Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek kan n Leupold vx3 4.5-14x40 kry vir R6500. Ek wou hoor wat dink julle manne van die scope. ek gebruik die geweer vir bietjie skyfskiet,bietjie ape en bobbejane skiet,bietjie jakkals skiet en bietjie uitdun van wild! so die scope sal so bitjie van alles doen! net gewonder wat julle manne darrvan dink?
ps-sal hom kry met n net n gewone duplex kruishaar>
groete
Nico
Last edited by Nico Harris on Mon Jun 06, 2011 5:51 pm, edited 1 time in total.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Die prys/waarde verhouding van die teleskoop is na my mening goed. Dit het 'n bruikbare vergroting-reeks en goeie kwaliteit optika. Ek sien dit as 'n goeie teleskoop vir vlakteskiet gedurende die dag.
Nico,
Koop my vriend s'n wat omtrent ongebruik is vir R5,000. Hy het duplex kruishaar. Kontak my vir sy besonderhede.
Ek dink dis van die beste gebalanseerde teleskope - lekker kompak met 'n wye reeks van vergroting. Dalk nie die beste opsie vir nagskiet nie maar baie goed vir gewone jag.
Danie
Oor die algemeen : Oppas vir fakes. Sien die volgende wat gebeur het op airrifle.co.za. Maak seker van jou produk voordat die "bargain" aangekoop word.
Jy ken al seker my opinie oor Leupold teen hierdie tyd! Daai einste model pryk op n hele paar van my gewere. As ek dalk net iets kan aanheg en dit is om die Boonne&Crockett kruishaar te kry. Nie die Varment Hunters nie, hy is te besig. Jy sal nie glo hoe goed hulle werk as jy eers vertoud is met hulle nie! Kyk nou maar vir Taffie en daai skoot van hom! Daai recticles help ontsaglik.
Hey Wouter! as hy goed genoeg is vir jou is ek sker hy sal reg wees vir my!
MJK die ou by wie ek koop se prys is eintlik R7500 maar ek het al agt(8) geweere vir hom verkoop die jaar vir geen komisie nie so dis n beter prys vir my!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43