ARMTEC KOLWE

Post Reply
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

ARMTEC KOLWE

Post by Frikkie Coetzee »

Dagse Jagters

Ek is verbaas om te niks te kry oor Armtec van Potch se kolwe nie.

Het iemand n opinie daaroor?

Sover ek weet is hulle SA se enigste sintetiese kolf vervaardiger.

Ek speel met die idee om my swaarloop 243 een van hulle kolwe op te sit. Sal graag n taktiese tipe kolf wil he soortgelyk aan die Bell & Carlson. As dit moontlik is sal ek SA produkte wil ondersteun. Die prys speel ook n rol. Armtec is redelik duur maar ek weet nie wat kos B&C om te kan vergelyk nie.
My geweer het n VZ24 aksie en n 28 duim Krieger loop. Leupold MK2 6-18 x 40 ( word nie meer onder die naam bemark nie, was altyd hulle "goedkoper" taktiese teleskoop)

Sal ook die loop wil laat guncote om die blink van die vlekvrye staal weg te steek. Dit is ongelooflik hoe ver jy die blink sien.

Lekker speel geweer.

Frikkie
Cradock
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: ARMTEC KOLWE

Post by Frikkie Coetzee »

Ludwig

Ek is links. Is Mcmillan aanpasbaar vir links. Ek hou van die kolwe en het al daarna gekyk

frikkie
Cradock
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: ARMTEC KOLWE

Post by Gerhard »

Frikkie,

Ek het n Armtec kolf laat bou vir my 500 Jeff.

Ek was baie gelukkig gewees met die produk.

Groete
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: ARMTEC KOLWE

Post by erx »

Hi Gromit

Kyk onder Vuurwapens/Algemene Navrae/Musgrave Lyttleton 7.62 teikengeweer

Daar is 'n foto van my armtech kolf en bietjie bespreking. Ander kan jy my PM dan kan ons gesels oor die kolwe.

Groete
erx
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: ARMTEC KOLWE

Post by spekieries »

Ek het 'n Armtec Thumbhole op my .308. Hy loop soos stroop.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: ARMTEC KOLWE

Post by BLOK »

n Maat van my in Vereeniging het Armstec op sy 30-06AI, en hy kla die geweer was al 3 keer terug agv die kolf wat kraak. Maar ja dit is mooi kolwe en dit is mense wat hulle maak so miskien was dit net n uitsondering.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: ARMTEC KOLWE

Post by erx »

Gromit

Praat ma met my as jy wil, ek was deur hul hele vervaardigings proses!

Groete
erx
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: ARMTEC KOLWE

Post by spekieries »

ERX

Ek is nou nuuskierig omdat ek een het. Is jou ervaring positief of negatief. Info asb. .........
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: ARMTEC KOLWE

Post by erx »

Hi Spiekeries

Niks negatiewe ervarings, da is net een ding, en dit is dat die man wat daai kolf bed sy storie moet ken, dis nie so maklik soos 'n hout kolf nie!
Ek was agter in hul fabriek, baie rof, maar hul doen hul ding. Die kolf is aanvanklik hol binne in, en dan vul hul dit met soos hulle se "high tech composites", al wat dit is, is al die veselglas waist wat oorbly met die maak van die kolf.
Mense moet ook nie dink dat die kolwe veel gewig spaar teenoor 'n hout kolf nie!
Een voordeel is as daar 'n merkie op hom kom dan fix jy dit gou met 'n permanent marker!
Ek is heel tevrede met myne en sal dit definitief aanbeveel, goed afgewerk en duursaam sou ek se. My diens by hulle was uitstekend. Ek sal wel aanraai om nie net een van die rak af te koop, maar na hulle toe te gaan vir 'n "custom" fit, dis die moeite werd!

Groete
erx
Gerard

Re: ARMTEC KOLWE

Post by Gerard »

Ek het al heelwat Armtec kolwe gepas en mens moet onthou dat die maatskappy twee fases deurgegaan het.  Oorspronklik was hulle in Mosselbaai en toe is die besigheid verkoop aan die mense in Potch.  Die probleme wat ek gehad het was almal met die Mosselbaai kolwe en die Potch ouens het dit uitgesorteer.  Ek dink nie ek sou dit gedoen het nie.  Sedert ek met Daleen en Chris op Potch besigheid doen, het ek net goeie goed ervaar.  Hulle staan vierkant agter hulle produk.

Hulle het 'n webwerf ook:  www.armtec.co.za
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: ARMTEC KOLWE

Post by Gerhard »

Ek het die 500 Jeff se kolf by hulle laat bou en Daleen het my baie gehelp toe ek uit Dubai gebel het en al die dinge uit gesort het.

Die kolf het recoil reducers in gehaad en ek het redelik baie met hom geskiet sonder enige probleme.

As die 500 ni die kolwe laat kraak nie glo ek nie die gewonde jag kalibers sal n probleem wees nie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: ARMTEC KOLWE

Post by Frikkie Coetzee »

ERX

Nou is ek geintreseerd. Ek het na die Macmillan A5 gekyk en sal graag iets soorgelyk wil kyk vir n speel geweer.
Die Fotos wys nie regtig mooi presies hoe lyk die kolf vanaf die greep agter toe nie. Jy het nie dalk fotos nie?

Op Armtec se site lyk dit effens gebuig. Ek hou nie van Monte Carlo styl nie en sal n reguit Classic tipe kolf wil he, met natuurlik die verstelbare wangstuk.

Goeie bedding is n moet.

Ek het gedink aan die Brown splatter Ook op my loop! Die stainless bling so bietjie

Frikkie
Cradock
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: ARMTEC KOLWE

Post by erx »

Hi Gromit

Myne is die Hunter T/h. Verstaan nie mooi wat jy bedoel met gebuig na agter?
Die Monte Carlo is nogal mooi vir 'n jaggeweer, maar sal hom dan met die BR Hunter se voorkant vat.
Ek glo nie hulle maak 'n verstelbare wangstuk, maar hulle het toe hulle myne pas 'n verandering op die wangstuk gemaak om my natuurlike rigting reg te stel.

Groete
erx
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: ARMTEC KOLWE

Post by Frikkie Coetzee »

ERX

Kyk na die foto op armtec se website. Dit lyk of hulle tactical kolwe se agterkant n boog net waar jou wang sal rus. Vergelyk met hulle Jeffrey kolf wat n reguit/gelyk loop met die lyn van die loop.

Ek het kleintyd baie gesukkel met kolwe omdat ek links was en het n voorliefde ontwikkel vir Classic styl kolwe omrede die wangstukke vir regshandiges my seergemaak het.

Ek weet dit is nie meer n issue nie en dat ons nou meer keuses het, maar ou voorkeure is maar hard om van ontslae te raak.

Frikkie
Cradock
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: ARMTEC KOLWE

Post by fanie17 »

Ek het n smit pel in wie se werkswinkel omtrend 5 Armtec kolwe hang wat gekraak het,dan met ek n ander pel wat in Potch bly war sweer by daai kolwe.Ek het die nog nie self gebruik nie,het wek twee gewere op sintetiese kowe wat van Amerika af kom,ek het een nou reeds op n gelamineerde kolf gesit en gaan dieselfde doen met die ander een.Altwee die kolwe is vir Mauser aksies .Ek was glad nie tevrede met hulle nie.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
gideon
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm

Re: ARMTEC KOLWE

Post by gideon »

gromit
Die ander manne klink asof hulle meer van armtec af weet as ek ek ken nie die geskiedenis van armtec nie. Kan net vir jou se ek het n armtec kolf. Dit is n kombinasie van die kolwe op die website.  Chris en ek het gaan sit en die kolf ontwerp soos ek hom soek. Dit is vlg my voorkeur gemaak. Glo nie jy kan dit met enige van die ander vervaardigers doen nie. My kolf is nou 5 jaar oud en daar is niks fout nie. Ek kan regtig net goeie dinge van chris en armtec se. As jy wil kontak my sal vir jou fotos stuur.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: ARMTEC KOLWE

Post by Frikkie Coetzee »

Gideon

Dit sal gaaf wees. E mail dit vir my na frikkie@cradock.co.za

Frikkie
Cradock
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: ARMTEC KOLWE

Post by 243Songdaug »

Gromit

Ek het ook na Chris hulle toegery en my eie kolf "ontwerp" omrede ek links skiet en al my aksies regs is.  Die manne bou 'n fantastiese produk - jy kan hulle met 'n geruste hart probeer.

As jy wil bel gaan jy met Daleen moet praat - jy kan maar met haar praat, die girl ken gewere.  Chris werk meerendeels op e-posse.

Ek het vir myself 'n duimgat kolf gekies bo 'n taktiese kolf vir die eenvoudige rede dat ons linkshandige manne die geweer na elke skoot uit jou skouer moet haal weg kantel van jou lyf, oorhaal en weer aanl?.  tydens die kantel en oorhaal het ek 'n keer of wat in my oorhaastigheid bo-oor my linker duim gery met my slot - vrekseer.

Met 'n duimgat kolf manipuleer ek die geweer tydens die kantel aksie met my linker duim sonder om myself te beseer.

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: ARMTEC KOLWE

Post by KSV »

As jy links is doen jy ma seker onnosele goete!

Maak Mooi!
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: ARMTEC KOLWE

Post by Geno »

KSV wrote: As jy links is doen jy ma seker onnosele goete!
Stadig Sarel! Ons kannie help dat ons met fabrieks-foute uitgekom het nie! ;)
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: ARMTEC KOLWE

Post by Frikkie Coetzee »

Nou is ek nog meer deurmekaar. Ek het nog nooit van n thumbhole gehou nie maar gee toe dat dit aansienlik gemakliker is as die klassieke styl waarvan ek hou.

EK het self voor ek van die forum gehoor het 2 kolwe ingevoer van Boyds en is baie tevrede. Die 243 van my se loop is net te dik vir die profiel van die JRS Classic van Boyds. ??? ??? ???

Ek weet regtig nie wat ek wil doen nie want ek het so baie goeie raad gekry.

Dankie vir almal se insette.

Frikkie
Cradock
Post Reply