Work sharp

Enige iets tov messe.
Post Reply
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Work sharp

Post by 308Win »

Goeiedag.
Ek haat stomp messe. En gewere wat nie reguit skiet nie.
Ek sou net graag wou weet of enige forumlede al die Worksharp elektriese messlyper gekoop en gebuik het.
Wat dink jy van die ding?
Ek sien daar is 'n Ken onion weergawe wat vir my beter lyk. Lyk asof hy meer hoeke kan slyp.
Ervaringe?
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: Work sharp

Post by Hano243 »

308Win wrote:Goeiedag.
Ek haat stomp messe. En gewere wat nie reguit skiet nie.
Ek sou net graag wou weet of enige forumlede al die Worksharp elektriese messlyper gekoop en gebuik het.
Wat dink jy van die ding?
Ek sien daar is 'n Ken onion weergawe wat vir my beter lyk. Lyk asof hy meer hoeke kan slyp.
Ervaringe?
Ek het een, werk baie lekker, passop net as jy slyp vir die mes se punt, hyt n manier as jy hom nie reg gebruik nie om die punt rond te maak.
Hano
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Work sharp

Post by 308Win »

Die Ken onion model of die gewone een?
Ek sien die een se belde is wyer as die ander
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2157
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Work sharp

Post by Ds J »

Hy werk lekker om n slaghuismes of n goedkoop werkmes vinnig werkbaar te kry en skerp genoeg te hou dat n mens nie onnodige tyd voor n slypsteen hoef te staan nie.

n Goeie mes (Wüsthoff, Victorinox ens) sal ek verkieslik nooit op hom sit nie.

Die gevaar van bandslypers is dat hulle baie vinnig die materiaal wegvreet en dus ongelyk areas op die lem veroorsaak.

Vir alledaagse werk gebruik ek n slypyster om die snyvlak in vorm te hou.
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: Work sharp

Post by Hano243 »

Ek stem, n band slyper vreet vinnig die metaal weg. Ek gebruik myne op al my messe maar het eers genoeg op ouer messe geoefen voor ek hom op my duur messe probeer het.
308Win wrote:Die Ken onion model of die gewone een?
Ek sien die een se belde is wyer as die ander
Ek het die gewone een.
Hano
Gideonviljoen
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 59
Joined: Thu Apr 13, 2017 7:13 pm

Re: Work sharp

Post by Gideonviljoen »

Ek het die Ken Onion model.
Langer messe werk goed, korter lemme werk nie so goed vir my nie.
Bietjie teleurgesteld vir die prys en hoe effektief op alle messe werk.
Dus maak dit sin dat daar goeie terugvoering op die gewone modelle is en spesifiek vir slag/kombuismesse.
Sako 30-06
Sako Varmint 260
Sako 22-250
CZ 375 H&H
Miroku 12G
Glock 9mm
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Work sharp

Post by 308Win »

Dankie
Ek sal weer dink.
niklaasie
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Sun Jul 21, 2013 9:12 am

Re: Work sharp

Post by niklaasie »

Goeienaand,

Ek gebruik die Ken Onion ene in my Abattoir nou al vir 'n geruime tyd. Slyp omtrent daagliks met hom, en moet sê ek is heel tevrede.

Het al ander masjiene gehad bv. blade buddy, chef's choice ens. maar sover dink ek die Worksharp ene werk die Beste vir my applikasie. Parte en belde ook makliker verkrygbaar as die ander.

My 2c




Sent from my iPad using Tapatalk
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2157
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Work sharp

Post by Ds J »

308Win wrote:Dankie
Ek sal weer dink.
Kyk na die Tormek slypwiel. Hy werk stadiger en baie deeglik.
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Work sharp

Post by 308Win »

Ds J wrote:
308Win wrote:Dankie
Ek sal weer dink.
Kyk na die Tormek slypwiel. Hy werk stadiger en baie deeglik.
ek het na hom gekyk. Die T4.
Maar hy kos R7k...
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2157
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Work sharp

Post by Ds J »

308Win wrote:
Ds J wrote:
308Win wrote:Dankie
Ek sal weer dink.
Kyk na die Tormek slypwiel. Hy werk stadiger en baie deeglik.
ek het na hom gekyk. Die T4.
Maar hy kos R7k...

Daar staan n pragtige stel Japanese waterstene in my kas. En n oliesteen. En n Lansky. Hulle werk met my "cutthroats", die Wüsthoff en as iemand my vra om n mes te slyp.

My 24/7 knipmes slyp ek met fyn skuurpapier ( 600 of 800) op n sagte stuk leer. Dit is vinnig en egalig. Gee n effe ronde snyvlak maar bly skerp en buig nie om nie. Probeer dit dalk met n ou mes. Ek hou die mes teen ongeveer 25°.
Last edited by Ds J on Wed Oct 23, 2019 8:47 pm, edited 1 time in total.
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Work sharp

Post by 308Win »

Ek het 3 Lanksky stelle.
Werk lekker Mooi. Akkuraat.
Maar as ek velle moet aftrek, moet mens soms messe net 'n werkende snyvlak gee. Vinnig en effektief. Dus nie vir mooi messe nie
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Work sharp

Post by Hugov »

https://www.knifeguy.co.za/collections/ ... custom-set

Ek het n jaar terug vir my hierde slyp stelsel gekoop, en was nog nie n dag spyt nie, slyp vinnig en vlymskerp

Groete H
Post Reply