Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post Reply
User avatar
Vergo10
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Mon Jul 14, 2014 3:20 pm

Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by Vergo10 »

Het weer lekker geswerf op die blad die week en ou posts gelees van manne met jag groepe waar van die ouens 'n +1 saambring asook die aantal kwesbokke en mis skote....nou sit en wonder ek, baie van die buddies in die groepe self het nog nie sy eie geweer nietemin sy +1. Hoe hanteer julle manne die saak, veral as die manne 20 patrone vat om in te skiet op die baan want "sjoe die geweer skiet lekker of sjoe die geweer klap so 'n bietjie" en dan nog sy wild ook skiet? EEENNNN dan praat ons nie eens van die skrape, stampe en stote wat jou geweer trotseer (want dis mos nie syne nie) en jy moet dan maar net smile want ons is mos manne wat goeie kameraadskap bevorder in die jag/skiet bedryf!!!

Laat jy dus die manne 'n fooitjie betaal of hoe? Ek weet op my eerste jag het ek 'n fooitjie betaal per geweer en per patroon.

Let Wel!!!! ons neem aan die manne is ten alle tye onder toesig van bevoegde eienaar van die geweer!
Howa .308 Std 22", Howa .243 Bull 24", CZ 455 Evo Varmint 20.5", 300WSM Mod70 Supergrade

I was trying to daydream, but my mind kept wandering!
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by ruaanb »

Ammunisie moet vervang word en herstel kostes is vir gebruiker se rekening indien nodig.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by joe rocket »

As hulle 1 Lapua dop weggooi moet hulle n 100 koop.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Antonie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Tue Aug 23, 2011 9:40 am

Re: Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by Antonie »

Net ek en my seun skiet met my geweer. Die res van die groep moet maar by iemand anders "leen", maar my geweer leen ek nie uit nie!

Want oeps jammer vat nie die krap merk op die kolf weg nie...
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by wlm »

Jy kan enige tyd my geweer leen. 303 met oop visiere en 174gr weermagpatrone.
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by Nella »

Daars een groep wat uit n klomp goeie vriende bestaan wat ek jaarliks uitvat.
Daars n pa en seun in daai groep wat elke jaar n geweer by my leen
Maar dis ook die selfde ouens wat jy 5 uur in die oggend kan bel waar jy langsaan die pad staan met n gebreekte voertuig en jy weet hy is oppad. .no questions asked.
Just smile and wave boys >:D
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by Messor »

Behalwe vir die feit dat ek nie saam met mense jag nie, is my gewere jag gewere, hulle is vol skrape en stampe van berge en klowe.

Ek ken mense vir wie ek niks sal leen nie, nog minder my geweer, en ek ken mense wat goed na alles kyk in die lewe, ander mense se goed ook. My vraag is hoe weet jy wie is wie in ‘n jaggroep?
Jy kry mense wat sê hulle jag nie met vreemde mense nie, maar hoe op aarde het hulle in die groep gekom, almal is vreemd in ‘n groep een of ander tyd van hul lewe, dis hoe mense werk. You don't talk about fight club verduidelik nie hoe fight club ontstaan het nie. So daar sal omtrent altyd ‘n groep wees waar daar ‘n nuweling saamjag vir die eerste keer.

Sal ek iemand geld vra vir koeels wat ek uiskiet vir die fun, of doppe wat ek ook verloor, glo nie.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by Pvdw »

Afhangende van omstandighede sal ek soms help en ander kere nie.

Boekhouer vriend van my kontak my so 3 jaar terug en vra of ek sy seun sal help om sy 1ste bok te jag. Hy het geld vir sy eie geweer en als maar hy wil darm eers kyk hoe sy seun dit ervaar. Paar keer op skietbaan gewees om die jong man geweer bewus te maak en gemaklik van die stokke af te kry. Sy pa het regtig moeite gedoen en alle kostes gedek. Daai seisoen skiet die jongman sy eerste 2 blesbokke met my geweer en almal, ek inkluis is all smiles.

Ander geleentheid kry jy man wat jaar na jaar besig is om geweer te koop maar elke jaar is daar 'n hickup hoekom hy nog nie sy eie roer het nie. Dis al te lekker om ander man se roer en ammo te gebruik sonder om 'n sent uit te haal of enige moeite te doen. So man moet maar verby hou want as ek en julle hier die moeiete kan doen en kostes aangaan om met my eie geweer te jag kan hy ook seker??

Laaste punt is dat daai leen jagter ten alle tye direk onder jou toesig moet jag. Gebeur daar iets en dit kom op die lappe dra jy net soveel skuld as hy dat hy met jou toestemming met geweer jag waarvoor hy nie lisensie het nie.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by Johan Nel »

Op ouderdom 35 gaan jag ek die eerste keer saam met vriende. Ek jag met 'n geleende geweer en ammunisie (daardie jare kon mens net 'n brief kry van die geweereienaar en dit dan leen). Die geweer was 'n .303 met militêre ammo. Ek het ses vlakvarke en een rooibok gejag. Regtig gejag. Ek was 'hooked'. Die volgende jaar het ek weer gaan jag, maar hierdie keer met my eie geweer.
Intussen het baie dinge verander. Die wet op vuurwapenbeheer is een van daardie dinge, so daar is sekere beperkinge op wanneer en onder watter omstandighede ander mense jou wapens mag gebruik en andersom. In daardie omstandighede het ander mense saam met my met my geweer gejag en ek met ander mense se gewere in ander omstandighede. Dalk was ek net gelukkig, maar dit was nooit 'n kwessie of die ander persoon my geweer gaan oppas en of ek hulle gewere sal oppas nie.
Feit is as daardie eerste man nie vir my sy geweer geleen het nie, sou ek waarskynlik nooit begin jag het nie. Ek kan hom maar net bedank daarvoor.
My gewere is ook maar net standaard werksgewere , nie fancy of erfstukke of vrekduur gewere wat my slapelose nagte besorg oor moontlike skades wat dit kan optel nie. Ek sal nie skietkompetisies wen nie, maar ek sal tref wat ek moet, 'n goeie groepering skiet, en ek sal bokke huis toe bring met wat ek het.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Vergo10
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Mon Jul 14, 2014 3:20 pm

Re: Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by Vergo10 »

Pvdw wrote:
Ander geleentheid kry jy man wat jaar na jaar besig is om geweer te koop maar elke jaar is daar 'n hickup hoekom hy nog nie sy eie roer het nie.
Presies, wil voorkom of ons paar van dieselfde manne ken. Sekere manne sukkel nou al meer as 5jaar ??? .
Johan Nel wrote:Die volgende jaar het ek weer gaan jag, maar hierdie keer met my eie geweer.
Nadat ek my eerste jaar moes fooitjie betaal het ek onmiddelik na die jag my geweer, messe, veld klere, en en en gaan koop. Ek was maar redelik onvoorbereid maar het goeie lesse geleer met daai eerste jag.
Howa .308 Std 22", Howa .243 Bull 24", CZ 455 Evo Varmint 20.5", 300WSM Mod70 Supergrade

I was trying to daydream, but my mind kept wandering!
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by Alwyn »

Op een van ons jagtogte het n man n patroon gehad wat vas gesit het in sy geweer.

Hy het toe by die plaas n geweer "gehuur" (gemagtige persoon het saam hom gestap) (Bruno 308 as ek reg onthou) dit het die man R700-00 n dag en R30-00 n patroon gekos (pmp bruin boksie......), hy het vir sy 2 inskiet rontes ook betaal. Vir eenige ander skade op die geweer sou hy ook moes betaal.

Soos hulle se "price the risk" n man wat daar is om tejag sal nie skroom om n bilike pryse tebetaal nie......
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by BSniperEM »

Ons jaggroep van 4 manne is daar n paar basiese reels:

1. Jy moet jou eie geweer besit.
2. Jy moet kan skiet.
3. Jy moet n Toyota ry (Een ou ry n Yaris maar dis nogsteeds n Toyota :laugh: :laugh: )

Bogenoemde geld vir n gas wat dalk genooi word om saam te jag.

Persoonlik sal ek my roer net vir een man leen. :):
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by Jake1 »

Nee! Eenvoudig, tensy jy jou strafregtelik wil blootstel
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by Diesel Dog »

BSniperEM wrote:Ons jaggroep van 4 manne is daar n paar basiese reels:

1. Jy moet jou eie geweer besit.
2. Jy moet kan skiet.
3. Jy moet n Toyota ry (Een ou ry n Yaris maar dis nogsteeds n Toyota :laugh: :laugh: )

Bogenoemde geld vir n gas wat dalk genooi word om saam te jag.

Persoonlik sal ek my roer net vir een man leen. :):
Reel 3 diskwalifiseer jou groep om by my te kom jag ,ek laat nie Toyota op my plaas toe nie hulle ry my paaie stukkend .

DD
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by BSniperEM »

Jake1 wrote:Nee! Eenvoudig, tensy jy jou strafregtelik wil blootstel
Presies. Al word n roer dalk geleen, moet n mens reg langs daai man wees tydens gebruik daarvan.
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by BSniperEM »

Diesel Dog wrote:
BSniperEM wrote:Ons jaggroep van 4 manne is daar n paar basiese reels:

1. Jy moet jou eie geweer besit.
2. Jy moet kan skiet.
3. Jy moet n Toyota ry (Een ou ry n Yaris maar dis nogsteeds n Toyota :laugh: :laugh: )

Bogenoemde geld vir n gas wat dalk genooi word om saam te jag.

Persoonlik sal ek my roer net vir een man leen. :):
Reel 3 diskwalifiseer jou groep om by my te kom jag ,ek laat nie Toyota op my plaas toe nie hulle ry my paaie stukkend .

DD
Ai dis nou n jammerte, wat moet ons koop? ++>: ++>:
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
User avatar
Joubert778
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Thu May 26, 2016 3:44 pm

Re: Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by Joubert778 »

Ek self is in so n groep manne.

Gelukkig by ons besef die ouens dat elkeen maar n ekstra geldjie moet bysit om die patrone te dek. En as jy met n ander man se geweer sou skiet word die leviete eers vir jou voorgelees, en as daar moontlik n krappie sou ontstaan of iets gebeur dan het die skuldige party nog elke keer die koste gedek.

Die beginsels rondom hoe jy n vuurwapen (veral iemand anders se wapen) hanteer is tog iets wat jy sou leer by jou Pa as n man so gelukkig is. En om eerlik te wees is nie almal se ouers so streng soos byvoorbeeld my pa nie. Ek het persoonlik op die harde manier geleer. Maar van my vriende moes ek die beginsels geleer het omdat hy deur my sy eerste ervaring met n jag geweer gehad het. En aangesien dit my wapen is het ek hulle baie mooi gevra om te help betaal aan die patrone.

Ek kan met trots se dat my jagmaats verantwoordelik optree en hulle gedra hulself. Ek self voel dat as iemand my vir die eerste keer ontmoet, dat hulle met enige iemand saam wie ek al gejag of gaan skiet het kan vra oor my goeie gedrag en hantering van ander se eiendom. Ek voel dat elke jagter moet kan trots wees oor hoe hy homself gedra en met hoeveel respek hy ander mense se roere hanteer en dit kan sien as n voorreg om n ander man se geweer te kan leen.

Net my opinie rondom die onderwerp
True nobility is not being superior to your fellow man, but rather being superior to your former self - Hemmingway

" There is no such thing as over-kill "

.308 win Tikka T3 Super Varmint
.243 Win Howa
.9 mm Para Browning Hi-Power
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by Flip Nel »

Ek sal net 'n geweer vir 'n goeie pel leen, my pelle verstaan as hy skade maak op my geweer dan maak hy dit reg. My ammo uitskiet binne perke gee ek nie om nie, skiet boksie uit en ek gaan my hand bak hou. Dink mens moet dit voor die tyd uitspel.
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Vir manne met jag groepe (of selfs plaas eienaars)

Post by naas222 »

my pa my geleer... jy leen nie in volgende volgorde jou goed uit nie
1.. Jou vrou
2. Jou geweer.
3.. Jou kar.
kry jou eie... ek moes vir myne werk en al 3 kos geld.. en dan veroorsaak dit nie vyandskap nie en ons kan pelle bly
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
Post Reply