Selfdoen gas stort idee
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Selfdoen gas stort idee
Ek het op my 4x4 se kappie 'n plat 60liter swart plastiek tenk gehad wat soos sonpaneel gewerk het. As ek wil stort het ek 12v stort pomp by bêk ingedruk en lekker gemaklik gestort. Nie erg warm nie, maar gemaklik.
Soortgelyk aan die tenk, was net swart en 60liter. http://www.pioneerplastics.co.za/produc ... ater-tank/
Soortgelyk aan die tenk, was net swart en 60liter. http://www.pioneerplastics.co.za/produc ... ater-tank/
Jannie Welman
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Selfdoen gas stort idee
'n Maat van my het sy bakkie ingerig vir 'n trippie waar sy vrou sou saamgaan. Sy het aangedring op gereelde storte in die bos. Hy het toe 'n 20l tenk agter op sy bakkie ge-installeer. 'n 12v pompie het die water uitgepomp na 'n koper pyp wat om die bakkie se uitlaat stelsel gedraai is en dan weer terug na die tenk toe.
Met stort tyd is die warm water weer uitgepomp na 'n stortkop gemonteer op die kant van die kappie dmv 'n T stuk in die waterlyn, waar jy die kraantjie draai om die water se vloei van die uitlaatstelsel na die stortkop te verander.
Hy het die pompie aangesit so halfuur voordat hulle by oorslaapplek aangekom het en water was baie warm.

PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
Uitstekende plan, maar as jy in die jagveld kamp, sal jou nou elke keer die bakkie 'n halfuur voor die tyd moet start en laat loop - maar ek glo 'n Nissan sal dit nie voel nieTHOMAST wrote:'n Maat van my het sy bakkie ingerig vir 'n trippie waar sy vrou sou saamgaan. Sy het aangedring op gereelde storte in die bos. Hy het toe 'n 20l tenk agter op sy bakkie ge-installeer. 'n 12v pompie het die water uitgepomp na 'n koper pyp wat om die bakkie se uitlaat stelsel gedraai is en dan weer terug na die tenk toe.
Met stort tyd is die warm water weer uitgepomp na 'n stortkop gemonteer op die kant van die kappie dmv 'n T stuk in die waterlyn, waar jy die kraantjie draai om die water se vloei van die uitlaatstelsel na die stortkop te verander.
Hy het die pompie aangesit so halfuur voordat hulle by oorslaapplek aangekom het en water was baie warm.
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
Ek het nou n paar planne van julle manne gekry en is dankbaar daarvoor.
Ons is so 12 manne wat daar jag en ek is seker, na die 3de dag begin jy taai raak op sekere plekke.
Hoeveel kan ek per stort, per man vra om te stort. Die manne moet ook nie n kans met my vat om twee,twee te stort nie. Ek wil my koedoe betaal wat ek skiet.

Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
Heinz nou kry die draad 'n ander kleur!!
As jy begin geld maak uit ons planne sal jy moet winsdeling doen....wat is die dividend wat jy wil verklaar?
Ons het ook kudus om te betaal!
As jy begin geld maak uit ons planne sal jy moet winsdeling doen....wat is die dividend wat jy wil verklaar?
Ons het ook kudus om te betaal!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Selfdoen gas stort idee
Wetwipes is baie makliker!
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
Is julle sissies stort koud dan is julle sommer haas wakker.
Ek sal jou n plan gee hoe om n klein donkie te bou.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
Jason, ek soek nie n plan van jou af nie. Ek vat jou saam, dan bou jy sommer daar vir ons manne n stort.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
Kwaai dis n deal!
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
julle verstaan nie , dit raak taaaaiii en koue water ga dit nie aaafkryy nie
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
- Gernie
- Hero Member

- Posts: 771
- Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
Weer van 'n dubbel wand pyp wat met parafien aansteek, heerlik warm maar moet druk he.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
Het jy nie vir my n foto van hoe dit lyk nie.Gernie wrote:Weer van 'n dubbel wand pyp wat met parafien aansteek, heerlik warm maar moet druk he.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
- Gernie
- Hero Member

- Posts: 771
- Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
Sal moet gaan kyk, maar werk wonderlik.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Selfdoen gas stort idee
Ek het daardie warm water stort pyp en die klein gas stort verwarmer reg vir jou. Wil jy na die nuwe jaar kom haal?
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Selfdoen gas stort idee
Ek dink ook jy moet een van hierdie aanskaf. Hulle werk met hout. Die ouens maak dit plaaslik.
https://www.kolkol.co.za/hottubs
http://i677.photobucket.com/albums/vv134/boesman10/Plaas%20Jakuzi_zpsx6zmacej.jpg
https://www.kolkol.co.za/hottubs
http://i677.photobucket.com/albums/vv134/boesman10/Plaas%20Jakuzi_zpsx6zmacej.jpg
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
Ek self het 'n oukie gebou by lodge wat met radiator werk op gasbottel maar het bly afneuk van bottel af toe het ek 'n Cadac - Celcius Water Heater gekoop wat wonderlik werk.
voor dit wat ons in die woestein ingegaan het vir 4x4 het ons ook jerrikan met water langs vuur gelos en met klein 12v pompie gewerk 7mense kon op 'n 25l kan lekker warm stort, moet net nie die kan op die vuur sit nie en hou die prop oop...
voor dit wat ons in die woestein ingegaan het vir 4x4 het ons ook jerrikan met water langs vuur gelos en met klein 12v pompie gewerk 7mense kon op 'n 25l kan lekker warm stort, moet net nie die kan op die vuur sit nie en hou die prop oop...
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
HEINZ , DIS AMPER TYD , HET JY NOU AL 'N STORT VIR ONS TWEE GEBOU 
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
'n Vriend van my het 'n donkie prakseer toe ons in Natal gaan jag het in die 90's. Hy het die donkie saamgery en daar gelos vir die jagters se gebruik. Uit oorskot pyp het hy 'n donkie gemaak deur 'n kleiner deusnee pyp binne 'n groter een vas te sweis. en te seël sodat dit a "water jacket" vorm. Die vuur word onder in 'n klein kompartement gemaak en die binneste kleiner pyp is die skoorsteen. Hitte word oor 'n baie groot oppervlak na die water oorgedra en min hout is nodig om 10 of meer mense met super warm water te laat stort - jy moet koue water byvoeg. Dit is die effektiefste donkie wat ek nog gesien het.
Wanneer mens gaan kamp moet jy egter ekstra items saamvat en om dit te beperk, is die warm maak van die water in 'n houer en dan met die 12V stortpompie te gebruik, nog die eenvoudigste en maklikste oplossing.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
Kyk ook hierna: http://weg.netwerk24.com/WegSleep/stort ... 20161012-2
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Kolhasie
- Hero Member

- Posts: 547
- Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
lyk of dit lekker kan werkJean Marais wrote:Kyk ook hierna: http://weg.netwerk24.com/WegSleep/stort ... 20161012-2
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
Ek reken die een gaan vir my werk. Dankie vir die gedagteJean Marais wrote:Kyk ook hierna: http://weg.netwerk24.com/WegSleep/stort ... 20161012-2
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
Ek dink ook hy sal mooi werk, want daai gasbrander kan nogal warm gemaak word as jy die gaskraan oopdraai.
Kom wys fotos as jy hom klaar gebou het.
Kom wys fotos as jy hom klaar gebou het.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
Hier is 'n kampstort...as julle steeds een soek!
https://www.gumtree.co.za/a-camping-gea ... 1187687309
https://www.gumtree.co.za/a-camping-gea ... 1187687309
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Selfdoen gas stort idee
So. Ek neem aan jy wil langer as n maand in die jagveld wees......

The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain