Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Arnold wrote:
My bydrae handel 'n bietjie oor konsentrisiteit.
As jy jou koeels seat, moenie die hele koeel in een moment seat nie. Doen dit in bv. 4 pogings (miskien 'n 1mm op 'n slag). Laat sak elke keer die rondte en draai hom 90 grade in die press. Druk die koeel dan 'n bietjie dieper in (jy kan hier sommer op gevoel gaan).
Arnold, ek weet jy noem dit vir goedkoper Dies, maar sal jy dit aanraai vir competion seater dies ook, of dink jy dis heeltemal OK om net te seat met die duurder Dies.
Ek gebruik op die oomblik 'n RCBS...die met die gaatjie aan die kant. Jy gooi die punt sommer hier van die kant af in.
Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Om net so bietjie weer terug te kom oor die TPL ding. Ek het hierdie al voorheen geskryf maar ek gaan dit maar weer herhaal. n Goeie vertrekpunt is om 10% van jou kaliber te gebruik. Kom ek verduidelik, vat bv n 243(6,16mm) kaliber. As hy 10% daarvan vat gee dit jou n sprong van rofweg 0,6mm na jou groewe toe. Indien jou TPL na die groewe 67mm was maak dan jou TPL 66,4mm. Hierdie formule gee mens oor die algemeen genoeg spasie om op en af te speel met jou TPL vir fine tuning.
Hierdie is ook geensins die Alpha en Omega nie net n riglyn vir n vertrekpunt. Onthou maar net hoe nader jy aan die groewe kom, kom ons se enige iets in die orde van 0,2mm sal n mens se druk aansienlik styg. Kom ons plaas dit in perspektief. Wanneer jy nou hierdie formule gebruik het op n lading wat baie naby aan maksimum was en jy begin nou met jou TPL speel om daai laaste paar millimeters op jou groepering te verbeter sal jy sien dat jou ladings wat nou 0.1mm van die groewe af is se spoed redelik dramaties styg teenoor die vorige TPL een. Hierdie is die aanduiding dat jou drukkurwe aan die begin met die in beweeg in die groewe sy piek geslaan het en daai slaan van die groewe het dit vererger. Dit is hoekom mens eers jou koeel aan die beweeg wil he voordat n mens die groewe slaan sodat daai drukpiek nie plaasvind wanneer die groewe binnegegaan word nie.
Ek het gevind dat TPL verskille so klein as 0,2mm n beduidende verskil in groepe kan he maar in die meeste gevalle is spronge van 0,3mm meer die norm. Indien jy op een van jou geweer se sweatspots is sal die TPL net jou finetune instrument wees.
Nog n ding om in gedagte te hou met jou magesyn TPL is om dit tem minste korter as 1mm te maak in n kaliber wat redelik skop. Met kalibers wat swaar skop probeer om dit nie minder as 1,5mm te maak nie met 2mm verkieslik. Met kalibers wat onbeduidend skop moet dit nie minder as 0,5mm maak nie. Hierdie riglyn sal help om nie die koeel verder in die dop te druk tydens die terugslag proses nie.
Meeste ouens kies maar TPL wat in die magesyn kas pas, veral met die ouer gewere..
Soos Wouter ges? het moet jy maar mooi na die druk kurwe kyk as jy hier naby die lande kom soos ek ook ges? het en dit is maar net as jy werklik al heelwat verder gevorderd is in die herlaai ding wat ek dit sou oorweeg soos ek ook voorheen ges? het.
Die toleransies wat Wouter aan gegee het is goeie norms om by te bly, veral vir veilige herlaai hou by daai "Jump" lengtes wat hy gegee het en TPL behoort nooit 'n oorsaak van druk te wees nie.
Nou wil ek net een ding s?. Moenie dink jou geweer moet 'n klein jump h? om op sy akuraadste te kan skiet nie. Dit is 'n ou vrou storie, daar is baie gewere met helse lang vryboor wat baie baie akuraad skiet en Wouter sal beaam wat ek hier s
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Jy is absoluut reg met die lang jump ding. Ek het persoonlik n persoon gehelp met n 303 waar die jump 11mm was en ons het n halfduim groepering gekry het. Om dit in perspektief te kry beteken dit dat daai koeel hoegenaamd gee kontak het met niks voordat hy die lande ingaan. Ons het wel baie tyd spandeer aan dop voorbereiding en net driekwart van die nek gesize om sodoende te sorg dat ons opleining met die kamer goed was. Ek moet se ek het maar gesukkel om oor dit te kom maar soos Dok se dit is beslis moontlik om goeie groepering te kry met n lang jump.
Baie nice idee hierdie! Ek wil gou jou kennis tap, ek het onlangs 'n klomp 110gr V Max'e gekoop en met S335 'n lading probeer ontwikkel vir my 30-06. Ek was 1mm van die lands af gewees en kon met geen lading 'n groep kry nie. Ek gaan die afstand van die lands af nou 0.7mm en selfs nader probeer. Ek het 'n 21.5 duim loop, 1:10 twist met Winchester doppe, ek gebruik pmp mag slagdoppies. Waar dink jy kan ek met die S335 rondspeel?
Moenie net luister en als opvreet soos soetkoek wat mense s? nie. Gaan beproef elke teorie self prakties.
Luister maar na die een, baie baie goeie tip. Begin onder en werk op, ek herlaai nou al 25 jaar en vervang, koop by, verkoop, gee weg ens ens. Soos een van my onderwysers altyd ges? het: " Rome wasnt build in an day, BUT there were a hell of a lot of bricks laid on the first day"
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.
Die helfte van die antwoord is al getik by die werk so ek sal maar op die rekenaar weer van voor af begin. Indien jy geen akkuraadheid met daai TPL van jou gekry het nie wil ek jou amper verseker jy gaan met geen ander TPl akkuraadheid kry nie. Jou 1:10 twist is lyk my net te vinnig vir die 110greiners. Weet van n paar manne wat wel met 1:14 in 308 redelike groepe gekry het. Ek kan jou help om n node te slaan met die kombinasie maar sal jou aanraai om ook gewone Large Rifle Primers te gebruik in pleks van die Magnum Primer. Gee bietjie jou dopkapasiteit van n gevuurformde dop, doplengte, TPL tot teen die groewe en maksimum TPL in magesynkas.
As hy nadat ons die node geslaan het nog nie werk nie sal jy maar moet dink vir wie jy wil n verjaardag geskenk gee.
Nog n tip wat dalk moontlik hier kan pla by jou CJ is om ten minste een kaliber jou koeel in die nek van jou dop te seat. Daar is wel gevalle waar hierdie nie van toepassing is nie maar kan maar as n goeie riglyn gesien word. Die rede hiervoor is n paar. Eerstens hou die nek so n geseate koeel beter vas en gee dit ook die koeel wel die kans om die groewe haks in te gaan. Met vervoer en hanteer van die rondte sal die koeel nie maklik skeef gedruk kan word nie. Met hierdie tipe riglyn gepaadgaande met die regte kruit sal so n geseate koeel ook die dryfmiddel mooi konstand in plek hou wat weer help met versetting van dieper seat onder reciol van die geweer. Hierdie help ook om n meer konstante greep op diekoeel te he wat dan veroorsaak dat die begin druk wat benodig is om die koeel aan die beweeg te kry meer konstant is.
Laastens wat Dok se oor ondervinding en dinge self te toets is ongelooflik waar. Ons kan maar lees tot ons blou is oor iets maar om dit self te doen en ondervind is maar net beter. Baie mense is teoretiese herlaaiers wat alles verslind(wat absoluut reg is) maar die Prufe is nog steeds in die Eating!
Ek wil graag vra dat dopvoorbereiding 'n spreekbeurt kry. Die manne wat net begin herlaai wil leer by hierdie bespreking en ek dink 'n stap vir stap verduideliking kan probleme ondervang. (skoonmaak, lengte van dop, primer pockets ens) Dit is nou die goor werk wat baie tyd neem en tog deeglik gedoen moet word.
Dankie vir die goeie antwoord. Ek stem saam oor die feit dat ek dalk nie daardie V max'e sal kan laat groep op daai 1:10 twist nie. Ek dink om maar by die 165gr te hou, my geweer hou baie van hulle. Ek sal die v max'e maar skenk vir iemand wat werk vir hulle het, want soos ek al agter gekom het, lading ontwikkeling kan duur raak, veral as dit iets is wat jou geweer nie eintlik kan skiet nie. Ek het vanmiddag 'n paar skote met 3 ladings geskiet en toe met 150gr, die gaatjie wat die 150gr in die boks (lees teiken) maak is mooi rond met 'n gladde wand, die Vmax'e was nie egalig nie, dit lyk of die koeel nie stabiel was toe dit die teiken getref het nie, kan dit wees?
Dit het my maar laat besluit om die 110gr idee nou finaal te los. Ek het so paar oor as iemand 'n skenking soek..
Dit is ja, en daar is nie regtig 'n swaarder 'varmint' punt vir die .30 nie. Ek wil A max'e gebruik maar hulle is skaars. Sal maar die .243 ding doen een van die dae. Die 30-06 moet maar biltong maak..
Ek sal bietjie kyk, ek skiet nou 150gr Hornady Interbonds SPBT, hulle is lekker akkuraat en maak goeie skade, hulle was ook goedkoop (R225/100). Ek sal biejtie die Nostler's probeer as die voorraad Hornady's op is.
Ek sal bietjie kyk, ek skiet nou 150gr Hornady Interbonds SPBT, hulle is lekker akkuraat en maak goeie skade, hulle was ook goedkoop (R225/100). Ek sal biejtie die Nostler's probeer as die voorraad Hornady's op is.
Groete.
Interbonds @ R225/100?? Waar kry jy hulle so goedkoop? Die meeste plekke vra R600+ /100. Selfs die Interlocks is baie duurder.
Jou wetter jy ken dit mos! Eintlik moes jy dit vir ons hanteer het!
Soos iemand al erens gese het "ek sal dit stap vir stap verduidelik"
As dit kom by dopkeuse is dit maar soos die ander dinge in die lewe, koop die beste wat jy kan bekostig. Dit is waar dat jy PMP kan maak baie mooi skiet maar dit verg baie voorbereidings werk. Nou goed wat maak dit saak die doppe ding?
Die dop is die basis van alles as dit by die hele gelaaide patroon kom. Jy wil graag he dat jou ontbrandingsvolume dieselfde elke keer is as die skoot loop. Die sal meebring dat jou drukkurwe, lees spoed en looptyd dieselfde is. Daarom weeg ons doppe en klasifiseer hulle onder dieselfde gewig. Dit is maar die maklikste manier om dit te doen en is nie altyd perfek nie. Ek weet van n paar manne wat die dopkapasiteit op elke dop weeg om sodoende te verseker dat dit dieselfde is. Hierdie is geensins nodig vir jagdoeleindes nie.
Met sekere doppe veral Lapau, Norma en Nosler se Custom Competition is dit nie nodig nie. Hulle gewigte is besonders konstand. Onthou dit geld net vir daardie batch wat jy gekoop het. Die een wat jy twee jaar gelede gekoop het kan moontlik verskil van vandag af.
Nou hoefeel is toelaatbaar in gewigsverskille? Vraag is weer wat soek jy uit jou lading? wanneer MOA(25mm op 100m) vir jou goed genoeeg is en glo my daar is nie baie waar jy meer verlang nie sal ek se moenie dat jou doppe met meer as 1gr verskil nie. Indien jy jou groepe so bietjie kleiner wil he kom af na n half grein toe. Enige iets van 0.2gr verskil word onbeduidend klein.
Ons sal die res in die toekoms bespreek en gee nou vir almal kans om hierdie te bespreek of iets byvoeg.
Groetnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Mon Jun 27, 2011 6:13 pm, edited 1 time in total.
Naand Manne
Hier is my aweregse tip - ek het dit eintlik al een maal genoem op die Forum. Het so pas nadat ek begin herlaai het (in 1979) by my pa kom spog oor my kennis. Maar toe wil die bokke en die koe?ls steeds nie aldag bymekaar uitkom nie. Sy raad was heel eenvoudig: "My kind jy weet te veel en skiet te min."
Groetnis
Plaas kom gee jy herlaai tips vir die manne nou gaan staan en gee jy net Zen-tips! Confutius said the man with no ammo is wasting his time on practice range!
Ek onthou nou! Daar is nog n spot oop op die herlaainaweek! Kyk of jy hom nie kan bywoon nie dan kan jy mos in die toekoms mos lekker saampraat oor hierdie fynere dinge van herlaai! Of wag ek en Dok sal jou bietjie help oor drie weke!