 2010 5:39 pm

Re: Springbok Beheer

Post by AJ Botha »

Dankie Malan, daar is so 90 beeste wat daar loop in 4 kampe wat ons roteer met die seisoene. Die Springbokke kruip rond tussen die kampe. Hoekom so baie ramme oor hou 1:4 ratio, sodat daar altyd mooi ramme is om te jag?

Sent from my CLT-L09 using Tapatalk


Sako .243 Win
Sauer .300 WM
Remington 700 6.5 Kruitmoor
G19 Gen 3
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Springbok Beheer

Post by Eduard Venter »


AJ Botha wrote:Dankie manne, daar is seker so 80-100, ek wil so 20 afhaal. Ek weet nie wat is die ratio ramme tot ooie nie, ek vermoed heelwat meer ooie.
Ons skiet hulle self, ons kry nie jagters in nie.
Ek wil hulle nou bietjie minder maak om die veld kans te gee om te herstel na die kwaai droogte.
Ek wil hulle ook darem nie so skiet dat ek nie volgende jaar weer 'n paar het om af te haal nie.
In hierdie geval sou ek begin het om alle ramme te skiet wat nie produktief is nie. Daarna alle ou ooie en "lelike" bokke bv krom horings. Kyk ook hoeveel lammers van die vorige seisoene het gespeen elke jaar dit behoort jou 'n indikasie te gee hoeveel ooie jy wil/moet afhaal.

100 springbokke is gelykstaande aan so 10-12 grootvee eenhede as ek nou 'n baie rofweg sommetjie doen. Dit beteken as jy al die springbokke afhaal kan jy ongeveer 8 koeie bysit wat elke jaar kalf. Natuurlik is hierdie sommetjie verskillend vir elke plaas ek gebruik dit maar net as voorbeeld.


Sent from my SM-A520F using Tapatalk

Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Springbok Beheer

Post by Malan123 »

Daai grond behoort dan darrem gemaklik jou springbokke te dra sonder om skade aan te rig.

Ja dis 1 van die redes en dan natuurlik ook vir sekuriteit i.t.v. siektes en predatore. Jy kan basies eintlik self kies. Ek sou nie onder 90 10 gaan as ek jy was nie.

Sodra jy met hierdie getal bokke werk vorm hulle ook baie keer nuwe troppies in verskillende kampe
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Springbok Beheer

Post by tau »

Springbokke is een van die vinnigste groeiende troppe as jy hom mooi jag.

Ek het pel gehelp met sy trop wat 150 diere was.Dit was meestal klein troppies bokke orals met ram en ooie. Die bokke het sy drade orals stukkend baklei en was oor 4 kampe versprei. Daar was duidelik teveel Ramme. Ons het die eerste jaar 48 Ramme uitgeskiet waarvan die gemiddelde gewig 21kg was. Die trop is vir amper 10 jaar glad nie gejag nie, so baie van die ramme was al oud en baie groot.

Toe ons die volgende jaar by hom kom is daar 250 diere en duidelik groter troppe met Ram by ooie en lammers en minder 1,1 of 3 bokke bymekaar. Ons skiet toe die jaar weer soveel moontlike ramme uit. Maar hier en daar ook 'n ou ooi wat nie lam by haar het nie. Die bokke se gemiddelde gewig het verseker afgeneem. Toe ek die laastekeer daar gaan jag het was daar oor die 350 Springbokke en hy het toe jaarliks 'n aand laat oes met professionele jagspan en slagter wat so 60-80 bokke voor die voet geskiet het. En toe kom die groot droogte. Die trop was by die 400 diere gewees. Ongelukkig moes hy hulle minder en minder maak om kos vir skaap te spaar. Hulle is nou weer onder 50 bokke.

Ek het eers wildsplaas bestuur en toe Natuurbewaring geswot en mense beweer dat Springbok troppe wat se ratio reg is tot 45% aanteel kan hantaaf jaarliks met genoeg kos ens.

In Namibie skiet die oes spanne redelik die bokke wat stil staan tensy dit nou baie klein lam of sigbare dragtige ooi is. En daardie plase produseer elkejaar as daar kos is hulle bokke en word jaarliks geoes. So daar is nou weer die argument as daar "plek" in die veld is en kos teel hulle aan.

Springbokke kan hulle lam terughou as dit nog droog is of nie gereën het nie. Ooie is ook al op 10 Maande geslag gereed en Ramme eers hier op 30 Maande. So 'n lam wat vandag gebore is kan oor 16 -17 maande van vandag haar eerste lam aflaai.


EK het vir baie jare elke vakansie op 'n wildsplaas gewerk wat gefokus het om getalle te teel en dan jaarliks groot wild vangs te hou en 'n veiling om groot getalle diere te verkoop. Daar is amper nooit vroulike diere geskiet nie, behalwe as hulle amper jakkals kos is en dan is enige swak of gebreekte horing bokke dadelik geskiet en die manlike diere is gejag met kliente. Hulle was/is vreeslik suksesvol en het honderde bokke jaarliks verkoop.

Sodra jy bietjie groter troppe het gaan die diere beter vaar teen roofdiere en ekto parasiete. "Safety in numbers" maak dat van die bokke vreet, van hulle kam hulle self en verwyder bosluise en van hulle kyk vir gevaar. As daar nie genoeg oë is om te kan kyk vir gevaar nie gaan bokke eerste te min kam en tweedens te min vreet en laastens ophou kyk vir gevaar.

Op my plaas in Namibië was daar nie 80 Springbokke nie, nou is daar oor die 400 party dae as hulle inkom van die reservaat af. Louis help my nou om Jakkalse pakslae te gee en ek beplan om waters te herstel, maar ek het geen reën die seisoen gekry nie, so ek is nou weer aan die anderkant van "niks" doen aan die trop nie. EK het laasjaar maar 3 bokke daar geskiet. So daar is seker nie een antwoord nie, al wat ek weet is hulle is bitter fyn om die veld en toekomstige reën seisoen aan te voel.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Springbok Beheer

Post by tau »

Eduard Venter wrote: Wed May 20, 2020 7:47 am
AJ Botha wrote:Dankie manne, daar is seker so 80-100, ek wil so 20 afhaal. Ek weet nie wat is die ratio ramme tot ooie nie, ek vermoed heelwat meer ooie.
Ons skiet hulle self, ons kry nie jagters in nie.
Ek wil hulle nou bietjie minder maak om die veld kans te gee om te herstel na die kwaai droogte.
Ek wil hulle ook darem nie so skiet dat ek nie volgende jaar weer 'n paar het om af te haal nie.
In hierdie geval sou ek begin het om alle ramme te skiet wat nie produktief is nie. Daarna alle ou ooie en "lelike" bokke bv krom horings. Kyk ook hoeveel lammers van die vorige seisoene het gespeen elke jaar dit behoort jou 'n indikasie te gee hoeveel ooie jy wil/moet afhaal.

100 springbokke is gelykstaande aan so 10-12 grootvee eenhede as ek nou 'n baie rofweg sommetjie doen. Dit beteken as jy al die springbokke afhaal kan jy ongeveer 8 koeie bysit wat elke jaar kalf. Natuurlik is hierdie sommetjie verskillend vir elke plaas ek gebruik dit maar net as voorbeeld.


Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Ek stem.

Net nog iets is dat Springbokke vreeslik "fyn en selektief" vreet. Hy eet al jou beste kos. In die bosveld kan jy seker meer bees of saam met Springbokke aanhou wat nog hier en daar aan 'n bos of riet sal vreet. In die Kalahari waar daar net gras is en hulle dieselfde kos moet deel raak dit stywer.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Springbok Beheer

Post by Malan123 »

Daarsy, hier gee Tau en Eduard nou vir jou die geskoolde antwoord. Ek dink ons almal se advies is naastenby dieselfde. Belangrikste is dat jy fotos en storie hier kom rapporteer.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Springbok Beheer

Post by Eduard Venter »


Malan123 wrote:Belangrikste is dat jy fotos en storie hier kom rapporteer.
+1

Sent from my SM-A520F using Tapatalk

User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Springbok Beheer

Post by Geno »

Op 80 ooie sou ek nie meer as een of 2 langhoring ramme hou nie. Ek sou ook die kapkop ramme elke jaar doodskiet. Hulle is regte bakleigatte en klim onder die groot ramme in as hulle baklei omrede hulle laer op die grond is. Die swak horing ooie sou ek ook skiet en so gaan vir teel van kwaliteit ooie. Jy kan daarna ook vir 'n paar jaar teel vir massa deur swaar ramme in die trop te sit om te teel. Dit sal jou gemiddelde gewigte ook optel tesame met horinglengte wat sal volg soos jou ooie se horingkwaliteit optel. Dit vat lank, maar is moeite werd.
Op die plaas wat Frans noem skiet ons 300-500 bokke per jaar en ons selekteer al die swak (horing en lyfgewys) ooie uit en skiet hulle tesame met die kaphoring ramme en ramme sonder oortags elke jaar. As jy 'n ordentelike teelram het, kan hy tot 100 ooie hanteer. Maar 2 tag ramme is ook reg.
Maar dit is baie belangrik om die kapkop ramme elke jaar te skiet of te skuif.
Goed, beter, 6millimeter!
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Springbok Beheer

Post by Malan123 »

Soos ek gese het, jy gaan baie verskillende antwoorde kry.

By my in Natal worry ek oor jakkalse, katte en 2 been jakkalse. Mens kom nie voor nie.

Dit is ook bitter moeilik om permitte by ons te kry so as jou ramme weg is dan kan jy weet jou trop gaan stil staan vir 'n hele ruk. My laaste batch wat ek gekoop het se permit het 4 jaar geneem om uit te sorteer.

Ek speel dit maar baie veilig al is dit nie noodwendig die beste ratio vir aanteling nie.
AJ Botha
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Mon May 17, 2010 5:39 pm

Re: Springbok Beheer

Post by AJ Botha »

Baie dankie manne, dit is baie interessante en waardevolle inligting. Ek sien sommer baie uit om bietjie daar onder hulle in te klim!
Wat is 'n kapkop ram Geno?
Ons het nog nooit ramme bygesit nie maar dit is iets wat ons nog wil doen juis vir gewig en horings, hopelik in nabye toekoms.


Sent from my CLT-L09 using Tapatalk

Sako .243 Win
Sauer .300 WM
Remington 700 6.5 Kruitmoor
G19 Gen 3
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Springbok Beheer

Post by Malan123 »

Aj dis daai jong rammetjies
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Springbok Beheer

Post by JJV »

Skiet die troppies jong ramme wat saam loop, los die enkele groot ramme wat alleen loop in hul areas. Ons probeer ook nie ooie skiet nie. Dit is vir klein getal bokke wat in Karoo loop (50-70)
JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
AJ Botha
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Mon May 17, 2010 5:39 pm

Re: Springbok Beheer

Post by AJ Botha »

Vanoggend gaan laai ek die draadwerkers daar af en kry toe die meneer langs die pad, maar hulle staan nie graag rond nie. So op 350m gaan staan hy stil en ek merk die effense wind van regs na links en maak 'n mental note om bietjie te hou vir die wind. Maar so kom die rangefinder eers uit en ek stel die elevation en raak gemaklik oor die spieëltjie en toe hy vir my kyk toe trek ek die skoot, 'n 65CM skiet mos nie sommer mis nie. Hy val nie maar ek let dadelik op dat hy bokspring en ek besef ek moes hom geraak het, maar ek sien geen bloed terwyl hy weghardloop nie, hy verander van rigting en ek merk toe die bloed kol aan die kant van sy kop op, maar hy wil nie gaan staan sodat ek nog 'n skoot kan gooi nie. Ek het natuurlik toe vergeet om te hou vir die wind...

Eks agter hom aan met die bakkie want ek sien toe ek gaan hom nie in loop nie, en hy sny 'n lyn na 'n plek waar ek weet die draad stukkend is, wragties kruip hy deur na die buurman toe. Ek stop toe teen die draad en hardloop agter hom aan (hys lankal uit sig), gelukkig oor dievolgende kop merk ek 3 ramme bymekaar, en na hulle bietjie rond gemaal het identifiseer ek toe die gekweste een en range hom op 420m, lê lekker uit asem aan oor 'n miershoop en gooi toe maar vir die blad, wil nie 'n verloor bok hê nie! Ek kon sommer hoor dit was vas en na 'n paar oomblikke toe tiep hy om. Ek kon gelukkig om ry na die buurman en hom daar gaan optel met die bakkie, anders sou ek hom nou nog gesleep het.

Nie so maklik soos die ander wat ek die week geskiet het nie, maar op die einde het hy darem bakkie gery!

Image

Image

Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
Sako .243 Win
Sauer .300 WM
Remington 700 6.5 Kruitmoor
G19 Gen 3
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Springbok Beheer

Post by Malan123 »

Mooi ram AJ, al het dit nou nie so perfek uitgewerk soos mens sou wou nie.
Post Reply