260 rem, N565 en 156 Berger

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Eight »

More almal,

Het enige iemand al die bogenoemde kombinasie probeer? Ek wil dit graag toets in my Tikka 260. Enige ervaring met N565 en 260 of 6.5 creedmoor en hoe vergelyk quickload se waardes van N565 in die regte wereld. Ek sien GRT se waardes vir N565 verskil heelwat van quickload sin?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Arnold »

Oor die algemeen is die n5xx reeks poeiers warmer as wat QL gee. Ek stel die temperatuur op na 120 en dan is die waarde nader aan realiteit.

Ek sou eerder n560 probeer en met die standaard 600mm Tikka loop kan jy kyk na so 2680 fps afhangend van jou vryboor. Die 140gr klas koeels sal jy seker teen so 2830 fps kan skiet so besluit maar of die BC wat jy bykry die spoed wat jy verloor regverdig.
User avatar
Ammion
Hero Member
Hero Member
Posts: 571
Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Ammion »

Sien Berger het ook 'n nuwe 144gr Long Range Hybrid Target met heelwat beter bc as die 140gr Hybrid
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Wouter Roets »

Arnold wrote: Wed Jan 22, 2020 10:25 am Oor die algemeen is die n5xx reeks poeiers warmer as wat QL gee. Ek stel die temperatuur op na 120 en dan is die waarde nader aan realiteit.

Ek sou eerder n560 probeer en met die standaard 600mm Tikka loop kan jy kyk na so 2680 fps afhangend van jou vryboor. Die 140gr klas koeels sal jy seker teen so 2830 fps kan skiet so besluit maar of die BC wat jy bykry die spoed wat jy verloor regverdig.
Arnold ek weet nie hoe n mens by 2830ft/sek gaan uitkom as die maksimum spoed met n 140gr koeel uit n 24 duim loop 2700-2730ft/sek is met N560 nie. Daai 100ft/sek wat jy van praat gaan baie naby aan 10 000psi oor maksimum druk verg so wees asb versigtig.

Groetnis
Wouter
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Arnold »

Wouter, jy is reg en die herlaai handleings gee daardie tipe spoed aan vir die 140gr klas koeels. Selfs VV gee 'n maks spoed aan van 2730 fps (Maar VV gee nie die druk by daardie lading soos wat Hodgden bv. doen nie).

Wat ek op QL sien is anders en in praktyk hardloop VV N560 baie mooi, veral as jy daai koeels verder kan uit seat en nog so bietjie dopspasie kan wen. My eie ervaring met N560 in my 260 AI en QL se voorspelling stem mooi ooreen as jy die temperatuur van die n560 opskuif na 120 grade F. So ook vind ek hierdie met die ander VV N5xx reeks poeiers.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Capt. Yoda »

Arnold jy al bq N560 in jou 06 probeer agter iets soos n 208gr koel?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Wouter Roets »

Arnold

Dit is juis die probleem dat jou Ackley nie druk wys nie al boer jy redelik ver oor die 60 000psi merk. Ek het al genoeg van jou ladings nagegaan dat ek weet jy is lief om in die rooi te boer. As ek reg onthou gebruik jy ook Palma doppe wat druk net nog verder wegsteek. Die realiteit is dat jy heel moontlik ver oor 65 000psi gaan moet hardloop om enigsins naby aan 2800ft/sek te kom met die standaard 260, hierdie is dan juis die rede vir die drukprobleme met die Creedmoor en dus my vermaning.

Groetnis
Wouter
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Arnold »

Wouter Roets wrote: Wed Jan 22, 2020 2:54 pm Arnold

Jy sê dus dat QL heeltemal verkeerd is met my berekening vir die 260 Rem?
My ladings wat in die rooi is wys QL ook so en ek is bewus daarvan 8)

Met n560 vermoed ek gaan jy uit dopkapasiteit hardloop voor jy gevaarlike druk kry op die 260 Rem
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Arnold »

Hier is my berekeninge met die standaard TPL, dalk het ek 'n fout gemaak?
260Rem.JPG
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by jankraay »

Om n 156 Berger se BC optimaal te benut moet mens hom nie stadiger as 2950 skiet nie. Daar is net 3 6.5’e wat dit veilig kan doen.

Deur n geweer met n 24”loop die Berger te wil voer gaan maar swaar gaan oor mens vir helfde van die prys n punt kan kry wat vinniger geskiet kan word en wat dan die Berger gaan wen.

Gaan maak n paar somme op QL met loop lengte en kies dan 2 punte om met die Berger te vergelyk. Vir n goeie begin sal ek die 140 RDF en die 140 Hybrid opweeg teen die 156 met spoed wat gerky kan word.

Vat dan daai data en sit dit n Strelok in om net vinnig n vergelyking te kan kry.

n 156 Berger soek n lang loop, kruit agter sy gat en niks stadiger as n 1:8 twist nie.

Groete

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Morkel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Morkel »

jankraay wrote:Om n 156 Berger se BC optimaal te benut moet mens hom nie stadiger as 2950 skiet nie. Daar is net 3 6.5’e wat dit veilig kan doen.

Jan en daai 3 is?
Joune myne en DD sin?

Sent from my iPhone using Tapatalk

Sent from my iPhone using Tapatalk
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Wouter Roets »

Arnold wrote: Wed Jan 22, 2020 3:06 pm
Wouter Roets wrote: Wed Jan 22, 2020 2:54 pm Arnold

Dit is juis die probleem dat jou Ackley nie druk wys nie al boer jy redelik ver oor die 60 000psi merk. Ek het al genoeg van jou ladings nagegaan dat ek weet jy is lief om in die rooi te boer. As ek reg onthou gebruik jy ook Palma doppe wat druk net nog verder wegsteek. Die realiteit is dat jy heel moontlik ver oor 65 000psi gaan moet hardloop om enigsins naby aan 2800ft/sek te kom met die standaard 260, hierdie is dan juis die rede vir die drukprobleme met die Creedmoor en dus my vermaning.

Groetnis
Wouter
Jy sê dus dat QL heeltemal verkeerd is met my berekening vir die 260 Rem?
My ladings wat in die rooi is wys QL ook so en ek is bewus daarvan 8)

Met n560 vermoed ek gaan jy uit dopkapasiteit hardloop voor jy gevaarlike druk kry op die 260 Rem
Arnold ja ek doen. Gesonde verstand se vir jou dat as al die gepubliseerde herlaai data n maksimum snelheid van 2700-2730ft/sek met n verskeidenheid van poeiers met 140gr koeels uit n 24 duim loop aangee, 2830ft/sek verseker ver oor maksimum druk gaan wees. Hierdie is presies dieselfde wat ons ervaar het met die 6.5 Creedmoor. Balisties is hulle vir alle praktiese redes identies. QL voorspel wel die barreltime korrek, maar nie die druk nie. Ek dink die hoogste maksimum snelheid met n 140gr koeel wat ek al gesien het was 2750ft/sek in die 260 Rem. Jy is meer as welkom om vir my enige gepubliseerde data te wys waar n 140gr @ 2830ft/sek wel haalbaar was teen maksimum druk, wat staan nog met N560. Selfs al Ackley jy die rondte gaan jy nog steeds sukkel om dit teen dieselfde drukvlak te vermag.

Groetnis
Wouter
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by jankraay »

Blazer wrote:
jankraay wrote:Om n 156 Berger se BC optimaal te benut moet mens hom nie stadiger as 2950 skiet nie. Daar is net 3 6.5’e wat dit veilig kan doen.

Jan en daai 3 is?
Joune myne en DD sin?

Sent from my iPhone using Tapatalk

Sent from my iPhone using Tapatalk
Hahaha ek weet wat myne en DD sin is maar nie joune nie.

6.5-284
6.5 x 55 AI
6.5 SS/ GAP 4’s

Sent from my iPhone using Tapatalk
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Eight »

Ek wil net so bietjie in chip en jul kan maar besluit of jul my denke wil aanvaar of nie en ons kan n goedhartige ope debat daaroor voer.

Wouter, my 260 se gemete dopvolume is 54.5gr dus 1 gr meer as wat saami gee. Omdat die Tikka aksie n lang aksie is en ek n lang aksie magesyn gebruik laai ek my patrone ook baie langer as wat saami gee wat dus ook dopvolume vermeerder. Ek gebruik quickload en ek maak seker die info wat ek invoer is akkuraat. Ek gebruik ook quickload om my n idee van druk te gee en met my 260 voel ek gemaklik as ek ladings laai wat quickload druk rondom 57000 psi voorspel en ek nie druk tekens sien nie en my primer pockets vir so 5 herlaaie hou.

Jankraai, ek stem nie heeltemal met jou saam oor die spoed met die 156 gn nie. Dit hang vir my af wat die persoon se doel is. Tot op se so 500m is 140gn meskien dieselfde of beter want jy skiet hom bietjie vinniger. As mens 500m + en veral hier na 1000m en verder wil skiet gan die 156gn beter vaar m.b.t. Windskuif en energie en ook die afstand wat die koel supersonies bly. Vir jag doeleindes sal ek ook se die 156gr is beter, beter penetrasie en ek dink hy sal n groter bok soos koedoe koei skaflik kan aanvat met goeie skootplasing?
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by jankraay »

Eight wrote:Ek wil net so bietjie in chip en jul kan maar besluit of jul my denke wil aanvaar of nie en ons kan n goedhartige ope debat daaroor voer.

Ek stem met praktiese ondervinding op die skietbaan nie met jou saam nie. Die 156gr teen 3025vps skuif dieselfde as n 140 RDF teen 3100 met n 10mph wind uit 3uur uit. Dit is te danke aan sy BC. Die 147 ELD M het een click meer op 500m met dieselfde wind.

Hoe verder jy gaan hoe groter raak die gap.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by joe rocket »

jankraay wrote: Thu Jan 23, 2020 9:10 am

Hoe verder jy gaan hoe groter raak die gap.... Baie waar né. Ek weet hoeveel Jan op die baan spandeer en ek weet hoeveel notas hy maak. So ja ek stem 100% saam met Jan. Baie ware woorde.
GROETE

__________________________

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Wouter Roets »

Eight

Ek was besig om oor appels te praat en nou praat jy oor pere. ;D

Al vergroot jy jou beskikbare dopkapasiteit met 3 grein wen n mens nog steeds nie 100ft/sek nie. 3 Grein in die grote rondtes beteken 25-30ft/sek ekstra teen dieselfde drukvlakke. Jy kan n bietjie meer wen deur n stadiger verbrandende poeier te gebruik, maar dit sal nie veel meer as n verdere 15-20ft/sek byvoeg nie. Die feit dat jou doppe se primer pockets net 5 herlaai siklusse hou bevestig pragtig wat ek hier se. QL se drukvoorspelling is optimisties alhoewel die barreltime voorspelling op die nommer is.

Groetnis
Wouter
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by jankraay »

Ooh ja...jammer vir die hijack.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Capt. Yoda »

jankraay wrote: Thu Jan 23, 2020 8:33 am
Blazer wrote:
jankraay wrote:Om n 156 Berger se BC optimaal te benut moet mens hom nie stadiger as 2950 skiet nie. Daar is net 3 6.5’e wat dit veilig kan doen.

Jan en daai 3 is?
Joune myne en DD sin?

Sent from my iPhone using Tapatalk

Sent from my iPhone using Tapatalk
Hahaha ek weet wat myne en DD sin is maar nie joune nie.

6.5-284
6.5 x 55 AI
6.5 SS/ GAP 4’s

Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5-06
6.506AI
6.5-280AI
6.5WSM
6.5SAUM
264WM

Dink daar dalk so een of 2 nog
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by jankraay »

Capt. Oblivious wrote:
jankraay wrote: Thu Jan 23, 2020 8:33 am
Blazer wrote:

Sent from my iPhone using Tapatalk
Hahaha ek weet wat myne en DD sin is maar nie joune nie.

6.5-284
6.5 x 55 AI
6.5 SS/ GAP 4’s

Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5-06
6.506AI
6.5-280AI
6.5WSM
6.5SAUM
264WM

Dink daar dalk so een of 2 nog
Ja hulle almal ookImage

Sent from my iPhone using Tapatalk
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Eight »

Sien asb onderstaande tabel vir Vihtavouri kruite. Die N560 gee n maks spoed van 2736 met 140gr punte en n maks spoed van 2749fps met 140gr. Dit is egter uit n 18en 3/4 duim loop. Kom ons sit nou 5 duim by om by my looplengte van 23 en 3/4 duim te kom en tel 20 fps by vir elke duim dan gee dit spoed van 2836fps met N560 en 2849fps met N565. Dit is dan nog teen saami dopvolume en n tpl van 71mm waar ek daai selfde koel kan laai op 74.5mm met meer as 1mm jump.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Arnold »

Dankie, ek het die loop lengte gemis ;)

Wouter, N560 harloop regtig mooi en gee verbasende spoed maar brand ook warm en gaan 'n loop meer kou as ons ou S365
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Eight »

Arnold kry jy akkurate lading met N560 op verder afstande. Ek het dit in n 338wm probeer en kon glad nie groeperings kry met n 1/3 moa geweer nie. Vind jy dat die N560 baie temp onstabiel is?
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Wouter Roets »

Eight wrote: Thu Jan 23, 2020 10:03 am Sien asb onderstaande tabel vir Vihtavouri kruite. Die N560 gee n maks spoed van 2736 met 140gr punte en n maks spoed van 2749fps met 140gr. Dit is egter uit n 18en 3/4 duim loop. Kom ons sit nou 5 duim by om by my looplengte van 23 en 3/4 duim te kom en tel 20 fps by vir elke duim dan gee dit spoed van 2836fps met N560 en 2849fps met N565. Dit is dan nog teen saami dopvolume en n tpl van 71mm waar ek daai selfde koel kan laai op 74.5mm met meer as 1mm jump.
Jy het my, ek het daai looplengte ook totaal misgekyk. Wie gee hulle spoed voorspellings in die looplengte! Ja 2830ft/sek blyk heel haalbaar met N560 te wees uit n 24 duim loop. My apologie Arnold en Eight! Ql blyk dan ook in die kol te wees met sy drukvoorspellings. Wat soos n paal bo water staan is dat Vihtavouri se n560 by verre die beste resultate gee in vergelyking met ander poeiers. Die feit dat hy n bietjie warmer brand is maar die prys wat jy betaal vir die verrigting.

Eight wat se doppe gebruik jy? Arnold se dat Winchester doppe hom ook net 5 herlaai siklusse gegee het voordat hulle gerek het.

Groetnis
Wouter
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: 260 rem, N565 en 156 Berger

Post by Eight »

Wouter ek gebruik Lapua doppe. Hulle pockets is nog goed na 7 keer se laai. Ja oor die looplengte. Ek wonder of Vihtavouri dit nie doen om die 6.5x47 beter te laak lyk teenoor die 260 nie?
Post Reply