Ek vertel maar hier wat gebeur het met die trok wat geval het, ek wil nie die Gebede versoeke draad daarvoor gebruik nie.
Nou ja, die trok het geval agv 'n koedoe waarvoor die trok bestuurder uitgeswaai het omrede sy ligte gedomp was vir aankomende verkeer. Hy het die bok te laat gesien.
Die trok val toe op die regterkant, bo-op die deure, daar is klomp skaap dood in die middelste dekke.
Die drywer het ernstige beserings opgedoen maar is stabiel in Keetmanshoop hospitaal.
Ek raak hartseer as ek die deel vertel. Daar is baie skaap dood in die trok en met die valslag.... maar ook 'n klomp wat niks oorgekom het nie en nou los rondloop.
Die pb
Die tipe van optrede het ek al op video's gesien hoe dit in SA gebeur.... maar ek het nie gedink hier in Suid-wes kan dit gebeur in die donker nag op die platteland nie.
Die vervoer ondernemer het my vroeër vannaand gekontak en vertel: Nampol kon nie die mense beheer nie, hulle was oral en het skape met hamers en stukke pyp of yster dood geslaan en keel af gesny
Van die 680 skaap wat op die trok was kon hulle net 80 einde ten laaste veilig in 'n boer se krale injaag! Dit is ongelukkig nie 'n Ripley's storie. Ons weet nie hoeveel van wie se skaap dit is nie, dus kan jy maar sê dat almal wat gelaai het alles verloor het.
Nou ja, gelukkig het die vervoer mense vrag versekering, so nou is dit 'n onderhandelings fase om deur te gaan, maar ons sal bo uitkom met 'n skikking. Gelukkig weeg ek al my diere voor hulle gelaai word, dus het ek iets om vanaf te werk.
Die trok het maar redelik skade, kan moontlik afgeskryf word. Die waens het gelukkig nie groot skade nie.
Eerste wat dit met my gebeur en bid dat dit ook die laaste keer sal wees.
Voorspoed
Johan


