Jag pryse - 2020
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Jag pryse - 2020
Dagse manne
Is daar van julle wat al jagte vas gemaak het vir 2020, indien wel,hoe lyk julle pryse? Watse inpak het die droogte op die wilds boere gehad, gaan die wild duurder wees of goedkoper die jaar?
Ek het net so vining vanoggend twee plase gebel waar ek al gejag het in die Petrusburg en Boshoff omgewing. By alby van hulle is die pryse maar min of meer dieselfde as laasjaar.
Gemsbok - R5000
Blou Wildebees - R4500
Waterbok - R6000
Dan wil ek ook hoor of daar manne is wat die pryse as hoog sien en ook maar minder jag, dalk net een keer n' jaar en liewer dan hulle jag geld aanwend om n' bees agter kwart te koop in plaas van wild jag?

BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Re: Jag pryse - 2020
Dag Chris.
Hier in ons omgewing gee die manne nog nie pryse nie en vat nog nie besprekings nie.
Hulle wil eers kyk hoe lyk die reen val.
Hier en dar het al n paar reen buie geval, maar die reen seisoen le nog voor.

Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13526
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Jag pryse - 2020
Sal maar n lang jaar wees as ek R4500 vir n bwb betaal maar lyk my dit raak nou hulle prys. R6000 vir n waterbok bul sal ek maklik betaal
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Jag pryse - 2020
Cappie, en die boer se die bwb bulle is nog baie jong bulle ook nog. Ek het darem n' plekkie waar ek vir heelwat goedkoper ook jag, maar dit is net as vegunning, en een mooi groot bok soos n' jong Eland of n' groot Gemsbok bul n' jaar. Reeds dan nou my vraag, koop mens dan nie maar liewer n' A graad agter kwart en sny jou mooi steaks en short rib of n' lam of twee in plaas van om soos ek uit werk R71 n" kg op die einde vir n' Gemsbok karkas te betaal wat net op gesny is nie. Nog niks wors of niks gemaak nie
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Jag pryse - 2020
Is n' A3 bees T-Bone of n' lam staan rib nie ook vir julle manne lekkerder as n' duur Gemsbok steak nie of hoe Wouter?
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
-
Vissie
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm
Re: Jag pryse - 2020
Dit is presies hoe ek voel. Dié jaar sal ek net 2 of 3 bokke jag. Ek sal dan die biltong uitdeel aan klante. Ek gaan myself sommer ‘n trofee jagter noem en maar die jag so probeer vermoeilik en verleng. Die dae van 10 of meer bokke per seisoen is verby vir my totdat die prys van verwerkte wild korrigeer tot laer as die van bees en lammers.Chris (vdB) wrote: Fri Jan 03, 2020 8:41 pm Is n' A3 bees T-Bone of n' lam staan rib nie ook vir julle manne lekkerder as n' duur Gemsbok steak nie of hoe Wouter?
Sal ook probeer om my vrou uit die veld uit te hou die jaar. Baie lekker as sy saamgaan tot sy ook ‘n Eland of Koedoe bul wil skiet.
- Blitzzz
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Re: Jag pryse - 2020
Dit is swaar as die pryse te hoog raak. Vir my gaan dit nie net oor die vleis nie, maar oor die hele ervaring in die bos. Enigste probleem met duur wilds pryse, my geleenthede vir n ervaring raak net minder en minder.
Die ander kant van die storie, vir die boer raak alles ook duurder en so ook seker geregtig om sy pryse jaarliks aan te pas.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
-
6.5/284Norma
- Hero Member

- Posts: 1728
- Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am
Re: Jag pryse - 2020
Ek gaan nou maar seker pak slae kry maar ek voel dit moet genoem word.
Ons suig aan die agterste speen omdat ons nie in Dollars kan betaal nie. Die mense van oor die water wat hier kom jag glimlag breed as hulle een Dollar, Pond of Euro uithaal en 'n sak vol Rande kry.
Dan skiet hulle 'n koelkamer vol bokke net vir die trofee en die plaas hou/verkoop die vleis. Dus baie meer winsgewend as om 'n lokale jagter wat sy vleis huistoe vat te laat jag. Daarom word die pryse by die veilings opgejaag (in Rande) want dis eintlik Dollars wat die pryse dryf.
Nou kom ek en jy en probeer hiermee kompeteer en dit is onmoontlik behalwe as jou van Rupert of so iets is.
Daarom skiet ons maar die brood en botter bokke om ten minste 'n vleisie te kan huistoe vat. En kyk met verlange na die wild buite ons bereik.
Die hartseer is dat die meeste geld word deur lokale jagters aan die wildboere betaal as ons na die totale jagbedyf kyk in 'n jaar. As dit nie vir die lokale jagters was nie sou die wildsplase nie 'n bestaan kon maak nie.
En nog steeds kry die manne met die Dollars voorkeur...

I'd rather be hunting!
Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Jag pryse - 2020
Jy het 'n goeie argument en boere moet onthou dat ons die biltongjagters net so nodig het soos hulle ons het. Op die einde van die dag gaan dit oor geld en die boer raak moedeloos as 'n groep biltongjagters 'n naweek jag en net 'n vark skiet en 'n rooibok mis skiet. So aangenaam soos party van my groepe is, kan ek eenvoudig nie my uitgawes betaal uit hulle jagte nie en dan moet ek maar ander opsies oorweeg.6.5/284Norma wrote:Ek gaan nou maar seker pak slae kry maar ek voel dit moet genoem word.
Ons suig aan die agterste speen omdat ons nie in Dollars kan betaal nie. Die mense van oor die water wat hier kom jag glimlag breed as hulle een Dollar, Pond of Euro uithaal en 'n sak vol Rande kry.
Dan skiet hulle 'n koelkamer vol bokke net vir die trofee en die plaas hou/verkoop die vleis. Dus baie meer winsgewend as om 'n lokale jagter wat sy vleis huistoe vat te laat jag. Daarom word die pryse by die veilings opgejaag (in Rande) want dis eintlik Dollars wat die pryse dryf.
Nou kom ek en jy en probeer hiermee kompeteer en dit is onmoontlik behalwe as jou van Rupert of so iets is.
Daarom skiet ons maar die brood en botter bokke om ten minste 'n vleisie te kan huistoe vat. En kyk met verlange na die wild buite ons bereik.
Die hartseer is dat die meeste geld word deur lokale jagters aan die wildboere betaal as ons na die totale jagbedyf kyk in 'n jaar. As dit nie vir die lokale jagters was nie sou die wildsplase nie 'n bestaan kon maak nie.
En nog steeds kry die manne met die Dollars voorkeur...
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Jag pryse - 2020
Ek stem nie heeltemal met jou saam nie die internasionale mark het geval daar is nie meer nuwe jong jagters wat net gewone wild wil kom jag nie die ou toppies raak oud en sosiale media noem jagters sleg.6.5/284Norma wrote: Sat Jan 04, 2020 7:04 am Ek gaan nou maar seker pak slae kry maar ek voel dit moet genoem word.
Ons suig aan die agterste speen omdat ons nie in Dollars kan betaal nie. Die mense van oor die water wat hier kom jag glimlag breed as hulle een Dollar, Pond of Euro uithaal en 'n sak vol Rande kry.
Dan skiet hulle 'n koelkamer vol bokke net vir die trofee en die plaas hou/verkoop die vleis. Dus baie meer winsgewend as om 'n lokale jagter wat sy vleis huistoe vat te laat jag. Daarom word die pryse by die veilings opgejaag (in Rande) want dis eintlik Dollars wat die pryse dryf.
Nou kom ek en jy en probeer hiermee kompeteer en dit is onmoontlik behalwe as jou van Rupert of so iets is.
Daarom skiet ons maar die brood en botter bokke om ten minste 'n vleisie te kan huistoe vat. En kyk met verlange na die wild buite ons bereik.
Die hartseer is dat die meeste geld word deur lokale jagters aan die wildboere betaal as ons na die totale jagbedyf kyk in 'n jaar. As dit nie vir die lokale jagters was nie sou die wildsplase nie 'n bestaan kon maak nie.
En nog steeds kry die manne met die Dollars voorkeur...
Wat wel die pryse deur die dak gestuur het is die kleur bokke toe gewone rooibok ooie ten duurste gekoop was om te teel met 'n swart, saddleblack of white flank rooibok. Selfde met wildebees koeie asook gemsbokke.
Van daar af het die pryse so ietwat gesak maar geplato noem vir my iets wat in ons land nog so goedkoop was soos 5 jaar terug?
Kos se prys het vedubbel en ons kan baie gelukkieg wees dat ons plan kon maak om by te hou met lewenskostes om harder te werk ons maak dalk meer geld as 5 jaar terug maar tog is ons armer.
Ten spyte van die noem vir my enige land wat kan bekostig om elke naweek vuurtjie aan te steek en te braai in die sonskyn om heel jaar lank deur te jag as jy so wil om oor 40 spesies te kan jag as jy wou. Gereeld skietbaan toe kan gaan en deelneem an skiet kompetisies en half uur uit enige groot stad te ry om lekker wild te kyk en sien. Ons moet net beter shop/koop en uitkyk vir spesiale aanbods en maar minder kwantitiet skiet wat maak dat jy dalk meer kwalitiet jag en jouself kan verbeter as jagter.
-
6.5/284Norma
- Hero Member

- Posts: 1728
- Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am
Re: Jag pryse - 2020
Eduaan, ek verstaan heeltemal daai ding. Om te gaan jag en dan byna niks te skiet nie is ook nie reg teenoor die boer nie.Eduard Venter wrote: Sat Jan 04, 2020 8:03 amJy het 'n goeie argument en boere moet onthou dat ons die biltongjagters net so nodig het soos hulle ons het. Op die einde van die dag gaan dit oor geld en die boer raak moedeloos as 'n groep biltongjagters 'n naweek jag en net 'n vark skiet en 'n rooibok mis skiet. So aangenaam soos party van my groepe is, kan ek eenvoudig nie my uitgawes betaal uit hulle jagte nie en dan moet ek maar ander opsies oorweeg.6.5/284Norma wrote:Ek gaan nou maar seker pak slae kry maar ek voel dit moet genoem word.
Ons suig aan die agterste speen omdat ons nie in Dollars kan betaal nie. Die mense van oor die water wat hier kom jag glimlag breed as hulle een Dollar, Pond of Euro uithaal en 'n sak vol Rande kry.
Dan skiet hulle 'n koelkamer vol bokke net vir die trofee en die plaas hou/verkoop die vleis. Dus baie meer winsgewend as om 'n lokale jagter wat sy vleis huistoe vat te laat jag. Daarom word die pryse by die veilings opgejaag (in Rande) want dis eintlik Dollars wat die pryse dryf.
Nou kom ek en jy en probeer hiermee kompeteer en dit is onmoontlik behalwe as jou van Rupert of so iets is.
Daarom skiet ons maar die brood en botter bokke om ten minste 'n vleisie te kan huistoe vat. En kyk met verlange na die wild buite ons bereik.
Die hartseer is dat die meeste geld word deur lokale jagters aan die wildboere betaal as ons na die totale jagbedyf kyk in 'n jaar. As dit nie vir die lokale jagters was nie sou die wildsplase nie 'n bestaan kon maak nie.
En nog steeds kry die manne met die Dollars voorkeur...
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Indien die pryse billik is moet die manne ten minste hulle bokke skiet.
Die ander sy is ook waar, as die pryse so hoog raak dat 'n man net een bok kan skiet dan gaan daar nie baie gejag word nie. Ons wil darem 'n paar bokke skiet sonder om die bank te breek. Die boere het uitgawes wat hoog en ek kry hulle regtig jammer daarvoor. Maar kom ons kyk bietjie na dit wat 'n bok die boer gemiddeld kos om op sy plaas aan te hou. Ek erken ek weet nie wat die bedrag is nie maar as ons na wildpryse kyk moet ek vra hoeveel sit die boer by daai koste? Onthou nie al die bokke word geskiet nie en teel weer aan. So as die jagter 100 afhaal en 200 teel aan het die boer meer bokke en die inkomste van die jagter gekry. Of sit ek die pot mis?
Ek verstaan die vraag en aanbod kwessie heeltemal. Daar is meer jagters as bokke so die pryse gaan op. Maar as die pryse billik is sal die jagters meer skiet en die boer gaan meer geld maak.
Of sit ek die pot mis?
I'd rather be hunting!
Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13526
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Jag pryse - 2020
Ja dit raak duur en ek is persoonlik nie mal oor wildsvleis nie, ja biltong en droewors is lekker maar as ek vleis eet wil ek bees of skaap he.Chris (vdB) wrote: Fri Jan 03, 2020 8:31 pm Cappie, en die boer se die bwb bulle is nog baie jong bulle ook nog. Ek het darem n' plekkie waar ek vir heelwat goedkoper ook jag, maar dit is net as vegunning, en een mooi groot bok soos n' jong Eland of n' groot Gemsbok bul n' jaar. Reeds dan nou my vraag, koop mens dan nie maar liewer n' A graad agter kwart en sny jou mooi steaks en short rib of n' lam of twee in plaas van om soos ek uit werk R71 n" kg op die einde vir n' Gemsbok karkas te betaal wat net op gesny is nie. Nog niks wors of niks gemaak nie
Ek dink die manne gaan oor die algemeen bq minder jag met ons ekonomie wat swaar trek maar jag sal hulle jag.
Deeadae is my jagte maar meer waar ek kyk hoe die laaitie die mooi bokke skiet wat ook lekker is maar ek probeer om nou elke jaar iets nuut te skiet. Jag gaan maar deesdae vir my meer oor die weg kom en tyd saam vriende en my seun in die veld te spandeur as om te kyk hoeveel bokke ons kan skiet.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- naas222
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
Re: Jag pryse - 2020
Ek haal aan n stukkie van hier bo... Die ander sy is ook waar, as die pryse so hoog raak dat 'n man net een bok kan skiet dan gaan daar nie baie gejag word nie. Ons wil darem 'n paar bokke skiet sonder om die bank te breek. Die boere het uitgawes wat hoog en ek kry hulle regtig jammer daarvoor. Maar kom ons kyk bietjie na dit wat 'n bok die boer gemiddeld kos om op sy plaas aan te hou. Ek erken ek weet nie wat die bedrag is nie maar as ons na wildpryse kyk moet ek vra hoeveel sit die boer by daai koste? Onthou nie al die bokke word geskiet nie en teel weer aan. So as die jagter 100 afhaal en 200 teel aan het die boer meer bokke en die inkomste van die jagter gekry. Of sit ek die pot mis?
Wat kos n bok..
ek gaan n rooibok ooi neem
Op veiling gaan n pakie van 15 en meer R950-R1100.. sonder BTW
ek koop 30.... dis n trokkie vol...
aflewering na my is om presies te wees R2654...
nou die som...
kom ons werk op R1000 n ooi plus btw R1150 plus vervoer.... R2654 ÷30 = R88. 50
totaal is R1238.50.
sy drink water...krag of generator.
eet voer in winter
lyndraad patroleer.
paaie instand hou..
lodge instand hou
bakkie..
hout optel vir braai en kuier.
koelkamer..
werkers
daars hordes goed wat gedek moet word..
Kom ons sê sy kos my R1500...
ek laat haar jag vir R1500..want wie gaan n ooi jag vir R2000.
ek maak my geld uit verblyf.. wat is dit R500 n nag.. een jagter dus R1000 vir die naweek..
nou aanteel...
uit daai 30 aangekoop skiet ek 15... 15 bly oor vir teel...
uit daai 15 raak 13 dragtig... almal lam...
13 lammers.. 1 doodgebore
7deur jakkals rooikat luiperd bruin haiena
luislang gepik deur n giftige slang breek
n been..siekte
ek sit met 5 aanteel...
so my oorspronklike 30 is nou maar 20...
maak ek geld.. Nee....
jaar 2 begin ek met 20
jag 10... aanteel is 4...
jaar 3 begin ek met 14..
ek boer agteruit as ek nie inkoop nie...
Die is n gesprek en n lekker een om oor te gesels.
Daar is in my som baie veranderlikes... daar word n BWB en n Koedoe en vark ook geskiet deur jagter...
kom ons sê op daai 3 nog n wins van R5000... so ek maak vir naweek op n jagter R6000... en die groep is 4.
R24 000...x16 jag naweeke R384 000...
Kom ons wees nice.. R500 000 wins vir jaar...
Kom nou kerels party van julle vat meer as dit huis toe n jaar na belasting..
Wildsboerdery is n besigheid net soos n winkel in dorp...
Woolies is duur... Shoprite is goedkooper..
Maar as ek nie geld maak nie MOET ek n buitelander insit en die $ kry..
Vat n vlakvark... R650-R1200...
almal skiet hom want hy gee volume aan mince en wors
Maar gaan kyk RW boek.. waneer is laaste inskrywing as ek reg is ( HELP REG OP DIE STELLING) dink 2008.
Ek sê maak n vark R1500-R2000. laat hul bietjie aanteel en groei.. dan gaan ons weer 100kg plus varke sien...
party eienaars vra jou afslag...koelkamer...bakie per km.. hout... net om n ietsie te maak want op n rooibok maak jy bogerol... nada .. niks...
Verblyf dis al..
As die eienaar nie n ander inkomste het om plaas te dra nie gaan dit broeksleur.
Dis maar my siening oor die saak..

222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Jag pryse - 2020
Vir my om vir wildsvleis dieselfde of op die stadium meer as beesvleis te moet betaal maak nie vir my sin nie. Soos Cappie vroeer genoem maak ek ook maar biltong en droewors van wild soos hy. Ek dink die meeste mense sal met my saam stem dat n' bees steak of geel vet bees biltong darem baie beter smaak as wild steak. So basies betaal mens nou maar daai kostes net om bietjie in die veld te kom vir die jag en saam vriende wees.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
-
RugerBoy
- Full Member

- Posts: 151
- Joined: Tue Nov 11, 2014 5:09 pm
Re: Jag pryse - 2020
Sonder om in n argument betroke te raak. Het elk seker maar sy eie manier hoe hy na dinge kyk.
Ek dink om nog te kan jag vandag is n groot voorreg en luuksheid. In ons jag groep kan nie al die manne elke jaar saam gaan nie. Elk se omstandighede is maar anders.
Dis verseker n groot uitgawe vir die jagter maar so ook vir die boer. Ek dink nie dit gaan vir elke boer net oor die wild wat gejag word nie. Die akkomodasie inkomste is vir baie meer belangriker as die jag van die wild. Ek weet van die boere verkies familie jag bespreking waar ma, ouma en skoonma saam kom, inplaas van 2 of 4 pelle wat 5 bokke kom skiet oor 3 dae. Van die wild word of veiling vir die selfde bedrag verkoop as wat hulle kry by die jagters.
Ek ken darm n paar boere en mense in die bedryf. of dit nou skape, wild of vrugte is. Tot van die grootse boere sukkel met die droogte. Behalwe die normale uitgawes om n plaas aan die gang te hou het die droogte n baie groot inpak. Ek praat laas maand met iemand in De Aar, hulle reken dat daar net 20% van die wild en die vee oor is in die Karoo area. Of dit nou reg is of nie daai manne kry swaar, maar so ook baie ander wildsplase. Van daai plase het nie reen gekry in 6/7 jaar nie. Die vraag is hoe lank kan enige boer aanhou as dit so aangaan.
Selle met die groente, ek praat vandag met n piesang boer van Tzaneen, daar is nie water en die reen is maar min. 100de ha citrus is dood en uitgehaal. Die piesangs word dood gebrand met die hitte. Hy noem dat in al die jare het hulle nog nooit so met die hitte gesukel soos in 2019.
Betaal ons te veel vir skaapvleis, verseker ons sal altyd voel ons betaal te veel. Kry die boer genoeg vir sy skaap onder die omstandighede, verseker nie.
Oor die Rand/Dollar- sou elk van ons nie maar enige iets in dollar smous as ons kon nie. Baie keer is daai paar $$ die inspuiting wat die storie aan die gang hoe.
Gaan daai som ooit sin maak om slaghuis biltong met gejagte bwb biltong te vergelyk, nee glad nie, nie meer in vandag se tyd nie.
Bly dit lekker om te jag, verseker. Is dit lekker om om daai kamp vuur te sit - dis n voorreg .
Dis maar hoe ek na die goed kyk.

Kyk ek dink niemand hier se die boer bedonner ons nie, ek kom ook uit n boere famielie en verstaan alles van boer en hoe dit werk. Ongelukkig soos wat die boer moet geld maak moet ek ook geld spaar, skoolfonds en huis paaimente raak ook nie minder nie en 2 sakkies huis goed by spar kos al amper wat n springbok kos maar die probleem wat die boer me sit is ek hoef nie te jag om te eet nie, ek kan vir n naweek na n pel se lodge gaan en heel naweek da in die swembad sit en bier drink en ontspan en dalk op een lekker jag trip in die winter gaan om my jag fix te kry waar dit vir my dan mooi uit werk maar elke ou wat so dink of voel is een ou wat 2 of 3 keer n jaar minder gaan jag en dit gaan aan die boere se sak raak.
Hulle sit op n baie moeilike plek want ek dink ons almal hier verstaan ook n boer kan en gaan nie net laat jag omdat hy wil he mense moeytdit geniet nie, op die einde gaan alles oor geld want hulle het ook baie uitgawes en ons as jagter wil die meeste vir ons rand kry
Ons kan maar hoop ons mense kry die ekonomie aan die gang laat ons almal bq geld maak sodat ons lekker kan jag want kyk daar is dam ma min dinge so lekker om gatvol en seer n lang rum langs die vuur te drink na n lang dag in die veld agter bokke aan
Hulle sit op n baie moeilike plek want ek dink ons almal hier verstaan ook n boer kan en gaan nie net laat jag omdat hy wil he mense moeytdit geniet nie, op die einde gaan alles oor geld want hulle het ook baie uitgawes en ons as jagter wil die meeste vir ons rand kry
Ons kan maar hoop ons mense kry die ekonomie aan die gang laat ons almal bq geld maak sodat ons lekker kan jag want kyk daar is dam ma min dinge so lekker om gatvol en seer n lang rum langs die vuur te drink na n lang dag in die veld agter bokke aan
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- JurieW
- Full Member

- Posts: 129
- Joined: Wed Apr 19, 2017 1:18 pm
Re: Jag pryse - 2020
Menere ek wil nie argumenteer nie, slegs n ander perspektief bied. Ek voel dis bietjie van n onregverdige vergelyking wat getrek word.
As mens bloot jag as n luuksheid sien maak alles vir my beter sin. Vleis van die slag pale het n prys, prys wat bepaal word deur aanvraag, beskikbaarheid en kwaliteit. Daar is geen romanse daarin verbonde nie, ja kannie in die spar inloop en jou vuur aansteek by die slagtery afdeling se vertoon venster nie... so dis n kliniese transaksie.
Jag is soveel meer as dit.
Ek het laas jaar nie gaan jag nie, was met die gesin mauritius toe deur vrou se werk. Daar by n mark rondgeloop en iets opgemerk wat dinge mooi duidelik maak. By die mark sien ek een van die mense wat saam gekom het hy wil een van hierdie groot hout gekerfde voels koop. Mooi ding gewees, kan sien die man wat hom gemaak het, het gewerk. So argumenteer die persoon oor die prys van die hout beeld... en daar kry ek die realisasie. Dit was vir my n redelike suur gesig om te sien hoe die man die prys probeer afstry vir n beeld wat so baie werk en moeite in gegaan het.
So in n jag is daar so baie elemente wat jy by kry saam met jou vleis. Waarlik daar word herinnering gemaak en dinge beleef wat regtig spesiaal is. As die boer n prys het op n bok. Is ek nie daai ou om hom te probeer afstry nie omdat bees en skaap pryse op n sekere vlak is nie. En die rede is maar soos voorheen genoem en natuurlik dat ek nog nooit enige goeie herrinneringe het van daai keer toe ek n heel skaap by die spar gekoop het nie...
Dit is nie almal wat kan gaan jag nie, dit is ongelukkig n luuksheid in vandag se ekonomie. Maar jy kry baie meer as net vleis wat jy huis toe bring. Vir ons wat die natuur bewonder en hou van jag en wat wil verseker boer x het vir die volgende generasies wild op sy plaas moet ons as jagters die ondersteuning bied wat in swaar ekonomiese tye gevra word.
Naskrif: Moenie die Boer blameer vir duur wild nie. Blameer die regering en hulle patetiese ekonomie en die ongelooflike hoeveelheid belasting wat hulle jou vra vir elke onnoselike ding wat hulle doen.

12ga ELG
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2592
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Jag pryse - 2020
Moerse LIKE button vir jou Juriew!!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Jag pryse - 2020
Chris (vdB) wrote: Fri Jan 03, 2020 8:41 pm Is n' A3 bees T-Bone of n' lam staan rib nie ook vir julle manne lekkerder as n' duur Gemsbok steak nie of hoe Wouter?
Netso Chris, maar die "koop proses" van die gemsbok verruil ek vir boggerall! Wat ek vind wat vir my bitter lekker werk is om beide daai twee te kombineer in dieselfde trip.
Boys die dag as jy aan jag begin dink in terme van rand en sent is die dag wat jy maar jou jaggewere kan gaan skenk aan iemand.
Groetnis
Wouter
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Jag pryse - 2020
Wouter Roets wrote: Mon Jan 06, 2020 9:46 am
Boys die dag as jy aan jag begin dink in terme van rand en sent is die dag wat jy maar jou jaggewere kan gaan skenk aan iemand.
Groetnis
Wouter

Goed, beter, 6millimeter!
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: Jag pryse - 2020
Happy new year to everyone.
There are obviously exceptions to every rule but generally speaking the R/kg cost of venison from a hunting trip will be higher than the cost of meat bought at the local supermarket/butcher.
Many people acknowledge the above statement but they still want to hunt because of the experience and the immense enjoyment they derive from the process. At the same time, many of us passionate hunters are now on a very tight budget. We simply cannot afford expensive hunts but we still want to squeeze in a hunt or two if we can. For many of us this means spending less days hunting per year than we used to. And shooting less animals - or rather spending less on animals. This allows many passionate hunters to continue hunting. However, what it means for the farmer is less days booked and less revenue.
I know farmers that did not take off enough game last year - to a significant extent due reasons given above - and so they are not increasing their fees this year and in some cases are making some animals slightly cheaper.

Ok, so wat is die 2020 jagpryse?