Hilux vee tralie - waar

Post Reply
User avatar
dorsland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am

Hilux vee tralie - waar

Post by dorsland »

Middag manne. Ek weet dié onderwerp is al baie hier bespreek maar ek soek raad asseblief. Wie maak 'n ordentlike veetralie vir 'n Hilux Revo teen 'n redelike prys. Moet 'n Memel hek (V hek) hê en verkieslik geen dwarspype nie.

Natko se prys van R11000 vir 'n gewone tralie vir my Revo Extended Cab is aansienlik duurder as wat ek glo redelik is. Mr Bullbar se pryse is ook wild teen rondom R9800 voor BTW. Stockman se tralies is tans bo aan my lys teen R5750 maar die dwarspype pla my, hulle gaan neuk vir plaaswerk. Ook hulle hek is weerskante met penne vas, dus nie 'n vinnig en maklike taak soos om met 'n vasdraaihandvatsel oop en toe te maak nie. Hulle hegting aan die bakkie is slegs 2 voete aan beide kante met 2 boute elk vas aan die bak. Hulle was blykbaar deur Toyota goedgekeur maar nie meer nie. Kan daar 'n tralie en seiltjie kry vir minder as Natko en Mr Bullar se tralies alleen.

Ek bekyk Fittys se tralies daar op Bloemfontein, nog nie kwotasie aangevra nie maar lees hier op die forum van die manne het probleme met hulle vakmanskap gehad. Lyk na redelike kwaliteit van wat mens op die internet kan sien.

Gee bietjie aanbevelings. Ondervinding met Stockman sal ook waardeer word.

Boeregroete
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Hilux vee tralie - waar

Post by Pappabeer »

Vaughan Saunders in Pretoria.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
dorsland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am

Re: Hilux vee tralie - waar

Post by dorsland »

Dis bietjie wyd van my af maar dankie Pappabeer. Dink ek gaan maar met die Stockman tralies en 'n seiltjie. Ek het een op 'n Hilux gesien Vrydag toe ek op die dorp was. Gaan bekyk hom bietjie, hy kan werk. Sal net sy agterste dwarspyp afhaal.
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
MyLani
Full Member
Full Member
Posts: 125
Joined: Sun Jun 25, 2017 10:51 am

Re: Hilux vee tralie - waar

Post by MyLani »

Grassies in Graaff Reinet
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Hilux vee tralie - waar

Post by andre007 »

Kyk ook na Stockman. Hulle het hulle produk kwaai verbeter [urlhttp://www.chevron.co.za/page51.html][/url] Hulle versprei vanaf Queenstown.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
dorsland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am

Re: Hilux vee tralie - waar

Post by dorsland »

Ek ry Donderdag soentoe Andre.
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
User avatar
dorsland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am

Re: Hilux vee tralie - waar

Post by dorsland »

My standaard Toyota tralie is dus te koop. Hilux Revo extended cab.
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
Post Reply