Passop! Kyk hoe maklik kan dinge skeefloop!
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Ek het die 4 gekry en uitgesonder om te deel, die blink een is om "reg" te wys. Daar is nog, maar nie so prominent nie, ek het my koud geskrik! Dit is 'n drukteken tipies in glock oor die kamer se sny waar nop nie tenvolle ondersteun is nie. Nou die is uit my CZ75 en ek het gisteraand gaan kyk sy dop is ook nie 100% ondersteun nie.
Nou my lading IS veilig en is al wat ek glo my hand en pistool beskerm het.
Ek het paar(onthou nie hoeveel maar seker 50) doppies opgetel en herlaai soos normaal.
Wat ek vermoed hier gebeur het:
my ernstige vermoede hier is dat die brass in 'n oond of heel verkeerd uitgegloei is wat ek opgetel het, die brass is te sag gemaak en die was die gevolg.
Ek het sover 27 doppe uitgehaal met "smiles" en gaan mar weer 'n paar keer deur die hoop gaan.
Ek deel sodat iemand iets kan leer! In die gevolg sal ek maar die baan doppies optel en weggooi.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Passop! Kyk hoe maklik kan dinge skeefloop!
Praat van oond. kyk die ander dag Jerry Miculek op Youtube waar haar .223 doppe skoon maak, laat droog word buite op sif tafels in dan in die oond sit vir omtrent 2 ure, Weet nie waar hy aan die oond beginsels kom nie. Dit is verseker 'n resep vir probleme, maar is dan seker Jerry Miculek.
And as thy days, so shall thy strength be
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Passop! Kyk hoe maklik kan dinge skeefloop!
Dankie Alec
Dit is nie nodig om 9mm of ander pistool doppe uit te gloei nie, verstaan nie hoekom iemand so iets sou doen nie. Ek vermy doppe optel wat ek nie weet uit gekoopte pakkies kom nie.
Ek het dit nog nooit in my Glock gesien nie.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Passop! Kyk hoe maklik kan dinge skeefloop!
Carl wrote:Dankie Alec

Ek gloei nooit pistool uit nie om eerlik te wees is al dop voorberyding wat ek doen is size en decap dan skoonmaak en prime daarom skiet ek so baie met die ding
Indien jy "Glock chamber" google en prente kies gaan jy presies sien waarvan gepraat word. Soos ek verstaan is dit iets wat maklik met die 40 S&W gebeur oor hulle sulke hoë druk kalibers is.
Dit word as ek reg is die "Glock smile" genoem net so triviale informasie.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Passop! Kyk hoe maklik kan dinge skeefloop!
Ja ek besef dis nie jy wat uitgloei nie, net ter inligting vir ander forumiete 
Die Glock ding is so effe buite verband geruk, meeste pistole het presies dieselfde ondersteuning. Ek moet net die artikel gaan opspoor wat dit alles in konteks plaas. Die 40S&W het soms 'n bulge buster nodig met herlaai en natuurlik moet jy nie rond neuk met warm ladings nie, maar Ratel sal vir jou bevestig daai pistole ontplof nie soos die Internet aangaan nie
Die Glock ding is so effe buite verband geruk, meeste pistole het presies dieselfde ondersteuning. Ek moet net die artikel gaan opspoor wat dit alles in konteks plaas. Die 40S&W het soms 'n bulge buster nodig met herlaai en natuurlik moet jy nie rond neuk met warm ladings nie, maar Ratel sal vir jou bevestig daai pistole ontplof nie soos die Internet aangaan nie
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Passop! Kyk hoe maklik kan dinge skeefloop!
Ek het dit eenkeer oorgekom en die doppie het loop vassteek in die kamer dat ek later die glystuk teen 'n stuk hout moes druk en met 'n klomp gewig op die ding leun om die doppie ge-"extract" te kry. Nooit weer nie.
Of so iets
-
zipp
- Full Member

- Posts: 117
- Joined: Tue May 14, 2013 9:03 pm
Re: Passop! Kyk hoe maklik kan dinge skeefloop!
Alec
Laai jy dalk met s121?
Die vinnige druk spike veroorsaak die "case head" boepens.
Jou "Factor" (massa x trompsnelheid/1000)is 137. Dalk n dietjie hoog maar ek ken n klomp ouens wat vir so 135 factor laai vir IPSC.
Kyk maar na jou kryt!

johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Passop! Kyk hoe maklik kan dinge skeefloop!
hoop nie ek hijack nie.zipp wrote:Alec
Laai jy dalk met s121?
Die vinnige druk spike veroorsaak die "case head" boepens.
Jou "Factor" (massa x trompsnelheid/1000)is 137. Dalk n dietjie hoog maar ek ken n klomp ouens wat vir so 135 factor laai vir IPSC.
Kyk maar na jou kryt!
hoe werk die factor?wat is die min/maks wat dit moet wees?
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Passop! Kyk hoe maklik kan dinge skeefloop!
125johans wrote:hoop nie ek hijack nie.zipp wrote:Alec
Laai jy dalk met s121?
Die vinnige druk spike veroorsaak die "case head" boepens.
Jou "Factor" (massa x trompsnelheid/1000)is 137. Dalk n dietjie hoog maar ek ken n klomp ouens wat vir so 135 factor laai vir IPSC.
Kyk maar na jou kryt!
hoe werk die factor?wat is die min/maks wat dit moet wees?
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Passop! Kyk hoe maklik kan dinge skeefloop!
Ek laai MP200 en nou (paar weke terug) my pistool meer as 11000 rondtes gevoer en dis die eerste wat ek dit teekom, en dit met opgetelde doppe dus is ek 99.99% seker dis 'n persoon wat doppe in oond gehad het.zipp wrote:Alec
Laai jy dalk met s121?
Die vinnige druk spike veroorsaak die "case head" boepens.
Jou "Factor" (massa x trompsnelheid/1000)is 137. Dalk n dietjie hoog maar ek ken n klomp ouens wat vir so 135 factor laai vir IPSC.
Kyk maar na jou kryt!
Ek weet dat ek is nog goed onder maks druk, want het al +p ladings gelaai in die selfde pistool en spoed was 1250Fps sonder druk tekens terugslag was erger as 45 ACP en kon nie goed skiet met dit nie, maar daar het ek nie die boepe gekry nie.
Ek kan nie onder 1050fps laai nie dan 'cycle' my pistool nie reg nie.
Ek het nog al my ladings met QL uitgewerk en met chrony bevestig, met my lading tans loop ek 28000psi as ek reg onthou so ek is nog 8000psi onder die maksimum druk, as ek +p daar gelaai het was daar beslis moeilikheid!
Ek het my eerste 2 bokse(1000 rondtes) met S121 gelaai en nie dit gekry nie was daaityd 124gr Josyd lood met 3.9gr S121 gelaai, het gestop omdat die soos ou dieselkar gerook het, ek het toe oorgeslaan na Frontier 124gr beide FP en RN met MP200.
edit: Die faktor minimum is 125 en kan tot 165 laai afhangend van die "setup" wat jy het.
- Baasvark
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Re: Passop! Kyk hoe maklik kan dinge skeefloop!
Dis net om die doppe vinniger binne droog te kry.Swede wrote:Praat van oond. kyk die ander dag Jerry Miculek op Youtube waar haar .223 doppe skoon maak, laat droog word buite op sif tafels in dan in die oond sit vir omtrent 2 ure, Weet nie waar hy aan die oond beginsels kom nie. Dit is verseker 'n resep vir probleme, maar is dan seker Jerry Miculek.
Sent from my SM-A720F using Tapatalk
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B

- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Passop! Kyk hoe maklik kan dinge skeefloop!
My 40 S&W doppe begin 'n effense smile wys hierby ongeveer 15 herlaaie met S221. Maar dan moet ek ook noem dat ek nie faktor laai nie. Die Lee bulge buster kid werk goed om daai smile in 'n tuit lip te verander.Carl wrote:Ja ek besef dis nie jy wat uitgloei nie, net ter inligting vir ander forumiete
Die Glock ding is so effe buite verband geruk, meeste pistole het presies dieselfde ondersteuning. Ek moet net die artikel gaan opspoor wat dit alles in konteks plaas. Die 40S&W het soms 'n bulge buster nodig met herlaai en natuurlik moet jy nie rond neuk met warm ladings nie, maar Ratel sal vir jou bevestig daai pistole ontplof nie soos die Internet aangaan nie
Maak 'n verskil
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Re: Passop! Kyk hoe maklik kan dinge skeefloop!
Yip, waarskynlik maar so 100 grade Celsius, kan nie skade doen nieBaasvark wrote:Dis net om die doppe vinniger binne droog te kry.Swede wrote:Praat van oond. kyk die ander dag Jerry Miculek op Youtube waar haar .223 doppe skoon maak, laat droog word buite op sif tafels in dan in die oond sit vir omtrent 2 ure, Weet nie waar hy aan die oond beginsels kom nie. Dit is verseker 'n resep vir probleme, maar is dan seker Jerry Miculek.
Sent from my SM-A720F using Tapatalk
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Passop! Kyk hoe maklik kan dinge skeefloop!
Alle pistole met 'n voergeut-uitsnyding in die kamer kan hierdie boep op die doppe wys as die doppe begin meegee. Dis 'n druk en doppie probleem, nie 'n wapen probleem nie. As so 'n doppie bars dan kan dit 'n wapenprobleem en 'n oogprobleem veroorsaak.
Om doppe in die oond te droog is altyd riskant, ongeag jou termostaat se verstelling. Die termostaat reguleer die gemiddelde temperatuur. Daar kan areas wees wat periodiek heelwat warmer word. Kyk maar na die element se rooi skynsel daar binne. Dis maklik genoeg om jou doppe in die son of voor 'n waaier te los.
Pasop vir QL se voorspellings vir handwapen-kalibers. As jy byvoorbeeld 'n 9mm vat en dieselfde spoed ladings modelleer met al 4 plaaslike handwapenkruite (S121, MS200, MP200, S221) dan gaan QL naastenby dieselfde piek-druk voorspel vir al 4. Dis onwaarskynlik in die werklike lewe, aangesien die 4 se brandspoed redelik wyd verskil. Ek dink QL is baie beter geskik vir die meeste geweer-kalibers. Lees maar QL se eie waarskuwing oor die gebruik van die program.
As jou doppies so 'n boep gemaak het, kyk eers baie mooi vir enige skade voordat jy sommer die boep terugdruk in jou "bulge buster". Veral die 40S&W maak maklik krake rondom die vlamgat (von voor af gekyk). As jy nie die krake betyds opspoor en die doppies uitskot nie, kan jy maklik 'n dop bars. Dis nogal senutergend as die ou langs jou op die baan se uittrekker hier langs jou oor verbyfluit...