Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
EK praat so baie sleg van Mono's en veral Barnes vir gewone wild jag en biltong jag(Let Wel!!!!)
En begin Junie gaan jag ek in die bos met my .375 Ruger gelaai met 270gr Barnes TSX.
So of
1. Ek kwes 'n bok en almal skreeu is oor ek die goed so sleg maak.
2. EK skiet die bok dood en my Barnes aanhanger vriende sê kyk dit werk goed.
3. Ek gaan alles moet frontal full penetration of quarter too bladskote moet skiet....
Kan ek nou net hier noem ek is baie jammer Barnes ek hoop julle werk die jaar mooi vir my(of net tot my klomp op is en ek lekker loodkern koeëls in die doppe druk).
p.s: ek het nog 200 x 7mm Rem Mag 150gr TTSX 'e wat ook in die kluis reg staan
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Ek gebruik nou vir die laaste 5 of so jare Barnes TTSX (30-06).
Nog net 1 BWB het so 50-60m gehardloop en 1 vark so 30m voor hulle om gekap het.
Al die res van die koedoes, BWB'e, Rooibokke en varke het redelik net daar geval met lyf skote.
Ek het ook nog nie 'n bok verloor met Barnes nie, maar hulle het my al sleg laat skrik en bokke soek. Die .375 en 270gr TSX combo penetreer net vrek maklik los deur 'n ligter bok sonder om teveel skade te maak as jy nie been slaan of die hart solid tref nie.
Ek glo ek sal dit geniet, dit is mos darem jag. En as alles so veraf beplan kan word is dit ook nie lekker nie. Jy moet daai opgewonde gevoel kry, anders kan jy net sowel teiken skiet. Ek was laasjaar daar en het vir die jaar 3 keer gaan jag en net op een van die jagte 2 Impala ooie geskiet. Ek het nie een Springbok vir die jaar geskiet nie, want ek het gevoel my vorige paar jaar het ek nie eers meer fotos's van my bokke geneem nie en net op bakkie gegooi en aan gery. EK het pelle na ons plaas geneem en hulle laat skiet.
Nou is ek weer gerecharge en kan nie wag om daai eerste Springbok ram se pronk te ruik as ek hom optel nie. Of daai Kudu se horing te voel daar by die eerste draai se binnekant om te sien hoe maak die horing daai ronde roundbar tipe buitelyn. En as ek vrek gelukkig is skiet ek 'n nuwe spesie, maar dit is alles as ek gelukkig is. Ander gaan ek net die ander manne twak gee oor hulle gunne en koeel keuse.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Tau ek moet bieg ek gebruik my .375 met 250 TTSX net in die bos.
Juis omdat die bokke geneig is om binne 20m te val. Inteendeel, ek het nog net 1 bok gehad wat verder as dit gegaan het - toevallig 'n rooobok ooi!
Omdat ek (blykbaar) kleurblind is vir rooi en groen, sukkel ek om 'n bloedspoor te volg as dit nie groot kolle is nie. In die bos is dit eers 'n uitdaging!
Dus gooi ek hulle met iets wat 'n redelike gat maak en baie bloed gooi.
Geniet dit. Jy mag dalk verras wees.
Sent from my SM-G975F using Tapatalk
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
Ek skiet ook 250TTSX en daai goed skiet alles plat waar ek gesien het hulle werk baaaie goed was laasjaar op n Gemsbokbul wat weg gehardloop het van my af ej het hom by sy boud in geskiet en hy het tot in die bors geloop bok het so 15m aanhou hardloop na inpak hy het op 307m gele van die skiet punt af. Ek het springbokke en ander kleiner wild ook met hom al geskiet. Dit werk!
375 Ruger Howa
308 BSA Bisley
260 Tikka CTR
.22 BRNO
.223Norinco
12BR CBC
Glock27
.38sp