Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
ricusu wrote:Wat se julle van die maan. Volmaan of donker maan. Ek weet die katte hou van donker maan maar die jakkalse moet tog eet?
Wil effens verskil van jou oor die katte. Skiet omtrent 90% van my katte in vollerige maan en lyk vir my amper asof hul dan ook meer vang. Dis maar net my opinie.
Oor die jakkalse sal ek se hul loop in donker en volmaan. Ek hou nie daarvan om van 4dae voor volmaan tot 4 dae na volmaan te jag nie. Is asof die jakkalse en selfs katte jou makliler sien. Alhoewel het al op heeltemal volmaan gejag en was baie suksesvol. Dink die belangrikste is om in die jakkals se kerngebied te kom. Daar sal jy hul kry ongeag die maanstand.
Al wat my uit veld hou is sterk wind en swaar donderweer.
Mooiloop
243 win, Howa Varmint, Swarovski z3 4-12x50 BRH
'n Jakkals verloor nie slaap oor die opinie van n skaap nie...
Dit is goed om te hoor katte loop ook in volmaan. Ek was gisteraand uit. Maar moet se die jakkalse op die plaas waar ek skiet hou nie van donker maan nie. Ek het nog nooit een Geskiet met donker maan nie. Net as die maan 50-60% is. Ek wonder hoekom?
Lekker om te sien hoe die manne mekaar help. Ek dink dit is great! Het ñ versoek ontvang en toets nou bietjie die water: wie sal wil deel vorm van ñ whatsapp groep wat ons nou maar "groep jaracal" kan noem? Slegs vir jakkalsjag vrae, antwoorde, tips en kennis deel?
Probleem in my oë met n whatsapp groep is dat dit dalk die forum kan seermaak maar dit is n goeie idee en vinnige manier om inligting by mekaar uit te kry so dit is 50/50.
Stem 100% saam Jan. Is wel op ander groepe wat mede kursusgangers geskep het. Werk wel lekker om vinnig vrae te vrae en antwoorde/hulp te kry. Met streng beheer ontaard dit ook nie in ñ kletskamer nie. Hierdie forum is uitstekend en is mal daaroor. Geen groep kan inligting en kennis hierop vervang nie. Whatsapp groep net as addisionele hulpmiddel!
Stefan hou vol met die topic.. miskien is dit n "nuwe generasie" wat deelneem... as die ou manne net so nou en dan loer of ons bol praat en mekaar nie in die sloot in help nie...sal dit wardeer word...
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
More...
sit vanoggend oor koffie en wonder..
ek skiet by myselfen buurman . Pêl in vrystaat en n paar plekkies om warmbad...
Gebruik enige van julle nog permitte wat jy by natuur bewaring kry..?
check iemand jul op..?
kry jul rerig n brief by boer..?
iemand al moeilikheid gekry oor die goed?
laat weet asb... sal intresant wees om te sien...
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
ricusu wrote:Dit is goed om te hoor katte loop ook in volmaan. Ek was gisteraand uit. Maar moet se die jakkalse op die plaas waar ek skiet hou nie van donker maan nie. Ek het nog nooit een Geskiet met donker maan nie. Net as die maan 50-60% is. Ek wonder hoekom?
waar is die plaas
is daai jake nie oor roep nie..bure wat ook jag
jou bakie gecamo
dimmer
roep jy regte klanke vir tyd van jaar..
jy doen tog iets reg as jy hul op half maan klop..
moet sê ek het sukses op donker maan..
kom ons ontleed sy probleempie en kyk of ons hom kan help
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
Ek skiet tans net in verskillende dele van die Vrystaat. Ek weet sekere provinsies het permitte nodig. Ek het wel ñ gewone Vrystaat jaglisensie. Ek weet ekke moet, maar ekt nie briewe van die boere. Het wel eposse of smse van bevestiging dat ek kom skiet. (Weet dat ek briewe moet hê.)
Nietemin probeer ek dinge maar reg doen. Is nog nooit gestop of gevra nie.
Sal interessant wees om te hoor hoe ander manne dit doen sien en hoe ander provinsies werk.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by stefan.bester3 on Sun Jan 21, 2018 10:44 am, edited 1 time in total.
ricusu wrote:Dit is goed om te hoor katte loop ook in volmaan. Ek was gisteraand uit. Maar moet se die jakkalse op die plaas waar ek skiet hou nie van donker maan nie. Ek het nog nooit een Geskiet met donker maan nie. Net as die maan 50-60% is. Ek wonder hoekom?
Ekt al talle male gesoute manne hoor sê dat jakkalse hou van bietjie maanlig anders stamp hulle hulle tone teen die klippe!
Het ook al met donkermaan baie sukses gehad, maar skiet meer as daar effe maanlig is.
bosveld jag maar net so gesukkel.. sit op grensdraade.. kruispaaie en naby water.. as jy sien is hy daar.. nie soos vlaktes waar jy hom al op 400m optel nie... dis geweer in skouer heel aand.. dis sien mik skiet.. dis vinnig hier.. en baie lig.. ek lig elke 10/15 sek... en draai jou ali af.. en die wind moet maar n bitji roer..anders die dwarrel dwarrel maak jou gek...
wonder hoeveel kom in in die tyd wat lig af is en ek sien hul nooit.. dink hier loop slim jakke rond... jy sien hom net nie eers nie...
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
Stel vir jou 'n brief op met al jou besonderhede en watse ongediertes daar is en laat dan die boer af merk wat geskiet mag word en laat hy sy besonderhede invul soos plaas naam distrik tel no dit cover net jou gat indien iemand jou voorkeer of soos in my geval 'n greenie wat jou wil gas gee deur die draad omdat jy sy getagde jakkals met die naam van flaffie moerland toe geskiet het
goeie dag.
gistraand die reun ingeroep met Swartrug 8... so 10min gewag en toe Hasie combo2 geroep... dit was nie 10min toe kom hy.. anderkant bonnox.so 250m weg. hy kry nie deurgaan plek nie en verdwyn nog verder wind af agter bosse.. dim toe kwaai want ek weet hy gaat naby uitkom.. kom so op 50m uit bos..het seker n deurgaan plekie wind af.. kom so snuif snuif in.. hyt vanself gestop en na my gekyk... sy laaste kyk. skat hom so 3jaar.. goeie kondisie...
hoop foto is duidelik selfoon maar n gesukkel...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
naas222 wrote:goeie dag.
gistraand die reun ingeroep met Swartrug 8... so 10min gewag en toe Hasie combo2 geroep... dit was nie 10min toe kom hy.. anderkant bonnox.so 250m weg. hy kry nie deurgaan plek nie en verdwyn nog verder wind af agter bosse.. dim toe kwaai want ek weet hy gaat naby uitkom.. kom so op 50m uit bos..het seker n deurgaan plekie wind af.. kom so snuif snuif in.. hyt vanself gestop en na my gekyk... sy laaste kyk. skat hom so 3jaar.. goeie kondisie...
hoop foto is duidelik selfoon maar n gesukkel...