Volgorde van belangrikheid

Post Reply
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Volgorde van belangrikheid

Post by DawieKotze »

Wat is in julle opinie die volgorde van belangrikheid om patrone te herlaai wat onder MOA groepeer? Gegewe is dat die lanseerplatform (geweer, teleskoop en skut) sy werk doen?

Na al die oplees hier en daar en ook so bietjie ondervinding, lyk my lysie so.....

1. Dopvoorbereiding (alle aspekte daarvan)
2. Konsentrisieteit
3. Koe?l vir spesifieke groefdraai
4. Sprong na lande (jump)
5. Spoed

Die laaste 2 is interafhanklik van mekaar en kan geruil word. Elkeen van hierdie stappe het verskeie onderafdelings waarvan boeke vol geskryf is al, maar ek probeer die belangrikste volgorde bepaal wat die groepe die meeste gaan affekteer.

Wat s? julle?
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Volgorde van belangrikheid

Post by Hein M. »

Madako

Konsentrisiteit is die alfa en omega.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Volgorde van belangrikheid

Post by Hein M. »

Ludwig wrote: Hein, nou watse veranderinge is nodig aan mens se herlaai proses om konsentrisiteit te verbeter? Ek vra maar net. Want as jy al die nodige dop voorbereiding doen, en dit reg doen, is daar nie veel meer wat jy aan konsentrisiteit kan maak, behalwe om na baie gespesialiseerde toerusting oor te gaan nie. Ek stem saam, dit is baie belangrik, maar ek voel dat dit saam met die nodige dop voorbereiding gaan. As jou nekke se monde mooi haaks gesny is, en die nek wande is univormig dikte gesny en as jy so gelukkig is, ook vir 'n lekker tight fit in die kamer en nie 'n rattle fit nie, dan behoort 95% van die konsentrisiteits issues ook uitgesort te wees. As dit dan nog 'n baie groot kopseer is, moet mens kyk of jou seater DIE nie 'n probleem gee nie. Om soos madako vra, slegs onder MOA te kom, dink ek nie mens hoef TE veel aandag aan konsentrisiteit te gee nie. As jy aan al die ander aspekte die nodige aandag gegee het en steeds nie onder MOA groepeer nie, dan kan jy die fout by konsentrisiteit gaan soek. Tog?
Ludwig

In die Somchem herlaai hanleiding se eerste klompie bladsye verduidelik hulle die konsep(te) van konsentriese opleining goed.
As jy die runout van jou doppe - en later - die klaar gelaaide patrone toets en dit slaag dit is jy net verseker van die patroon se opleining.  Soos jy hierbo genoem het, die opleining in jou geweer se kamer moet ook konsentries wees.
Volgens Somchem se kundiges, is hierdie aspekte van konsentriese opleining meer belangerik as die koeels se massa, patroonlengte, ens.

Jy laat 'n klompie baie belangerike aspekte uit met jou toets:  Die geweer (met sy komponente wat moontlik akkuraatheid kan beinvloed), teleskoop en skut...

Sommige fabrieksammo het ('n m**rse) runout en groepeer tog uit  jaggewere.  Ek het dit al baie getoets. 

Ek kan regtig net praat uit my ondervinding met herlaaide jagpatrone uit jaggewere.  Die bench-ouens se dissipline rondom herlaai en skiet verskil hemelsbreed.

Lekker gesprek ;D

Hein
Last edited by Hein M. on Tue Jul 05, 2011 3:28 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Volgorde van belangrikheid

Post by Cobus(Cobb) »

Manne, is konstantheid nie die belangrikste nie??

As jy 3 rondets skiet,moet 1,2 en 3 so na perfek moontlik aan mekaar wees tov, konsentrisiteit, spoed, dopvoorberyding, gewig, lading ens.....jou geweer sal dan al 3 ewe skiet.....

Vra net
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Volgorde van belangrikheid

Post by raychell »

Ludwig
Ek wil ook die vraag stel Bisley of benchrest?
Konsentrisiteit is meer belangrik vir Bisley en as jou koeels in die groewe gelaai word is dit minder belangrik
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Volgorde van belangrikheid

Post by DawieKotze »

Ek moes seker gespesifiseer het!

Ons is seker meestal jagters hier -  so kom ons hou by jaggewere van die rak af en MOA op 200 meter (maw .5 op 100 meter). Dis verder as wat die meeste bokke gejag word glo ek.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Volgorde van belangrikheid

Post by DawieKotze »

Ludwig wrote: Dan kan mens vereenvoudig werk met 1 MOA op 100y = 1" en 1/2 MOA op 100y = 0.5"
Sorry vir daai klein foutjie!! Maar soos jy s? - die metrieke storie werk met mens se kop! Ek moes ges? het "1 MOA op 200 yrds (maw .5 op 100 yrds)" Ek glo die meeste manne gaan my vergewe en weet wat ek bedoel  ;)
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Volgorde van belangrikheid

Post by Jagtersdok »

Boys hy loop so.

1)Konsentrisiteit( ek praat nie van 1thou runout nie, ek praat van reguit dop met dies wat reg opgestel en gebruik word - Lee toleransies)
2) keuse koeel ( Maar 308 kan jy klippe voer en hy skiet steeds akuraad)
3) lading ( Die regte load vir die regte spoed om naby Optimale barreltime te wees)
4) Jump/TPL ( moet konstant wees, al is die akuraadheid meer sensitief vir jump as load moet jou load eers reg wees voor jy met jump kan speel)
Nou is ons by 1 duim groepe op 100meter

As ons na halfduim groepe wil gaan)
5) Opleining en konsentrisiteit met goeie dies en ek glo in jag gewere neck size dies, maar daar is gene wat daarvan verskil, runout van 2 thou en minder
6) Dopvoorbereiding (nekke en dop gewigte klas, eenvormige nekke skil,en goeie brass gebruik)
7) Ladings binne 0.15gr van die perfekte load wat uitgewerk was in 3

As ons nou na super klein groepe toe wil gaan
8) Dop voorbereideing ( Primer pockets uniform, Flashole uniform en deburr, neck tension presies eenvormig maak, Dop lengtes presies gelyk sny presies haaks sny)
9) Super konstant laai met op die nr gr lading met geen variasie nie
10) Konsentrisiteit Super goeie dies wat in micro eenhede seat en konstant is, geen runout nie
Julle sal sien dat van die entiteite herhaal word in verskillende posisies maar dit is omdat daardie spesifiek deeltjie van daardie entiteit se invloed  verskil
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Volgorde van belangrikheid

Post by raychell »

Dok
Van watter skiet disipline praat jy?
Ek haal aan uit Tony Boyer se THE BOOK OF RIFLE ACCURACY
"Concentricity ranged from .001" to .005" that sounded significant After couple of groups in low teens, we lloked at each other and decided we did not need that gadget."
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Volgorde van belangrikheid

Post by Jagtersdok »

Man

Ja soos ek s? daar is nie manne wat oor als saam stem nie maar dit is maar hoe ek dit ervaar het. met die gewere wat ek herlaai en ladings voor uitgewerk het is dit soos dit gewerk het.

Jy vra nou watter skiet dissipline, ek dog ons praat nog heeltyd in die topic oor van die rak af jag gewere. Om hulle so akuraad moontlik te kry met kleinste moontlike groepe.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Volgorde van belangrikheid

Post by raychell »

Dok
Dan meskien so "Boys vir my loop hy so" en nie
Boys hy loop so.
Dit klink darem baie finaal
As ons nou na super klein groepe toe wil gaan
Dit klink vir my na meer as net rak of jag geweer "maar dit is nou maar net ek"
Last edited by raychell on Thu Jul 07, 2011 6:33 pm, edited 1 time in total.
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Volgorde van belangrikheid

Post by Jagtersdok »

Raynie

Jys nou onodig vol twak en heel puntinerig. Ek het nog nooit gedink hoe ek dinge doen is die alpha en die omega nie. Dis maar manier van praat en jy is die enigste een wat die persepsie van finaliteit gehad het, kom nou dis nie nodig nie.

En daar is baie jag gewere van die rak af wat super klein groepe skiet as jy hulle reg nurse
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Volgorde van belangrikheid

Post by raychell »

Dok
Moenie so fyngevoelig wees nie. As dit vir jou werk werk dit en ek glo daar is baie  gewere wat  1 MOA kan skiet sonder dat die konsentrisiteit getoets hoef te word.In die ou dae is Bisley met bruinbox Match ammo geskiet .
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
Post Reply