Teleskope en mense wat bril dra.

Post Reply
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Teleskope en mense wat bril dra.

Post by James Wilson »

ek het vir my vrou n 270 gekoop en volgende is nou n teleskoop. gisteraand besluit ek om my ou R5 weermag geweerbelt op my 308 te sit omdat daai belt you baie help as jy moet staan en skiet. iets wat so nou en dan gebeur met my en die 308. ek se toe vir my vrou( sy dra kontaklense en partykeer bril) sy moet voel hoe lekker mik die 308 uit die staande posissie. daar staan sy en ek sien sy kry nie reg gekyk deur die scope nie. ek probeer toe om haar te wys maar as ons, ons kom kry dan staan hou sy haar kop "snaaks" net om  die scope reg te laat voel vir haar. sy het al baie met my geweer van die bankie en die bakkie af geskiet, dan is dit nie n probleem nie.

ek gee toe vir haar die 300 met n scope op wat baie meer kan verstel as die 308 se scope. dit gaan toe beter maar nog as sy moet staan en mik dan is dit n ongemaklikke en moeisame storie vir haar om die scope "oop" te kry. dit is die probleem sy kry nie die scope oop nie.

ek besef toe later, dit kan dal haar sig wees wat hier n probleem is.  n vriend van my wat ook met n bril skiet groepeer sy geweer effens links bo en ek groep daai selfde geweer regs bo. dit is so ver dit my kennis strek wat betref oor scopes en brille. nou wil ek weet of daar iets spesifiek is waarna ek moet kyk as dit by scope's koop kom om my vrou se sig in ag te neem?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Teleskope en mense wat bril dra.

Post by Beyers »

Die lengte van die kolf kan dalk die fout wees.
Die scope moet ook verder terug gestel word sodat sy nie haar nek moet strek om by die scope te kom nie.
Beyers
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Teleskope en mense wat bril dra.

Post by James Wilson »

Beyers wrote: Die lengte van die kolf kan dalk die fout wees.
Die scope moet ook verder terug gestel word sodat sy nie haar nek moet strek om by die scope te kom nie.
Beyers
...of vorentoe, want sy hou haar kop so op die reciol pad om te sien
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Teleskope en mense wat bril dra.

Post by Beyers »

jip
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Teleskope en mense wat bril dra.

Post by James Wilson »

moet n mens wat bril dra met n scope skiet wat se fokus agter kan stel?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Teleskope en mense wat bril dra.

Post by Beyers »

Hier is ek dom, maar ek sou aanvaar dat enige scope moet kan fokus. Mense se oe verskil redelik bo en behalwe die bril.  Stel die fokus teen die blou lug sodat die kruishaar duidelik is met die bril, dan behoort die saak witwillem te wees.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Teleskope en mense wat bril dra.

Post by Francois Marais »

James

Ek skiet self met n bril en ek dink nie daar is moet verskil wees in die eye relief van iemand wat met n bril skiet en iemand sonder een nie.......net vir interresantheid, ek monteer altyd my scopes sodat die onder kant v/d agterste lens 30cm van die bokant v/d recoil pad af is. Dit kan so met n cm verskil, langer of korter, afhangend v/d scope se eye relief.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Teleskope en mense wat bril dra.

Post by James Wilson »

Francois Marais wrote: James

Ek skiet self met n bril en ek dink nie daar is moet verskil wees in die eye relief van iemand wat met n bril skiet en iemand sonder een nie.......net vir interresantheid, ek monteer altyd my scopes sodat die onder kant v/d agterste lens 30cm van die bokant v/d recoil pad af is. Dit kan so met n cm verskil, langer of korter, afhangend v/d scope se eye relief.....

Mooi loop
Francois
Dankie, is daar n tegniek wat ek kan gebruik om seker te maak, wat die afstand na my vrou se oog moet wees.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Teleskope en mense wat bril dra.

Post by Beyers »

As die sirkel waarop die kruishare verskyn 'n duidelike en 'n volledige sirkel vorm
Danie Lombard .243

Re: Teleskope en mense wat bril dra.

Post by Danie Lombard .243 »

Die ding met die bril skiet loop so.


Die eye relief met en sonder bril bly dieselfde. Die agterste okuler (lens) moet gestel word vir bril of sonder bril. Ek skiet met bril, dus stel ek die agterste lens se fokus met bril op. Verstaan net die volgende dat mens die kruis haar fokus met die agterste lens stel en nie die mik punt fokus nie.

Ek het erge astigmatisme en dit veroorsaak dat niemad met normale oe met my gewere se scopes dit reg kry om akkuraat te skiet nie. Die skote loop altyd hoog op die teiken, soms ook efffe na lings. Die manne met die gesonde oe kla ook dat my scopes se kruishare vir hulle dof is as hul deur my scope kyk.

Ek is by siende, dus moet ek met bril op skiet as die scope gefokus en ge zero is met bril. Skiet ek sonder bril is dit 'n train smash. Ek moet ook nie brille ruil nie, die bril wat die scope mee ge zero is- is die bril waarmee daar geskiet word.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Teleskope en mense wat bril dra.

Post by Beyers »

Dankie Danie dis soos ek dit ook verstaan
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Teleskope en mense wat bril dra.

Post by JACQUES BOTHA »

Danie Beyers
AS julle met julee eie gewere skiet sonder bril wta gebeur met die point of impact..
In my geval skiet ek met dieselfde geweer met dieslefde scope met dieslefde koele omtrent 5cm hoger  met my bril as sonder hom.
Danie ek is weer versiende en dit mag ook n verskil mAAK Ek skiet nooi met my bril nie, gelukkig nog nie..
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Teleskope en mense wat bril dra.

Post by Beyers »

Skiet ook nie met 'n bril nie, maar vroulief wel. As ek met haar geweer skiet stel ek die fokus reg vir my oog en die geweer skiet op dieselfde plek.
Post Reply