Skoop op geweer sit - vrae
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Skoop op geweer sit - vrae
More manne,
ek het in al die jare wat ek geweer skiet / jag, nog nooit self n skoop opgesit nie, dit maar altyd deur n geweesmit laat doen.
Nou het ek n VXIII 4.5 - 14 (varmint) wat ekself wil opsit om my n trip na WHK te spaar, maar ek is onseker oor wat ek voor moet uitkyk om dit nie verkeerd te doen nie.
Die geweer het reeds ring-basisse op en ek het die los ringe - daar was 'n VX 1 op - en die buis deursnee tussen die 2 x skope is dieselfde - so ek hoef nie ring-basisse en ringe oor te doen nie, net opsit en vasmaak.
Ek wil net verneem hoe doen julle veterane / experts die skoop opsit-ding?
Skat mens maar met die oog hoe jou horisontale kruis-vlak in vergelyking met jou geweer is en maak hom daarvolgends vas?
Ek het n 'bubble level' wat ek ook op die skoop wil sit - sit ek eers die level op die skoop of eers as ek klaar die skoop op die geweer het.
Ek verneem graag van manne wat weet, en nie raai nie - asb.

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Skoop op geweer sit - vrae
1.Gebruik klein level om te kyk dat geweer regop staan-verkieslik om iewers op aksie te meet. As jy nie iewers op aksie kan meet nie, kan jy op die halwe ring meet wat op geweer vas is. Klamp geweer dat dit regop bly of sit tweede level iewers aan geweer vas om seker te maak geweer bly regop.
2.Sit teleskoop in ringe, draai vas maar moet steeds teleskoop kan beweeg. Draai vergroting op na grootste waarde, kyk of jou "eye relief" reg is(skuif teleskoop vorentoe/ agtertoe totdat jy hele kruishaar mooi sien). As die geweer vir spesifieke doel gebruik gaan word, bv net lê, toets in daardie posisie. Vir "veeldoelige" geweer, is uut die vuis gewoonlik reg. Maak potloodmerk as nodig om posisie te hou.
3. Maak weer seker geweer is regop. Sit dit iewers naby n muur neer. Draai vergroting af na minimum. Skyn flits van objektiewe kant af om kruishaar op muur te projekteer. Gebruik okulere verstelling om kruishaar te fokus op muur indien nodig. Draai teleskoop totdat kruishaar level op muur projekteer. Jy kan 'n "plumb line" hang, of net met level kyk. Draai ringe vas en bevestig alles is regop.
4. Sit nou level op en kyk weer dat alles regop/loodreg is.
Jy kan scope level eerste opsit, maar kan dalk met ringe bots. Daarom sit ek level laaste op.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Skoop op geweer sit - vrae
Gian het mooi beduie. Ek dink net 'n skietlood is makliker om die kruishare te orienteer. Maak een van vislyn of tou en sit gewig aan end.
Ek plak maskeerband binne die ringe. Hou skoop mooi vas en keer vir krapmerke op die buis.
Kyk op You Tube. Om te sien maak dit makliker om self te doen.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Skoop op geweer sit - vrae
Dankie Gian / Driepoot - waardeer!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Skoop op geweer sit - vrae
Ek wil net weereens dankie se aan julle 2 bere.
Maandagaand my skoop opgesit en gisternamiddag uit baan toe met n pak S&B 131 Gr s/n
Specs se hulle loop 2740 fps (edited
) (dankie gaafsters)
Op die baan aangekom, gou die skoop ingestel op 50 m met die maklike / goedkoop manier (kruishaar op eerste skoot en stel na bull). Na ek tevrede was met die groepering het ek so paar skote op 100 m gespeel op n karton boks (ek was te lui om die skietraam van die 200 m merk nader te dra)
Ek teiken toe die 200 m en skiet die 5 skoot groepering van die bank af met net n bipod.
Ek het so 5 min poses tussen elke skoot ingesit.
Persoonlik is dit my beste groepering op 200 m ooit.
Ek is tevrede

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by FHM on Wed Apr 08, 2020 10:13 am, edited 2 times in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Skoop op geweer sit - vrae
Baie mooi Francois. Teen die spoed wat jy daai koeëls skiet, vat dit amper 4 minute voor hul die teiken tref. 
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Skoop op geweer sit - vrae
Bleekseun, maar die cafe patrone skiet mooi - sekerlik dan ook die skut. 
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Skoop op geweer sit - vrae
Aaag ok sit 1000 fps by - elke oukie maak n foukie!
Gaafsters, ek weet julle langafstand skerpsutters wat 10 koele op 500 m in dieselfde springbok se poepol skiet lag in die mou vir my leek-uitslag.
Maar man, dis n personal best vir my!!!
Moet se die x-tra vergroting wat ek kry met die VX III 4.5 - 14 wat ek opgesit het help baie.
Dis op 10 x geskiet.
Ek wens net ons het n langer skietbaan gehad hierso - ek sal wil sien hoe vaar ek en my 2 myl per uur cafe-koele op 300M
Mooiloop manne en weereens dankie baie.
Gaafsters, ek weet julle langafstand skerpsutters wat 10 koele op 500 m in dieselfde springbok se poepol skiet lag in die mou vir my leek-uitslag.
Maar man, dis n personal best vir my!!!
Moet se die x-tra vergroting wat ek kry met die VX III 4.5 - 14 wat ek opgesit het help baie.
Dis op 10 x geskiet.
Ek wens net ons het n langer skietbaan gehad hierso - ek sal wil sien hoe vaar ek en my 2 myl per uur cafe-koele op 300M
Mooiloop manne en weereens dankie baie.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Skoop op geweer sit - vrae
Lekker Francois, ten minste kan jy skiet!
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Skoop op geweer sit - vrae
Baie mooi gedoen
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Skoop op geweer sit - vrae
Dis hoe ek hom ook doen. Werk baie goed.Gian_dP wrote: Mon Apr 06, 2020 11:39 am 1.Gebruik klein level om te kyk dat geweer regop staan-verkieslik om iewers op aksie te meet. As jy nie iewers op aksie kan meet nie, kan jy op die halwe ring meet wat op geweer vas is. Klamp geweer dat dit regop bly of sit tweede level iewers aan geweer vas om seker te maak geweer bly regop.
2.Sit teleskoop in ringe, draai vas maar moet steeds teleskoop kan beweeg. Draai vergroting op na grootste waarde, kyk of jou "eye relief" reg is(skuif teleskoop vorentoe/ agtertoe totdat jy hele kruishaar mooi sien). As die geweer vir spesifieke doel gebruik gaan word, bv net lê, toets in daardie posisie. Vir "veeldoelige" geweer, is uut die vuis gewoonlik reg. Maak potloodmerk as nodig om posisie te hou.
3. Maak weer seker geweer is regop. Sit dit iewers naby n muur neer. Draai vergroting af na minimum. Skyn flits van objektiewe kant af om kruishaar op muur te projekteer. Gebruik okulere verstelling om kruishaar te fokus op muur indien nodig. Draai teleskoop totdat kruishaar level op muur projekteer. Jy kan 'n "plumb line" hang, of net met level kyk. Draai ringe vas en bevestig alles is regop.
4. Sit nou level op en kyk weer dat alles regop/loodreg is.
Jy kan scope level eerste opsit, maar kan dalk met ringe bots. Daarom sit ek level laaste op.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)