Ek het 'n teleskoop op 'n ander geweer wat ek afgehaal het ('n Burris Fullfield II in 3-9x40). Ek het ook begin kyk na ander kolwe en het 'n paar kolwe gekry vir die Rem 700 maar geen van hulle het op my geweer gepas nie.
Ek het toe die kolwe verkoop en hierso op die forum 'n baie oulike kolf by 'n lid gekoop. Hy het ook vir my ringe en basisse vir die teleskoop gegee wat ek opgesit het. Deur die koop en verkoop van alles het die kolwe my nie 'n sent ekstra gekos nie. Ek het presies gelyk gebreek. Ek het ook 'n knaldemper gekoop van die forum af wat ek nog moet opsit, maar die loop moet ek eers laat sny en dis vir eers nie my eerste prioriteit nie.
Ek het die geweer vir die eerste keer die naweek gaan skiet. Ek het redelike goedkoop ladings geskiet wat ek sommer rofweg deur hulp van 'n vriend laat skat het deur QL. 54gr S341, in 'n once-fired S&B dop, agter 'n 155gr Frontier Range Master. Ek het so effens op en onder die node gelaai, met ladings van 53.4gr en 54.5gr ook. 84mm TPL op al die ladings.
Saterdagoggend kom ons op die skietbaan en ek kry die geweer op teiken met 2 skote. Een confirm die teiken en ek skuif die teiken na 100m. Ek skiet 'n groep met die 54gr lading en skiet twee skote wat aan mekaar raak, en een net so skuins onder. Totale groep-grootte so rondom 1.3". Glad nie sleg vir 'n splinternuwe loop wat nog nie ingeskiet is nie, maar wat my pla is dat twee skote reg teenmekaar lê, en een is so net-net af. Volgens navorsing toon dit vir my 'n kolf wat nie lekker sit nie. Die groep lyk so:

Nou wil ek hoor - die recoil lug van die kolf is gebed. Hy is skeef gebed omdat die vorige geweer nie perfek gepas het nie, en ek het hom nie oor-gebed nie. Toe ek die kolf opgesit het, het die aksie skeef in die kolf gesit en ek moes die epoxy met 'n Dremel bietjie uit-mill om die recoil lug reguit in die kolf te kry. Nou is die recoil lug effens skeef gebed, maar ek het eerlikwaar nie die geld om nou uit te haal vir 'n professional bedding job nie.
Ja, die geweer skiet vir jag goed genoeg, maar na ek die boonste groepie 3 keer herhaal het met effense verskillende ladings, weet ek die geweer is in staat om 3 skote aan mekaar te skiet. Selfs dalk beter as ek beter skiet en nie so baie bewe omdat ek opgewonde is nie. Ek wil graag kyk waartoe die geweer in staat is, maar ek wil nie my budget-build oorskry en duisende rande begin spandeer nie.
Weet enigiemand dalk of dit tipies is van die recoil lug op die Rem 700 en of dit moontlik sal wees om hom by die huis te bed? Ek is nie tegnies heeltemal useless nie, so ek sal die epoxy mooi kan uit-mill met die Dremel en dan die lug kan oor-bed. Die aksie lê op 'n aluminium bedding block en beide action screws is ge-pillarbed ook, so dis regtig net die recoil lug teen die tyd wat ek kan sien wat so kan maak. Die loop is heeltemal free-floated, so dis nie 'n probleem nie.

