Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by Armand Steenkamp »

Eugene wrote:Ek sien nie baie "kwaliteit" wapens soos Steyr's en Sauer's op LA skietbane nie. Ek sien wel baie Howa en Rem700 aksies....
Dankie vir die waarhyd....

Groetnis
Tromps
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Tue Aug 06, 2013 11:15 am

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by Tromps »

Eugene wrote:Ek sien nie baie "kwaliteit" wapens soos Steyr's en Sauer's op LA skietbane nie. Ek sien wel baie Howa en Rem700 aksies....
+1
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by Wouter Roets »

Hallo Leroy

Ek gaan my verstout en se dat die 6.5 Creedmoor verseker kan tel as een van die heel beste langafstand kalibers. Ek is bereid om hierdie stelling te verdedig met sowel as feite en ondervinding.

Cappy waar kom jy daaraan dat die 260 Rem die Creed klop met windskuif?

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by Capt. Yoda »

Wouter Roets wrote:Hallo Leroy

Spoed oupa spoed, as al 2 dieselfde koel skiet sal die 260 mos meer spoed kan maak met die res dieselfde.
Lyk my die Tswane toe trek vat aan jou
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by LUAN »

Cappie as ek dit nie mis het skiet die creed klein bietjie vinniger met n 140gr koel op vinnigste node as wat n 260 sou as jy by fabriek gewere hou met 24" lope.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by Capt. Yoda »

Moontlik maar die 260 se dop hou meer water so vol spoed sal die 260 vinniger wees as die creed. Ek gebruik al n ruk nie meer regtig quick loads nie maar julle is welkom om my verkeerd te bewys
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by Vleisie »

Ek sal my 2c ook ingooi.
Ek skiet 139gr Lapua Scenars 2800fps uit 'n 24" loop met my 6.5 Creed sonder enige tekens van druk, 'n pel sukkel met sy 260 en 'n 26" loop om 123's teen daardie spoed te kry. Hy het beide S365 en S355 probeer maar was te vergeefs, hy het toe maar besluit om op die node te bly waar hy groepeer. Dis teen 2630fps met 123 Scenars.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
LeRoy
Full Member
Full Member
Posts: 162
Joined: Mon Jan 16, 2017 4:37 pm

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by LeRoy »

Dankie Wouter, ek is oortuig, as ek nou net so 'n Tikka T3x A1 TAC iewers te koop kan kry....
Steyr Mannlicher .308
Steyr Mannlicher .375
Tikka T3 .243
Marrochi 12 br
FN Fal (R1) 7.62
Tyrol .22
Ruger .22 s/a
Howa 6.5 CM - op pad uit >:D
CZ75 B 9mmP
Beretta Nano 9mmP
Tikka TX3 6.5CM
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by Stephan86 »

LeRoy ek het met die invoerders gesels en hul sê ons sal moet wag tot volgende jaar voor ons die eerste Tac A1 hier sal sien.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by Ben »

Capt. Oblivious wrote:
Wouter Roets wrote:Hallo Leroy

Ek gaan my verstout en se dat die 6.5 Creedmoor verseker kan tel as een van die heel beste langafstand kalibers. Ek is bereid om hierdie stelling te verdedig met sowel as feite en ondervinding.

Cappy waar kom jy daaraan dat die 260 Rem die Creed klop met windskuif?

Groetnis
Wouter

Spoed oupa spoed, as al 2 dieselfde koel skiet sal die 260 mos meer spoed kan maak met die res dieselfde.
Lyk my die Tswane toe trek vat aan jou
Op papier hou n 260 meer H2O as die Creedmoor maar beide lanseer n 140gn Koel teen basies dieselfde spoed uit n 24" loop, so die Creed is virseker bietjie meer "effecient"
"Failure is NOT an Option"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by Wouter Roets »

Capt. Oblivious wrote:Moontlik maar die 260 se dop hou meer water so vol spoed sal die 260 vinniger wees as die creed. Ek gebruik al n ruk nie meer regtig quick loads nie maar julle is welkom om my verkeerd te bewys
Cappy

Laat hierdie huidige Lichtenburger en toekomstige Pretorianer jou nou vandag iets leer. Die twee rondtes het om alle praktiese doeleindes dieselfde dopkapasiteit, maar en hier is die groot een die 6.5 Creedmoor het meer beskikbare dopkapasiteit as die 260 Rem as beide koeels teen dieselfde TPL gelaai is. Dit was juis een van die hoof kreterias van ontwerp met die 6.5 Creemoor, dat hy in n kort aksie sowel as AR platform moet tot sy volle potensiaal kan funksioneer.

So onthou bietjie in die toekoms dat dit altyd gaan oor beskikbare dopkapasiteit nadat die koeel geseat is en nie die dopkapasiteit van n lee dop nie. n Goeie voorbeeld hiervan is Pierre van der Walt se 458 African wat van onderskeidelik 85mm en 91mm TPL'e gebruik kan maak afhangende van die aksie wat gebruik word. Hulle maksimum snelhede is nie dieselfde nie al is die dopkapasiteit dieselfde.

So in kort sit die 6.5 Creedmoor tussen die 260 Rem en die 260 Rem Ackley Improved in beide nodesnelheid en maksimum spoed. Maar in werklike wereld kloof ons absoluut nou hare en is die eksterne balistiek basies identies.

Die Creedmoor bly vir my n uitstekende goed deurdenkte ontwerp wat die meeste vereistes van n langafstand rondte se boksies tiek, veral in ag genome ons beskikbare poeiers hier in SA. Destyds toe ek vir die eerste keer oor die rondte gelees het, het hy vir my baie sin gemaak en die drie gewere wat ek tot nou toe in hom gehad het het die opgewondenheid van my deur en deur bevestig. Dit is n great rondte wat verseker in my oe al die hype verdien wat hy ontvang.

Groetnis
Wout
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by Capt. Yoda »

Wout dan vra ek onverskoning oor my uitlating, ek sal maar in persoon kom jammer se by jou.
Wanner hy begin die lang afstand rekords breek sal ek ook toe gee dat hy een van die bestes is :-*
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by Wouter Roets »

Cappy

Bring maar so swart botteltjie saam as betaling vir daai interne balsistiek lessie wat jy nou gekry asook jou vrou. Laasgenoemde is van uiterste belang! Tyd dat ek ook darem die kruiertjie vir n slag met jou kan geniet.

Groetnis
Wout
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by Capt. Yoda »

Wouter Roets wrote:Cappy

Bring maar so swart botteltjie saam as betaling vir daai interne balsistiek lessie wat jy nou gekry asook jou vrou. Laasgenoemde is van uiterste belang! Tyd dat ek ook darem die kruiertjie vir n slag met jou kan geniet.

Groetnis
Wout

Sal so moet maak want ek leer niks by jou as ons alleen sit nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by airhunter »

Wouter Roets wrote:
Capt. Oblivious wrote:Moontlik maar die 260 se dop hou meer water so vol spoed sal die 260 vinniger wees as die creed. Ek gebruik al n ruk nie meer regtig quick loads nie maar julle is welkom om my verkeerd te bewys
Cappy

Laat hierdie huidige Lichtenburger en toekomstige Pretorianer jou nou vandag iets leer. Die twee rondtes het om alle praktiese doeleindes dieselfde dopkapasiteit, maar en hier is die groot een die 6.5 Creedmoor het meer beskikbare dopkapasiteit as die 260 Rem as beide koeels teen dieselfde TPL gelaai is. Dit was juis een van die hoof kreterias van ontwerp met die 6.5 Creemoor, dat hy in n kort aksie sowel as AR platform moet tot sy volle potensiaal kan funksioneer.

So onthou bietjie in die toekoms dat dit altyd gaan oor beskikbare dopkapasiteit nadat die koeel geseat is en nie die dopkapasiteit van n lee dop nie. n Goeie voorbeeld hiervan is Pierre van der Walt se 458 African wat van onderskeidelik 85mm en 91mm TPL'e gebruik kan maak afhangende van die aksie wat gebruik word. Hulle maksimum snelhede is nie dieselfde nie al is die dopkapasiteit dieselfde.

So in kort sit die 6.5 Creedmoor tussen die 260 Rem en die 260 Rem Ackley Improved in beide nodesnelheid en maksimum spoed. Maar in werklike wereld kloof ons absoluut nou hare en is die eksterne balistiek basies identies.

Die Creedmoor bly vir my n uitstekende goed deurdenkte ontwerp wat die meeste vereistes van n langafstand rondte se boksies tiek, veral in ag genome ons beskikbare poeiers hier in SA. Destyds toe ek vir die eerste keer oor die rondte gelees het, het hy vir my baie sin gemaak en die drie gewere wat ek tot nou toe in hom gehad het het die opgewondenheid van my deur en deur bevestig. Dit is n great rondte wat verseker in my oe al die hype verdien wat hy ontvang.

Groetnis
Wout

Wouter

Jys n man so na my hart. Ek volg die storie en wonder wanneer gaan iemand dit sê. Daardie is raakgesê. Vat so Captain. ;D
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by Capt. Yoda »

Man moet jou houe maar vat.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by jankraay »

N regte man vat sy houe!!!

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3647
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by JPS »

6.5 Creed is great kaliber maar hy wen verseker nie 7mm wanneer dit by La kaliber kom nie.

Dus by definiesie kan hy nie die beste LA Kaliber wees nie.

Die Wereld F Klas kampionskappe (700m, 800m en 900m) begin oormore in Kanada. Die Kanadese Kampionskap is huideglik aan die gang. Baie 7mm's op die baan en 300wsm's maar bitter min indien enige 6.5 Creeds.........
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by LoopSoosStroop »

JPS, ek stem saam, as ek in die VSA was het ek eerder 'n 284 of Shehane of SAUM geskiet. Maar hier waar lope opsit 'n duur pyn in die gat is , is die Creed moeilik om te klop.

Daar betaal hulle ook omtrend $35-$40 vir top klas koeëls (per 100). Hier begin die baas 7 mm Bergers of Sierras teen R900 tot R1000.

Creed het redelike loop lewe, is akkuraat, skop min, werk goed met ons kruit en jy kan 'n .55 bc 140 gr NCC vir R3.50 koop.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by Wouter Roets »

JPS

Jy is natuurlik reg oor die 7mm's, hulle het verseker die oorhand in daai disipline en afstand. My antwoord was gebasseer op 6.5mm's spesifiek wat natuurlik in n rakgeweer konfigirasies beskikbaar is. Daar is verseker n paar rakgewere in 7mm rondtes wat baie goed sal vaar in die department. Leroy se spesifieke behoeftes en voorkeure sal natuurlik die deurslaggewende faktor wees met sy besluit.

Groetnis
Wout
User avatar
Petrie303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by Petrie303 »

Hi,

Net vir intersantheid, wat se spoed sal mens kry uit n die 260 Rem. 260 Rem ackley en 6.5 Greed met ons kruit en die nuwe Hornady 6.5mm 147 gr ELD® Match en Berger 140 hybrids as loop 30 duim(Twist 1:8) is en reamers ontwerp is vir 140gr punte?

Groete,
Petrie
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by swc-tr »

Snelhede bokant 2900fps met bg kalibers en koeels, gaan jou primer pockets baie vining rek.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Beste langafstand kaliber - 6.5 Creedmore?

Post by LRLaubscher »

308 Lapua Palma brass, CCI450 primers, Vithaviouri N560, jy kry maklik 2950ft/sec.
Gebruik net n drop tube-dop vulling is oor 100%.
Oh en ek moet bysê, my freebore op my reamer is so ontwerp dat punt ver uitsit. 180thou. Dit help om dop "grootter" te maak-laer druk.
Dit alles gesê, met n 30" loop lê jou nodes by 2830-2850 en dan eers weer by 3030-3060.
Laas genoemde volgends QL loop teen 59k psi. Maar ek moet daai ladings nog gaan skiet om dit veilig te bevestig.
Moet nie dit probeer in jou geweer nie. Hierdie is my setup, en wat vir my werk.

Sent from my iPhone using Tapatalk
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
Post Reply