Waterbok Vleis

Post Reply
Fisher
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Sun Jan 23, 2011 2:51 pm

Waterbok Vleis

Post by Fisher »

Hallo Ouens

Ek wil net bietjie agter die kap van die byl kom oor die Waterbok se vleis.

Ek gaan eintlik om 'n koedoebul te jag, maar die geleentheid kan hom voordoen om 'n waterbok bul te skiet as 'n alternatief.
Ek is ook maar net 'n jagter, en so wil ek maar eerder 'n manlike dier skiet met redelike horings, omdat waterbokke nie regtig allerdaags is nie (vir my altans). Ek het nog nooit 'n waterbok van tevore geskiet nie en sal ook seker nie gou weer die geleentheid kry nie. Maar ek wil nou nie net een skiet net omdat ek die geleentheid het om een kan jag nie. Ek wil darm nie he die vleis moet swakker wees as die van 'n groot koedoe bul nie, anders los ek hom as hy oor my pad kom en soek eerder Oom koedoe. Ek het al baie koedoes met die geweer geskiet maar nog nie een met die revolwer nie, en die aankomende jag is reeds as revolwer jag beplan. Ek is redelik besluit loos ?

Ek het probeer navorsing doen op die internet.

Wat ek wil weet en is onseker oor:

AS die bok nou reg afgeslag is - Een ou wat vel afslag en ander ou wat die vel vashou, ens. - Is die vleis net eetbaar of is dit lekker ? Die een bron se dit is uitsonderlik lekker, Die ander een meen dis eetbaar maar redelik on-spesiaal, dis maar soos groot koedoe bul  vir my is.

Ek verstaan Waterbok bulle is maar min of meer die selfde gewig (uitslag) as koedoe bulle, maar op die internet lyk dit eerder soos die gewig van Blouwildebees bulle?

Sal dit saak maak as jy 'n lyfskoot skiet (Ek moet - dis 'n revolwer waarme ek gaan skiet), as jy die vel moet nie die vleis aan raak beginsel wil volg ?
Last edited by Fisher on Sun Jul 17, 2011 5:05 pm, edited 1 time in total.
Die maklikste ding op aarde om goed in te doen is om 'n sot te wees, die res vat nogal baie deurnis, geduld, opofferings en toewyding om bo uit te kom...
HUNTER
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Mon Oct 18, 2010 8:39 pm

Re: Waterbok Vleis

Post by HUNTER »

Hello Fisher

Ek dink jy moet eers besluit waarom jy gaan jag? Gaan dit oor vleis vir jouself  Of oor om 'n groot bok met die rewolwer te skiet? Ek ken ook nie waterbokke nie maar wanneer ek kudu jag vir myself verkies ek om 'n koei te skiet of 'n jong bul. Die vleis is darem maar net veel beter as 'n ou blou nek sin. Ek verstaan wat dat jy iets wil skiet wat jy wil gebruik en waardeer dit. As jy wil gaan jag om met die rewolwer iets groot te skiet gaan vir die grootste wat jy kan, geniet dit en kry die jeuk oor.

Groete en voorspoed

Hunter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Waterbok Vleis

Post by tripodmvr »

Weet van 'n vriend wat 'n koei geskiet het en die vel is oordentlik afgeslag. Vleis was nie sleg nie en het goed met kudu vergelyk. As ons dit deurtrek na die manlike en wel die volwasse bulle sal hul vleis ook heelwaarskynlik op gelyke vlak wees. Ek sal jou dus aanraai om die spesie te skiet wat jy nog nie geskiet het nie, synde dit jou meer jagbevredeiging gaan gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Waterbok Vleis

Post by Biltong »

Fisher,

Ek het tien dae terug 'n Waterbokoei en koedoekoei op dieselfde jag geskiet. Vandag die biltong geproe en kom nie die verskil agter nie. Braaiwors is ook lekker.

Die PH het verduidelik dat enige reuk aan die vel baie minder in die bosveld bokke is indien enigsins 'n reuk. Dis omdat hulle nie in die moerasse met baie water bly nie. Vervolgens skei die oliekliere baie minder af en ruik die bok nie sleg nie. Ek het aan die waterbok vel /hare gevat en geruik en kon slegs 'n baie effense reuk agterkom. Enige dier het seker 'n reuk.

Die waterbok het 86kg uitgeslag en die koedoe 81kg.

Die waterbok jag was vir my ook lekkerder want dit was ook my eerste waterbok. Die waterbok het redelik ver gehardloop met 'n goeie skoot plakdwars deur die longe en kokant van die hart. Ek het die idee gekry dat die bok taaier is as 'n koedoe wat makliker gaan le.

Groete
Post Reply