Wouter Roets wrote: Fri May 15, 2020 12:53 pm Lategan
Wanneer n mens begin om met jou TPL te speel doen n mens dit altyd afwaarts vir die eenvoudige rede dat druk baie vinniger eksponensieel optel namate jou sprong na die lande verklein. So dit is hoekom ons altyd se begin met jou langste praktiese TPL en doen met daai TPL jou ladingaanpassing en daarna wanneer jy jou finetuning wil doen wat TPL verstellings of self primer verstellings kan wees eers daarna.
Elke tiepe koeel het sy eie pratiese oorweging oor waar jy begin met jou TPL. Monokoeels vanwee hulle harheid wat lei tot heelwat hoer graverings druk verlang n langer sprong na die lande om juis te verhoed dat jou begin drukkurwe te vinnig opwaarts beweeg. Hier bo is die uittreksel geplaas van aanbevelings van Barnes se handleiding. Ek persoonlik hou daarvan om op so 10% van kaliber te begin met my sprong as vertrekpunt. Onthou ook dat jou tiepe poeier keuse hierdie beinvloed. Ek sal dit hoer maak(sprong) namate jou poeier se brandspoed toeneem.
So indien jy enigsins jou sprong wil verkort(TPL langer maak) dan moet jy eers altyd jou lading verlaag om op jou gewenste spoed te kom. Hoop dit maak dit duideliker.
Groetnis
Wouter
Dankie Wouter, duidelik. Dankie ook vir ander manne se insette.
Was net onseker omrede mens ‘short hand’ praat, daar dalk misverstand kan wees.
Beste.


