Invoerkruit vir 357 Magnum S&W 4" loop
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Invoerkruit vir 357 Magnum S&W 4" loop
Met Somchem bietjie in die knyp, wil ek graag hoor watter invoer kruit goed sal werk vir 'n jaglading met 158gr semi jacketed koeëls. Ek wil graag die jaar 'n vark jag, en met my ou Hirtenburg ammo kry ek bitter goeie spoed en groepering op 50m. Ek't egter nie meer baie patrone van hulle oor nie. Ek het nog heelwat MP200, maar die Hirtenburgs doen beslis beter op groepe en spoed.
Hoor graag van die handwapen kenners.
Hoor graag van die handwapen kenners.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Invoerkruit vir 357 Magnum S&W 4" loop
Jean, ek sien die terugvoer is maar min.
Ek weet nie wat kan jy kry nie, maar Hodgdon se Lil'Gun werk goed, veral met die swaarder koeels, beter as Somchem se S265 en MP200.
Ook H110 van Hodgdon en Vihtavuori se N350, N105 en N110.

Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Invoerkruit vir 357 Magnum S&W 4" loop
Glo hierdie sal jou kan help.
https://www.hodgdonreloading.com/data/pistol
Sent from my iPhone using Tapatalk

Carlc
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Re: Invoerkruit vir 357 Magnum S&W 4" loop
Ek het met dieselfde delemma gesit. Daai Hirtenbergs is darem lekker warm gelaai en dop n vark mooi om maar ongelukkig onverkrygbaar. Lil gun werk goed. Veral as jy swaarder gaan na die 180gr toe. Ekt n klompie cast met gas checks in die hande gekry en hulle skiet n hond uit n bos.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Invoerkruit vir 357 Magnum S&W 4" loop
Dankie vir die terugvoer. Is Lil Gun plaaslik beskikbaar?
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Invoerkruit vir 357 Magnum S&W 4" loop
Dave Sheer Guns
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Invoerkruit vir 357 Magnum S&W 4" loop
Ek het toe uiteindelik Saterdag met H110 kruit - ladings van 15 en 15.5gr met magnum slagdoppe en 158gr semi jacketed koeëls gaan skiet. Ek moet sê dat die resultate baie terleurstellend was, en ek nie naby gekom het waar ek wil wees nie. Die Hirtenberger patrone het my spoede van 1298,1302 en 1292 gegee.
Die 2 H110 ladings was 932,948 en 977 met 15gr en 1055,1078 en 1082 met 15.5gr. Die doppe het baie blowback getoon
Ek wil bitter graag by die spoede van Hirtenberger uitkom, maar dit lyk nie vir my asof ek naby dit gaan kom nie. PMP se kruite kom nie naby daar sonder hoë druk nie.
Wat anders kan die handwapenmanne vir my aanbeveel, of moet ek maar die hoër ladings met H110 gaan uittoets?
Die 2 H110 ladings was 932,948 en 977 met 15gr en 1055,1078 en 1082 met 15.5gr. Die doppe het baie blowback getoon
Ek wil bitter graag by die spoede van Hirtenberger uitkom, maar dit lyk nie vir my asof ek naby dit gaan kom nie. PMP se kruite kom nie naby daar sonder hoë druk nie.
Wat anders kan die handwapenmanne vir my aanbeveel, of moet ek maar die hoër ladings met H110 gaan uittoets?
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Invoerkruit vir 357 Magnum S&W 4" loop
Jean, met lilgun gaan jy daai spoed maklik kry plus nog n bietjie by. Safari outdoor het laas lilgun gehad
Groetnis
Groetnis
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Invoerkruit vir 357 Magnum S&W 4" loop
Dankie Armand. Ek sal Lilgun bietjie uitprobeer.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Invoerkruit vir 357 Magnum S&W 4" loop
Vir interessantheid jou syfers in QL ingevoer.
Met 15,5gr bereken dit 'n spoed van 1074vps met 158 Speer JSP.
Met maks lading van 16.7gr gee dit 1186vps

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Invoerkruit vir 357 Magnum S&W 4" loop
Jean, watter 158gr JSP koeel het jy gebruik?
PMP koeels se diameter is gewoonlik bietjie klein.
Dit help ook om die koeel behoorlik te krimp, die Lee Factory Crimp Die werk baie goed hiervoor.
H110 is meer geskik vir die swaarder koeels (>180gr) en langer lope in die .357 Magnum.
Soos ander aanraai, probeer Lil Gun, en as jy kan kry, Alliant 2400, dit sal beter werk in jou 4" loop.
PMP koeels se diameter is gewoonlik bietjie klein.
Dit help ook om die koeel behoorlik te krimp, die Lee Factory Crimp Die werk baie goed hiervoor.
H110 is meer geskik vir die swaarder koeels (>180gr) en langer lope in die .357 Magnum.
Soos ander aanraai, probeer Lil Gun, en as jy kan kry, Alliant 2400, dit sal beter werk in jou 4" loop.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 316
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
Re: Invoerkruit vir 357 Magnum S&W 4" loop
Jean, vir jou doel sal ek my nie te veel bekommer oor 'n ekstra 100-200 vps nie. Ek laai 'n 158gr gegote Lee RF koeël teen 1120fps (4" S&W mod 19) en het al verskeie varke daarmee gejag tot op 50m. Dieselfde lading het deur altwee blaaie van 'n groot eland bul geskiet op 30m. Gebruik jou tyd om skootplasing, uit veld posisies, te oefen eerder as om te tob oor ekstra spoed.
Groetnis
Thinus
Groetnis
Thinus
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Invoerkruit vir 357 Magnum S&W 4" loop
As mens die stadiger handwapenkruite soos H110, Lilgun, 2400 ens gebruik is die gebruik van 'n MAGNUM slagdoppie en 'n stywe krimp noodsaaklik om meer volledige en eweredige ontbranding aan te help. Die "blow back" (swart merke aan dop se buitekant) is gewoonlik 'n aanduiding van te lae druk.
Ek self sou eerder 'n 180gn (of swaarder) lood SWC teen 1000 fps+ probeer. Ek glo MP200 behoort goed te werk met so 'n kombinasie, veral uit 'n 4" loop. Met swaarder koeëls, 200 - 220 gn werk S221 ook skaflik. Pasop net vir te veel dopspasie met hierdie kompakte kruit.
Ek self sou eerder 'n 180gn (of swaarder) lood SWC teen 1000 fps+ probeer. Ek glo MP200 behoort goed te werk met so 'n kombinasie, veral uit 'n 4" loop. Met swaarder koeëls, 200 - 220 gn werk S221 ook skaflik. Pasop net vir te veel dopspasie met hierdie kompakte kruit.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Invoerkruit vir 357 Magnum S&W 4" loop
Dankie vir die terugvoer. Thinus, ek is heel bereid om te settle vir die laer spoed, maar my akkuraatheid met die laer spoed lyk nie te waffers nie, tensy ek droog maak.
Met die Hirtenbergers, kry ek 'n groep van so 2moa op 50m waarmee ek super gelukkig is. Ek sal steeds rondspeel sodat ek wel my wielneus die jaar kan plattrek. Akkuraatheid is egter 'n moet.
Met die Hirtenbergers, kry ek 'n groep van so 2moa op 50m waarmee ek super gelukkig is. Ek sal steeds rondspeel sodat ek wel my wielneus die jaar kan plattrek. Akkuraatheid is egter 'n moet.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 316
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
Re: Invoerkruit vir 357 Magnum S&W 4" loop
Ek sal solank gaan verkenning doen. Akkuraatheid is inderdaad 'n moet.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Invoerkruit vir 357 Magnum S&W 4" loop
Ek laaik daai. Jy sal maar net moet regstaan as hy weer storm soos laaskeer.ThinusS wrote: Tue Feb 11, 2020 4:59 pm Ek sal solank gaan verkenning doen. Akkuraatheid is inderdaad 'n moet.