RSA Enkelskoot Aksie

Post Reply
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

RSA Enkelskoot Aksie

Post by Pinkes »

Middag manne

Kan iemand my help met n RSA enkelskoot aksie
Se gewig asb?

Groete
P
User avatar
Alberts
Full Member
Full Member
Posts: 123
Joined: Fri Jul 13, 2018 8:17 am

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by Alberts »

1552 gram//uploads.tapatalk-cdn.com/20190407/0d1424f18ff90aa91e5273f655fc39c6.jpg

Sent from my EML-L09 using Tapatalk
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by Pinkes »

Jis baie dankie. Dit help. Maar wat is hy sonder bottom metal
as ek mooi mag vra..?? :)
User avatar
Alberts
Full Member
Full Member
Posts: 123
Joined: Fri Jul 13, 2018 8:17 am

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by Alberts »

More

Dan is hy 1280 gram.

Sent from my EML-L09 using Tapatalk
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by Pinkes »

Baie dankie vir die moeite!!!
User avatar
Alberts
Full Member
Full Member
Posts: 123
Joined: Fri Jul 13, 2018 8:17 am

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by Alberts »

Plesier, mooi dag!

Sent from my EML-L09 using Tapatalk
User avatar
thys308
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Fri Aug 17, 2012 8:13 pm

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by thys308 »

Albert, kan jy my dalk sê watse punt en gewig werk in die 7.62. Ek gn myne binne kort me begin en soek net so rigting om me te begin.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by spekieries »

Die gewig van koeëls het alles te doen met die loop en meer spesifiek met die groefdraai (twist) in die loop. Ek skiet twee .308's en ek skiet verskillende gewig koeëls. Weet jy wat is die groefdraai.
User avatar
Alberts
Full Member
Full Member
Posts: 123
Joined: Fri Jul 13, 2018 8:17 am

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by Alberts »

More Thys. Die die ouens skiet 'n redelike verskeidenheid. Op die staduim skiet ek die 178gr EldX. Hy werk mooi uit my 26" 1-10 groef. Maar ek dink Pinkes sal jou beter as kan antwoord.

Sent from my EML-L09 using Tapatalk
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by Pinkes »

Ek begin ook maar nou eers met 308 so ek leer ook nog. maar vra vir APIE op die forum...hy ken n RSA 308!!!
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3073
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by Apie »

Pinkes wrote:Ek begin ook maar nou eers met 308 so ek leer ook nog. maar vra vir APIE op die forum...hy ken n RSA 308!!!
Passing the ball!


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3073
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by Apie »

thys308 wrote:Albert, kan jy my dalk sê watse punt en gewig werk in die 7.62. Ek gn myne binne kort me begin en soek net so rigting om me te begin.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Thys

Die vraag is wat gaan jou geweer se aanwending wees?


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by Capt. Yoda »

Pinkes wrote:Ek begin ook maar nou eers met 308 so ek leer ook nog. maar vra vir APIE op die forum...hy ken n RSA 308!!!

Volgende gaan jy seker n Howa 270 koop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by Rasmus »

thys308 wrote:Albert, kan jy my dalk sê watse punt en gewig werk in die 7.62. Ek gn myne binne kort me begin en soek net so rigting om me te begin.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
HAllo Thys

HEt jy n oorspronklike RSA plankgeweer? Hulle skiet meeste 155gr koelle dat dit klap.
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by Pinkes »

Capt. Oblivious wrote:
Volgende gaan jy seker n Howa 270 koop
Wonder watse verskoning/fout gaan jou 6mm dan weer he as ek jou met n 270 pakslae gee... ++>:
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by Capt. Yoda »

Pinkes wrote:
Capt. Oblivious wrote:
Volgende gaan jy seker n Howa 270 koop
Wonder watse verskoning/fout gaan jou 6mm dan weer he as ek jou met n 270 pakslae gee... ++>:

Dan begin ek boog skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3073
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by Apie »

Rasmus wrote:
thys308 wrote:Albert, kan jy my dalk sê watse punt en gewig werk in die 7.62. Ek gn myne binne kort me begin en soek net so rigting om me te begin.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
HAllo Thys

HEt jy n oorspronklike RSA plankgeweer? Hulle skiet meeste 155gr koelle dat dit klap.
Dit hang af Rasmus

Daar was 2
Een het 'n 1:14 twist Ferlach loop op gehad en die ander 1:12 Musgrave lope.

Die 1:14 twist lope sukkel om die langer 155gr Lapua Scenar bv te stabiliseer maar doen baie goed met die 155gr Nosler CC.

Die 1:12 twist lope doen baie goed tot en met die 175/178greiners. Hy behoort ook onder meeste omstandighede die 185gr Juggernauts ook te stabiliseer.

Pinkes gooi 200gr Sierras uit sy 11 twist loop maar as jou aanwending 200greiners gaan wees is die 10 twist eintlik 'n veiliger keuse.
User avatar
thys308
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Fri Aug 17, 2012 8:13 pm

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by thys308 »

Ja ek het musgrave rsa loop en glo dis 1:12twist. My geweer het nog die stabalizer voor op die loop ook nog. Ek wil begin met geweer op d sa jag skiet dae te skiet en verder vereers bosbok en koedoe te skiet vir die algemeen. Dis my tweede 308 wat ek het die ander een is mauser K98. RSa het ek nie nou ñ foto van nie.//uploads.tapatalk-cdn.com/20190521/2f83e9b8e7160032a426f63cdf1729e2.jpg

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2141
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by Ds J »

uote="thys308"]Albert, kan jy my dalk sê watse punt en gewig werk in die 7.62. Ek gn myne binne kort me begin en soek net so rigting om me te begin.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk[/quote]

n Rowwe riglyn: die meeste Musgrave RSA enkelaksie gewere se groefdraai was 1:14; hulle het goed gewerk met 143gr of 150gr koeëls.

1:12 werk met 165gr en 168gr.

1:11 werk met 180gr.

1:10 werk met 197gr en 200gr.

Ek was vir lank onder die indruk dat n vinniger groefdraai ook n ligter koeël kan stabiliseer, dws jy sou n 150gr koeël uit n 1:12 of 1:10 kan skiet maar dit is blykbaar nie heeltemal korrek nie, of ten minste net redelik geldig vir jagafstande tot 300m.

As jy n langafstandgeweer wil bou moet jy met die langafstandmanne praat. Hulle verstaan heelwat meer.
User avatar
thys308
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Fri Aug 17, 2012 8:13 pm

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by thys308 »

Dankie Ds J ek wardeer. Die langafstand ding sal ek nie nou aanpak nie. Dalk in ñ later stadeum van my lewe.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: RSA Enkelskoot Aksie

Post by Capt. Yoda »

Ds J wrote:uote="thys308"]
Ek was vir lank onder die indruk dat n vinniger groefdraai ook n ligter koeël kan stabiliseer, dws jy sou n 150gr koeël uit n 1:12 of 1:10 kan skiet maar dit is blykbaar nie heeltemal korrek nie, of ten minste net redelik geldig vir jagafstande tot 300m.

Ds, Die grootste rede wat n vinnige of te vinnige twist nadelig sal wees vir n kort koel soos kom ons se n 1/8 twist in n 6mm met n 55gr koel of n 125gr in n 1/10 300 is as die spoed van so aart is dat hy letterlik die jacket van die core af spin, hoe vinniger jy daai klein kort koeltjie nog kan spin hoe meer skade maak hy as hy sy tyken tref.

Ek weet die US manne het vir lank geglo as jou twist te vinnig is is dit nadelig vir akuraatheid en dit het weer deur die internet die wereld in gegaan maar dit is BR manne wat so se en tot n mate waar is maar dit is waar as jy heeldag bitter klein groepe moet skiet en dan sal hulle eder die min aanvaarbare twist gebruik wat n koel sal stabileer maar dit het baie keer meer uit te waai met die kwaliteit van die koel wat hulle skiet eder as die loop se twist.

n Koel wat te vinnig spin kan wel neig om neus "op" te wil vlieg of om homself in die wind te wil align maar dit gaan weer nie noodwendig akuraatheid beinvloed nie maar die koel se BC oor langer afstand en ook dan nou jou wind saktting wat wel akuraatheid of presiesie kan beinvloed.

Waar dit wel n probleem is of kan wees is met swakker koels waar daar dalk n swak plek in die koel se core is of jacket is, hoe vinniger jy nou daai koel spin hoe "slegter" gaan die koel skiet agv die swak plek wat hom nou basies onstabiel maak en wat jy nou amplify agv die vreeslike spoed teen wat jy hom spin. Baie varmint manne verkies n vinnger twist reeds om daai koel bitter vinnig te laat spin laat hy so doende mooi uit mekaar skiet as hy die tyken tref. Daar is paar manne wat ongediertes ver skiet met baie vinnger 300wsm's en kort ligte ballistic tips.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply