Vervalde lisensies- waar wapen ingegee mag word

Post Reply
Wildeboer
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Mon Nov 05, 2012 9:20 pm

Vervalde lisensies- waar wapen ingegee mag word

Post by Wildeboer »

Ek vra nou n groot vraag maar nou ja...
As jou huidige v/wapen lisensie verval het(wit kaartjie), mag die vuurwapen by 'n handelaar ingegee word?
Hetsy om op sy voorraad opgeneem te word tot jy weer her-aansoek gedoen het of om te verkoop tot die nuwe eienaar sy lisensie gekry het?
Ons is 'n paar manne wat daaroor wonder, ek glo iemand het verval en toe vra hy tussen die ander rond maar wil dit nie erken nie...
So ver my kennis strek mag jy dit nie by n handelaar ingee om op te neem in sy voorraad, maar waar kry ek dit op skrif? Ek sal verkies om dit op skrif te hê bv 'n omsendbrief van SAPD of iets "ampteliks".
Dalk kan een van die slim manne my help.
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Vervalde lisensies- waar wapen ingegee mag word

Post by Springkudu »

Ek was al eendag by ons polisie stasie se wapen afdeling waar 'n dame se vuurwapen lisensie verval het. Hulle het bloot vir haar gesê sy moet die wapen in die kluis by haar huis sit en nie weer uithaal totdat sy weer 'n lisensie het vir hom.

Hulle het gesê op haar aansoek moet sy net motiveer hoekom die lisensie verval het.

Dit is nou niks amptelik maar ja, daar is soveel stories en mens weet nie watter een die regte een is.

Hoor miskien by julle polisie kantoor wat hulle sê?
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
Wildeboer
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Mon Nov 05, 2012 9:20 pm

Re: Vervalde lisensies- waar wapen ingegee mag word

Post by Wildeboer »

Jong, hier is net n admin klerk wat die DFO se werk doen....
Dis die probleem op die platteland, ons is so bietjie agter die nuwe goed wat gebeur...
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Vervalde lisensies- waar wapen ingegee mag word

Post by Jake1 »

Wil jy hom inelkgeval nie meer hê nie? Hou hom in jou kluis tot verdere kennisgewing, jy is nie tans in die moeilikheid nie ontspan.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Wildeboer
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Mon Nov 05, 2012 9:20 pm

Re: Vervalde lisensies- waar wapen ingegee mag word

Post by Wildeboer »

Nee, my lisensie is nou eers weer reg vir die volgende 4jaar. Het hom laas jaar die tyd hernu.
Ek dink van die ander manne het so bietjie vergeet
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Vervalde lisensies- waar wapen ingegee mag word

Post by tripodmvr »

Die hofsaak van SA Jagters het bepaal dat al die lisensies geldig is tot tyd en wyl die teendeel bewys word. Ontspan die rektum !!!!!! Geen vuurwapens "moet" ingegee word nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply