Eerste bok

Post Reply
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Eerste bok

Post by BenJacobs »

Ek krap nou die dag deur my foto's en kom op dié foto af, van my eerste bok. Dit was 'n blesbok ram, 63kg geweeg en ek het hom op 60-80mm geskiet. Wie kan hulle eerste bokke nog onthou? Vertel die storie en sit foto op as julle het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Eerste bok

Post by Frederik »

Lyk of jy my seun se eerste bok van 2016 se maatjie geskiet het.

Ek het nie fotos van my eerste vark of bok nie. Die foto van my eerste bok (Jong Koedoe Bul) was geneem maar my vriend het toe besluit om op dieselfde film 'n girl skelm af te neem wat besig was om klere uit te trek "needles to say" het hy nooit die film ontwikkel nie want stories loop mos in die klein dorp en film moes nog ingegee word om ontwikkel te word.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Eerste bok

Post by JPS »

Ben - jy die gun teen die bok gedruk en toe sneller getrek. Goei bekruipwerk ++>: ++>:

Trek jou been - neem aan 60-80m. My eerste bok baie lank terug was ook Blesbok. In Groblersdal area gewees.
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Eerste bok

Post by BenJacobs »

Ek sien my fout oom. Hahaha
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Eerste bok

Post by alecjohnson »

My eerste bok was 'n steenbok wat ek in 1996 geskiet het met my oupa (nou myne) .22 brno mod1 oopvisier in die aand raai maar 50m, skoot was hoog maar werwel afgeskiet, ry nader en toe ons by die bok kom het ek afgespring en die bok 'n druk gegee, ek het die bok met die grootste horings op die plaas geskiet groter as 'n 2 draai kudu bul(so 2cm lank :laugh: ) dit was 'n groot eer vir my daai. my oupa het my later vertel, jy maak eers seker die bok is dood, want as die bok nie verlam was nie kon dit my lelik seer gemaak het! mis daai ou man baie! Ek sal moet soek vir 'n foto...
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Eerste bok

Post by BenJacobs »

Dit is hoekom ek so lief is vir jag, oom. Dit maak herinneringe en bande met mense wat ons nooit sal vergeet nie.
Post Reply