Howa 6mm BR

Post Reply
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

Howa 6mm BR

Post by geelslang »

Goeie dag manne

Ek wil graag 'n swaarloop Howa 243 verander in 'n 6mm BR om 55 tot 70gr punte te skiet. Sal die standaard maggesyn kas betroubaar voer as ek 5 patrone wil laai? Indien nie, watter bottom metal sal die aangewese keuse wees?

Dan wil ek ook graag weet wat die proses is om hierdie verandering goedgekeur te kry by die SAP?

Groete
Geelslang
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 918
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Howa 6mm BR

Post by musgrave270 »

Junglejulian kom in...
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Howa 6mm BR

Post by junglejulian »

Geelslang gee my n lui.ek het dit al gedoen.dit werk baie goed.
0845926299
Sparky
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Sat Apr 05, 2014 6:31 pm

Re: Howa 6mm BR

Post by Sparky »

Hi, Jammer ek is nou so bietjie van die topic af maar kan die Howa 6.5 Grendel aksie nie lekker werk vir 'n BR of Dasher nie. Ek het so bietjie gekyk, dit is die mini aksie en die Grendel se doppie se dimensies is vrek na aan die dasher, so die magasynkas en als dink ek behoort klaar reg te wees vir daai doppie, die enigste ding wat ek nie oor seker is nie is of die slot sal werk op die BR dop. Is daar dalk iemand wat so bietjie meer lig op die onderwerp kan gee?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13526
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Howa 6mm BR

Post by Capt. Yoda »

Sparky wrote:Hi, Jammer ek is nou so bietjie van die topic af maar kan die Howa 6.5 Grendel aksie nie lekker werk vir 'n BR of Dasher nie. Ek het so bietjie gekyk, dit is die mini aksie en die Grendel se doppie se dimensies is vrek na aan die dasher, so die magasynkas en als dink ek behoort klaar reg te wees vir daai doppie, die enigste ding wat ek nie oor seker is nie is of die slot sal werk op die BR dop. Is daar dalk iemand wat so bietjie meer lig op die onderwerp kan gee?

Ja hy kan, jy kan self die rim van die BR dop bq af draai op n draaibank sodat hy die slot geisg mooi kan pas of jy kan die slot gesig n rapsie oop maak. Res sal alles werk jy kan dalk net nodig he om bq aan die magasyn te krap as hy n dasher dop moet voer maar dit behoort nie te groot probleem te wees nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Howa 6mm BR

Post by Geno »

Die mini aksie is dunner (minder vleis) en die locking lugs lyk ook kleiner (sal myne vergelyk en bevestig) as die kort en lang aksies, so ek sou nie te hoë drukvlakke waag nie...
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13526
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Howa 6mm BR

Post by Capt. Yoda »

Geno wrote:Die mini aksie is dunner (minder vleis) en die locking lugs lyk ook kleiner (sal myne vergelyk en bevestig) as die kort en lang aksies, so ek sou nie te hoë drukvlakke waag nie...

goeie punt
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply