.270 punt keuse

Post Reply
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

.270 punt keuse

Post by Steyr270 »

So....ek wil n punt anders as Sierra GK probeer....

Ek kan enige Hornady of Nosler in die hande kry...

Wat skiet die meeste manne in hulle. 270 en wat stel die slim mense voor probeer ek eerste?

Ek neem aan 130g?

Groetnis
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: .270 punt keuse

Post by Jean Marais »

Jy kan kies uit:
Kriek, Barnes, GMX, Accubond, Spartan, en Rhino 150gr vir die bos.

Ek sou 130gr GMX vir vlaktes, en 150gr Rhino vir die bos aanbeveel.
Op my boet se 270 werk dit uitstekend.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

Re: .270 punt keuse

Post by Steyr270 »

Dankie Jean,

Sal meeste vir vlakte skiet wees,

Stellenbosch is moer ver van die bosveld af!
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

Re: .270 punt keuse

Post by Steyr270 »

Verskil tussen die GMX, SST en Interlock van Hornady?
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: .270 punt keuse

Post by ruaanb »

Gmx is n mono soos Kriek , Barnes etc.

Ek mag verkeerd wees maar soos ek dit het is SST en Interlock feitlik identies met die rooi tip op sst as verskil.

spaar jou geld en kry vir jou Kriek monos. Ek self jag ook met hulle en is uiters tevrede.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

Re: .270 punt keuse

Post by Steyr270 »

Ek het n vraag (uit onkunde), moet jy punte koop wat jy op die oueinde mee gaan skiet?

So jy moet van die begin af die punt koop waarmee jy wil opeindig?

Waar kry ek Kriek's te koop?
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 919
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: .270 punt keuse

Post by musgrave270 »

Johan kriek - Kriek Koele: 082 666 984nege

Ek jag met johan se 114gr monos en gebruik sy 110gr plinkers vir baan skiet en gonge in my 270.

Groete
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

Re: .270 punt keuse

Post by Steyr270 »

Dankie, waardeer die info.
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: .270 punt keuse

Post by ruaanb »

nee jy hoef nie. ek skiet met ander koeëls maar ek weet presies wat die jag koeël se trajek is.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: .270 punt keuse

Post by Jean Marais »

ruaanb wrote:nee jy hoef nie. ek skiet met ander koeëls maar ek weet presies wat die jag koeël se trajek is.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Dis die regte advies. Goedkoper papier koeëls vir oefen - iets soos SST, Sierra PMP ens, en dan duurder monoliete vir jagdoeleindes. Soos Ruaan sê - ken jou trajek. Dis die heel belangrikste.

Met ladings kan jy lekker speel, om jou jag en papier trajekte na te boots. Jy sal maar moet rondspeel om te kyk watter koeëls die naaste trajek aan jou jagkoeël gee, sonder om akkuraatheid in te boet.

Net om jou 'n idee te gee - Met my 6.5x55 jag ek met 120gr GMX'e, maar my papier koeëls is 140gr Nosler CC. Hulle trajekte loop baie na aan mekaar tot omtrent 400m - tried and tested op die baan.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

Re: .270 punt keuse

Post by Steyr270 »

Dalk n dom vraag, maar met trajek...bedoel julle tref die teiken min of meer op dieselfde hoogte, of wat?
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: .270 punt keuse

Post by Jean Marais »

Netso. Dit beteken min of meer in maklike terme, dat die twee tipes koeëls, jou jag- en papierkoeël op 100m, 200m 300m dieselfde, of baie na aan dieselfde trefpunt op die teiken het. Met my 6.5 verskil die trefpunt op die teiken nie meer as 10mm nie. Dis vir my heeltemal goed genoeg.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

Re: .270 punt keuse

Post by Steyr270 »

Dankie Jean, waardeer.
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: .270 punt keuse

Post by Mellies »

CarldeKock wrote:So....ek wil n punt anders as Sierra GK probeer....

Ek kan enige Hornady of Nosler in die hande kry...

Wat skiet die meeste manne in hulle. 270 en wat stel die slim mense voor probeer ek eerste?

Ek neem aan 130g?

Groetnis
Carl,

Kry vir jou 130gr Noslers. Beide BTs en Accubonds. Met die BTs kan jy ladings toets, papier skiet en selfs bladskote neem wanneer klein en medium grootte bokke gejag word.

Die Accubond is lekker hard vir wanneer dit nodig is.

Die Accubonds is effens langer as die BTs maar met n klein aanpassing behoort hulle op dieselfde plek as die BTs te skiet in jou roer.

Met n vleisie...
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: .270 punt keuse

Post by jdpretorius »

As jou geweer nie baie hou van monos nie kan jy ook kyk na 140gr punte soos Noslers wat tussen die boom en die bas is. jy sal hulle seker teen so 2900 fps te kan gooi wat nog steeds n lekker trajek gaan gee.
Die Sierra GK en Nosler Partitions skiet baie naby aan die selfde plek maar jy sal jou poeier moet aan pas om op die selfde node spoed te kom.

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

Re: .270 punt keuse

Post by Steyr270 »

Skitterend antwoorde en raad, dankie manne, ek sal laat weet hoe dit gaan!
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: .270 punt keuse

Post by BSniperEM »

Mellies wrote:
CarldeKock wrote:So....ek wil n punt anders as Sierra GK probeer....

Ek kan enige Hornady of Nosler in die hande kry...

Wat skiet die meeste manne in hulle. 270 en wat stel die slim mense voor probeer ek eerste?

Ek neem aan 130g?

Groetnis
Carl,

Kry vir jou 130gr Noslers. Beide BTs en Accubonds. Met die BTs kan jy ladings toets, papier skiet en selfs bladskote neem wanneer klein en medium grootte bokke gejag word.

Die Accubond is lekker hard vir wanneer dit nodig is.

Die Accubonds is effens langer as die BTs maar met n klein aanpassing behoort hulle op dieselfde plek as die BTs te skiet in jou roer.

Met n vleisie...
Ek sekondeer die Noslers... skiet hulle in al 3 my roere. Toe ek onlangs n mooi Koper Springbok reg van voor in die bors moes skiet... en die vleis as wel as die vel spaar... het ek spesifiek n Accubond gekies. Die volgende dag se voorsit springbokke almal kopskote met BT. Wenner combo, werk great in 300WM met 180gr ook so. 8)
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
Post Reply