Pa en seun jag

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
grumpy

Re: Pa en seun jag

Post by grumpy »

Spekieries,

Jong, daai kinders het net so klein ekstra plekkie in jou hart. Ek behandel hom net soos enige ander kind. My seun het geleer toe hy nog klein was om die spottery te hanteer. Hy het dit tot sy voordeel gebruik. Hy het vir die kinders gese hulle kan nie met hulle oe doen wat hy doen nie. Hy kyk een kant toe en dan het die ogie stil gestaan terwyl die ander een gedraai het. Die kinders het dit probeer maar kon dit nie reg kry nie. Hy was almal se hero!

Nou dat hy tiener is het dit hom bietjie gepla want dit het party meisies af gesit. Ek het met hom gesit en met hom gepraat. Ek het hom vertel dat God hom baie spesiaal gemaak het. As die meisie hom nie aanvaar soos hy is nie dan verdien sy hom nie. God het hom gemaak en is baie spesiaal want "God dont make rubbish or secondhand stuff"! Hy het dit so aanvaar en die meisie vriende wat hy het behandel hy soos n dame en hulle het die grootste respek vir hom.

Se vir jou seun ek se, God het hom so gemaak want hy is BAIE SPECIAL VIR GOD en GOD wil he hy moet uitstaan!!!

Al ons kinders is spesiaal maar dit laat hom nie n kompleks ontwikkel nie.

Hopenlik kan ons bymekaar kom dan sal hy sien hy is nie die enigste kind wat dit het nie en ook sien daar is baie wat hy kan doen.

Groete en sterkte met die groot seun
Johann
Grumpy!!!!
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Pa en seun jag

Post by spekieries »

Dankie Grumps

Sal die wyse raad onthou. Mooi bly.
grumpy

Re: Pa en seun jag

Post by grumpy »

Hopenlik word dit bietjie warm. Die weer is maar koud vir n trek!

Ek dink ek moet vir my n ordentlike skaal kry om die kruit mee reg te meet. Ek wil nie probleme he as ek gaan skiet nie. Aai, nog so baie goed wat ek moet kry. Die ouens in die winkel bullsh-t jou so. Ek vra hulle of dit alles is wat ek gaan nodig he om vir my geweer te laai toe vertel hulle my dis al wat ek nodig het behalwe die dies wat ek reeds gehad het.

Maak mens sommer skoon moerig! Ek sal daar kom, dit gaan net tyd neem.
Post Reply