Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het vanoggend 'n baie interessante tydjie by ons DFO spandeer. Ek het n 7x57 aangeskaf by 'n mede forumlid . Die wapen was as '7mm rifle' op die sisteem. Die offisier het my geroep om my te wys dat die stelsel 7mm rifle (blank) wys. Dit beteken dit kan nie meer gebruik word nie.
Die korrekte 7X57MM MAUS(7MM MAUS). Soos ek verstaan was daar nooit n 7x57 op die stelsel nie en is dit nou opgedateer, met die algemene 7mm rifle wat op die stelsel ge-deaktiveerr is.
Uiteinde van die storie is dat ek aangeraai is om n geweersmid verslag te kry en notice of correction in te handig sodat wapen korrek as 7x57 gelisensieer kan word.
Klink dit vir julle moontlik? My vraag is dan nou hoeveel 7x57 is daar wat as 7mm rifle geregistreer is en is bg proses almal se voorland? Sal graag hoor of ander lede al so ondervinding gehad het.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
My plankgeweer is as 7.62 geregistreer. Dit staan ook so op die kaartjie. Na regte moet dit 7.62x51 Nato of 308Win wees? Ek gaan beslis nie daaroor worry nie. My aansoek was reg verwoord EN hulle het dit goedgekeur
Hein M. wrote:My plankgeweer is as 7.62 geregistreer. Dit staan ook so op die kaartjie. Na regte moet dit 7.62x51 Nato of 308Win wees? Ek gaan beslis nie daaroor worry nie. My aansoek was reg verwoord EN hulle het dit goedgekeur
J le Roux, iemand het op 'n ander draad ook daaroor gepraat.
Blykbaar was daar 'n paar generiese 6 mm en 7 mm kalibers op die sisteem. Ouens het dar dit gebruik om Wildcats en ombouings te doen. Blykbaar het hulle dit nou stopgesit.
Ek het 'n soortgelyke ervaring gehad met 'n .22 Hornet wat ek by 'n redelike bekende handellaar gekoop het. Die dag toe ek die aansoek wil inhandig laat weet hulle (DFO) my dat die geweer as 'n .22 Long op die stelsel geregistreer is. 6 maande en 'n geweersmidt verslag later kon ek eers die aansoek inhandig. Dit was in 2011.
My 7x57 is geregistreer as "7mm rifle" op my kaartjie.
Was in 2015 gedoen, oor geneem van my pa. So dis nie lank terug nie en ekt geen probleme daarmee gehad nie
Arnold wrote:Julle het onlangs (einde laasjaar, begin hierdie jaar) die kaliber kodes verander en vandaar die situasie.
Korrek.
En om dinge erger te maak word alles wat XXXmm Rifle gesê het nou gedruk tydens hernuwing as die kleinste metrieke doplengte op die stelsel. Dis nou volgens n kolonel is Durban se provinsiale kantoor. Beide my 7x57s en amper al my kalibers met metrieke benamings is as 7 of 8 of wat ook al mm Rifle gedruk.
Teidens my onlangse hernuwing van my 9,3x62 het hy dus n 9,3x57 geword. Die ander nadraai van die saak is dat die polisie nou soms weier om uitvoer permitte te gee vir gewere wat as bv 7mm Rifle op die kaartjie bekend staan.
Ja die manne wat moet weet van kalibers is nie daar op kantoor nie ek het 'n 6.5 x 58 porra en sy kaartjie het reg uitgekom 6.5 x 58 my seun se 6,5 x 55 lees net 6.5 mm en my 204 Ruger is sommer nou 'n 204 JR wat dit ookal beteken.
Dankie, almal. So basies kon ek nie die 7mm rifle klassifikasie so hou nie, so die kort en lank is die papierwerk moet gedoen word om die korreksie aan te bring. Ek sal laat weet hoe dit gaan.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Ek het ook die kans gevat om my 6mm Dasher se loop vervanging as net 6mm te lisensieer. Dit is toe so ingedien en 3 weke terug het CFR my gebel en gevra watter 6mm dit is. Moes toe maar sê 6mm Dasher. Het verlede week my nuwe kaartjie ontvang. So,ja, die stelsel het verander.
Hallo manne - maak seker die kaliber kode op julle wapens is reg - hulle het onlangs daaraan verander - gebruik die sogenaamde Amerikaanse kaliber 9 x 19 vir 9 mm en 762x51 vir .308, ens - pel van my moes 'n baie duur jagtog na Zim kanselleer omdat hy nie uitvoerpermitte kon kry agv hiervan nie.
Dit lyk my dit is die beste om vooraf 'n verslag by 'n geweersmid te kry (ongeag watter kaliber dit is) en dit dan in te sluit by 'n aansoek. Op die manier is die volledigheid van die aansoekdokumentasie "waterdig" en kan alle moontlike "foute" slegs gebeur by CFR se stelsel.