Agter-die-blad skoot

Post Reply
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Agter-die-blad skoot

Post by Chevvy SS »

Warthog-hunting-shot-placement (4).jpg
]Kudu-hunting-shot-placement (2).jpg
gemsbok-diagram.jpg
Ek het geleer jag met die sogenaamde "agter-die-blad skoot'.

Indien ek egter na aanbevole skote op verskillende bokke kyk, blyk dit dat die skoot beslis vorentoe skuif waar dit omtrent regoor die voorbeen is is, m.a.w. so +- 12-15cm meer na vore. Ek is egter nie gemaklik met die skoot reg bokant die voorbeen nie (verkeerd geleer?), aangesien ek nie seker is of ek die bladbeen gaan tref as die bok plankdwars staan nie.

Julle opinie?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Parker
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am

Re: Agter-die-blad skoot

Post by Parker »

In die sogenaamde vital triangle is 100% reg.
Stoot lood!
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Agter-die-blad skoot

Post by dehacked »

Ek dink ons is maar so geleer juis om die groot bene te mis maar steeds vitals te tref met ou dae se pmp ammo. Met moderne ammo kom jy makliker deur die blad. Nou dat ek daaraan dink. Elke vark wat ek presies op die blad geskiet het met sst het net daar bly lê. Die wat ek bietjie agtertoe geskiet het het altyd 'n ent gehardloop voor dit klaar was.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Agter-die-blad skoot

Post by Jake1 »

Die agter die blad kom van die ou dae toe mens nie 300 gram bladvleis mag gemors het nie....

Oppie knoppe maak meer sin, meeste mense skiet te hoog ook.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Agter-die-blad skoot

Post by Boesman10 »

AS PH wat gereeld Internationale jagters uitneem is my presiese instruksie altyd - "Reguit met die voorbeen op" met 'n plankdwars staan skoot. Met nuwe jagters of kinders wat hulle eerste bok skiet maak ek presies dieselfde. Ou "geseoute" jagters is die moeilik om nuwe lesse voor te leer. Met boogjag is die reel ook reguit met die voorbeen op en 1/3 van onder af.

Met bogenoemde skoot het ek oor die jare net 2 bokke verloor en dit was elke keer op 'n quartering away skoot waar die persoon dan verkeerdelik nog steeds reguit met die voorbeen opgaan. Ek het wel al baie ure agter bokke aangeloop as die "gesoute" jagter die bok agter die blad skiet want dit is baie maklik om 'n duim or drie te ver agter die blad te gaan. "Op die knoppe" was nog altyd vir my 'n moeilike konsep om te verduidelik want watter knoppe nou eintlik? As die bok in die skaduwee staan of die voorbeen is vorentoe dan is die knoppe ook nie baie duidelik nie.

Ek gaan nou argument uitlok met hierdie stelling - In my opinie is agter die blad 'n verouderde jagkonsep net soos keelaf sny. Nou gaan ek eers wegkruip :-)
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Agter-die-blad skoot

Post by Messor »

Boesman10 wrote:AS PH wat gereeld Internationale jagters uitneem is my presiese instruksie altyd - "Reguit met die voorbeen op" met 'n plankdwars staan skoot.


Ek gaan nou argument uitlok met hierdie stelling - In my opinie is agter die blad 'n verouderde jagkonsep net soos keelaf sny. Nou gaan ek eers wegkruip :-)
Ek neem aan meeste mense praat van die blad as die been, siende min mense been wil tref of 'n bladskoop, korrek?

So as 'n bok plankdwars staan en jy skiet hom reguit in lyn met sy voorbeen is die kans bitter goed dat jy hom agter die blad gaan skiet, nie so nie?

Ek ken nou nie die tegniese name nie maar die voorbeen loop mooi reguit op, die bladbeen nie, hy loop so skuins vorentoe.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Agter-die-blad skoot

Post by Cobus(Cobb) »

Boesmannnnnnn 10.....kom eers hier.
Kom vertel meer van jou anti keelsny polemiek.....praat jy van lyf of kopskote of sommer alle skote??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Agter-die-blad skoot

Post by J le Roux »

Chevvy, ek en my jagvriende het al baie hieroor gepraat. Ek weet nie waar dit vandaan kom nie, maar net 2 duim te ver agter die blad le net moeilikheid.

Ons leer ons kinders eerder om laag "op die blad" te skiet. Ek dink ook al die jare was 'n goeie "bladskoot" ook positiewe kommentaar wanneer die dooie bok vir die eerste keer geinspekteer word.

Roberston se boek "The Perfect shot" gaan ook saam jagveld toe om die prentjies in te brand.

Groete
Johan
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Agter-die-blad skoot

Post by Viking »

Chevvy,

Die "bladbeen" skoot mag wel die bok se handbriek aantrek, maar dis nie erkende "vital shot" area nie!

Die skut moet redelik hoog mik om die bladbeen te tref - "agter die blad" is dalk meer korrek as jy net bokant die voorbeen op die bok se borskas mik om die hart long skoot te kry...
gemsbok-diagram.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
neef
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Tue Jul 05, 2016 12:06 pm

Re: Agter-die-blad skoot

Post by neef »

Ook maar gelleer skiet hom agter die blad boeta moet nie vleis mors nie, 22jaar later en my kinders word geleer klap hom op die oor mens mors nie vluis nie. reguit skote vir julle almal
Deel wat jy weet en jy sal wys word
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Agter-die-blad skoot

Post by DawieKotze »

In al my jare van jag, het ek nog bittermin bokke gesien wat presies plankdwars staan. Dis altyd grade van skuins - of "quatering away" of "- towards".

My mikpunt is dan altyd met die vertikale kruishaar tussen die twee voorbene en 1/3 de van onder af. Dit spreek vanself dat indien die bok wel plankdwars staan, die kruishaar op die voorbeen sal wees en nie agter die blad nie.

Om bv 'n springbok "agter die blad" te skiet en 'n gemsbok agter die blad te skiet is ook 2 baie verskillende risikos. Met die gemsbok kan jou jag sommer baie maklik in 'n onaangename ervaring ontaard.

Groetnis
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Rolf
Full Member
Full Member
Posts: 102
Joined: Mon Feb 25, 2013 5:16 am

Re: Agter-die-blad skoot

Post by Rolf »

Met sekere bokke kom jy weg met n 'agter die blad ' skoot en met ander nie, as jy die regte kennis van die verskillendes het kan jy dit met sukses toepas maar indien nie wees veilig en hou reguit met die been op - spaar baie ure se soek en verdriet.....
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Agter-die-blad skoot

Post by Giepie »

Ek is ook klaar met "agter die blad" skote. Vanjaar 'n bwb koeie geskiet wat in die skaduwees gestaan het en ek het so 2" te ver terug getref, die longe net geraak wat nie eintlik genoeg was nie. Gelukkig was sy al voorheen gekwes en haar regter voorpoot het nie saam gewerk nie. Haar met 'n breinskoot toe laat val.

Keel af sny is eintlik net nodig waar groot slagare nie getref is nie. Hart/long skote is laat hulle so inwendig bloei dat wanneer ek keel gesny het daar amper niks uit gekom het nie. Brein- en hoë nekskote bring nie genoeg bloed uit nie, daarom sal ek hulle keelaf sny. My opinie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Agter-die-blad skoot

Post by Ben Remington »

Goeie môre...

Ek het vir Myburgh van baie kleins af geleer om eers te kyk teen watter hoek die dier staan...bv. reguit na ons toe, skuins weg van ons, plank dwars of met sy boede reguit na ons toe...

Vir my is die beste agter die blad skoot as die dier effe skuins weg staan , dan skiet ons so 'n duim agter daai voutjie agter die blad in na die oorkantste been toe. Ons skiet nooit agter die blad as 'n dier plank dwars staan nie, het al te veel gesien dit eindig op in 'n pensskoot.
As die dier plankdwars staan is dit altyd goed om 'n derde van onder af te skiet reguit met die voorbeen op in daai dikspier in , as dit 'n effe verder skoot is sal mens nooit 'n fout maak om in die middel van die lyf te skiet nie. Geen dier kan met stukkende longe lewe nie. Myburgh het paar blesbokke , varke en rooibokke die jaar reg op die blad geskiet met sy .223 op billike afstand...die resultate was 100 persent op vier en dertig diere.

Groetnis
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Agter-die-blad skoot

Post by joe rocket »

Jy skiet vir die enjin kamer van die bok, want soos alreeds genoem staan n bok bitter weinig plank dwars. Ek het n tennis bal in n doos gehang en my klong moes met die windbuks uit verskillende hoeke die bal raak skiet, jy kan nie die tennisbal sien nie. Dit is n baie lekker oefening. Wanneer jy die regte koeel gebruik is vleisskade op die knoppe nie so erg nie. Ek voel n veer vir vleisskade, ek gooi eerder 5kg vleis weg as wat ek betaal vir n kwesbok.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Agter-die-blad skoot

Post by jdpretorius »

joe rocket wrote:Jy skiet vir die enjin kamer van die bok, want soos alreeds genoem staan n bok bitter weinig plank dwars. Ek het n tennis bal in n doos gehang en my klong moes met die windbuks uit verskillende hoeke die bal raak skiet, jy kan nie die tennisbal sien nie. Dit is n baie lekker oefening. Wanneer jy die regte koeel gebruik is vleisskade op die knoppe nie so erg nie. Ek voel n veer vir vleisskade, ek gooi eerder 5kg vleis weg as wat ek betaal vir n kwesbok.
Baie goeie advies Joe, en daai tennis bal plan kan almal maar probeer.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Agter-die-blad skoot

Post by Messor »

Tripod het eendag gesê in die ou dae het hulle net in die middel van die bok se bors gemik, en dit het altyd die vleis huistoe gebring.
Deesdae mik ons vir hart skote, met spesifike skoot plasing ens.

Ek dink nie sy raad is nou skielik ongeldig nie, as jou kaliber voldoende is sal jy basies nog enige bok platskiet in die middel van sy bors.
Miskien is dit ook n makliker konsep om n nuweling te verduidelik.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Agter-die-blad skoot

Post by tripodmvr »

Messor, dankie dat jy my skietmetode genoem het. Dit gee veiligheid vir oor- of onderskat van afstande en met 'n gat deur beide longe gaan die dier nie ver nie. Dit vermy ook die afskiet van voorbene en die lang lyding wat soiets veroorsaak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Agter-die-blad skoot

Post by Swede »

tripodmvr wrote:Messor, dankie dat jy my skietmetode genoem het. Dit gee veiligheid vir oor- of onderskat van afstande en met 'n gat deur beide longe gaan die dier nie ver nie. Dit vermy ook die afskiet van voorbene en die lang lyding wat soiets veroorsaak.
Hierdie is prakties en die beste advies, almal wil kom spog oor 'n hart met 'n gat daar deur, maar daai afbeen praat hulle niks van nie

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Agter-die-blad skoot

Post by Hansieslim »

Eks nie baie ervare nie, maar...2 goed is vir my belangrik. Koeëlkonstruksie en skootplasing. Hierdie gesprek gaan oor laasgenoemde.
Iets wat ek graag my my lys sal wil voeg is tog maar kaliber. 'n Groter kaliber is tog maar meer vergeeflik as mens bietjie te ver agter die blad skiet. Moet my nie aanvat nie asb want dis my opinie en baie kan hiermee verskil as hulle wil. By die afslag van bokke kry ek baie keer hoendervleis as ek sien hoe stukkend 'n koeël n bok kan skiet, al is dit ver agter die blad en dan besef ek maar net weer dat oorlog n lelike ding is. Dalk word ek oud.

Deesdae skiet mense graag met "kleiner" kalibers op die baan, maar mens wil tog ook bloed trek met jou geweer (lees baangeweer) al is dit net bv iets soos 'n .204. Baie boere draai egter (met goeie rede) hulle voete dwars voor so 'n jagter. Dit bring my maar weer terug by skootplasing, maar my opinie is dat skootplasing 'n baie baie groter rol moet speel as iemand met 'n "kleiner" kaliber jag.

Ja ek weet daars baie ouens wat al mooi koedoes met .224 kalibers geskiet het en baie wat met 6millimeters suksesvol jag en so aan en so aan. Ek self wil graag 'n eland suksesvol met my 6.5x55 gaan jag...maar mens moet maar mooi dink of dit die regte ding sal wees. Daar's soveel faktore wat veranderlik is (met skiet en veral in die veld) wat 'n invloed kan hê op 'n skoot en ek dink daar's groot waarheid agter die stelling van "use enough gun"...maar steeds moet jy reg mik/korrel !!!
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
Jo Toast
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Fri Feb 16, 2018 9:09 pm

Re: Agter-die-blad skoot

Post by Jo Toast »

Hierdie tipe sketse is altyd insiggewend. Veral as jy 'n spesie gaan skiet waaraan jy nie gewoond is nie
BSA .270 Win
Tikka T3 Varmint .308 Win
Bergara B14R .22lr
Glock 19
Post Reply