Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
As alles uitwerk gaan ek einde Maart uiteindelik takbok jag.
Ek weet dis die beste tyd vir die ramme voor hulle begin 'rut'.
Nou is my vraag, sal daar n verskil wees in vleis kwaliteit tussen n jong ram en n ooi die tyd van die jaar?
Sal die ooi of die ram die meeste vet he en die beter keuse wees?
Help my reg hier asb. Ek dog wild vet is gagga? Buiten dit, is takbok vir my van die lekkerste wild vleis. Ek het laas seisoen vir die eerste keer een geskiet en dit sal verseker hierdie jaar weer op die lysie wees.
Gbyleveldt wrote:Help my reg hier asb. Ek dog wild vet is gagga? Buiten dit, is takbok vir my van die lekkerste wild vleis. Ek het laas seisoen vir die eerste keer een geskiet en dit sal verseker hierdie jaar weer op die lysie wees.
As jy takbok die regte tyd van die jaar skiet het die vleis lekker baie vet op en kan jy dus die bok opsny soos skaap.
Proe glo beter as skaap.
Wanneer het jy jou bok geskiet en hoe is dit verwerk?
Nico Harris wrote:Van die rug chops en boud chops.
Tjo tjo tjo, hoe lekker kwel ek nou!
sako 30-06 wrote:
As jy takbok die regte tyd van die jaar skiet het die vleis lekker baie vet op en kan jy dus die bok opsny soos skaap.
Proe glo beter as skaap.
Wanneer het jy jou bok geskiet en hoe is dit verwerk?
Dit was in Julie gewees. My ooi het verseker nie naastenby so baie vet gehad nie. Ek maar biltong en droe wors gemaak; ek is nog nie genoeg avontuurlustig vir steaks en chops nie. Maar wil dit verseker probeer hierdie seisoen omdat daai takbok so lekker was. Dus my nuuskierigheid.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190109/21e077ad7324920b382222127276115f.jpgook eendag so gelukkie gekry terwyl ons SWB uitskiet. Boer het ongelukkig dadelik gese hy hou vleis en bok is gratis.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sako 300H&H
Howa Varmint 6XC
Remington Target Master .22
Smith Wesson M&P 9
ek het een keer op n kerk kamp n takbok rib gebraai soos n skaaprib. die tannies het gestormloop vir nog n stukkie en gesê dis die lekkerste skaaprib wat hulle nog geëet het.
Ek jag elke jaar by familie takbokke om die vrieskaste vol te maak. Slegs as ek nie genoeg takbokke kry nie, jag ek koedoes (tweede keuse). Slegs indien albei onsuksesvol was sal ek "take-aways", dis nou blesbokke, skiet. Dit was baie jare laas nodig vir blesbokke.
Die takbokke se vleis is wat my betref die lekkerste. Ek gee egter aan die slagter die diskresie oor hoe om die ramme en ooie te bewerk. Die instruksie is egter om altyd die ooie of jong ramme se vleis as sulks te bewerk en nie daarvan biltong of droëwors te maak nie. Die ou ramme of koedoes kan biltong en droëwors raak.
Ek en my vrou het so drie jaar terug elkeen 'n ram geskiet in die Welkom area. Die was so na die einde van Maart maand gewees.
Die vleis was baie bitter, al wat ons kon eet was die kerrie sosaties.
Alhoewel dit baie droog was daai jaar, was die ramme steeds baie vet, het soos skape gelyk toe hulle afgeslag was.
Nou weet ek nie of ons hulle net op die verkeerde tyd geskiet het nie, maar my vrou wil nou niks meer weet van nog takbok skiet of eet nie !?
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster