Ek het die naweek kans gehad om die punt te toets op so 5 sprinbokke en 'n vark. Ek het op die punt besluit aangesien die Matchkings uit my 223 so mooi skiet. Sierra reken die 140 gameking is 'n taaier bielie as sy 130 en 150 maatjies. Trompsnelheid is 'n besadigte 2700fps. Seker omdat ek heimlik 'n 308 aanhanger is... Groepeering is bitter goed en maklik gekry gedurende lading ontwikkeling. Al 5 die springbokke was kopskote en almal het geval maar ek moes 'n paar keel afsny om die hart te stop. Hierdie het ek bitter weining met 130 en 140 hornady sst beleef. Die vark het ek op so 220m net agter die blad in geskiet en anderkant uit die blad getref. Skade het aangedui die patroon is in een stuk daar uit. Op varke het die sst oor die algemeen meer skade aan die vleis gemaak as wat ek met die gameking gekry het. Ek het al 'n paar maal op kort afstand onder 50m varke met sst geskiet waar daar geen of meer as een uitgangs wond is wat aandui daar is fragmentasie. Daardie varke het almal in hul spore neergeslaan waar die sgk se vark seker so 30m gehardloop het en 'n goeie bloedspoor gegooi het. Ek het weereens gesien dat jy die regte punt vir die taak moet kies. Die gameking is beslis baie harder as die sst en dit maak hom my eerste keuse vir grootwild jag maar die sst se erge fragmentasie maak hom 'n beter punt vir kop en daardie bangflop skote.
Die springbok op die foto het 27kg uitgeslag. 'n Nuwe personal best.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170514/3a4c94b6994cb42b3557f6afd65a8fb5.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20170514/71c3b523991f4f584474c1ac083044d0.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20170514/a186483b4ebf1cdd185333304f1b6ff2.jpg
270 Sierra gameking 140 hpbt toetslopie
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
270 Sierra gameking 140 hpbt toetslopie
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 270 Sierra gameking 140 hpbt toetslopie
Nice, mooi springbok, baie intresant dankie vir die deel
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 270 Sierra gameking 140 hpbt toetslopie
netjies!
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: 270 Sierra gameking 140 hpbt toetslopie
Ek skiet dieselfde punt al baie jare met my 270, sal nie sommer iets ander skiet nie. Het ook beleef dat hy baie minder vleisskade as ander punte gee as ons paar manne saam jag, en sy penetrasie vermoë is baie goed. Het al 'n paar keer deur gemsbokke en jong kudu bul geskiet, redelike afstand agter die blad al het ek party keer een van die blaaie ook gevang. My spoed is ook ±2,700fps, die geweer is SAKO 75. Hy wil nie op 'n vinniger spoed groepeer nie, volgens my gaan el elk geval niks wen deur vinniger te skiet nie. Op die spoed wat hy nou skiet is hy bitterlik akkuraat, van my word net vereis om die afstand reg te skat en die punt se val reg uit te werk. Zero op 220m en skiet 4" hoog op 100m.
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: 270 Sierra gameking 140 hpbt toetslopie
Net my persoonlike opinie, die feit dat jy van die kopskoot bokke moes keelaf sny is niks negatiefs nie. Daai bok sal nie opstaan nie, die punt sal nie opbreek en moontlik ander bokke kwes nie en jou bok sal baie skoon uitbloei.
-
krobar
- Newbie

- Posts: 27
- Joined: Thu Feb 06, 2014 3:56 pm
Re: 270 Sierra gameking 140 hpbt toetslopie
Waar kry jy die matchkings in 140gr? Ek was al by baie shops en lykmy niemand in GP hou dit meer aan nie, net die 115gr.
Weihrauch HW100 T & S, altwee 4.5mm
Air Arms S500 5.5mm
Sako Vixen .222 Rem
Browning X-Bolt .270 Win
Tikka T3 .30-06 Spr
Sauer 200 .30-06 Spr
Sabatti CTS 12ga
Perazzi Grand Italia 12ga
He that dies with the most toys, wins...
Air Arms S500 5.5mm
Sako Vixen .222 Rem
Browning X-Bolt .270 Win
Tikka T3 .30-06 Spr
Sauer 200 .30-06 Spr
Sabatti CTS 12ga
Perazzi Grand Italia 12ga
He that dies with the most toys, wins...
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: 270 Sierra gameking 140 hpbt toetslopie
krobar, Sierra se gameking is 140gr, die matchking is 135gr. Ek was nie gelukkig met die matchkings nie, was volgens my nie noemenswaardig akkurater nie en het soms snaakse goed gedoen met lyfskote. Groot rigting veranderinge of heeltemal opbreek voor hy behoorlik penetreer het.
- Jo Toast
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Fri Feb 16, 2018 9:09 pm
Re: 270 Sierra gameking 140 hpbt toetslopie
Ek gebruik die Gameking 130gr. Dink julle daar is noemenswaardige verskil?
Het al 150gr Hornady Interlocks probeer. Die Gameking is baie meer akkuraat.
Het al 150gr Hornady Interlocks probeer. Die Gameking is baie meer akkuraat.
BSA .270 Win
Tikka T3 Varmint .308 Win
Bergara B14R .22lr
Glock 19
Tikka T3 Varmint .308 Win
Bergara B14R .22lr
Glock 19
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: 270 Sierra gameking 140 hpbt toetslopie
ook baie gelukkig mat die 140 gr SGK's, maar ek skiet die Spitzer Boat Tail. Met my ou Husqi gooi ek hulle lekker teen 2885 fps sub MOA
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan