Op soek na Portugese Mauser aksie

Guys who collect arms can have a chat here/Versamelaars kan hier vergader.
Post Reply
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Op soek na Portugese Mauser aksie

Post by Suikermuis »

Goeiedag almal

Oom wat ek ken in die Upington omgewing is op soek na bogenoemde aksie. As ek hom reg verstaan besit hy n 243 wat op die aksie gebou is en wat nou n probleem het.

Is daar miskien iemand wat so aksie het wat bereid is om te verkoop, of weet waar mens dalk so aksie in die hande kan kry?

Groete
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Op soek na Portugese Mauser aksie

Post by tripodmvr »

Kan die probleem met die aksie nie goedkoper aangespreek word nie - onderdele kan gemaak word?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: Op soek na Portugese Mauser aksie

Post by Suikermuis »

Oom Marius dis dalk moontlik, ek weet nie. Dankie vir oom se inset, ek sal dit vir hom noem. Ongelukkig het ek nie al die inligting rakende presies wat die probleem is of wat dit veroorsaak het nie. Die oom het wel vir my genoem dat hy by n wapensmid was (ek weet nie wie of waar nie) en dat die smid nie kans gesien het om die herstelwerk te verrig nie. Ek neem dus aan dat die aksie in die betrokke smid se opinie sodanig beskadig is dat n nuwe aksie die beter opsie is.

Weereens, ek het nie al die inligting nie. Die oom het my gevra of ek dalk n Portugese Mauser aksie het. Ek het nie op die oomblik een wat ek wil verkoop nie, maar ek het hom belowe ek sal probeer uitvind waar hy dalk een kan kry.

Groete
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Op soek na Portugese Mauser aksie

Post by tripodmvr »

As hy nou begin verander aan die geweer is dit maar net nog 'n 6,5mm geweer en sal sy historiese waarde verval. Hy kan dan veel eerder geld op 'n moderne geweer spandeer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Op soek na Portugese Mauser aksie

Post by Pappabeer »

Daai aksie is nie gemaak om n .243 se 60K PSI te hanteer nie. Die Portugese Mausers het by 45K psi gewerk met die 6,5x58 rondte. Dit verklaar 10:1 hoekom hy in die eerste plek die probleem het.

Sy beste kans gaan egter wees om n voos Portugese mauser by Classic Arms te koop vir so R2500-3500, indien hy wil voortgaan.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Op soek na Portugese Mauser aksie

Post by 470rigby »

Ek het ene wat hy verniet kan kry, maar hy is nie volledig nie (kort magasynkas)
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: Op soek na Portugese Mauser aksie

Post by Suikermuis »

Goeiedag almal

@Oom Marius
Die wapen het waarskynlik sentimentele waarde en vandaar die motivering om dit eerder te probeer herstel as om n ander wapen te koop.
Indien dit nie die geval is nie, dink ek die maklikste manier om die probleem aan te spreek is om n nuwe Howa met n bull barrel en n lekker stywe twist aan te skaf. Sommer te Ackley ook terwyl mens nou besig is. .

@Pappabeer
Ek stem saam die aksie is nie sterk genoeg nie en was verbaas om te hoor dat n 243 op die aksie gebou is. Soos jy sê, dit is waarskynlik wat die fout veroorsaak het. Wat my bekommer is die feit dat dieselfde probleem heel moontlik weer veroorsaak sal word agv te hoë druk vir die aksie. Om die aksie te vervang met nog n Portugese aksie gaan dalk nie die probleem oplos nie.
Ek het vir die oom genoem van Classic Arms, dankie.

@470Rigby
Dankie vir die aanbod. Ek sal die oom daarvan in kennis stel en met jou in verbinding tree sodra ek iets van hom gehoor het.

Groete
Frikjordaan
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm

Re: Op soek na Portugese Mauser aksie

Post by Frikjordaan »

Ek het ook 'n portugese mauser kompleet maar agterste vizier is verflenter .
laat weet as ek kan help
Frik
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Op soek na Portugese Mauser aksie

Post by projagter »

Ek sal nie 'n moderne hoëdruk kaliber op 'n Portuguese Model 1904 Mauser-Vergueiro aksie laat bou nie. Nie daarvoor geskik nie.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Op soek na Portugese Mauser aksie

Post by Jake1 »

Soos Dewald en ander gesê het, solank hy weet n Portugeuse aksie is beslis nie bedoel vir druk van 243 rondte nie.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
deserthuntr
Full Member
Full Member
Posts: 239
Joined: Mon Mar 03, 2014 1:44 pm

Re: Op soek na Portugese Mauser aksie

Post by deserthuntr »

Suikermuis ek stel ook voor dat jy Classic Arms nader, dink hulle het juis nou 'n Portugeuse Mauser vir minder as R2000 te koop.

Dan wil ek net noem; julle is heeltemaal reg in julle redenasie oor die druk waarvoor die aksie gemaak is, MAAR hierdie en baie ander ouer 6.5mm aksies is baie sterk en kan maklik tot 52000psi hanteer. My skoonpa het 'n .308 Musgrave wat op presies so 'n Portugeuse Mauser akssie gebou is. Die geweer skiet nou al vir 30 jaar mooi reguit en is bitter akkuraat. Daardie aksies is bitter sterk. Selfs die Italianse 6.5x52 Carcano wat deur vele Amerikaners as "rubbish" beskou is (wat heeltemaal nonsens is) is bitter sterk en kan maklik druk van 60000+psi hanteer met gemak. Een van die groot bek Amerikaners het probeer om 'n Carcano aksie op te blaas met C4 plofstof en kon dit nie regkry nie. Hy het 'n ronte met plofstof gelaai en die aksie het niks oorgekom nie. Dit was met ongeveer 95000psi se druk! Hy het daarna 'n Carcano aanhanger geword en 'n hele webwerf begin... Dis maar net my opinie oor dinge wat ek weet van daardie aksies...

Lekker dag en groete
CZ Varmint .308
Mugrave 6mm P14
God is getrou. I Kor 1:9
vlakvarkbeer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 388
Joined: Wed Feb 27, 2013 11:26 am

Re: Op soek na Portugese Mauser aksie

Post by vlakvarkbeer »

Hi Suikermuis ek het so aksie as jy belang stel PM my.

Dankie Andre
.22 Norinco
Howa 223 B/B
Howa 6.5x55 Swed
6mm Musgrave (P14)
Lee Enfield 303
308 RSA 30" loop (Plank)
Remington 700 6.5 creedmoor
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Op soek na Portugese Mauser aksie

Post by J le Roux »

Ek dink ons kort meer inligting. Daar is wel die 1904 Vergueiro aksie, maar ook o.a. Portugese besendings van 1937 (my 7x57 is op so askie gebou) en 1941.

Ek glo nie almal was tot dieselfde spesifikasies gemaak nie.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Op soek na Portugese Mauser aksie

Post by Ds J »

Een van die swak punte van die Portugese Mauser is die slagpen. As hy breek is dit blykbaar n nagmerrie om hom reg te maak. Daar is maatskapyein die VSA wat voorraad het.
Post Reply