Goeie dag aan al die mense van die forum
Ek is nuut op die forum, en kort die kenners se hulp asseblief.
Ek het onlangs begin self laai en leer maar so bietjie, bietjie by mense.
My beste patroon op die stadium vir my .243 bestaan uit n Winchester dop met n CCI 250 primer, 40 gr S365 onder n 100gr Siera GameKing met COL van 66.7 mm wat ek n ligte "factory' krimp gee. My 4 skoot gemiddelde spoed is 2839ft/s uit n 22' loop van my remington 700 en die kombinasie is uiters akkuraat.
Die deel waar ek nou al die kenners se raad asseblief vra is met die nuwe punte wat ek gekoop het. Hulle is die Hornady 85 gr Interbond vir Jag en die 87 gr V-Max vir oefen.
Met die COL, het elke punt sy eie diepte wat hy beste me skiet of as mens een keer hom gekry het, kan mens al die patrone met die selfde COL laai?
Sal die Interbond en V-Max redelik op die selfde punt tref of sal daar n verskil wees en sal hulle min of meer met die selfde lading gelaai kan word of sal mens moet speel met ladings?
Wat is n goeie spoed vir die 85gr punte?
Ek sal enige advies wardeer.
Baie dankie
.243 Herlaai hulp nodig asseblief
- Pumba30-06
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am
.243 Herlaai hulp nodig asseblief
'Hunting is a bush walk with a purpose"
-
Danie Lombard .243
Re: .243 Herlaai hulp nodig asseblief
Hi daar Pumba.
Welkom hier op jaracal. Jy gaan dit baie geniet hier.
Jou vraag of alle punte dus nou op dieselfde lengte kan ge seat word, of kom en draai die vraag eerder in 'n ander rigting. Kan jy nou 2 of 3 verskillende soorte punt met dieslefde seating die stelling ge seat kan word? Liewers nie Pumba omrede die punte se mantels se ogief nie dieselfde is nie. Jy sal wel amper bevredigte resultate kry m.a.w. die groepe met die verskillende punte vanuit dieselfde die steling sal redelik skiet maar nie na wense groepeer nie.
Soos jy seker weet is 'n .243 vreeslike gestel op bullet jump, meer as enige ander kaliber wat ek al tee gekom het. Dit is een van die redes hoekom die algemene skiet gesels meeste van die keure die .243 afskiet as 'n swak kaliber wat onakuraat is. Dit is onsin. As 'n .243 reg gelaai is-is daar min kalibers wat kan kers vashou met die trajek, spoed en akkuraatheid van 'n .243.
Dit is 'n goeie plan wat jy het om te oefen met 'n tiepe soort punt en te skiet/jag met 'n ander tiepe soort punt, maar jy sal hulle elk op hule spesifikasies moet laai. Bele in nog 'n seating die, een vir elke tiepe punt en laai elke punt met sy eie die met sy eie stellings.
Sommer iets wat ek opgetel het in jou skrywe, maar jy nie oor gevra het nie is jou tromp snelheid. Met jou geweer se loop lengte is jou spoed op kol. Moet nie luister na ander .243 herlaaiers se trompsnelhede wat hulle behaal met hulle lang lope nie. Soos jy seker weet is 'n langer loop vinniger as korter lope. Jy laai reeds jou 100gr lading lekker hoog. Moet dus nie streef na vinniger trompsnelhede met jou 22" loop nie. Dit kan ramspoedig wees.
Lekker laai, laai veilig.
Danie

Baie dankie vir die terugvoer Danie
As jy die vraag so stel maak dit sin
. Dis in elk geval lekker om ladings te ontwikkel
.
Ek het lang jump by een van die vorigge post op gelees en met dit bietjie gespeel tot die groepies beter begin lyk het en die advies gevolg van die 100gr punte op 40 gr S365 begin. Ek het PMP ProAmm punte gelaai met S385 maar die spoed was baie laag en ek was bang vir te veel kruit en het toe die S365 n probeer gegee met goeie resultate. Die Sierras werk baie mooi het twee naweke terug 3 springbokke plat getrek op tussen 205 en 264 tree. Ek het twee in die nek geskiet en een in die blad (die verste een) maar het baie vleis skade gehad op die blad omdat die punt op gebreek het. Dit het my laat besluit op die interbonds, ek gebruik die 243 vir springbok jag en die diertjies wat lastig raak met die skape.
Sal dit veilig wees met die 22" loop van my om die 85gr en 87gr te begin met 43gr S365? Die 100gr met 40gr S365 het geen tekens van druk nie.

- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: .243 Herlaai hulp nodig asseblief
Pumba
welkom hier, ek kan sien jy is nog vars om die kiewe en glo nog baie van die "myths" wat daar buite rondloop
Ek gaan vir jou paar links hier sit want dit sal my ewigheid vat om als te tik. Gaan lees dit en maak seker jy verstaan dit, as jy nie doen nie vra en ek verduidelik graag, maar die dinge sal vir jou behoorlik kan laat verstaan hoe die dinge werk. En lees deur die hele topic met al die links asb.
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=5
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=3

Last edited by Jagtersdok on Wed Jun 29, 2011 12:08 pm, edited 1 time in total.
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
- Pumba30-06
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am
Re: .243 Herlaai hulp nodig asseblief
Middag Jagtersdok
Oor die vars is jy 100% reg.Ek eers laas jaar oktober begin herlaai en ek het nog baie om te leer en die bietjie wat ek nou al geleer het was maar trial en error en gelukkig het ek nog al my vingers. Ek sal al die goed deur lees en dan laat weet as daar nog iets is wat ek nie verstaan nie.
Dankie baie
Oor die vars is jy 100% reg.Ek eers laas jaar oktober begin herlaai en ek het nog baie om te leer en die bietjie wat ek nou al geleer het was maar trial en error en gelukkig het ek nog al my vingers. Ek sal al die goed deur lees en dan laat weet as daar nog iets is wat ek nie verstaan nie.
Dankie baie
'Hunting is a bush walk with a purpose"
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: .243 Herlaai hulp nodig asseblief
Waar is Pumba in die mooie RSA? As jy dit bekend maak kan een van die forumlede jou miskien persoonlik afrig.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Pumba30-06
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am
Re: .243 Herlaai hulp nodig asseblief
More Tripodmvr
Ek woon in Vanderbijlpark, ek sal dit baie wardeer as daar iemand is wat my so bietjie kan raad gee en tou wys maak.
Ek sal met liefde ry ook as iemand nie te ver my kan help met die dingetjies ( soo 200km as dit oor n naweek is).
Dankie
Ek woon in Vanderbijlpark, ek sal dit baie wardeer as daar iemand is wat my so bietjie kan raad gee en tou wys maak.
Ek sal met liefde ry ook as iemand nie te ver my kan help met die dingetjies ( soo 200km as dit oor n naweek is).
Dankie
'Hunting is a bush walk with a purpose"
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: .243 Herlaai hulp nodig asseblief
Sien my e-pos. Ek is naby jou in Vereeniging en kan probeer help.