n Vraag aan die stoere EDC manne
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
n Vraag aan die stoere EDC manne
Vir die gene onder julle wat elke dag pal n handwapen aan jou dra. Wat maak jy as jy dokter, tandarts, fisio etc toe gaan met jou stukkie gereedskap aan jou sy?
Ek het n wesenlike probleem met SAPS lede, sowel as siviele persone wat met sy pistool aan sy sy op n ondersoek bed neersak, op die naat van sy rug, en in effek almal wat aan die voetkant van die bed verby loop point. Ek moes gistraand weer iemand aanspreek daaroor, wat toe daarna sy CZ75 op die grond laat val het toe hy dit onder sy dik pens probeer uithaal. Dit kon vinnig lelik geraak het as n skoot afgegaan het.

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
Dit is heel eenvoudig, se net vir die Dr jy dra en wil hom op n veilige plek neer sit vir die ondersoek.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3071
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
Nee Maryna, andersom, ek is nie 'n tandarts nie.........
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3071
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
Ek maak ook so.Plaashaas wrote:Dit is heel eenvoudig, se net vir die Dr jy dra en wil hom op n veilige plek neer sit vir die ondersoek.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
HahahaApie wrote:Nee Maryna, andersom, ek is nie 'n tandarts nie.........
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
Kyk die apies, Ryna!
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
As jy nie aan die sneller raak nie kan daar mos niks gebeur nie?
Of so iets
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3071
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
Was dit nie L(R)yna nie?.......Supacow wrote:Kyk die apies, Ryna!
Hijack af....
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
My dokter is ook 'n Glock man, so ek glo nie hy gaan omgee nie, elke man wil mos hoor hy het 'n groot pistool!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
My dokter sal homself seker bevuil as hy moet uitvind ek het 'n geweer in sy spreekkamer ingebring. Maar gewoonlik sal ek die ding in 'n rugsak sit as ek weet iemand gaan hul hande op my le.
Of so iets
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
Eish... met one up en hy val... of die haan tref enige voorwerp, is daar 'moeilikheid'. (Hier bedoel ek pistool soos byvoorbeeld cz75)Harambe wrote:As jy nie aan die sneller raak nie kan daar mos niks gebeur nie?
Sent from my iPad using Tapatalk
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
Ons word nie siek nie, ons is rof.
Toe ek begin dra het ek, soos 'n goeie infanteris wapen veilig gemaak voor ek in geboue soos kantore ingegaan het. Soos wat ek langer gedra het, het ek besef die pistool is veiliger in sy skede versteek. As wat ek gereeld dit uithaal, veilig maak in die kar, dan weer laai ens ens. Dis nou wel 'n G19 met al die veiligheid stelsels en dan 'n goeie skede.
Basie,Basie2 wrote:Eish... met one up en hy val... of die haan tref enige voorwerp, is daar 'moeilikheid'. (Hier bedoel ek pistool soos byvoorbeeld cz75)
Toe ek begin dra het ek, soos 'n goeie infanteris wapen veilig gemaak voor ek in geboue soos kantore ingegaan het. Soos wat ek langer gedra het, het ek besef die pistool is veiliger in sy skede versteek. As wat ek gereeld dit uithaal, veilig maak in die kar, dan weer laai ens ens. Dis nou wel 'n G19 met al die veiligheid stelsels en dan 'n goeie skede.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Meteor
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
Die aanpassing van n wapen dra was te veel vir my so dra ek permanent in 'n heupsakkie. Dit het natuurlike nadele maar ek wil nie anders.
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
-
BandK
- Full Member

- Posts: 136
- Joined: Sun Aug 07, 2016 3:06 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
En as daai wapen 'n preB CZ75 was kon dit maklik lelik uitgedraai het as hy op die hammer geval het.
Ek het 'n ook 'n heupsakkie in elk van my karre. Sodat ek my SD wapen daarin kan sit vir gevalle soos Pappabeer genoem het.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het 'n ook 'n heupsakkie in elk van my karre. Sodat ek my SD wapen daarin kan sit vir gevalle soos Pappabeer genoem het.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
Ek het so 'n military green "Bybel sakkie" met 'n ingeboude holster in. As ek weet ek gaan dr of tandarts toe (iets waarvoor ek sk&t bang is
) dan sit ek my G23 in die sakkie tot ek klaar is.
Tandarts het my eendag gevra wat is in die sakkie toe se ek dis my safety manual.
Dewald ek kan jou bekommernis insien veral met die mate van onbevoegde mense wie vandag vuurwapens dra. Ek praat nou die dag met 'n oud kollega wie nou die polieste se opleiding doen. Hy reken my jou mond sal oophang as hy jou moet begin staaltjies vertel van onbevoegdheid. Ek kan maar net dink wat sal gebeur as een van daai onopleibare mense in 'n skiet situasie in ons mall moet beland. Ek sal maar agter die rowers wegkruip.
Hy vertel my van een lid wie nou die dag op die baan kla dat sy Z88 nie wil skiet nie. Toe hy mooi kyk sou hy sien dat die lid die heeltyd probeer om die magasyn agterste voor om in die wapen te sit.
Tandarts het my eendag gevra wat is in die sakkie toe se ek dis my safety manual.
Dewald ek kan jou bekommernis insien veral met die mate van onbevoegde mense wie vandag vuurwapens dra. Ek praat nou die dag met 'n oud kollega wie nou die polieste se opleiding doen. Hy reken my jou mond sal oophang as hy jou moet begin staaltjies vertel van onbevoegdheid. Ek kan maar net dink wat sal gebeur as een van daai onopleibare mense in 'n skiet situasie in ons mall moet beland. Ek sal maar agter die rowers wegkruip.
Maak 'n verskil
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
BandK, dit was n ou CZ75. Dis wat my pla
Ratel, jou skrywe is presies hoe ek voel. Ek gooi self my G19 in my rugsak wanneer dit nodig is. Dis nog maklik in n spreekkamer. Daar kan n pasiënt die wapen aan hom hou afhangende wat die situasie is, of hom sommer op my lessenaar sit. Hier by ons in Zululand het baie taxi bestuurders en klein besigheid eienaars handwapens aan hulle, en dis hulle bevoegdheid wat my bekommer. In die jaar het ek al 3 pasiënte gehad (1 SAPS - dienspistool by n privaat partydjie en dronk, 1 sekuriteitswag, 1 rural boer) wat hulle self raakgeskiet het.
In ongevalle is dit moeiliker. Ek verstaan n persoon wil nie sy handwapen vir Staffnurse Mzibuku gee om vas te hou nie, maar moet ook nie van my of die staff verwag om jou enkel besering te ondersoek of behandel terwyl jou speelding aan jou heup op my gerig word nie. In so n geval voel ek dis beter om hom by die huis te los.
Ratel, jou skrywe is presies hoe ek voel. Ek gooi self my G19 in my rugsak wanneer dit nodig is. Dis nog maklik in n spreekkamer. Daar kan n pasiënt die wapen aan hom hou afhangende wat die situasie is, of hom sommer op my lessenaar sit. Hier by ons in Zululand het baie taxi bestuurders en klein besigheid eienaars handwapens aan hulle, en dis hulle bevoegdheid wat my bekommer. In die jaar het ek al 3 pasiënte gehad (1 SAPS - dienspistool by n privaat partydjie en dronk, 1 sekuriteitswag, 1 rural boer) wat hulle self raakgeskiet het.
In ongevalle is dit moeiliker. Ek verstaan n persoon wil nie sy handwapen vir Staffnurse Mzibuku gee om vas te hou nie, maar moet ook nie van my of die staff verwag om jou enkel besering te ondersoek of behandel terwyl jou speelding aan jou heup op my gerig word nie. In so n geval voel ek dis beter om hom by die huis te los.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2140
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
Dit hang van die situasie af. Hoe minder mense weet dat jy dra, hoe beter. Daarom is 'n rugsak of tas 'n goeie opsie maar die handwapen bly aan jou sy totdat dit byna jou beurt is om in te gaan. Dan stap jy gou toilet toe, bêre die kortsnoet in die rugsak en sit hom naby jou in die spreekkamer neer. En daarna weer terug toilet toe voor jy finaal uitstap.
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2106
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
Dit is beslis n geldige argument want meeste van ons maane in blou het nie n cleu van wapen veiligheid nie, klein rugsak of Moonbag is maar die inding in sulke situasies, het van julle al gesien hoe hang daai pistole in die holsters van die manne in blou??
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
Gelukkig weet my dokter ook nie dat ek vrot van die Karate is nie.
Of so iets
-
Kingy
- Sr. Member

- Posts: 252
- Joined: Sun May 11, 2014 10:35 am
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
My huis dokter se ek moet hom aan die heup los. Die fisio en my ruk en pluk dokter het altwee bedkasies in die kamers en laat ek dit in die laai sit. As ons klaar is gaan hulle uit die kamertjie uit en ek kan dit weer terug sit.
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
En daai pistool in die rugsak point natuurlik nooit iemand nie? Die sneler kan ook nie vashaak aan iets nie?vossie1 wrote:Dit is beslis n geldige argument want meeste van ons maane in blou het nie n cleu van wapen veiligheid nie, klein rugsak of Moonbag is maar die inding in sulke situasies, het van julle al gesien hoe hang daai pistole in die holsters van die manne in blou??
Hou `n pistol in n holster wat ontwerp is vir veiligheid, aan jou sy, onder jou beheer.
(Mens kry wel dedicated rugsakke wat ontwerp is om n pistol te dra)
-
BandK
- Full Member

- Posts: 136
- Joined: Sun Aug 07, 2016 3:06 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
Wanneer ek my pistool in enige rugsak of heupsak dra is hy steeds in 'n kydex holster wat die sneller deel bedek.
Die sak-dra metode sal nooit ideaal wees nie, maar soms moet mens 'n plan maak om steeds wettig die wapen by jou te hê
Sent from my iPhone using Tapatalk
Die sak-dra metode sal nooit ideaal wees nie, maar soms moet mens 'n plan maak om steeds wettig die wapen by jou te hê
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Ben
- Hero Member

- Posts: 908
- Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
Dewalt daai is n baie geldige en waardevolle vraag. Ek neem nou myself as voorbeeld! Ek dra my wapen en onder geen omstandighede sal ek die wapen in my kar los as ek Dr toe gaan nie.Pappabeer wrote:Vir die gene onder julle wat elke dag pal n handwapen aan jou dra. Wat maak jy as jy dokter, tandarts, fisio etc toe gaan met jou stukkie gereedskap aan jou sy?
Ek het n wesenlike probleem met SAPS lede, sowel as siviele persone wat met sy pistool aan sy sy op n ondersoek bed neersak, op die naat van sy rug, en in effek almal wat aan die voetkant van die bed verby loop point. Ek moes gistraand weer iemand aanspreek daaroor, wat toe daarna sy CZ75 op die grond laat val het toe hy dit onder sy dik pens probeer uithaal. Dit kon vinnig lelik geraak het as n skoot afgegaan het.
Ek sal van nou n punt maak om Dr in Kennis te stel (in my geval) kan ek wapen verwyder sonder hom uit holster te haal en eenkant sit sou die Dr dit verkies.
Maar die moeiliheid is as soos baie manne n holster dra wat aan sy belt en of klere vas is. Elke keer wat die wapen uit die holster verwyder word is daar die moontlikheid van drama.......Dalk in sommige gevalle is dit beter om Dr in te lig en dan net wapen in holster te los laat Dr en personeel bewus is........
Ek vra uit onkonde......?
Groete
"Failure is NOT an Option"
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2106
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
Dink jy ek is n aap? Natuurlik moet die bleddie ding in n holster wees in n sak!!!Plaashaas wrote:En daai pistool in die rugsak point natuurlik nooit iemand nie? Die sneler kan ook nie vashaak aan iets nie?vossie1 wrote:Dit is beslis n geldige argument want meeste van ons maane in blou het nie n cleu van wapen veiligheid nie, klein rugsak of Moonbag is maar die inding in sulke situasies, het van julle al gesien hoe hang daai pistole in die holsters van die manne in blou??
Hou `n pistol in n holster wat ontwerp is vir veiligheid, aan jou sy, onder jou beheer.
(Mens kry wel dedicated rugsakke wat ontwerp is om n pistol te dra)
- Meteor
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm
Re: n Vraag aan die stoere EDC manne
Ek dog die sak is die holster.
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word