Nuwe Model Rudolph Scope Toets
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Nuwe Model Rudolph Scope Toets
Dolph het vir my n 2de scope gestuur om te toets naamlik n 4 - 16 x 50 met 25mm buis, sonder paralax verstelling.
Die scope het gekom met n #4 Duitse kruishaar wat lekker dun in die middel is. Sommer van die staanspoor af kon ek sien dat hierdie scope se beeld baie helder is, en is my eerste indrukke van hom baie goed. Met die uithaal uit die box, sien ek dadelik n groot ooreenkoms tussen hom en die Burris scopes wat ek baie goed ken, en as ek nie die Rudolph naam op hom gesien het nie, sou ek kon sweer dit is n Burris. Die agterste lens en verstelling van die vergroting, is amper identies. Hy is net so bietjie langer as my Burris scopes. Of hulle uit die selfde fabriek kom, weet ek nie, maar ek vermoed dit baie sterk.
Ek het hom teen laat middag na skemer aand toe vergelyk met my Burris 4.5 - 14 x 42 en hy het hom baie goed gedra in die vergelyking. Vir die van julle wat die betrokke Burris ken, sal weet dat dit n baie helder en duidelikke scope is, en die Rudolph het geensins teruggestaan vir hom. Die feit dat hy geen paralax verstelling het, maak dat hy blur op afstande nader as 100yrds en moet sy vergroting afgestel word na so 6 - 8 om n helder beeld te kry vir die nader skote. Sy field of vew is so bietjie knapper as die Burris s'n, maar dit is te verstane met die ho?r vergroting.
Ek het hom op die .308 monteer en baan toe gevat vir n skiet sessie. Dit het presies 3 skote geneem om hom in die kol te kry op 25m, en ek wat baie beindruk met sy verstelling. Sy click' is van die mees positiefste wat ek nog ooit mee gewerk het. Jy kan presies voel wanneer hy in elke click in gaan, en kan hulle sommer mooi hoor click, sonder om eers te kyk. Die verstellings knoppe lyk weer glad nie soos die van die Burris scopes.
Ek het die teiken 100m toe geskuif en n 3 skoot groepering geskiet wat so 5" hoog was, maar mooi by mekaar. Ek stel hom toe 20click's af, en skiet die volgende 3 skote in die kol. Dit wys dat hy presies stel soos hy moet, wat vir my n baie belangrikke faktor is.
Op die langer afstande was ek verbaas om te sien hoe min die kruishaar beweeg as ek my kop heen en weer en op en af beweeg soos wat mens gewoonlik die paralax verstelling toets.
Die betrokke teleskoop is baie sensitief vir die posisie van jou oog agter hom op 16 x vergroting. Die geringste wat jou oog nie op die regte plek is, maak hy so wit wasigheid aan die kant van die beeld, maar as jy jou kop beweeg en mooi agter hom kom, is hy weer mooi helder. Dit kan pla as jy n vinnige skoot moet skiet, maar is nie noodwendig n slegte ding nie, aangesien dit veroorsaak dat jy jou oog op presies die regte plek moet hou voor jy skiet, wat weer lei tot akurater skote.
My algemene indrukke:
Ek dink dit kan n baie lekker scope wees vir iemand wat n intreevlak scope soek, wat lyk of dit alles het waarna jy soek, sonder enige tierlantyntjies. Ek sou reken dat dit die idiale scope is vir iemand wat nie die bank wil breek, maar tog n goeie kwaliteit scope wil h? sonder al die gekompliseerde verstellings waaraan meer gesoute skuts gewoond is. n Scope wat jy maar uit die kluis uit kan haal, aanl? en skiet, veral in die jagveld waar daar in elk geval nie tyd is daarvoor in baie gevalle.
Ek dink die teiken mark gaan beslis die man wees wat nie heeljaar skiet, maar wel n scope soek met n lekker vergroting sonder baie verstellings waarvan hy nie veel weet. Julle sal dalk lag, maar ek het al saam n klomp manne gaan skiet wat nie noodwendig baie op n baan kom, maar tog baie jag, met scopes met al die bells en wistles op, dan weet hulle nie eers waarvoor die paralax verstelling is nie, en gebruik dit ook glad nie. Nou hierdie scope is presies vir sulke mense.
Nadele:
Die feit dat jy die vergroting heel moet afdraai om op die naby skote te kan fokus, is vir my die enigste nadeel wat ek so vinnig kon raaksien.
Oog moet presies op die regte plek wees om mooi beeld te kry kan pla met vinnige skote, maar help weer vir akkuraat skiet.
As hierdie scope se prysklas reg is, dink ek dat dit n baie lekker teleskoop is vir die skut wat nie noodwendig n "Connosoir" is nie, en sal ek self nie bang wees om een op my jaggeweer te sit.
[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope004.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope002.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope001.jpg[/img]
So lyk sy Turret verstel knoppe
[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope015.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope016.jpg[/img]
Hierdie was die eerste 3 skote op 100m
[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope012.jpg[/img]
Toe stel ek 5"af en skiet hierdie 3 in die kol
[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope013.jpg[/img]

-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: Nuwe Model Rudolph Scope Toets
Ek het ook na die scope gekyk,dit lyk my sy prys is net omtrend dubbel n Buris sin en verseker meer as Nikon of Leupold
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: Nuwe Model Rudolph Scope Toets
Piet, Met watter Burris het jy die teleskoop vergelyk?
Pieter
Pieter
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Nuwe Model Rudolph Scope Toets
Is dit dan nie belangerik dat scopes met grooter vergrootings van 12 af op parralaks verstelling het nie?
Wonner maar net
Wonner maar net
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Nuwe Model Rudolph Scope Toets
Pieter jy moet raakleesbaboonstalker wrote: Piet, Met watter Burris het jy die teleskoop vergelyk?
Pieter
Burris 4.5 - 14 x 42
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- JPS
- Hero Member

- Posts: 3647
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Nuwe Model Rudolph Scope Toets
oom Fanie,fanie17 wrote: Ek het ook na die scope gekyk,dit lyk my sy prys is net omtrend dubbel n Buris sin en verseker meer as Nikon of Leupold
Ek dink oom het die prys van die 30mm buis een raakgesien. Ek dink niedie een is al op die mark nie.
Rudolph, wat gaan die een prys?
Groete
JP
- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: Nuwe Model Rudolph Scope Toets
Dankie Piet
Ek vind dit snaaks dat Rudolph 'n 4-16 verkoop sonder paralaks as dit so duidelik nodig is terwyl die 2.5-10 waar dit totaal oorbodige is wel die funksie het.Sal "target knobs" ook nie meer van pas wees op die vergroting nie?
Raynie

One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: Nuwe Model Rudolph Scope Toets
DWB,DWB wrote:Pieter jy moet raakleesbaboonstalker wrote: Piet, Met watter Burris het jy die teleskoop vergelyk?
Pieter
Burris 4.5 - 14 x 42
Wat ek wil weet is of dit die Black Diamond, Signature Select, Fullfield II, Fullfield E1, Timberline, FFII Tact, of.............is. Jy kan omtrent enige van hierdie Burrisse in 4.5-14 x42 kry. Hulle pryse en ek neem aan kwaliteit verskil egter heelwat.
Dit is maar soos Leupold wat VX i, VX ii, VX3, VX7's het, maar hulle is totaal verskillend.
Pieter
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Nuwe Model Rudolph Scope Toets
Pieter, dit is met die FFII
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3647
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Nuwe Model Rudolph Scope Toets
Oom Piet,
Daai eerste foto van die turrets, daar aan die regter kant. Is dit insulation tape merk of is dit slegte stukkie vakmanskap? Kan nie so mooi sien op die foto nie.
Groete
JP
Daai eerste foto van die turrets, daar aan die regter kant. Is dit insulation tape merk of is dit slegte stukkie vakmanskap? Kan nie so mooi sien op die foto nie.
Groete
JP
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Nuwe Model Rudolph Scope Toets
Jps dit lyk vir my soos tape daai
Groetnis
Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Nuwe Model Rudolph Scope Toets
Hy het sellotape op geplak sodat die ringe nie die teleskoop krap nie...JPS wrote: Oom Piet,
Daai eerste foto van die turrets, daar aan die regter kant. Is dit insulation tape merk of is dit slegte stukkie vakmanskap? Kan nie so mooi sien op die foto nie.
Groete
JP
Nogal slim plan...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Nuwe Model Rudolph Scope Toets
SelotapeJPS wrote: Oom Piet,
Daai eerste foto van die turrets, daar aan die regter kant. Is dit insulation tape merk of is dit slegte stukkie vakmanskap? Kan nie so mooi sien op die foto nie.
Groete
JP
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Nuwe Model Rudolph Scope Toets
Piet
Dankie vir die insiggewende toets en mooi, duidelike foto's! Ek leer steeds meer van die nuwe speelgoed!
Hein

Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Nuwe Model Rudolph Scope Toets
fanie17 wrote: Ek het ook na die scope gekyk,dit lyk my sy prys is net omtrend dubbel n Buris sin en verseker meer as Nikon of Leupold
Fanie, hierdie een is nog nie bekend gestel of op die mark beskikbaar nie. Dolph het laat blyk dat hy baie goedkoper sal wees as die vorige een wat ek getoets het. Hy sal seker die prys bekend maak sodra hy tevrede is met die produk se toetse.
Last edited by Piet Breedt on Mon Jul 11, 2011 5:55 pm, edited 1 time in total.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Nuwe Model Rudolph Scope Toets
Ek hou van die scope se voorkoms, die vorige een was so effe grof na my sin. Sal interesant wees om vinale prys te kry.
Peet
Peet
Work to live, don"t live to work
- MJK
- Sr. Member

- Posts: 466
- Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm
Re: Nuwe Model Rudolph Scope Toets
Het jy al prys vasgemaak?Rudolph Optics wrote: Die Rudolph Optics 10x42 verkykers, asook die Rangefinders het vandag in die land aangekom en sal volgende week beskikbaar wees!