Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Post by Alwin »

Goeie dag.

Ek sal dit baie waardeer as julle my kan help met goeie resepte en voorstelle vir die volgende geweer:
Tikka T3 in 223 Rem met 1:8" loop, 600mm lank. (Selfde op T3 Varmint, Super Varmint en Sporter.)
Met Nosler 77gn CC koeëls is die maks TPL (teen die groewe) 60mm. Die magasyn vat 'n maks TPL van 58mm.
Met S321 teen 2906 fps (by tromp) kry ek sub-MOA akkuraatheid, maar ek glo die geweer is tot heelwat beter in staat.

Het iemand 'n voorstel vir TPL, kruit tipe (S335/S321) of enige ander idees om te probeer asb?

Ek is te lui (lees min tyd) om weer volledige eksperimente en ladingontwikkeling te doen, veral as daar reeds beproefde resepte beskikbaar is. Natuurlik sal ek altyd die veilige metode volg met enige data. Ek het toegang tot 'n kronograaf, QL en 'n OBT-rekenaar.

Dankie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Post by tripodmvr »

Sonder om al jou geweerdat te hê, wys QL vir my dat jy naby aan node 4 moet wees. Druk bereken naby aan maks en jy gaan niks meer wen om vinniger te probeer skiet nie. Node 5 gaan beteken dat jy teen so 2700vps gaan skiet. As laer spoed jou keuse is dan sal dit mooi werk.

S335, met sy vinniger ontbranding, sal die nodespoed laat val (2830), maar druk kan nog hoog wees.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Post by Alwin »

tripodmvr wrote:Sonder om al jou geweerdat te hê, wys QL vir my dat jy naby aan node 4 moet wees. Druk bereken naby aan maks en jy gaan niks meer wen om vinniger te probeer skiet nie. Node 5 gaan beteken dat jy teen so 2700vps gaan skiet. As laer spoed jou keuse is dan sal dit mooi werk.

S335, met sy vinniger ontbranding, sal die nodespoed laat val (2830), maar druk kan nog hoog wees.
Dankie. Dopkapasitieit is 30,1gn water, lading is 23,8gn (S321 lot 240). Dit is op die (teoretiese) node, maar groepeer nie soos verwag nie. Voordat ek begin rondspeel met TPL en lading, wil ek net graag hoor of iemand 'n mooi resep het wat reeds beproef is.

Op dieselfde node 4 voorspel QL vir my 63000psi met S335, wat oor die maks perk is.

Ek het node 5 oorweeg met S321, maar wonder of dit mooi gaan ontbrand teen die laer druk. S335 werk beter teen laer drukke en kan dalk werk. QL voorspel 49000psi.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Post by tripodmvr »

Ek wonder of die 77gr heeltemal stabiliseer. My kop sal kyk na 'n 70gr koeël (70 Nosler RDF) teen 2950 en druk van 56K psi.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Post by Arnold »

Jammer, ek het ook maar nog min met my Tikka 223 geskiet en het van die begin af besluit op die 75gr Amax/ELDM

Ek gooi 24.2gr S321 agter 'n 75gr Amax vir so 2935 fps in my 223 >:D
Volgens QL gaan die leeu met wie se balle ek speel my byt :-[
75gr Amax - TPL 62mm
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170821/f78df48f8992359c349ca71a42218887.jpg
https://scontent-jnb1-1.xx.fbcdn.net/v/t1.0-9/36815030_10160687012970341_8741502098090229760_o.jpg?_nc_cat=103&oh=559e1f47cb0a851334b10a748fa3d3a9&oe=5C53761D

Ek het nou egter oorgeskuif na VV N530 (23.1gr vir omtrent dieselfde spoed) omdat die S321 my doppe baie vuilgemaak het en my ES taamlik hoog was. Ek moet nog groepering bevestig maar dink ook nie hulle almal gaan in dieselfde gat in nie. Ek skiet maar want die akuraatheid is vir nou goed genoeg.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Post by tripodmvr »

Die meeste 20 duim Howas skiet teen daardie drukke met 'n 55gr koeël. Indien jou doppe nie pakslae kry nie kan die gebruik van die swaarder koeëls dalk werk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Post by Alwin »

tripodmvr wrote:Ek wonder of die 77gr heeltemal stabiliseer. My kop sal kyk na 'n 70gr koeël (70 Nosler RDF) teen 2950 en druk van 56K psi.
Giroskopiese stabilisasiefaktor is 2,02. Hierdie loop kan ook die 80gn Nosler CC stabiliseer. (Volgende projek...)
Last edited by Alwin on Sun Oct 07, 2018 9:00 pm, edited 1 time in total.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Post by Alwin »

Arnold wrote:Jammer, ek het ook maar nog min met my Tikka 223 geskiet en het van die begin af besluit op die 75gr Amax/ELDM

Ek gooi 24.2gr S321 agter 'n 75gr Amax vir so 2935 fps in my 223 >:D
Volgens QL gaan die leeu met wie se balle ek speel my byt :-[
75gr Amax - TPL 62mm

Ek het nou egter oorgeskuif na VV N530 (23.1gr vir omtrent dieselfde spoed) omdat die S321 my doppe baie vuilgemaak het en my ES taamlik hoog was. Ek moet nog groepering bevestig maar dink ook nie hulle almal gaan in dieselfde gat in nie. Ek skiet maar want die akuraatheid is vir nou goed genoeg.
Baie mooi!

Hoe ver sit jy die die Amaxe van die groewe (lande) af?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Post by Arnold »

Ek dink hulle is so 20 thou weg
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Post by Alwin »

Arnold wrote:Ek dink hulle is so 20 thou weg
Dis 0,5mm. Gaan dieselfde met die Noslers probeer. Dankie.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Post by Alwin »

So 'n bietjie terugvoer:

Ek het nou 'n klomp verskillende kombinasies met die Nosler 77gn CC's probeer. Niks help nie. Ek het al ernstig in die geweer begin twyfel (selfs Tikka kan ook 'n windeier bou). Langer, korter TPL, ander kruit (S335), ander node, niks help nie.

Het weer koper uitgehaal en gekyk of die "recoil lug" reg gepas is. Alles werk soos dit moet.

Toe probeer ek 'n bietjie 'n ander kombinasie. Hornady 55gn V-max met S321. Die eerste 3 skote se gaatjies raak aan mekaar. Nou weet ek, die geweer makeer niks, dit hou net nie te veel van die 77gn CC's nie. Sal hulle maar gebruik waar die beste akkuraatheid nie noodsaaklik is nie. Snaaks genoeg, hulle klap lekker op die 400m gong...

Kom ons kyk maar wat die geweer se voorkeure is.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Post by Arnold »

Ek het op n stadium die 77gr probeer in my AR15 en hulle wou nie groepeer nie. Berekeninge het gesê hulle sal stabiliseer in die 9 twist en die gaatjies in die papier was ook mooi rond. Hulle wou egter nie so mooi skiet soos die 69gr SMK nie. Jou ervaring werp dalk nou so bietjie lig op hierdie ook.

Elkgeval 123gr NCC in 6.5mm het ook nie baie mooi geskiet vir my nie maar die 140gr was great.

Ek is bly jou geweer skiet!
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Post by Alwin »

'n Vriend het 'n T3 (Sporter) met soorteglyke loop, selfde lengte, dikte, twist. Hy laai die 77gn CC's teen 2850fps met S335 (tussen nodes) en kry uitstekende verrigting. Myne wil niks weet nie. Gewere is seker maar net so kieskeurig soos hulle eienaars. Ek sal maar die 77greiners opgebruik waar 1 MOA akkuraatheid voldoende is, soos vanaf relatief onstabiele posisies.

Het begin om met die 80gn CC's te speel. Ek kan nie goeie spoed kry op 'n node met plaaslike kruit nie. Sal moet kyk na ingevoerde kruit. Het iemand ervaring met Hogdon CFE223? Sal solank maar tussen die nodes moet werk. Hoop die dik loop is minder gevoelig vir nodespoed.

Sjoe, die goed het darem 'n laaaang ogief. Maks TPL teen die groewe is 'n allemintige 64mm! Die standaard magasyn kan maks 58mm hanteer. As die kombinasie wil skiet, sal ek moet soek na planne vir 'n langer magasyn. Die standaard 223 magasyn se skeier kan seker uitgesny word om meer spasie te maak. Enige idees sal hier ook welkom wees.
User avatar
DiscoBiscuit
Full Member
Full Member
Posts: 201
Joined: Tue Jan 25, 2011 7:57 am

Re: Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Post by DiscoBiscuit »

Alwin wrote:'n Vriend het 'n T3 (Sporter) met soorteglyke loop, selfde lengte, dikte, twist. Hy laai die 77gn CC's teen 2850fps met S335 (tussen nodes) en kry uitstekende verrigting.
Goeie dag,

Dit lyk my hy is op 'n node daar, met koorsige druk.

Mooi dag,

Herman.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Post by Alwin »

DiscoBiscuit wrote:
Alwin wrote:'n Vriend het 'n T3 (Sporter) met soorteglyke loop, selfde lengte, dikte, twist. Hy laai die 77gn CC's teen 2850fps met S335 (tussen nodes) en kry uitstekende verrigting.
Goeie dag,

Dit lyk my hy is op 'n node daar, met koorsige druk.

Mooi dag,

Herman.
Volgens my (en QL se) berekeninge is hy omtrent op die maks drukpiek (62K Psi), maar steeds heelwat onder 'n node.

Onthou met die berekening dat die werklike dopkapasitiet op 'n 223 gewoonlik heelwat groter is as QL se verstekwaarde. (Sien my meting hierbo.) Dit het 'n groot effek op die druklesing. Die spesifieke kamer se langer vryboor help ook om druk te beperk.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Post by Arnold »

Ek het ook breed geglimlag toe ek CFE223 se vermoë in QL sien maar lees toe so bietjie en dit lyk of die poeier taamlik temperatuur sensitief is. Kyk dalk eerder na IMR of H 4895
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Post by Alwin »

Na heelwat eksperimente met die Nosler 77gn CC's het ek die 80gn CC's probeer. Selfde verspreiding. >:(

Volgende gaan dit Lapua 77gn Scenar wees. 'n Plaaslike winkel het 'n paar.

Daarna moet ek nog Hornady 75gn ELD-M's opspoor....
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Tikka 223 (1:8) resepte gevra

Post by Alwin »

Het intussen die Scenar 77 greiners probeer. Met S335 skiet hulle gaaf, myle beter as die Noslers. Sit op 'n node teen 2808fps. Druk lyk aan die hoë kant volgens QL.

Het iemand al S355 probeer? Dopkapasitiet lyk na 'n probleem...
Post Reply