Korona Virus - Voorbereiding

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 1585
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Location: Pretoria Oos

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by jdpretorius » Wed Mar 25, 2020 5:27 pm

Soos hier bo ook genoem is, besef mense nie regtig hoe ernstig dit is nie. Dalk ook nie wat onverantwoordelike optrede aan ons hele ekonomie (ieder en elke ou se sak) kan doen nie. Die massas besef nie eers regtig wat hulle bedoel met lock-down en self isolasie nie....weet ook nie hoe hulle die shack bewoners gan hanteer/beheer nie.
Mense sal dalk eers begin wakker word wanneer die getalle in die duisende sit en iemand naaby hulle sleg geaffekteer is. Ek vrees veral vir ons ouers mense (baie van ons hier se ma en/of pa) ook dan hulle onvermoë om n almoessie te kan verdien en nie op hulle pensioen gan kan oorleef nie.
Ek bid maar net hard dat ons Here ons sal beskerm en ons by staan.....dalk is die juis die dyt wat Hy die werald sal laat besef wie Hy is. En dan natuurlik dat hulle n kuur sal kry vir die virus.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan

OosKaapJagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 461
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by OosKaapJagter » Wed Mar 25, 2020 10:20 pm

Hier is die skakel vir die "lockdown" regulasies: http://www.cogta.gov.za/cgta_2016/wp-co ... ions-1.pdf

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 9406
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by Capt. Oblivious » Thu Mar 26, 2020 9:02 am

jdpretorius wrote:
Wed Mar 25, 2020 5:27 pm
Soos hier bo ook genoem is, besef mense nie regtig hoe ernstig dit is nie. Dalk ook nie wat onverantwoordelike optrede aan ons hele ekonomie (ieder en elke ou se sak) kan doen nie. Die massas besef nie eers regtig wat hulle bedoel met lock-down en self isolasie nie....weet ook nie hoe hulle die shack bewoners gan hanteer/beheer nie.
Mense sal dalk eers begin wakker word wanneer die getalle in die duisende sit en iemand naaby hulle sleg geaffekteer is. Ek vrees veral vir ons ouers mense (baie van ons hier se ma en/of pa) ook dan hulle onvermoë om n almoessie te kan verdien en nie op hulle pensioen gan kan oorleef nie.
Ek bid maar net hard dat ons Here ons sal beskerm en ons by staan.....dalk is die juis die dyt wat Hy die werald sal laat besef wie Hy is. En dan natuurlik dat hulle n kuur sal kry vir die virus.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

China sal eers die hele afrika op koop voor ons n cure kan kry
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 1585
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Location: Pretoria Oos

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by jdpretorius » Thu Mar 26, 2020 12:50 pm

Jip Cappie ek vrees dat jy dalk reg kan wees....maar dink nie dit/hulle sal kos in ons mense se mode sit nie


Nou dalk nie almal se "cup of tea" nie...maar iemand wat saam my werk (nooi gedink hy is so Bybel vas niel) gooi gister die teks uit, en laat n ou nogal dink




Image
338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan

User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Location: BRACKENFELL

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by Francoisv » Thu Mar 26, 2020 4:32 pm

Die f#kkers het seker 'n teenmiddelImage

2 daughters. Plenty guns.

Die lewe is te kort vir net een geweer.

Francois Vogel

Neels Louw
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Wed May 21, 2014 7:29 pm
Location: Windhoek, Namibie

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by Neels Louw » Thu Mar 26, 2020 7:13 pm

Die probleem is net, wat as die ding geen sins onder beheer is na 21 dae nie. Wat as hy nie na 30, 40, 50 of 60 dae onder beheer is nie. Die regering kan nie dan se maar, ok uuuuugh die ekonomie moet nou aangaan nie. Hoe lank voor daar dan n kos tekort kom, en as daar n kos tekort kom is daar n redelike groot probleem as die mense begin honger raak. Dit klink dalk so bietjie vergesog ne.

BigBoreFanatic
Full Member
Full Member
Posts: 115
Joined: Wed May 29, 2019 3:43 pm

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by BigBoreFanatic » Thu Mar 26, 2020 7:26 pm

:police: dien.
Last edited by BigBoreFanatic on Mon Mar 30, 2020 9:50 pm, edited 1 time in total.

User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Location: BRACKENFELL

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by Francoisv » Thu Mar 26, 2020 7:53 pm

BigBoreFanatic wrote:My problem en vraag is, ná 21 dae en die ding is nie onder beheer nie - en ek dink dit gaan hand uit ruk met die dat die plakkers hutte so naby mekaar is en ook dat daardie mense nie 'n benul van die erns van die saak besef nie, hoe gaan ons, die alleen eienaars van besighede, oorleef?
Ek bedryf 'n 'labour only' besigheid op die beginsel van 'geen werk, geen inkomste'.
Dis alles goed en wel om te sê die winkels ens gaan oop wees, maar waar kom die geld vandaan om daardie voorrade aan te koop?
Ek het 200+ werknemers waarna ek moet omsien.
As die geld klaar is dit klaar.
Ek sal kwalik hierdie aanvanklike 21 dae oorleef, daarna móét ons weer inval om 'n inkomste te verdien.
Selfde bootjie hier.

2 daughters. Plenty guns.


Die lewe is te kort vir net een geweer.

Francois Vogel

User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Location: Slurry

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by JJV » Thu Mar 26, 2020 8:03 pm

Francoisv wrote:Die f#kkers het seker 'n teenmiddelImage

2 daughters. Plenty guns.
Wat is die kans China praat die waarheid?? Vandag storie/rumor dalk fake news, gehoor dat daar skielik 21Miljoen minder selfone active op China se netwerke is, maak self daai som.... as dit waar is??


Sent from my iPhone using Tapatalk

User avatar
Methos
Full Member
Full Member
Posts: 239
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by Methos » Thu Mar 26, 2020 8:06 pm

Sterkte ouens. Waar ek woon hardloop die ekonomie blykbaar op 65%. Ek dink hierdie ding gaan die wêreld verander soos ons hom ken.

Ons is nou al vir amper 14 dae in lockdown in my huis. Dit raak moeilik. Het anderdag artikel gelees oor die metal health aspekte van hierdie storie. Dit gaan verreikende gevolge hê.

Ek moet more gaan inkopies oplaai. Met form en als geteken sodat as ek gestop word deur polisie ek nie 135 euro fine kry nie.

Dit is moeilik vir die kinders ook om te verstaan. Moeilik by huis ook want kinders se skool gaan aan. Op die internet. So ons moet als doen saam met die 8 jarige en ek werk ook nog van huis af. Mens begin cabin fever kry. En dan sien ek mense soos my bure wat hulle boude afvee aan die storie.

Ek het ook 'n pro tip. My vrou het gesê ek moet begin Walking Dead kyk gedurende die tyd. Moenie. Maak mens depressed.


Sterte julle. Byt vas en glo dat ons sal oorwin

Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk


Gideon@1
Full Member
Full Member
Posts: 243
Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm
Location: Bloemfontein

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by Gideon@1 » Thu Mar 26, 2020 10:39 pm

Naand sê!!

Wees sover as moontlik aktief.

Al moet jy nou op een plek op en af spring, doen dit!!!!
(In die ou SAW het die Lt of korporaal jou laat kots op een vierkante meter..... )

Doen n paar Sit-ups, push-ups en dan ook die derglike starjumps!!!

n Gesonde En gelukige ligaam huisves n gesonde brein en verstand!!!

Geniet jou lewe, gesin, troeteldiere, selfs jou goudvis met die naam van Nemo!!!

Julle is meer is staat as wat julle dink julle is!!

Wees verantwoordelik, was jou hande en moenie kanse vat nie.

Laat dit juig en moet nooit die MAN daarbo vergeet nie!!

Groetnis!!

User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3391
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Location: Grunau, Namibië

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by tau » Fri Mar 27, 2020 8:52 am

Vreemd om vanoggend op verlate paaie werktoe te ry, behalwe vir taxi's wat nogsteeds oorlaai is. Ek gaan by die werk my tree inkry. Ons moet omtrent ons mense toerus met sertifikate vanaf CIPC en briewe vanaf ons om hulle te vrywaar om te mag werk.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.

User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2349
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Location: Limpopo

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by Jake1 » Fri Mar 27, 2020 9:34 am

Die onderwerp is voorbereiding vir die covid-19 virus, met die klem op voorbereiding.

Ek is nie n doemprofeet nie, ek dink ons almal weet hierdie ding gaan nie 21 dae neem nie. Hoekom is mense bang om die waarheid in die gesig te staar? Ons sit met 2 probleme, die een is covid-19 en die ander is die ernstige werklike/drastiese gevolge daarvan.

Kyk na huidige grafieke en ekstrapoleer dit, ons kort net graad 3 wiskunde om afleidings te maak.

Wat as 'n sekere % van die Bevolking, Polisie, Weermag, Eskom, Medici en Plaaswerkers covid 19 het. Daar is geen twyfel vir my dat daar kos skaarstes gaan wees nie (nie noodwendig vir jou nie maar wel beslis elders) al sê die regering wat.

Daar is geen moontlikheid onder die son dat ons Hospitale toegerus is om die ding te hanteer nie, Europa en Amerika is nie eers reg hiervoor nie. Suid-Afrika is ongelukkig die laaste plek waar mens jou nou wil bevind ongelukkig.

Paniekbesluite is gevaarlik, Forewarned is Forearmed, bid gaan ons bid ja, maar ons het almal gesonde verstande gekry vanaf vir wie ons bid. Ons kan nie die feite wegbid nie, ons moet bid vir insig en verstand.

Dis mos nou die tyd om bietjie te rus en rustig nugter planne te maak en berekende besluite te neem, of nie?

Hoekom praat niemand hieroor nie?

Dis n feit dat die wêreld sit waar ons nou sit omdat mense nie die waarheid in die gesig wou staar nie, nie pro-aktief wou optree nie.

Gaan ons verder volhard om nie die waarheid in die oog te staar nie?

Is ek onnodig bekommerd? Ek hoop van harte so.

Groetnis

Jake1
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."

User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 1585
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Location: Pretoria Oos

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by jdpretorius » Fri Mar 27, 2020 11:27 am

Jake, my 1/2cent is dat ek bid jy is verkeerd, maar ook vermoed ons kan langer as 3weeke vasgekeer wees, met al die komplikasie en gevolge, veral as ek sien hoe traak-my-nie-agtig mense optree en reeds reels verbreek.....maar bid moet ons bid want dit is die enigste hulp wat ons werklik kan vra (verwag). Dit laat my dink aan die Israeliete in Egipte verhaal in die Bybel waar die doods engel die gelowiges verby gegaan het.
Ek bid dan ook dat hierdie die tyd is dat ons Here sy teenwoordigheid sal bekend maak aan die wêreld.


Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan

BigBoreFanatic
Full Member
Full Member
Posts: 115
Joined: Wed May 29, 2019 3:43 pm

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by BigBoreFanatic » Fri Mar 27, 2020 12:30 pm

:police:
Last edited by BigBoreFanatic on Mon Mar 30, 2020 9:51 pm, edited 1 time in total.

OosKaapJagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 461
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by OosKaapJagter » Fri Mar 27, 2020 3:07 pm

Vandag moes ek reis na 'n buurdorp vir werksdoeleindes. In ons dorp, op pad uit, op die snelweg en in die buurdorp het niemand my gestop om te vra wat ek doen nie. My kopie van die regulasies en magtiging om te reis is nooit eens uitgehaal nie.

Ten spyte van 'n Infanteriebasis op ons dorp self, het ek nie 'n enkele weermaglid of polisielid teëgekom vandag nie. By die tolhek was daar 'n enkele verkeers voertuig waarvan die insittendes geen belangstelling in my, of enige ander motoris, getoon het nie.

Daar waar ek moes werk is so groothandel tipe winkel oorkant die pad. Die mense het daar vir 'n straatblok vêr tougestaan om in te kom. Hulle was styf teenaan mekaar, met geen sprake van 'n meter afstand tussen mekaar nie.

Wanneer, nie as nie, hierdie virus spring van die toeriste na die breër bevolking, gaan hierdie 3 weke inperking net die begin wees van die ellende wat voorlê.

OosKaapJagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 461
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by OosKaapJagter » Fri Mar 27, 2020 3:57 pm

Die eerste twee sterftes in Suid-Afrika is toe 'n 48-jarige bestuurderes van Sanlam en 'n ander 28-jarige vrou. Die aanname dat dit slegs ouer mense is wat op risiko is, is dus erg misplaas.

https://citizen.co.za/news/covid-19/226 ... 19-victim/

User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by Ratel » Fri Mar 27, 2020 4:21 pm

Dit help nie die helfte van die bevolking bring hulle kant en die ander helfte gaan in Alexandra aan asof niks fout is nie. Ek het vandag 'n voice clip gehoor (tussen al die hoax en fake news) dat die draers vir drie weke, terwyl hulle geen simptome wys nie,die virus met gemak aan honderde kan oordra. Volgens die voice clip is ons nou in fase 2. Dis die stilte voor die storm en is dit erg belangrik dat ons in afsondering moet bly en immuunstelsels sterk hou. Ek vermoed HKGK. Die polisie en weermag kan al klaar nie mense uit die strate hou nie. Wat nog van groot skaalse plundery. Gestel ons gehoorsames gaan na drie weke terug, dan sit ons nog steeds met die mense wie nie gehoor gegee het nie en draers kan wees vir die volgende drie weke.
Maak 'n verskil

BigBoreFanatic
Full Member
Full Member
Posts: 115
Joined: Wed May 29, 2019 3:43 pm

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by BigBoreFanatic » Fri Mar 27, 2020 4:28 pm

:police:
Last edited by BigBoreFanatic on Mon Mar 30, 2020 9:52 pm, edited 1 time in total.

Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1463
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Location: Jacobsdal

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by Danie01 » Sat Mar 28, 2020 11:08 am

Die 28 jarige vrou is toe nie dood van die covid19 virus nie, dit volgens Maroela media.

Ons moet bid dat God hierdie virus stop, want Hy alleen kan, ons sal nie self hierdie virus kan stop nie...

Vir die wat paniek en bang is, bid vir God om jou rustig te maak, dit help, dit het nog altyd vir my gehelp. Dit help nie ons worry oor iets nuite ons beheer nie, gebruik eerder die tyd om te bid.

Sterkte vir almal

Sent from my SM-N970F using Tapatalk


User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 574
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
Location: Makoppa

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by naas222 » Sat Mar 28, 2020 1:40 pm

Gisteraand kla my vrou die sanitizer is op.. ek kry so benoude gevoel oor my spoelll spook tot 12 gisteraand om 5liter gemaak te kry... nou voel ek verlig.. Image

Sent from my SM-G570F using Tapatalk

222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie

Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1886
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Location: Nelspruit; Mpumalanga

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by Johan Nel » Sat Mar 28, 2020 2:01 pm

naas222 wrote:
Sat Mar 28, 2020 1:40 pm
Gisteraand kla my vrou die sanitizer is op.. ek kry so benoude gevoel oor my spoelll spook tot 12 gisteraand om 5liter gemaak te kry... nou voel ek verlig.. Image

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Sal vyf liter genoeg wees....? O0 O0
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter

User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 784
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Location: Kuils Rivier Kaapstad

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by Jurgen Visser » Sat Mar 28, 2020 6:00 pm

Lekker man , ek gaan myne ook maar uitkrap en weer op start
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D


Die lewe is te kort om nors te wees ++>:

BigBoreFanatic
Full Member
Full Member
Posts: 115
Joined: Wed May 29, 2019 3:43 pm

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by BigBoreFanatic » Sat Mar 28, 2020 8:42 pm

:police:
Last edited by BigBoreFanatic on Mon Mar 30, 2020 9:52 pm, edited 1 time in total.

User avatar
Methos
Full Member
Full Member
Posts: 239
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Korona Virus - Voorbereiding

Post by Methos » Sat Mar 28, 2020 8:49 pm

Bigbore

Ek het dit ook gesien. Dit laat my dink aan die sêding. "war does not determine who are right. It determines who are left" soos wat ek vandag die videos van SA gesien het weet ek nie hoeveel "left" (oorblywend) gaan wees nie...

Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk


Post Reply

Return to “Algemeen/General Discussion”