Grondeekhorings

Post Reply
User avatar
Antondup
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Mon Oct 10, 2016 7:58 am

Grondeekhorings

Post by Antondup »

Is hier enige iemand wat kennis het rakende grondeekhorings? Wat kan mens gebruik om hulle uit hulle gate uit te lok of hoe maak
meeste manne met hulle?

Groete
Anton du Plessis

Tikka T3 .300WSM
Sig Sauer P320 9mm
Slazenger .22LR
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Grondeekhorings

Post by finch »

Ek het destyds altyd maar net wind af gaan le agter n klip en rustig gewag. Hulle is soos n vroumens baie nuuskierig so die wag was nooit onmenslik lank nie.

Jammer ek hi-jack gou:

Ek en n kollega het nou die dag baie lank gestry oor wanneer is iets n grondeekhoring, erdman, n stokstert meerkat en n waaierstert meerkat.

Die internet het ons nie gehelp nie en op die uiteinde het ons besluit dat die enigste ding waaroor ons saam stem is dat ons verskil van mekaar. Is daar iemand wat vir my duidelikheid kan gee? My leuke verstaan is waaierstert meerkat = grondeekhoring en stokstert meerkat = erdman.
User avatar
Antondup
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Mon Oct 10, 2016 7:58 am

Re: Grondeekhorings

Post by Antondup »

Dankie finch

Jy het nie dalk iets gebruik om hulle uit te lok wat hulle eet wat hulle dalk baie lief voor is nie? Ek weet nie rerig wat hulle van sal hou nie.

Die naam weet ek self nie, ek het maar die naam gebruik wat "Google" gegee het!
Anton du Plessis

Tikka T3 .300WSM
Sig Sauer P320 9mm
Slazenger .22LR
Yogi
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am

Re: Grondeekhorings

Post by Yogi »

Daar by ons gaan haal hulle die mielies uit die stoor uit, kan dit dalk probeer.
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Grondeekhorings

Post by Stefan Fourie »

Gebruik rattax of soortgelyke muis-/rotgif. Gooi dit net naby hulle gate.
Last edited by Stefan Fourie on Mon Jan 22, 2018 10:33 am, edited 1 time in total.
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Grondeekhorings

Post by Stefan Fourie »

finch wrote:Ek het destyds altyd maar net wind af gaan le agter n klip en rustig gewag. Hulle is soos n vroumens baie nuuskierig so die wag was nooit onmenslik lank nie.

Jammer ek hi-jack gou:

Ek en n kollega het nou die dag baie lank gestry oor wanneer is iets n grondeekhoring, erdman, n stokstert meerkat en n waaierstert meerkat.

Die internet het ons nie gehelp nie en op die uiteinde het ons besluit dat die enigste ding waaroor ons saam stem is dat ons verskil van mekaar. Is daar iemand wat vir my duidelikheid kan gee? My leuke verstaan is waaierstert meerkat = grondeekhoring en stokstert meerkat = erdman.
Ons noem 'n waaierstert of grondeekhoring 'n erdman. Stokstert meerkat is stoksterk. Tydjie gelede se vraag oor wanneer wat 'n "mongoose" is, al daai goed noem ons witkwas muishund, geel muishond of rooi muishond.
User avatar
Dawid S
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sat Nov 21, 2015 4:44 pm

Re: Grondeekhorings

Post by Dawid S »

https://en.wikipedia.org/wiki/African_ground_squirrel
Is dieselfde as: https://af.wikipedia.org/wiki/Waaierstertmeerkat

'n Planteter want graan gewsse se saad uit grawe.

https://en.wikipedia.org/wiki/Meerkat
'n Vleis eter wat goggas vang.
User avatar
JacoJ
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm

Re: Grondeekhorings

Post by JacoJ »

Naand mense

Ek sien nou die draad raak en dis iets wat ek ook al oor gedink het...

Ek het opgemerk dat as jy n waaierstert n swak skoot skiet dan skree die ding verwoed. Nou as dit naby die gat is dan peul die res gewoonlik uit en byt daardie gewonde een of kom stel ondersoek in.

Ek kon nog nie gelukkig genoeg wees om die klank opgeneem te kon kry nie, maar dink dit sal dalk werk as mens die betrokke skree klank kan opneem en dan naby die gate speel.

Enige iemand anders dit al opgemerk?

Groete
Jaco

Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde

.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Grondeekhorings

Post by Jake1 »

Hoekom skiet julle die goed? Is dit 'n plaag?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
JacoJ
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm

Re: Grondeekhorings

Post by JacoJ »

Jake die goed rig erg verswoesting in die mielie lande aan. So ja dit is beslis n plaag in die mielie produseerende streke.

Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde

.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 716
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm

Re: Grondeekhorings

Post by SakoTrippel2 »

Korrek ja... Hulle grawe pitte uit die grond waar daar geplant is.

Ek Skiet nogal redelik van hulle om die lande met die 222tjie en ekt al daai skree geluide ook gehoor en dit trek verseker aandag.

Daar het selfs eenkeer 'n Rooimeerkat (soos ons hom noem ) 'n stuk van een se agterlyf kom optel en 'n lyn gesny na sy gat toe met sy take-away. Ek was baie verbaas om dit te sien en het getuies.

Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
User avatar
JacoJ
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm

Re: Grondeekhorings

Post by JacoJ »

SakoTrippel2 wrote:Korrek ja... Hulle grawe pitte uit die grond waar daar geplant is.

Ek Skiet nogal redelik van hulle om die lande met die 222tjie en ekt al daai skree geluide ook gehoor en dit trek verseker aandag.

Daar het selfs eenkeer 'n Rooimeerkat (soos ons hom noem ) 'n stuk van een se agterlyf kom optel en 'n lyn gesny na sy gat toe met sy take-away. Ek was baie verbaas om dit te sien en het getuies.

Groete
Frans
Eks bly daar is darm nog een wat al gesien het van die skree geluide. Ek gaan bietjie die stroop seisoen n punt probeer maak om klanke van hulle opgeneem te kry. Sal sommer hier terugvoering gee as ek gevorder kry.

Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde

.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3073
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Grondeekhorings

Post by Apie »

SakoTrippel2 wrote:Korrek ja... Hulle grawe pitte uit die grond waar daar geplant is.

Ek Skiet nogal redelik van hulle om die lande met die 222tjie en ekt al daai skree geluide ook gehoor en dit trek verseker aandag.

Daar het selfs eenkeer 'n Rooimeerkat (soos ons hom noem ) 'n stuk van een se agterlyf kom optel en 'n lyn gesny na sy gat toe met sy take-away. Ek was baie verbaas om dit te sien en het getuies.

Groete
Frans
Onthou 'n witkwasmuishond alias rooimeerkat is meer n roofdier en eet vleis, insekte en eiers.
Stokstert is ook meer op die insekte en dan jou waaierstert(grondeekhoring) is liewer vir graan en sade

Sent from my iPhone using Tapatalk
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Grondeekhorings

Post by BenJacobs »

Oom, ons wat ons altyd gedoen het (nou nog met nagmuise), is om 'n pyp oor 'n motorfiets se uitlaat pyp te dit en dan die pyp in 'n gat sit en styf toe maak met grond. Ref die fiets so biertjie en gooi dan al die ander gate toe. Los een oop waar by mens met 'n haelgeweer of iets staan. Die motorfiets kan maar net heeltyd staan en idle.
Groete Ben
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Grondeekhorings

Post by Philip J »

JacoJ wrote:Naand mense

Ek sien nou die draad raak en dis iets wat ek ook al oor gedink het...

Ek het opgemerk dat as jy n waaierstert n swak skoot skiet dan skree die ding verwoed. Nou as dit naby die gat is dan peul die res gewoonlik uit en byt daardie gewonde een of kom stel ondersoek in.

Ek kon nog nie gelukkig genoeg wees om die klank opgeneem te kon kry nie, maar dink dit sal dalk werk as mens die betrokke skree klank kan opneem en dan naby die gate speel.

Enige iemand anders dit al opgemerk?

Groete
Jaco

Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Stuur vir my n whatsapp na nul83 sewe04 twee961 dan stuur ek hom vir jou of as iemand weet hoe om n geluid hier te plaas, stuur my n whatsapp dan stuur ek dit aan.
Groetnis
Philip
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Grondeekhorings

Post by Joe13 »

Ja hulle maak lelik met die mielie sade, ons skiet hulle ook maar teel kwaai aan. Die waar ek skiet deel gate met mongoose, vreemd.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Grondeekhorings

Post by naas222 »

philip jy n pm
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Grondeekhorings

Post by naas222 »

k gaan in my klere dinges.. het nou die file in mp3 kry hom nie gelaai nie.. iemand help
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
Post Reply