Eerstens jammer vir my klomp verskillende topics so opmekaar, ek het onlangs aangesluit by die forum en is klaar verslaaf daaraan, ek kan nie genoeg kry nie!
Aangesien ek nog redelik nuut op die forum is het ek bietjie gesit en rondspeel en op 'n interesante topic afgekom rakende een van Ludwig se maters wat 'n .338 Edge wil bou.
Die geskikte aksie was onder bespreking gewees en daar is gepraat dat 'n Remington of Howa aksie moontlik gebruik sal word, in die geval as enkelskoot omdat die magasynkas te kort sou wees.
Hier het ek ook gelees daar is blykbaar al manne wat daarin geslaag het om .338 Lapua's op die Howa aksie te bou.
Dit het my bietjie laat dink... Ek wil my hele lewe lank nog 'n 300 Ultra Mag h? en al wat my gekeer het tot dusver was daai lang aksie wat so lekker duur is. Hierdie is ook maar 'n "I want it because
I want it geval" en al het ek ander kalibers wat die werk net so goed kan doen, is daar net iets aan hierdie ultra mags wat my hart vinniger laat klop.
Met die lees van die betrokke post besef ek toe dat n man mos dan ook die .300 Ultra op 'n Howa aksie kan bou, en hom dan as enkelskoot skiet nie waar nie?
Dit pla my glad nie dat hy nie 'n magasyn sal he nie, dink in elk geval nie jy gaan meer as een skoot nodig he met hierdie monster nie...
Die goedkoopste opsie is dus om 'n Howa 1500 in 300 Win te koop, die boltface oop te maak en dan te rebarrel en rechamber na 300 Ultra toe. As die finansies rerig knyp kan 'n ou seker die bestaande loop hou
en net 'n nuwe kamer sny, maar ek dink darrem hy sal sommer spoggerig lyk met 'n lekker vet 26'' loop op!
Is daar dalk ouens op die forum wat ervaring het met .300 Ultra's? Watter smid het dalk 'n reamer en guages? Ek lees graag wat die manne te se het!
Groete,
Rooijakkals


