Haelgeweer se loop sny
- naas222
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
Haelgeweer se loop sny
Goeie dag manne
Wil graag weet... As ek my pompaksie se loop kort afsny en n pistool greep agterop sit...(waar kan ek een kry) .. moet ek die mense laat weet.. of gaat ek moeiliheid kry.. Wil hom korter maak vir binne in huis.
Dankie

222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
-
bobby
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Fri Jan 29, 2010 6:28 pm
Re: Haelgeweer se loop sny
for in the house defence weapon buy a handgun and keep it on you .
putting a pistol grip on a pump shotgun is cool for movies but makes it less practicle as a weapon .
putting a pistol grip on a pump shotgun is cool for movies but makes it less practicle as a weapon .
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Haelgeweer se loop sny
Jy mag glad nie aan die loop sny nie. Net 'n wapensmid mag, en net om 'n choke draad te sny of 'n draad vir 'n knaldemper op te sit of soortgelyk. Om 'n loop korter te maak word eksplisiet verbied in die wet. Maar jy kan met die kolf maak net wat jy wil. Jy sal wel vind dat 'n baie kort kolf beter gaan werk as 'n pistoolgreep op sy eie.
As jy hom in die huis wil gebruik gaan jy BAIE moet oefen. Dinge soos om vinnig om te draai in 'n nou gang of deur en om vinning om 'n hoekie te beweeg is nogal moeilik.
As jy hom in die huis wil gebruik gaan jy BAIE moet oefen. Dinge soos om vinnig om te draai in 'n nou gang of deur en om vinning om 'n hoekie te beweeg is nogal moeilik.
Of so iets
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Haelgeweer se loop sny
Jou wapensmid sal jou kan help met die loop korter maak proses. Daar is papierwerk aan verbonde.
Ek sou jou sterk afraai om 'n pistoolgreep op 'n haelgeweer te sit. Probeer dit gerus as jy my nie glo nie, dan sal jy self sien. Dieselfde geld vir die meeste voubare kolwe. Dis gelukkig maklik om die normale kolf weer terug te skroef.
Ek glo 'n pompaksie met kort loop, afgesny naby die magasyn se voorkant, met 'n gewone kolf, is uiters handig in beperkte spasies soos in 'n huis. Die korter loop verander nie veel aan die ballistiese verrigting nie. Gaan leer hoe om so 'n wapen behoorlik te gebruik en oefen gereeld. Baie belangrik is om hom vol ammunisie te hou. Daai korter weergawes vat gewoonlik nie meer a 5 patrone nie.
Die haelgeweer sal altyd 'n sekondêre selfverdedigingswapen wees, want jy gaan hom beslis nie elke sekonde van elke dag by jou hê nie. Daarvoor dra jy 'n goeie handwapen. Dan gebruik jy die handwapen totdat jy by die haelgeweer kan uitkom.

- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3626
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Haelgeweer se loop sny
Ek het ‘n nuwe Norinco 12Br met pistool greep vir jou.
PM as jy belangstel
PM as jy belangstel
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- EtienneA
- Sr. Member

- Posts: 350
- Joined: Wed Sep 03, 2014 7:31 am
Re: Haelgeweer se loop sny
Ek het vir my Winchester 'n opvou kolf op gesit. Werk baie lekker in die huis.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- naas222
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
Re: Haelgeweer se loop sny
Kerels dankie vir die terugvoer..
dankie vir norinco aanbod... as jy hom verniet wegee jaaaaa dankie
het nie handwapen maar vrou wel.. so die haelgeweer sal dan myne in huis wees.
dis seker maar n persoonlike voorkeur met pistoolgreep of opvou kolf...
sal eers maar n paar moet toets om te sien wat werk en wat nie.
dankie nogmaals
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
dankie vir norinco aanbod... as jy hom verniet wegee jaaaaa dankie
het nie handwapen maar vrou wel.. so die haelgeweer sal dan myne in huis wees.
dis seker maar n persoonlike voorkeur met pistoolgreep of opvou kolf...
sal eers maar n paar moet toets om te sien wat werk en wat nie.
dankie nogmaals
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Haelgeweer se loop sny
Dit lyk soos 'n ATI kolf?EtienneA wrote:Ek het vir my Winchester 'n opvou kolf op gesit. Werk baie lekker in die huis.
Van al die voubare kolwe op haelgewere wat ek al teëgekom het, is hierdie die enigste ene wat ek mee kan skiet sonder om iewers pyn te ervaar. Dit is ook lekker verstelbaar om skuts van verskillende liggaamsboue te akkomodeer.
Die doel van 'n voukolf is om die wapen in beperkte spasies te kan stoor en vervoer. Sommiges kan wel so gevuur word, maar dit dien geen doel nie. Dit lyk wel "cool" in lae-begroting flieks.
- Dawid S
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Sat Nov 21, 2015 4:44 pm
Re: Haelgeweer se loop sny
Pistool greep op 'n haelgeweer is nie 'n goeie idee nie. Die beste is om met een te skiet en jy sal daarvan genees wees.
- naas222
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
Re: Haelgeweer se loop sny
Kerels...
lyk my niemand hou van pistoolgreep nie
waarom... wat is nadeel hier?
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
lyk my niemand hou van pistoolgreep nie
waarom... wat is nadeel hier?
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Haelgeweer se loop sny
'n Haelgeweer se terugslag gaan maak dat dit jou hand pakslae gee en ook dat die loop hoog gaan wip. Opvolgskote neem dus langer om te skiet. Beheer oor die geweer is dit wat die manne aanspreek.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- naas222
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
Re: Haelgeweer se loop sny
dankie
seker omdat ek nog nie met een geskiet het nie..
ek nou heel van pistool greep af...
so haelgeweer bly soos hy is.. vir voëls en sekonder beskerming in huis..
nou moet ek seker n handwapen gaat loop koop...
eks bang om raad te vra...
het op vorige posts gesien die manne raak erg tegnies..
my siening
as daar lood in die lug is is daar hoop
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
seker omdat ek nog nie met een geskiet het nie..
ek nou heel van pistool greep af...
so haelgeweer bly soos hy is.. vir voëls en sekonder beskerming in huis..
nou moet ek seker n handwapen gaat loop koop...
eks bang om raad te vra...
het op vorige posts gesien die manne raak erg tegnies..
my siening
as daar lood in die lug is is daar hoop
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
-
zipp
- Full Member

- Posts: 117
- Joined: Tue May 14, 2013 9:03 pm
Re: Haelgeweer se loop sny
Manne
Die skakel is vir n reeks van 5 videos (+-10 min elk) oor die gebruik van n haelgeweer as n offensiewe/ defensiewe wapen en hoe dit verskil van n voel skiet Haelgeweer. Alhoewel dit n paar jaar oud is, dek dit die onderwerp beter as enige iets wat ek al teegekom het.
https://www.youtube.com/watch?v=pbJj6GU ... nf&index=1
Die skakel is vir n reeks van 5 videos (+-10 min elk) oor die gebruik van n haelgeweer as n offensiewe/ defensiewe wapen en hoe dit verskil van n voel skiet Haelgeweer. Alhoewel dit n paar jaar oud is, dek dit die onderwerp beter as enige iets wat ek al teegekom het.
https://www.youtube.com/watch?v=pbJj6GU ... nf&index=1
- naas222
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
Re: Haelgeweer se loop sny
Dankie...
Nou weer lekker deurmekaar...
moet of moet nie pistoolgreep opsit?
ek voel in n gevaarlike situasie in jou huis gaat jy dalk/miskien 5 skote skiet..vinnig op mekaar
daarna so een een soos die ding ontwikkel
so my haelgeweer vat net 5
in elkgeval sit ek nou sonder ammo.. moet weer laai...
waar n pistool darm 10 vat...
nee lyk my pistool eerste
dan haelgeweer..
as n man die probleem nie met 15 skotte kan uitsort nie is jy in jou moer...
handwapen se voordeel is klein magesyn by jou.. haelgeweer n moerse ou beld..
toe ek die post begin het het ek nie dit mooi deurdink nie..
maar gelukkig met die forum lede se bydrae het die gesprek ontwikkel en my kop aan dink gesit..
2 of meer breine is beter as een.. dan kry jy verskillende opienies en redeneer...
en die ant is...
Handwapen
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Nou weer lekker deurmekaar...
moet of moet nie pistoolgreep opsit?
ek voel in n gevaarlike situasie in jou huis gaat jy dalk/miskien 5 skote skiet..vinnig op mekaar
daarna so een een soos die ding ontwikkel
so my haelgeweer vat net 5
in elkgeval sit ek nou sonder ammo.. moet weer laai...
waar n pistool darm 10 vat...
nee lyk my pistool eerste
dan haelgeweer..
as n man die probleem nie met 15 skotte kan uitsort nie is jy in jou moer...
handwapen se voordeel is klein magesyn by jou.. haelgeweer n moerse ou beld..
toe ek die post begin het het ek nie dit mooi deurdink nie..
maar gelukkig met die forum lede se bydrae het die gesprek ontwikkel en my kop aan dink gesit..
2 of meer breine is beter as een.. dan kry jy verskillende opienies en redeneer...
en die ant is...
Handwapen
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Haelgeweer se loop sny
Die kolf met die pistoolgreep is baie lekker om mee te skiet. Die pistoolgreep op sy eie maak dat jy baie ongemaklik en baie stadig gaan skiet want die geweer is baie onstabiel. Ek sou eerder 'n verstelbare kolf met 'n pistoolgreep aanbeveel en hom op sy kortste verstelling sit as jy lekker kompak wil werk met hom.naas222 wrote:Kerels...
lyk my niemand hou van pistoolgreep nie
waarom... wat is nadeel hier?
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Of so iets
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Haelgeweer se loop sny
Goed opgesom!naas222 wrote:Dankie...
Nou weer lekker deurmekaar...
moet of moet nie pistoolgreep opsit?
ek voel in n gevaarlike situasie in jou huis gaat jy dalk/miskien 5 skote skiet..vinnig op mekaar
daarna so een een soos die ding ontwikkel
so my haelgeweer vat net 5
in elkgeval sit ek nou sonder ammo.. moet weer laai...
waar n pistool darm 10 vat...
nee lyk my pistool eerste
dan haelgeweer..
as n man die probleem nie met 15 skotte kan uitsort nie is jy in jou moer...
handwapen se voordeel is klein magesyn by jou.. haelgeweer n moerse ou beld..
toe ek die post begin het het ek nie dit mooi deurdink nie..
maar gelukkig met die forum lede se bydrae het die gesprek ontwikkel en my kop aan dink gesit..
2 of meer breine is beter as een.. dan kry jy verskillende opienies en redeneer...
en die ant is...
Handwapen
Ons sien baie keer dat iemand vrae vra, maar nie wil luister na die antwoorde nie. Hier het jy ander antwoorde gekry as wat jy verwag het, maar wel geluister. Dit tel baie punte in jou guns.
As ons na die statistiek kyk van aanvalle op plase en ook in stedelike huise, vind ons dat die aanvallers laaankal nie meer alleen kom nie. Verwag 4 of meer. Deesdae is 12 aanvallers nie meer 'n uitsondering nie. Voeg daarby die feit dat hulle vol drank, dagga en muti is wat hulle glo hulle "bullet proof" maak. Hulle skrik nie meer en hardloop na die eerste skoot nie. Dan is hulle nog bewapen met moderne wapens, meestal pistole en outomatiese gewere. Hulle optrede dui ook daarop dat hulle opgelei is.
Dit alles maak dat jy waarskynlik nie met 5 skote gaan regkom nie. Selfs al skiet jy al 5 raak, wat uiters onwaarskynlik is op bewegende teikens wat na jou skiet, gaan dit dalk nie genoeg wees nie.
Die gewone tegniek met 'n haelgeweer met buis-magasyn, is om 2 te skiet en 2 te laai. Die res sit net daar vir 'n groter noodgeval. Jy vul dus die magasyn voordurend aan uit jou ammu belt of soortgelyke hulpmiddel.
'n Bedrewe skut kan 5 skote in 2,5 sekondes akkuraat op die teiken plaas met 'n pompaksie. Meer gemiddelde skuts doen dit in 5 sekondes. Probeer dit 'n bietjie met 'n pompaksie met pistoolgreep (sonder kolf).
Die meeste van ons sal baat by 'n goeie kursus in die defensiewe gebruik van 'n haelgeweer. Daar is 'n paar instrukteurs wat sulke kursusse aanbied. Dis gewoonlik 'n groot "eye opener".
'n Haelgeweer is 'n uitstekende defensiewe wapen, mits jy hom by jou het en weet hoe om hom effektief te gebruik. Sonder die 2 voorwaardes is hy eintlik net 'n las.
Jou eerste preoriteit in defensiewe wapens is steeds die ene wat jy 24/7 versteek by jou gaan hê. As die papaja die waaier tref, gaan jy nie genoeg tyd hê om die haelpomp in die kluis te gaan haal nie. (Wag net gou 5 minute kerels, ek's nou-nou terug dan vat ons die saak verder.
- naas222
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
Re: Haelgeweer se loop sny
dankie almal..
punt bly staan
OEFEN met ALS in jou kluis
punt bly staan
OEFEN met ALS in jou kluis
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Haelgeweer se loop sny
Man, eintlik se ons almal maar net wat die ouens op Gunsite vir ons se. En hulle se so omdat die ander ouens daar so se. Gelukkig is wat hulle se goeie raad. Anders het ons almal 'n probleem gehad.
Of so iets
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Haelgeweer se loop sny
Miskien antwoord die nie jou vraag nie maar ek deel tog my setup. Handwapen met genoeg magasyne. Versteekte spaar magsyne op strategiese plekke in jou huis.
Haelgeweer in die kamer waar jy en jou gesin terug val na toe en uithou tot hulp opdaag. Met die setup kan 'n vol grootte haelgeweer handig wees en hoef jy met die geweer "house clearance" te doen nie.
O ja en dra die handwapen altyd by jou. Selfs as jy braai.

Maak 'n verskil
- naas222
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
Re: Haelgeweer se loop sny
Ratel....
self as jy braai.. jip.. hoor te veel van sulke gevalle..
gelukkig het ek nie n bediende nie ons maak maar self skoon so ek kan magesyne in huis versteek...
ja kluis in kamer met slamlock in gang met slamlock diefweering.. so kan by kamer uit
ekt gedink vir dra n tipe 9mm compact...
sal nou maar eers compentency moet gaan doen.. en daai sien ek nie uit na nie
dan begin shop...
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
self as jy braai.. jip.. hoor te veel van sulke gevalle..
gelukkig het ek nie n bediende nie ons maak maar self skoon so ek kan magesyne in huis versteek...
ja kluis in kamer met slamlock in gang met slamlock diefweering.. so kan by kamer uit
ekt gedink vir dra n tipe 9mm compact...
sal nou maar eers compentency moet gaan doen.. en daai sien ek nie uit na nie
dan begin shop...
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
- Boerboel
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Mon Apr 20, 2015 7:51 pm
Re: Haelgeweer se loop sny
Ek skiet gereeld DMG of 3 gun soos sommige se, en was op 'n "defensive" haelgeweer kurses.
Die laaste gun wat ek sal vat om mee te skiet is my haelgeweer, 1ste my pistool, want hy is altyd daar, dan volgende my AR, dan my haelgeweer, as daar tyd is natuurlik my AR. Jy kan van 1m tot 200m akkuraat wees met dit.
Baie mense dink dis onmoontlik om met 'n haelgeweer te mis, tot jy op die skiet baan kom en poppers en sulke goed op 10m skiet, nadat die timer gegaan het.
Ek het 'n pomp aksie en 'n semi out, my semi het 'n full stock met pistol grip en my pomp gewone kolf, my semi skiet die lekkerste, maar sou graag 'n gewone kolf wou op gehad het. Ek weet nie hoekom nie maar die gewone kolf voel vir my beter.
Ek het al met haelgeweer geskiet wat net 'n pistol grip op gehad het, geen kolf en dis baie ongemaklik en mens kan glad nie mik nie,
Jou grootste probleem met die haelgeweer is, hy raak baie vinnig leeg en dan moet jy weer laai, en dit is waar die probleem inkom, by die kompetiesies wen die ouens wat die vinnigste kan laai.
In 'n self verdediging situasie, doen jy twee dinge met haelgeweer, skiet en laai, soos ons instruktor gese het, as jy nie skiet nie, reload jy. gebruik daai haelgeweer soos hy is, maar kry beslis vir jou 'n pistool.
Dan gaan skietbaan toe met jou haelgeweer en skiet wat ook al jou "self verdedigings ammo is" op 'n teiken, eintlik paar teikens, begin op 5m, dan 10m 15m, 20m en so aan. Sien dan hoe "pattern" jou geweer. Dit sal jou help om te sien tot op watter distansie is jou haelgeweer effektief, maar ook as jou vrou of iemand naby die skelm staan tot waar jy kan skiet om nie jou vrou ook raak te skiet.
As jy kan, kyk wanneer Terrick Naude of Big T soos hy bekend is op Gunsite en gaan doen sy tacticle shotgun kurses, ander mense waar na jy kan kyk is Adriaan Rosslee in Pretoria, by magnum skietbaan.
Oja as jy competency gaan doen, doen maar vir al die gewere

IF GUNS WERE OUTLAWED ONLY OUTLAWS WILL HAVE GUNS
Mauser 22LR
Musgrave 7x57
Howa 6.5 PRC
Zastava 375HH
Jacques van der Merwe
Mauser 22LR
Musgrave 7x57
Howa 6.5 PRC
Zastava 375HH
Jacques van der Merwe
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Haelgeweer se loop sny
Noudat die vraag beantwoord is, kan ons seker maar lostrek?
Massad Ayoob seg jy gebruik 'n haelgeweer soos artillerie: vanaf 'n vaste posisie soos in jou kamer agter die bed. Die pistool is vir rondbeweeg. MAAAR dan ook bygese, mens loop nie rond en soek vir moeilikheid nie, want dis hoe jy in 'n lokval inloop. Wag dat hulle na jou toe kom as dit moontlik is. Die ding verander natuurlik as hulle by jou kinders of gaste uitkom en jy moet gaan help.
'n Haelgeweer mis ook, maar enige ding met 'n kolf gaan makliker raakskiet want jou voorste visier gaan nie soos 'n feetjie ronddans nie. Die anderkant van die saak is natuurlik dat 'n lang geweer moeiliker is om vinnig mee rond te beweeg sonder 'n helse klomp oefening.
En maak vrede daarmee dat jou ore in die slag gaan bly as jy binnenshuis skiet.

Hambre ek voel ook my vraag is beantwoord
dankie aan almal..
ek dink as skoote in huis klap gaan jy dit nie hoor nie... eers daarna want jou adrenelien dink ek skakel als uit.
ekt gistraand bitji in huis beweeg met pompaksie en gesien dit kan gedoen word..
jy praat van agter n bed..
sou jy bed los op voete... meer spons om patroon te keer ... nou moet jy van kniee half lê terug skiet..of hom laat opstaan.. dat jy kan staan... minders stopping power.. as jy verstaan
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
dankie aan almal..
ek dink as skoote in huis klap gaan jy dit nie hoor nie... eers daarna want jou adrenelien dink ek skakel als uit.
ekt gistraand bitji in huis beweeg met pompaksie en gesien dit kan gedoen word..
jy praat van agter n bed..
sou jy bed los op voete... meer spons om patroon te keer ... nou moet jy van kniee half lê terug skiet..of hom laat opstaan.. dat jy kan staan... minders stopping power.. as jy verstaan
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Haelgeweer se loop sny
'n Bed gaan jou glad nie beskerm teen 'n koeel nie. Maar hopelik sien jy hulle voor hulle jou sien. Dis maar net 'n voorbeeld. Ons het 'n en-suite badkamer, so my plan sou wees om agter die muur te loop staan of iets. Jy sal maar self moet uitpluis wat vir jou die beste gaan werk. Ek is nie slim genoeg daarvoor nie.
Of so iets
- naas222
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
Re: Haelgeweer se loop sny
ek hier n ou matras gaat hom bitji looi met 222 ....12boor...en 3006... horisontaal vertikaal....op 5m... en dan n press wood bord agter hom sit en kyk ... sal fotos opsit die naweek
weet hy gaat hom nie stop nie...
maar iets is beter as niks
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
weet hy gaat hom nie stop nie...
maar iets is beter as niks
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie