243 ladings 'n ramp
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
243 ladings 'n ramp
Maters,
Vannaand is ek mismoedig. Vandag lading met my 243 geskiet en en kry niks onder 60mm nie.
Het afgeskop met 38,0gr tot 43,0gr met 0,5gr inkremente. 2mm vanaf die lands. Winchester doppe. CCI200 primers. 90gr Nosler E-tip uit 'n Sako Varminter.
Ek is nie 'n ervare laaier nie..... hoe gaan mens nou vorentoe?? Waaraan verander ek eerste?

.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
-
Plasmodium
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Mon Jan 04, 2010 5:01 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
Watse kruit en lot?
243 Sako 85 Varmint SS & 5-30x50 Z6
8x57IS Mauser & 3-9x40 VXII
8x57IS Mauser & 3-9x40 VXII
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
S365 Lot 49
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
Voor jy verder aanploeter. Ek het jare gelede my as afgesukkel met 90gr Goodnel koe?ls wat nie wou groepeer nie. Alles probeer.
Oplossing - koe?ls was te lank vir my geweer se groefdraai. Die 80 en 85 monometaal manne (Goodnel, Spartan, Barnes ens) skiet pragtig noudat die lengte nie oorskry word nie.
Kyk hoe maak Spartan 85 in jou geweer. Hulle is nie so duur soos die ander make nie en sal wys of lengte die probleem is. Probeer iewers 'n paar in die hande kry. My geweer het 13mm groepe met hulle geskiet. Laat hulle eers 2mm jump h

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
Daai Nosler E-tip's is vreeslik lank. Amper 2x langer as ander 243 se Nolser 85gr Partitions.
Pel se my nou op die foon hy reken ook die punte is waarskynlik te lank en sal nie stabiliseer nie? Dalk maar terug beweeg na betroubare 85gr Partition?

Last edited by Sako75 on Mon Jul 11, 2011 8:28 pm, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
Moet nou nie so met my maak nie. Ek het jou nou die raad gegee vir mono's. Hulle werk op die jag en veroorsaak min vleisskade maar maak baie effektief dood. Het al 2 kudus met monos platgetrek en een selfs op baie lang afstand. Gebruik net die ligter modelle wat ek genoem het.
Ek sal nie vir jou voorskryf. Gebruik dit wat jy mee gemaklik voel en wat jou sak pas. Ek is net groener en wil nie lood in my vleis kry nie. Daarom dat ek 'n voorstaander van koper koe?ls is.
Ek sal nie vir jou voorskryf. Gebruik dit wat jy mee gemaklik voel en wat jou sak pas. Ek is net groener en wil nie lood in my vleis kry nie. Daarom dat ek 'n voorstaander van koper koe?ls is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
Ja nee, ek soek ok nie lood in my vleis nie. Dis hoekom ek oorgeskakel het in omtrent al my kalibers (nog nie almal gelaai nie maar dis reg om gelaai te word). Ek wens so die 90gr ETips wou werk!!!! Ek hou darrem net baie van die Noslers.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
Jy gaan nie fout maak as jy die ander manne se pille probeer nie - het reeds Spartan en Barnes genoem. Daar is ook nog Impala en GS Custom - weet nie of Hornady 'n GMX in 6mm het nie. Almal van hulle goetertjies skiet akkuraat en maak goed dood met minder vleisskade as lood projektiele.Sako75 wrote: Ja nee, ek soek ok nie lood in my vleis nie. Dis hoekom ek oorgeskakel het in omtrent al my kalibers (nog nie almal gelaai nie maar dis reg om gelaai te word). Ek wens so die 90gr ETips wou werk!!!! Ek hou darrem net baie van die Noslers.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
Hornady het 80gr GMX. Ek gaan bietjie verder navorsing doen oor van die ander. Ek wou net so graag gehad het dat daai ETips moet werk! Het hulle ook gemail om te vra wat hulle mening is. Dalk kan hulle met 'n 80gr vorendag kom wat nie so lank is nie.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
-
Gerard
Re: 243 ladings 'n ramp
Ek is nuuskierig. Het iemand 'n onlangse prys op Spartan koeels? Die GSC HP in 75gr vir die 243 is R282.00 per 50. Hoe vergelyk dit met die Spartan 85gr, 90gr Etip en 80gr GMX? Ons het 'n 85gr ook maar die 75 werk beter in die standaard 10" spiraal. Die 85gr GSC HP het eintlik 'n 9" spiraal nodig.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
Het geloer na die lengtes van die koe?ls. Lyk my lengte tot so 27 sal nog stabiliseer. PMP 100gr is bv. 26.16mm lank. Barnes 85gr is 26.95.
Kon nie 90 E-tip se lengte kry nie.
Kon nie 90 E-tip se lengte kry nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
Gerard wrote: Ek is nuuskierig. Het iemand 'n onlangse prys op Spartan koeels? Die GSC HP in 75gr vir die 243 is R282.00 per 50. Hoe vergelyk dit met die Spartan 85gr, 90gr Etip en 80gr GMX? Ons het 'n 85gr ook maar die 75 werk beter in die standaard 10" spiraal. Die 85gr GSC HP het eintlik 'n 9" spiraal nodig.
Hul prys is ongeveer R315 per 50.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
Daai E-Tips is 1.18" oftewel 29.97mm! En dan ook ooglopend hopeloos te lank! Ek het die geweer so loop bietjie met 105gr RWS patrone ingeskiet en ook nie wafferse groepe gekry nie. Hier leer ek nou 'n paar lesse wat my hart spaar omdat my nuwe yster nie met die lang pille wil saamwerk nie!
Die Nosler 90gr Accubond en die Swift 90gr Scirocco is ook ver te lank! Die 85gr Partition en die 90gr Ballistic maak dit net.
Dankie tripodmvr vir jou advies en les hierin.....
Nosler se antwoord is:
"Try seating .070" to .090" off the rifling. We have not had trouble stabilizing in 1-10" twists"

Last edited by Sako75 on Tue Jul 12, 2011 12:58 am, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
-
Gerard
Re: 243 ladings 'n ramp
Sako75, dit is maklik om te bepaal of die koeel stabiel is of nie. Skiet hom op twee 20l waterkanne wat agtermekaar staan op omtrent 30m. Jy behoort die koeel in die tweede kan te kry. As hy gebuig is het hy getuimel en was onstabiel. As hy mooi oopgemaak het en die skag is reguit, is die bron van die groot groep elders, nie by stabiliteit nie.
- PITSMIT
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am
Re: 243 ladings 'n ramp
sako
my 2c
wanneer laas het jy jou loop ge-decopper. dis goed om dit so elke 50 skote te doen
is al jou skroewe wat aksie en kolf vashou lekker styf vas
is jou loop heeltemal free float
is jou dop voorbereiding reg
dis ook n paar goed wat jou groepe gaan pla as dit nie reg is nie
en dan laastens: " kan jy skiet? hahaha

sorry ek kon dit nie weerstaan nie
groete
pitsmit

Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
Pitsmit,
Dankie vir die idees. Alles help....
Die geweer se loop behoort redelik sonder koper te wees. Ek het hom net voor die groepe deur 'n proses gesit om sy loop in te loop van splinternuut af. Hy is vir 60 rondtes elke 2 skote ge"decopper". Daai 60 rondtes het my 3 dae gevat om uit te skiet. Ek gaan hom sommer vannaand 'n dosis Sweets 7,62 gee om dit finaal uit die weg te ruim.
Sal die skroewe alles weer na gaan. Behoort alles reg te wees...... maar sal nie kwaad doen om te kyk nie.
Geweer is totaal "freefloating" ja.
Dopvoorbereiding is standaard gewees soos vir enige van my ander gewere waarmee ek goeie groepe kry.
Oor die kan skiet..... jong dis seker 'n ope vraag. Ek weet wel dat ek teenwoordig was toe my 9,3x62 4x skote in een groot gat geskiet het.

Last edited by Sako75 on Tue Jul 12, 2011 3:53 pm, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: 243 ladings 'n ramp
Vir die koper uit die loop haal, probeer eerder Boretech se Copper Removernadat jy eers die carbon uitgehaal het met Carbon Remover van Boretech, of M98 van Gerard. Ek het nog nie beter in my lewe gebruik nie. Bly maar weg van die Amoniak produkte
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
Sako, ek willie nou stupid klink nie maar is die 'n nuwe loop??...is jy seker hy's mooi ingeloop??...soek loop nie bietjie koper vir 'n "tighter fit" nie??Sako75 wrote: Die geweer se loop behoort redelik sonder koper te wees. Ek het hom net voor die groepe deur 'n proses gesit om sy loop in te loop van splinternuut af. Hy is vir 60 rondtes elke 2 skote ge"decopper". Daai 60 rondtes het my 3 dae gevat om uit te skiet. Ek gaan hom sommer vannaand 'n dosis Sweets 7,62 gee om dit finaal uit die weg te ruim.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)

- MJK
- Sr. Member

- Posts: 466
- Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
Sako - dalk flinch jy met die 243?Sako75 wrote: Ek weet wel dat ek teenwoordig was toe my 9,3x62 4x skote in een groot gat geskiet het.![]()
Sorry ek kon dit nie laat verbygaan nie
-
Pottie
- Jr. Member

- Posts: 76
- Joined: Mon Feb 21, 2011 7:27 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
Moenie worry nie, jou probleem is eenvoudig, ek moes dit vroeer die jaar vir iemand anders oplos. Nosler E Tips se lading spesifiekasies is dieselfde as die Barnes X tipe ladings in die Somchem handleiding. S365 het baie goeie groeperings vir n 243 Win gegee as hy 33gr kruit agter n 90gr E tip sit. Die handleiding gee 29.2 tot 32.4 as maks aan vir n 95gr Barnes X punt. Die ladings wat jy gelaai het was bietjie hoog en jy sou waarskynlik druk probleme kry. Ek glo jy gaan nou reg kom met jou E tips. Ek het ook die lading met die ouens by Somchem bespreek voor ek geskiet het. Laat weet asb as jy reg is. Groetnis.
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
Dankie vir al die diverse advies manne! ;D Ek dink dis vir almal leersaam!
Pottie, teen watter spoed het julle reggekry dat hulle werk? Ek het deur die hele reeks van ladings gegaan en geensins druk gekry nie..... het vanaf die Barnes tabelle gewerk met die dat die E-Tips monolithics is. As julle nog ETips teen 'n goeie prys soek laat weet maar..... my aptyt vir hulle is geblus op die stadium :'(
Bietjie terugvoer is dat ek in die afgelope week vir my Bore Tech Copper Cleaner aangeskaf het om die man se keel mee te skrop en het ek ook 80gr Barnes TTSX getoets omdat ek vir die geweer maar by loodvry wil bly. Die resultate lyk AANSIENLIK beter! Het groepe onder 15mm raak gebewe. Ek is nog in die toets en loop inloop fase maar dinge lyk beter met die ligter (korter) punte.
Meeste terugvoer wat ek kry strook met die idee dat die ETip punt dalk te lank is vir die "twist". Maar ander agrumente is nou weer dat Nosler sekerlik 'n punt sal maak wat teen skaflike snelhede sal werk in 'n deursnit geweer met 1:10 "twist"? Nou ja, ek leer sommer hoofstukke van herlaai en sommer lekker prakties ook! Goeie advies was ook gewees om met paar bekende fabrieksladings vir 243 te skiet en te kyk wat die man maak dat mens minstens uitskakel dat die geweer nie werk nie.....

Last edited by Sako75 on Thu Jul 21, 2011 8:01 pm, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
As jy 15mm groepe skiet wys dit dat jou fabrieksgeweer die dinge kan doen. Met so groepering kan jy 300m skote skiet. Speel nog met TPL en miskien kan jy nog beter.Sako75 wrote: Dankie vir al die diverse advies manne! ;D Ek dink dis vir almal leersaam!
Pottie, teen watter spoed het julle reggekry dat hulle werk? Ek het deur die hele reeks van ladings gegaan en geensins druk gekry nie..... het vanaf die Barnes tabelle gewerk met die dat die E-Tips monolithics is. As julle nog ETips teen 'n goeie prys soek laat weet maar..... my aptyt vir hulle is geblus op die stadium :'(
Bietjie terugvoer is dat ek in die afgelope week vir my Bore Tech Copper Cleaner aangeskaf het om die man se keel mee te skrop en het ek ook 80gr Barnes TTSX getoets omdat ek vir die geweer maar by loodvry wil bly. Die resultate lyk AANSIENLIK beter! Het groepe onder 15mm raak gebewe. Ek is nog in die toets en loop inloop fase maar dinge lyk beter met die ligter (korter) punte.
Meeste terugvoer wat ek kry strook met die idee dat die ETip punt dalk te lank is vir die "twist". Maar ander agrumente is nou weer dat Nosler sekerlik 'n punt sal maak wat teen skaflike snelhede sal werk in 'n deursnit geweer met 1:10 "twist"? Nou ja, ek leer sommer hoofstukke van herlaai en sommer lekker prakties ook! Goeie advies was ook gewees om met paar bekende fabrieksladings vir 243 te skiet en te kyk wat die man maak dat mens minstens uitskakel dat die geweer nie werk nie.....
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Danie Lombard .243
Re: 243 ladings 'n ramp
Sako
Ek sien dat jy al vele tiepe ladings in jou geweer geskiet het sonder enige sukses. Jy noem ook dat jy die hele tyd 'n "seating depth" gebruik het wat 2mm van die "lands" af is. Probeer gerus om te verander aan die tpl lengte bv. 2,2mm 2,4mm 2,6mm 2,8mm 3,0mm van die lands en ens. 'n 243 is baie gevoelig vir die TPL lengte en die afstand wat die koeel spring na/in die lands is. Wat jy ookal doen, moet net nie die koeel laat vas druk teen die lands nie. Dit werk nie so mooi in 'n 243 nie.
Danie

- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
Hallo Sako
Ek het die selfde geweer (sako 85 varmint) en wil ook graag die 80gr ttsx skiet. Kan jy my dalk asb jou lading gee wat jy die beste mee gedoen het
. Ek wil graag Lapua doppe gebruik en het nog nie gedink aan die primer nie(dalk cci?). As jy my so bietjie raad kan gee oor die lading en vertel hoe die koeel vir jou gewerk het in die jagveld sal ek dit baie wardeer. 
Baie Dankie
Hein
Ek het die selfde geweer (sako 85 varmint) en wil ook graag die 80gr ttsx skiet. Kan jy my dalk asb jou lading gee wat jy die beste mee gedoen het
Baie Dankie
Hein
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: 243 ladings 'n ramp
Sorry wou maar net se dat ek nie die load net so wil gebruik nie maar net as n aanduiding.
Baie dankie
Hein
Baie dankie
Hein