Bobbejane op die rant.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Bobbejane op die rant.
Na die beste reën in 5 jaar, besef ons hier in die Boland eers werklik hoe droog dit was. Ek praat nie nou van 'n gebrek aan swembad water of die feit dat ek nie my grasperk mag natlei nie. Ek praat van geen kos in die veld vir die bobbejane nie.
'n Ou skoolvriend kontak my laasmaand en vra of ek nie kan help met 'n paar patatdiewe nie. Hul is besig om sy oes stelselmatig te verwoes.
Ek het al ophou tel hoeveel daar in die laaste 3 weke gedood het, maar duidelik is die patats die enigste maklike bron van voedsel in die omtrek.
Ek en Kallie het vanoggend 'n vinnige draai op die plaas gegooi en die manne gestop voor hul teen die berg kon afkom. Die plaas lê aan die voet van die berg en al lyk dit of ons oor die horison skiet, kan ek jul belowe dat daar nog 2 "bulte" agter hulle is.
Skietafstand was 475m en helling 22°.
Daar was geen wind nie.
Ek het hul met my 7mm geroer en Kallie het sy 6 XC die praatwerk laat doen.
Jammer vir die taalgebruik, maar my byvoeglike naamwoorde verlaat my as die adrinalien pomp.
https://youtu.be/5qlyOMWC10o

Last edited by Gawie(13mm) on Sun Aug 11, 2019 5:03 pm, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Re: Bobbejane op die rant.
Mooi gemaak. Wil hulle ook so kan skiet.
Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1617
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Bobbejane op die rant.
Mooi geskiet! Sien daai Triggercam gaan ons nog baie vermaak veskaf
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Bobbejane op die rant.
Ou Gaafs, what is a sweat patato?
Sent from my SM-N960F using Tapatalk
Sent from my SM-N960F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1184
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: Bobbejane op die rant.
Dis een wat baie mooi stil lêSwede wrote:Ou Gaafs, what is a sweat patato?
Sent from my SM-N960F using Tapatalk
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
-
BigBoreFanatic
- Full Member

- Posts: 115
- Joined: Wed May 29, 2019 3:43 pm
Re: Bobbejane op die rant.
Sweat potato? Dis daai potato wat so sweet van die weghardloop v d bobbejane :-)
Is die Triggercam 'n lokale produk?
Is die Triggercam 'n lokale produk?
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Bobbejane op die rant.
Dus 'n patat wat 3 dae in die so gelê het.Swede wrote:Ou Gaafs, what is a sweat patato?
Sent from my SM-N960F using Tapatalk
Dit gebeur wanneer jou foon Afrikaans praat met Youtube.
Dankie maat.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Bobbejane op die rant.
BigBoreFanatic wrote:Sweat potato? Dis daai potato wat so sweet van die weghardloop v d bobbejane :-)
Is die Triggercam 'n lokale produk?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Willie
- Sr. Member

- Posts: 460
- Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm
Re: Bobbejane op die rant.
Mooi Gawie . As jy 250km wil ry is hier bitter baie wat ook pla.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Bobbejane op die rant.
Ek dog ek wys jul 'n paar kiekies van die patatdiewe.
Hul is redelik rustig as daar lood deur hul lyf is. Die twee maters het elkeen 'n 85 Game King vir hul moeite gekry.//uploads.tapatalk-cdn.com/20190811/1d18fc00116c8f51cb9140dc64dd3fdf.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190811/db957a4752bee7dc65bcf751b6ac6232.jpg
Hul is redelik rustig as daar lood deur hul lyf is. Die twee maters het elkeen 'n 85 Game King vir hul moeite gekry.//uploads.tapatalk-cdn.com/20190811/1d18fc00116c8f51cb9140dc64dd3fdf.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190811/db957a4752bee7dc65bcf751b6ac6232.jpg
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Bobbejane op die rant.
Ek het aangetroude familie daar is Seweweekspoort. My kop staan juis daai kant toe vir 'n naweek van loodstoot.Willie wrote:Mooi Gawie . As jy 250km wil ry is hier bitter baie wat ook pla.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Bobbejane op die rant.
Dit is 2 GROOT bobbejane. Dit is maar dieselfde storie as rooijakkalse. Mooi diere, maar die konflik tussen ons en hulle loop op die dood uit.