Looplewe van 284/6.5

470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Looplewe van 284/6.5

Post by 470rigby »

'n Vriend van my se 284/6.5 met vlekvrye loop (Bartlein) het gegaan van BAIE akkuraat tot BAIE onakkuraat in minder as 500 skote. Is dit normaal? Voor ons moeite doen met ander teleskoop ens, wil ek geaag by ander eienaars hoor. Dit het ook nie geleidelik onakkuraat geword nie, sommer so oor die bestek van 40 skote?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by tripodmvr »

Vuil loop? Vriend van my het die koolstof uit sy 300WM verwyder na dit soos 'n haelgeweer begin skiet het. Terug na normaal na die koolstof verwyder is. Loer met "bore scope".
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by Capt. Yoda »

Carbon ring in die keel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 992
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by Kallie Fernhout »

Capt. Oblivious wrote:Carbon ring in die keel
Net hy daai. Kom dit vinnig agter met BR ook
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by 470rigby »

Kallie Fernhout wrote:
Capt. Oblivious wrote:Carbon ring in die keel
Net hy daai. Kom dit vinnig agter met BR ook
So wat doen mens daaraan?
User avatar
Parker
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by Parker »

Volg.
Stoot lood!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by Capt. Yoda »

Daar is net een ding wat n carbon ring uit haal en dit is elbow grease en JB of Iosso.
Ek sal nou my laptop start en my manier post, dis te veel op die foon
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by Capt. Yoda »

Ok, ek gebruik 2 dinge.
n Kort rod van so 30cm wat ek in n handboor gebruik saam met n over size borsel en dan n normle lang rod met n "undersize" borsel en n patch.
Na die loop nou skoon is na jou normale skoon maak proses vat ek die kort rod in die boor met die oversize borsel...in n 6mm dan nou n 6.5mm borsel. Smeer die hele borsel vol Iosso en druk die borsel in die keel (gebruik maar n boreguide), nou spin jy die borsel vir so min teen n rustige spoed in jou keel en beweeg die borsel bq op en af maar hou hom in die keel area. Jy kan die met jou lang rod ook doen en die rod dan met jou hand draai maar jy gaan letterlik n blaas op jou hand kry .

As jy voel jy het genoeg gedraai patch dan die meeste van die iosso uit en vat nou jou lang rod met die kleiner borsel op.
Sny n patch wat stuif om die borsel sal pas en hier gebruik ek dan Kroil oli om en maak die patch lekker nat met kroil, nou vat ek weer iosso en werk dit so bq in die patch in. Draai nou die patch stuif om jou borsel en sit hom deur jou boreguide in die keel area in, "shortstroke" die keel met die patch op en af in die eerste 6" van die loop/keel. Werk hom dan nou so paar keer so in die 6" area dan so tot die helfde van jou loop en dan so paar trekke deur jou hele loop.

Patch die meeste uit met droe patches en maak dan die hele loop BAIE mooi skoon met iets soos Boretech se C4.
Daar moet geen iosso oor bly erens in jou keel/loop of aksie nie, die goed word kliphard en as jy oor daai droe spul skiet gaan jy droog maak.Wat ook baie help is net na jy geskiet het en die loop is nog lekker warm druk ek n paar lappies met Kroil deur die loop en los hom dan so tot ek die loop skoon maak, die kroil kom onder meeste van die carbon en en help dat die loop lekker vinnig skoon maak maar as jy harde carbon in jou keel area het van baie skiet is dit maar net n rod en borsel wat gaan help.

As jy nie n borescope het nie is daar n redneck manier om te sien of daar carbon in jou keel is. Vat n patch en maak hom sop nat met surgical spirits en druk die patch in jou loop se keel in. Laat hom so staan vir so 10min en druk hom deur jou loop, druk nou n lekker droe patch deur en as daar carbon in jou keel sit sal jy merkies op die wit patch sien wat amper lyk soos n haelgeweer patroon wat geskiet is as jy hom van voor af kyk.....as jy verstaan wat ek probeer se. Amper soos 3 of 4 kolle met n kort strepie agter dit.

Boretech maak ook n produk soos Iosso/JB met die naam Chameleon gel wat ook soos Iosso werk maar dit het die voordeel dat dit volgens die kleur op die patch vir jou wys wat in jou loop sit. Blou/groen vir koper en dan grys en swart vir carbon, powder fowling en so aan.

Iosso en JB gaan altyd swart uit kom as jy dit deur n loop druk so moet asb nie jou loop met iosso probeer skoon maak todat dit wit uit kom nie. Iosso en JB is n meganiese produk, of anders gestel dit is n paste met iets grof in soos kalk of silica in so gebruik dit maar minder as te veel. Ek en nog n paar manne gebruik die en/of n soortgeyke proses met elke skoon maak sessie sonder enige nadele so moenie bang wees vir iosso of JB nie, in die ou dae het die manne n produk met Flitz ook gebruik voor JB op die mark gekom het. JB is n bq "growwer" as Iosso so kan dalk bq viniger werk maar al 2 is top produk. Stompe gebruik JB so elke paar 100 skote vir n "deap" clean en sy lope is skoner as sy gewete
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by Capt. Yoda »

https://images-na.ssl-images-amazon.com/images/I/81PbO5ktdEL._SX425_.jpg

https://iosso.com/clean/wp-content/plugins/wp-easycart-data/products/pics1/BIO-Bore-Cleaner_1295991b3b094728e985ddf7fd717775.jpg

https://images-na.ssl-images-amazon.com/images/I/71cA105w08L._SX425_.jpg

https://www.riflecraft.co.uk/uploads/products/536/bore-tech-chameleon-lUUc.jpg
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by Messor »

Capt. Oblivious wrote:Carbon ring in die keel
As jy kans kry verduidelik asb hoe vorm dit, en hoekom.
Want dis nie iets wat ek baie sien nie, maar ek sien jy het dit al 'n paar keer genoem.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by Capt. Yoda »

Ek vra gou vir Ben of hy n paar fotos vir ons kan op sit van een van ons maats se Creedmoor wat onlangs so ring gekry het. Dit is basies n ring harde carbon (hard soos die tiepe carbon wat voor op n piston form) wat in jou keel form en daar is geen solvent op mark wat dit verwyder nie, wel daar is een of 2 maar dit is nie vir gewere bedoel nie. Basies wat nou gebeur is jou keel verklein en jy gaan moerse spoed swing kry. Die rede dat ons dit nou baie sien is omdat meeste ouens nou borescoes het en na hulle lope kyk, ek sal so ver gaan om te se elke geweer sal dit kry in een of ander form. In n fabrieks geweer met n groot kamer gaan jy dit heel moontlik net nie sien nie maar dit sal daar wees en ouens wat nog baie met brons borsel skoon maak kan dit dalk beter terug veg as ouens wat met plastiek borsel skoon maak of ouens wat nie borsel nie. EK het deur so fase gegaan waar ek nie geborsel het nie en dit was toe waar dit my gebyt het, manne met kleiner vinniger kalibers sien dit ook vinniger as in n 308 of 30.06. n Ander rede wat by drae is as jy jou doppe te kort sny, daai area/clearance tussen die dop en waar die freebore begin is dan waar die ring begin

In sy ergste form
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Capt. Yoda on Tue Jul 03, 2018 10:59 am, edited 2 times in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by Wouter Roets »

Cappie

Dankie vir die deel. Ek weet manne soos Oom Cassie is lief om Iosso of JB op n lappie te sit en dit dan om n koper borsel te draai en dan die loop daarmee aan te val. Hy doen dit ook so met sy loop inbreek proses aangesien dit die area is waar jy tool merke sal kry. Glo n kort pistool rod sal mooi werk vir die gedeelte waar so n carbon ring kan vorm.

Groetnis
Wout
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by Messor »

Capt. Oblivious wrote:Ek vra gou vir Ben of hy n paar fotos vir ons kan op sit van een van ons maats se Creedmoor wat onlangs so ring gekry het. Dit is basies n ring harde carbon (hard soos die tiepe carbon wat voor op n piston form) wat in jou keel form en daar is geen solvent op mark wat dit verwyder nie, wel daar is een of 2 maar dit is nie vir gewere bedoel nie. Basies wat nou gebeur is jou keel verklein en jy gaan moerse spoed swing kry. Die rede dat ons dit nou baie sien is omdat meeste ouens nou borescoes het en na hulle lope kyk, ek sal so ver gaan om te se elke geweer sal dit kry in een of ander form. In n fabrieks geweer met n groot kamer gaan jy dit heel moontlik net nie sien nie maar dit sal daar wees en ouens wat nog baie met brons borsel skoon maak kan dit dalk beter terug veg as ouens wat met plastiek borsel skoon maak of ouens wat nie borsel nie. EK het deur so fase gegaan waar ek nie geborsel het nie en dit was toe waar dit my gebyt het, manne met kleiner vinniger kalibers sien dit ook vinniger as in n 308 of 30.06. n Ander rede wat by drae is as jy jou doppe te kort sny, daai area/clearance tussen die dop en waar die freebore begin is dan waar die ring begin
Dankie vir die verduideliking.

Die eerste keer toe jy daarvan praat toe dink ek nee, die ou se kop raas, die tweede keer toe dink ek nee, die ou se kop raas, die derde keer toe moes ek eers stop en wonder wat hier aangaan. Jy sien ek het al baie gewere gesien, met duisende skote, en almal skiet nog op 'n tiekie, sonder enige carbon ring in die keel, met normale skoonmaak.

Ek wou eers spot en sê dis julle needmoor gewere, maar die ou 6.5 swede gebruik dieselfde koeel en selfde kruit, met meer spoed, sonder dat mense die probleem ervaar. Een aand by die vuur het ek sit en dink die probleem moet veroorsaak word deur die angle van die skouer, want dit is al wat verskil, menende die gasse word meer gefokus nader aan die keel as in die loop, anders as meeste ouer kalibers.

Nou toe ek dit weer lees, toe moes ek eers vra, ek hou nie daarvan om nie te weet nie :)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by Capt. Yoda »

Wouter Roets wrote:Cappie

Dankie vir die deel. Ek weet manne soos Oom Cassie is lief om Iosso of JB op n lappie te sit en dit dan om n koper borsel te draai en dan die loop daarmee aan te val. Hy doen dit ook so met sy loop inbreek proses aangesien dit die area is waar jy tool merke sal kry. Glo n kort pistool rod sal mooi werk vir die gedeelte waar so n carbon ring kan vorm.

Groetnis
Wout

Dit hou jou keel area mooi glad ook soos jy daar se
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by Capt. Yoda »

Messor wrote:
Capt. Oblivious wrote:Ek vra gou vir Ben of hy n paar fotos vir ons kan op sit van een van ons maats se Creedmoor wat onlangs so ring gekry het. Dit is basies n ring harde carbon (hard soos die tiepe carbon wat voor op n piston form) wat in jou keel form en daar is geen solvent op mark wat dit verwyder nie, wel daar is een of 2 maar dit is nie vir gewere bedoel nie. Basies wat nou gebeur is jou keel verklein en jy gaan moerse spoed swing kry. Die rede dat ons dit nou baie sien is omdat meeste ouens nou borescoes het en na hulle lope kyk, ek sal so ver gaan om te se elke geweer sal dit kry in een of ander form. In n fabrieks geweer met n groot kamer gaan jy dit heel moontlik net nie sien nie maar dit sal daar wees en ouens wat nog baie met brons borsel skoon maak kan dit dalk beter terug veg as ouens wat met plastiek borsel skoon maak of ouens wat nie borsel nie. EK het deur so fase gegaan waar ek nie geborsel het nie en dit was toe waar dit my gebyt het, manne met kleiner vinniger kalibers sien dit ook vinniger as in n 308 of 30.06. n Ander rede wat by drae is as jy jou doppe te kort sny, daai area/clearance tussen die dop en waar die freebore begin is dan waar die ring begin
Dankie vir die verduideliking.

Die eerste keer toe jy daarvan praat toe dink ek nee, die ou se kop raas, die tweede keer toe dink ek nee, die ou se kop raas, die derde keer toe moes ek eers stop en wonder wat hier aangaan. Jy sien ek het al baie gewere gesien, met duisende skote, en almal skiet nog op 'n tiekie, sonder enige carbon ring in die keel, met normale skoonmaak.

Ek wou eers spot en sê dis julle needmoor gewere, maar die ou 6.5 swede gebruik dieselfde koeel en selfde kruit, met meer spoed, sonder dat mense die probleem ervaar. Een aand by die vuur het ek sit en dink die probleem moet veroorsaak word deur die angle van die skouer, want dit is al wat verskil, menende die gasse word meer gefokus nader aan die keel as in die loop, anders as meeste ouer kalibers.

Nou toe ek dit weer lees, toe moes ek eers vra, ek hou nie daarvan om nie te weet nie :)

Ek het net een keer n skoot in n kompetiesie met n Needmoor geskiet en dit was verseker nie myne nie, hartseer van die saak is ek het toe die kompetiesie gewen met daai een skoot uit n ander man se Creed....

Jy moet ook onthou ons skiet baie meer as die gem biltong jagter in Suid Afrika so daar gaan baie meer carbon en hitte op een naweek deur so geweer se loop/keel, is maar soos n diamant amper, hoe meer carbon en druk hoe "meer diamant". n Man wat n jag geweer koop en die later nog vir sy kind los gaan heel moontlik nooit in sy lewe so ring kry of sien nie. Ouens wat n loop in 2 jaar uit skiet se kans is aan die ander kant baie beter
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by Wouter Roets »

Cappie

Ek stem saam met jou. Hierdie verskeinsel is verseker iets wat meer sy kop uitsteek by manne wat n klomp skote in n relatiewe kort tydjie skiet. Ek is vas oortuig ek het dit destyds ook beleef in my 25-06 toe ek met hom ge-oes het sonder dat ek geweet het wat die oorsaak was. Oom Louw van Deventer het die loop toe oordentlik skoon gemaak en weg was die probleem.

Groetnis
Wout
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by 470rigby »

Baie dankie vir almal se bydrae!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by tripodmvr »

Dit is veral gewere met kleiner toleransies wat hierdie verskynsel toon. Die groter kamers van jaggewere laat baie plek vir aanpaksel alvorens hulle begin neuk. So hierdie is 'n baie leersame plasing vir almal, maar veral die gongskieters wat baie koele gooi uit hul Dashers, Flashers en Needmore's.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by Capt. Yoda »

Wouter Roets wrote:Cappie

Ek stem saam met jou. Hierdie verskeinsel is verseker iets wat meer sy kop uitsteek by manne wat n klomp skote in n relatiewe kort tydjie skiet. Ek is vas oortuig ek het dit destyds ook beleef in my 25-06 toe ek met hom ge-oes het sonder dat ek geweet het wat die oorsaak was. Oom Louw van Deventer het die loop toe oordentlik skoon gemaak en weg was die probleem.

Groetnis
Wout

Jan S het so n 284 loop gehad wat net dood gegaan het naby nationals, toe hy wag vir die nuwe loop se Chrisjan vir hom om daai ou loop bq te Iosso en dan te kyk wat gebeur. So uur of wat later en n klomp vuil lappies het die ou dooie loop weer soos dag een geskiet. Ons maat Louis Cronje se Creed het so gedooi in die middel van n Super League komp, dit is nogals iets om dit in sy erge fase te aanskou. Gaan van amper vol score op 600m skiet na nie die tyken kan raak skiet op 800m nie, letterlik n meter enige kant toe en dan dink almal natuurlik heel eerste die scope het gegaan. Selfde wat my ook gebeur het, na ek die invoerder van die scope somer gebel het oppad terug van n skiet comp af om te vertel presies wat hy met die scope kan doen was daar eintlik nie enige iets fout met die scope nie. Uur of so met n buis Iosso en die geweer het weer geskiet soos die dag toe hy van Chrisjan af gekom het, van daai dag af is Iosso my beste maat. Ons spot altyd vir Ben dat hy n loop na die volgende kaliber toe polish met Iosso maar hy het al n paar manne by sy huis gehad wat kom hulp vat het oor die carbon storie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by JacquesT (Stompe) »

Capt. Oblivious wrote:
Wouter Roets wrote:Cappie

Ek stem saam met jou. Hierdie verskeinsel is verseker iets wat meer sy kop uitsteek by manne wat n klomp skote in n relatiewe kort tydjie skiet. Ek is vas oortuig ek het dit destyds ook beleef in my 25-06 toe ek met hom ge-oes het sonder dat ek geweet het wat die oorsaak was. Oom Louw van Deventer het die loop toe oordentlik skoon gemaak en weg was die probleem.

Groetnis
Wout
Ons maat Louis Cronje se Creed het so gedooi in die middel van n Super League komp, dit is nogals iets om dit in sy erge fase te aanskou. Gaan van amper vol score op 600m skiet na nie die tyken kan raak skiet op 800m nie, letterlik n meter enige kant toe en dan dink almal natuurlik heel eerste die scope het gegaan.
Dis absoluut absurd om te sien hoe 'n geweer van 'n 33/35 telling van een afstand na 'n 7/35 gaan. Dis fisies net daai ekstra half thou van carbon.

Moet net by noem dat nadat Ben daai carbon ring uit Louis se loop gehaal het, skiet daai geweer op die tickie, en dis al wat verander het.

Groete
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by savage(P Coetzer) »

Ek het gedink my brdx se loop het gegroet in 1000 skote. Het van 10mm op 200m na 3” gegaan in basies 30 skote. By my was dit die doppe wat te lank geword het. Eie domgeit gewees want die stram slot moes my al iets laat agter kom is fout. Reamer specs laat brass van 39.78mm toe. Van my doppe was 40.2mm gewees! Doppe terug gesny en nou is alles weer mooi.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by Hansieslim »

Capt

Dankie vir hierdie plasing. Dis heel moontlik deel van my probleem met my geweer en gaan beslis jou skoonmaak aanbeveling volg.

Net 'n paar vrae asb en ek verwys meestal na die foto van Ben:
- Is daar enige kans dat mens die rifling kan beskadig met die oversize koperborsel wat gespin word?
- Vorm die carbon ring waar die dop se nek eindig in die kamer en sal die ring dus breër wees as jou doppe te kort gesny is?
- Of vorm die carbon ring verder vorentoe? M.a.w. by die keel of rifling?

Verskoon die vrae as dit dom klink. Ek het nog nooit 'n loop/kamer se binnekant gesien nie en ek sien nie rifling nie en daarom is ek dalk effe confused. Help asb!
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by Hansieslim »

Ek dink ek het my antwoord gekry : "One thing that was not mentioned is that if cases of different lengths are used, powder fouling left from the use of the shorter cases, can impinge on the mouths of longer cases, affecting consistency of bullet release. Getting past that for a moment, the other area that needs to be mentioned is the build up of what is generally referred to as hard carbon. This material is powder fouling on steroids that has been transformed by pressure into something that cannot be removed by any chemical or brush. It can be seen right where the freebore starts, at the top of the chamfer at the end of the neck part of the chamfer, very slightly down the barrel from the powder fouling buildup that was previously described. It can also be found in the back end of the bore, usually in the back third or so of the barrel. Various procedures involving the use of IOSSO are the most effective means of removing these deposits."
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
Raditipa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 87
Joined: Wed Aug 03, 2016 4:44 pm

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by Raditipa »

Nou weer n klompie bitter goeie info gekry. Dankie almal! Dink my 22-250 kry sommer die week nog die Iosso treatment.
.22 Ruger 10-22
223 NEF Handi
223 MSR15 Recon
22-250 Rem Winchester
260 Rem Savage LRP
7x64 Musgrave
300WSM Tikka T3
375 H&H Ruger no1
357 Marlin 1894
44 Marlin 1894
44 Ruger Red Hawk
45-70 Govt Ruger no1
9mm M&P Shield
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Looplewe van 284/6.5

Post by Capt. Yoda »

Hansieslim wrote:Capt

Dankie vir hierdie plasing. Dis heel moontlik deel van my probleem met my geweer en gaan beslis jou skoonmaak aanbeveling volg.

Net 'n paar vrae asb en ek verwys meestal na die foto van Ben:
- Is daar enige kans dat mens die rifling kan beskadig met die oversize koperborsel wat gespin word?
- Vorm die carbon ring waar die dop se nek eindig in die kamer en sal die ring dus breër wees as jou doppe te kort gesny is?
- Of vorm die carbon ring verder vorentoe? M.a.w. by die keel of rifling?

Verskoon die vrae as dit dom klink. Ek het nog nooit 'n loop/kamer se binnekant gesien nie en ek sien nie rifling nie en daarom is ek dalk effe confused. Help asb!

Daai foto daar bo het ek somer op die web geleen.
Jammer ek moes seker gese het ek gebruik Boretech se nylon borsels maar ek dink nie met n oversize koper borsel gaan jy enige iets seer maak in die keel nie, soos met alles vat dit net rustig of kry maar n nylon borsel.
Die ring form basies enige plek in die eerste 6" van jou loop, waar die carbon n plek kry om te klou begin hy maar gewoonlik begin hy daar in jou keel. Noem dit maar net voor die lands maar dis meer na die dop se kant tor as na die lands se kant toe as jy verstaan
Last edited by Capt. Yoda on Tue Jul 03, 2018 11:01 pm, edited 2 times in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply