Gister na-middag draai gaan ry by die beeste. Ek sukkel met die jakkies. Nog nie kalf verloor die nuwe kalfseisoen nie maar wel in die verlede. Toe ek Saterdag namiddag by koeie was, toe is daar 3 jakke wat tussen die koeie en kalfies rond draf....dis wanneer ek op my senuwees raak!
Enewel, so is boetie Lourens op my case....dis mos pappa se beeste maar die kalfies is synne
Moun Sondag heel dag en gister na speelskool dat hy die jakkelse wil gan skiet voor hulle sy kallers eet!
Nou Ouboet Constandt (9) skiet al baie mooi met die "groter" gewere maat Lollie het maar nog nou die dag eers met die 222 begin skiet - nadat hy natuurlik eers Daisy, Windbuks en 22 baasgeraak het. Maar papa se jagtersbloed loop sterk deur die manne se are!
Laai boetie (6 jaar) in bakkie so by 17h45 gister namiddag en ry gou draai by beeste. 222 moet saam! (O ja, dit is mos die beste jakkels geweer?)
Stop by kamp se hek lat die mannetjie die hek kan oop maak. Hy kom by die hek en steek vas. Kom terug geloop na my ruit en sê ewe hardegat: "Pappa, gee my geweer ek wil die jakkels skiet."
My f...k, ek het nog nie eers begin jakkels soek nie, ... watter jakkels?
"Gee aan pappa, hier staan hy en hy gan weghardloop!"
Met groot skok sien ek die swerkatter staan so op 50m.
Nou ja maats, dis 'n man se werk om jakkels te skiet, nie 'n kind s'n nie en ek spring uit met die Sako'tjie.
Draf voor om bakkie om oor hek te skiet maar boetie sit al teen die hek.
"Druk hom net deur die hek lat ek kan dead rest skiet" - kry ek opdrag.
Nou toe, so besluit ek net daar dat hy dan maar moet gooi as hy dan nou so goed is!
Sit die geweer netjies deur die hek sodat hy mooi op boetie se hoogte (in lyn met sy skouertjie) op die kruis pyp lê.
Dit als in sekondes....en die jakkels staan of hy vasgemaak is!
Haal geweer oor en los....
Lourensie druk die safety vorentoe en die skoot loop... heeltemal te vining na my mening, maar die jakkie dop, spring op en hol so 15m. Toe is sy asem en bloed op!
Netjiese hartskoot op +- 60 tree!!!Pappa se yster!
Manne, ek begin sommer weer skree, maar die trane loop van vreugde en trots.
Nella sal fototjie opsit.
Groetnis,
Leon.


