My Droom Geweer

Post Reply
User avatar
Tiny Hunter
Full Member
Full Member
Posts: 216
Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm

My Droom Geweer

Post by Tiny Hunter »

Ek is al n hele ruk op die forum en herlaai al my eie patrone van 13 jarige ouderdom af. Ek dink ek is bitter bevoorreg om n pa te he wat my ondersteun in alles wat ek doen. (Hy is glad nie n groot jagter of skut nie) Hy het vir my, my eie toerusting gekoop en vir my ‘n herlaai kamer laat bou. My Oupa se .30-06 is op sy naam gesit en toe koop hy vir my n .222 ook toe ek 15 was.

Al wat ek nog nodig gehad het was die baan geweer wat ek al aan hom karring vandat ek begin skiet het. As ek n gong op 400m lui staan hy die volgende week op 500m. Ongelukkig is die .30-06 gebou op n P14 aksie en die .222 is natuurlik te lig in die broek vir wat ek wil doen. Ek is toe einde matriek weg uit die Paarl uit en eindig toe op In Potchefstroom waar ek nou farmasie swot. Daar is dus min tyd vir herlaai en skiet vir my omdat die roere in die Kaap is.

Nietemin hou ek aan lees daagliks om my kennis te bly verbreed. My Pa kom toe agter dis tyd om vir my n geweer te koop wat ek myne en net myne kan noem en terselfdertyd duik twee gewere op wat sy vriend wil verkoop. N 7x47 Brno Zkk 600 en n .243 CZ550. Lang storie kort kry ek sommer twee gewere vir kersfees na ons skik daarop dat my pa die 7x57 sal maak soos hy hom wil hê en die .243 myne sal wees om te maak soos ek wil hê.

Ek werk toe heel Desember lank en sit die geld by die wat ek gespaar gehad het in my rekening en koop vir my n Leupold VX3i LRP met Leupold ringe. My pa doen aansoek vir lisensies en terwyl ons wag stem die verkoper in dat ons kan laatwerk doen aan die gewere. My pa vat my toe na Michael van MG gunstocks toe nadat ek al jare karring met fotos van hoe sy werk lyk.

My pa se toe ek moet alles self met hom uitsorteer en laat doen wat ek wil doen en daarna is ek op my eie dan het hy sy deel gedoen. Ek het vandag die fotos gekry en ek as 20 jarige voel asof ek myself kan nat maak van ekstase. Ek was vandag meer opggewonde om my geweer op fotos te sien as wat ek was toe ek hoor ek is aanvaar by die universiteit.

Ek dink baie mense praat altyd oor hoe hulle die beste pa het. Ek dink baie mense voel dis hulle plig om dit te se oor hulle ouers.

Ek dink egter ek kan met gemak se my pa is meer as goud werd en ek wens ek kan eendag net die helfde van n man wees vir my kinders as wat hy vir my is. Ek sal die gewere en alles op gee vir sy gesondheid en ek hoop daar is nog mense op die forum wat so voel oor hulle ouers.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190527/a7c51800f334a7c39e51960ef64cccf3.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20190527/d14daae0e537cca4350e0f28a7043b63.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20190527/a01af2fa7056bf536b0fcee0ec450dfb.jpg
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 992
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: My Droom Geweer

Post by Toyrsi »

Baie geluk.
Dis n groot voorreg om jou pa nogsteeds te he, koester elke oomblik.
Groete
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: My Droom Geweer

Post by Joe13 »

.
Last edited by Joe13 on Mon May 27, 2019 2:55 pm, edited 1 time in total.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: My Droom Geweer

Post by ruaanb »

Daai is nou bitter smart. Ja mens moet jou ouers waardeer terwyl hulle nog leef.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: My Droom Geweer

Post by FHM »

Hel dis mooi - geniet elke skoot! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: My Droom Geweer

Post by alecjohnson »

Pragtige roere!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: My Droom Geweer

Post by Eugene »

Pragtige kolf daardie. Mag al jou skote altyd die middel van die teiken vind.

Terwyl jy nou in Potch is, kom woon gerus een van ALRHA se skietdae in Parys by. As jy hou van LA skiet, mag dit dalk net jou belangstelling prikkel. Stuur my 'n PM met jou besonderhede en dan kan ek jou op hoogte hou van die datums en dalk selfs reel vir 'n "leen roer" sodat jy saam kan deelneem.
Aim small, miss small
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: My Droom Geweer

Post by tau »

Geluk!!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
ChristoK
Full Member
Full Member
Posts: 138
Joined: Sun Oct 08, 2017 11:11 pm

Re: My Droom Geweer

Post by ChristoK »

Baie mooi gewere!
BRNO ZKK 600 30-06
BRNO 8x57
Howa 6.5 Creedmoor
Troy SPC A3
H&K P30
Beretta SP1 Field
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: My Droom Geweer

Post by Springkudu »

Baie mooi storie en ongelooflike mooi roere!!! Jy moet jou pa waardeer en geniet terwyl hy nog met jou is, my Pa het laasweek Donderdag by my geslaap, Vrydag het ek hom en my ma in die Stad gaan aflaai waar hulle per stoomtrein vertrek het na Robertson, hulle was op die plaas Rooiberg gewees om daar wyn te proe en iets te eet, hy het bly moun dat hy moeg is en het trein toe gegaan, net toe hy by die trein instap het hy inmekaar gesak en hy is daar oorlede. Voel nog so onwerklik!!! Het al ‘n hele paar trane gepik die afgelope paar dae. Geniet jou ouers en roere!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: My Droom Geweer

Post by KalahariKlong »

Baie mooi en sommer lekker om te lees.
Geniet dit.
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: My Droom Geweer

Post by KalahariKlong »

Springkudu wrote:Baie mooi storie en ongelooflike mooi roere!!! Jy moet jou pa waardeer en geniet terwyl hy nog met jou is, my Pa het laasweek Donderdag by my geslaap, Vrydag het ek hom en my ma in die Stad gaan aflaai waar hulle per stoomtrein vertrek het na Robertson, hulle was op die plaas Rooiberg gewees om daar wyn te proe en iets te eet, hy het bly moun dat hy moeg is en het trein toe gegaan, net toe hy by die trein instap het hy inmekaar gesak en hy is daar oorlede. Voel nog so onwerklik!!! Het al ‘n hele paar trane gepik die afgelope paar dae. Geniet jou ouers en roere!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Baie sterkte vir jou en die familie.
Dit is n baie moeilike tyd.
User avatar
Tiny Hunter
Full Member
Full Member
Posts: 216
Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm

Re: My Droom Geweer

Post by Tiny Hunter »

Springkudu wrote:Baie mooi storie en ongelooflike mooi roere!!! Jy moet jou pa waardeer en geniet terwyl hy nog met jou is, my Pa het laasweek Donderdag by my geslaap, Vrydag het ek hom en my ma in die Stad gaan aflaai waar hulle per stoomtrein vertrek het na Robertson, hulle was op die plaas Rooiberg gewees om daar wyn te proe en iets te eet, hy het bly moun dat hy moeg is en het trein toe gegaan, net toe hy by die trein instap het hy inmekaar gesak en hy is daar oorlede. Voel nog so onwerklik!!! Het al ‘n hele paar trane gepik die afgelope paar dae. Geniet jou ouers en roere!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk


Ek dink aan oom en oom se familie. Dis altyd n moeilike tyd. Ek sal my ouers altyd waardeer sulke goed kan so onvoorspeld oor mens se pad kom.
User avatar
Tiny Hunter
Full Member
Full Member
Posts: 216
Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm

Re: My Droom Geweer

Post by Tiny Hunter »

Baie dankie aan almal se wense. Sien uit om kyk wat maak hy ander kant gemak sone.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: My Droom Geweer

Post by joe rocket »

Mooi kolf en glo my nou gaan jy lekker skiet. Respekteer jou pa. My pa is dood toe ek 15 jaar oud was. Die lewe is kort. Springkudu sterkte ou maat.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: My Droom Geweer

Post by Springkudu »

Dankie vir die goeie wense manne en ek het sommer 'n paar PM's ook gekry, waardeer dit.

Skuus Tiny, ek het nou nie bedoel om hier te kom hijack, dit was nou nie eintlik my bedoeling.

Groete
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
User avatar
Tiny Hunter
Full Member
Full Member
Posts: 216
Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm

Re: My Droom Geweer

Post by Tiny Hunter »

Glad nie n Hijack nie oom. Maak my net soveel meer besef mens moet elke tydjie wat jy het geniet saam jou ouers.
Post Reply