Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjies?

Vra jou vraag hier en ons verwys dit na kundiges of hoor wat ander ons meedeel.
Post Reply
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjies?

Post by Gbyleveldt »

So ja, ek het die fout gemaak om 'n Borescope aan te skaf. Die rede hiervoor was dat my Sako A7 308 Sporter loop vir die een of ander rede stadiger begin skiet het oor die laaste 200 of wat rondtes. Hy is nou so 70fps stadiger, alle ander items wat dieselfde bly. Hy het tans 1100 skote deur die loop; nadat ek spoed weer aangepas het om na 'n laer node te skuif groepeer hy nou weer dieselfde as voorheen (wat maar ok'erig is omdat dit 'n dun loop is).

Enige raad oor die prentjies aangeheg? Lyk dit erger as wat dit is? En as die loop nou gagga is, enige idees wat dit sou veroorsaak het? Ek was nogal anaal oor loop skoonmaak en het dit gedoen elke keer nadat ek geskiet het. Hierdie is omtrent die eerste 3 duim van die loop. Verder af lyk dinge beter.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Gbyleveldt on Sun Dec 02, 2018 6:55 pm, edited 1 time in total.
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjie

Post by Gbyleveldt »

Nog

Amper daar

Laaste een
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjie

Post by jankraay »

Al wat ek kan se is dat jy daai loop moet skrop en al die carbon uithaal. Daar is baie carbon daar.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjie

Post by JPS »

Stem met Jan,

Jy gaan daai Loop met iosso of jb’s moet werk.

‘N moontlike verklaring vir die laer spoed kan wees dat jy dalk verder van lande is nou en dat dit jou spoed laat val het.

Skrop die loop en meet weer die tpl en werk van daar af.
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjie

Post by Gbyleveldt »

Julle dink dis Carbon? Daai lyk soos divots vir my. En daai is net nadat ek carbon clean gedoen het met Boretech C4. Lappies om loop nat te maak, 40 keer deur met nat Nylon brush (ook nat gemaak) 12 keer met brass brush (in een rigting), lappies om skoon te maak en weer herhaal. Dit gese, het ek altyd net Nylon brushes gebruik. Toe ek eerste keer die loop gesien het het ek brass brush gebruik en ding het bietjie beter begin lyk.

Dankie vir die jb en iosso tip. Waar kan ek hierdie in die hands kry? Ek wil dit graag probeer soos julle voorstel.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjie

Post by jankraay »

Van waar af is jy? Daai is verseker Carbon en nie divets nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjie

Post by Gbyleveldt »

Eks in Benoni. Ek het nou intussen die internet plat gelees oor ‘hard carbon’ en agtergekom wat julle bedoel met carbon wat julle sien. Liewe hel ek was reg om loop af te pluk. Baie dankie weereens :)
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3626
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjie

Post by Fanta300 »

Wanneer laas het jy koper verwyder?
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjie

Post by Gbyleveldt »

So 100 skote terug. Ek gaan nou weer koper uithaal voor volgende baan sessie.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjie

Post by jankraay »

Ek het Eugene hier op die forum se raad begin volg met loop skoonmaak en dit help baie. Ek haal na elke skiet sessie carbon uit en na elke 150-200 skote koper uit.

Gebruik Iosso en skrop dat die sweet tap. Haal dan die Iosso met Kroil uit en herhaal die proses tot my Kroil lappies skoon uitkom.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjie

Post by Gbyleveldt »

Ok wonderlik, dankie! Ek moet nou net Iosso opspoor dan gaan ek aan die brand spring hierso.
Albert84
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Fri Aug 22, 2014 9:38 pm

Re: Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjie

Post by Albert84 »

Ek het al gesien dat olie kolletjies ook soos pit merke lyk in die loop. Ek druk maar altyd n asetoon lappie deur voor ek borescope. Neem aan dis n layman borescope, het jy hom in SA gekoop? Een van my vriende leen myne te veel.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjie

Post by Gbyleveldt »

Dankie Albert,

Yebo, ek maak loop eers deeglik skoon voor ek Borescope gebruik. Ek stres altyd dat daar robbies op die lens van die kamera gaan beland en hy's nogal 'n bogger om skoon te maak.

Yebo, dis die Lyman ene. Ek het hom ingevoer (ek kry gereeld besendinge in van die VSA), omdat niemand lokaal hom in stock hou nie. Hy was op special op daai stadium so kon nie nee se nie.

Groete,
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjie

Post by Gbyleveldt »

Ok, ek het Iosso gekry en daai barrel bietjie gewerk; in fact ek het dalk bietjie oorboord gegaan want daai loop blink nou. Ek het ook bietjie beter pics van die skade geneem.

Wat dink julle manne? Sorry maar daai lyk nog steeds soos divots vir my. Daar is nog baie meer sulke merke; hierdie was maar die eerste lot van die keel af.

Ek sal maar gaan skiet en kyk of die spoed eventually terugkom; hy is akkuraat genoeg vir jag maar as spoed en akkuraatheid gagga bly gaan ek 'n ander loop oorweeg. Ek kan net nie verstaan wat veroorsaak sulke skade nie? Dis nie asof ek my koeels in die grond vryf voor ek hulle in die magesyn sit nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjie

Post by JPS »

Maar lyk daai loop nou nie grend teenoor hoe hy gelyk het nie ;)

Daar is moontlikheid dat dit divots is soos jy noem maar ek het ook al sulke ‘knoetse’ gesien en wat soos divots lyk en dan kom hulle uit met so bietjie meer sweet.

Ek kan jou nie antwoord op waar dit vandaan kom nie maar ek het krieger loop met redelike fire cracking (hy lyk al soos modderdam wat erg droog is se krake) maar hy skiet nog 1/4 minuut groepe.

Een ding om te onthou wanneer jy loop weer so blink skoongemaak het is dat hy paar skote nodig het om te “settle” oftewel my geweer lope het fowling nodig die krieger vat so 9skote en die bartlein so 4 skote. Na die hoeveelheid skote per loop is spoed ook weer op sy nommer.

So skiet eers paar skote voor jy vir groepe begin te kyk.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjie

Post by jankraay »

Ek weet nie mooi van divots nie maar ek dink jy moet hom nog n sessie gee. My lope het al so gelyk en as ek klaar is met hom is hulle weg.

Lyk al stukke beter. Hoe lyk jou keel?

Sent from my iPhone using Tapatalk
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjie

Post by Gbyleveldt »

Dankie julle, ek het aanvaar hy gaan van voor af weer gefowl moet word. Hierdie loop het in elk geval eers begin beter skiet na 5 skote as hy skoongemaak was. Ek sal spoed meet die heel tyd so ek hoop hy kom reg.

Ek wou nog Iosso, maar eks bang ek oordoen dit en dan is die loop rerig in sy m@er. Ek het omtrent 50 keer ‘n Nylon borsel bedek met Iosso daar deurgedruk, halfpad het ek nog bietjie paste bygesit. Ongelooflik die veskil wat dit maak; dis hoekom ek bang is vir hom...

Jankraay, die keel lyk actually baie goed vir 1100 skote. Pretty much wat mens van ‘n 308 sou verwag. Ek sal op volgende skoonmaak paar kiekies neem van die keel.

Weereens, dankie vir die moed inpraat!
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjie

Post by jankraay »

Gbyleveldt wrote:Dankie julle, ek het aanvaar hy gaan van voor af weer gefowl moet word. Hierdie loop het in elk geval eers begin beter skiet na 5 skote as hy skoongemaak was. Ek sal spoed meet die heel tyd so ek hoop hy kom reg.

Ek wou nog Iosso, maar eks bang ek oordoen dit en dan is die loop rerig in sy m@er. Ek het omtrent 50 keer ‘n Nylon borsel bedek met Iosso daar deurgedruk, halfpad het ek nog bietjie paste bygesit. Ongelooflik die veskil wat dit maak; dis hoekom ek bang is vir hom...

Jankraay, die keel lyk actually baie goed vir 1100 skote. Pretty much wat mens van ‘n 308 sou verwag. Ek sal op volgende skoonmaak paar kiekies neem van die keel.

Weereens, dankie vir die moed inpraat!
Ek werk hom so 20 keer per 1” en dan 20 keer reg deur op die einde so ek glo nie jy kan dit oordoen nie. Jy sal vreeslik moet tekere gaan om daai loop iets te maak.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Enige Geweersmede wat kan raad gee op Borescope prentjie

Post by Gbyleveldt »

Ah ok. Nee ek was nie naastenby so aggresief gewees nie. Ek sal dit ingedagte hou dankie.
Post Reply