Wil herlaai probeer
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Wil herlaai probeer
Voor ek die stokpertjie aanvat moet ek eers info kry (slim word)...
Terme soos, "full size", "nek size", "doppe sny", " Outside neckturning", ens is vir my Grieks, kan iemand dit verduidelik...
Het ook na 2 manne op You tube gekyk wat laai...een man het so baie mooi, progressive reloader gebruik, en ander man het meer van 'n "hands on", tipe gebruik....watter masjien sal beste wees..?(ek verkies die hande arbeid loading bo die auto loading)
Ek wil .308 laai, sal PMP doppe gebruik'
Enige info welkom
Cobus

Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)

- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Wil herlaai probeer
Cobus
Jy is mos hier in PTA rond, ons kan bymekaar kom, dan kan ek jou bietjie die ropes wys.
Nou jou vraag.
Full size druk jy die hele dop, nek, skouers, en pens so te s? terug na die oorspronklike specs (SAAMI of CIP)
Neck size druk jy net die nek van die dop terug om die koeel te kan vashou. Die res van die dop se dimensies word gelos soos wat dit gevorm is tydens die vuur proses toe dit geskiet is.
Doppe sny bedoel jy seker dop lengte sny/trim. Jy sny dus die dop terug na die spesifiekasies, want tydens die vuur proses vloei van die brss vorentoe.
Outside neck turning is nou meer in die spesialiserings veld van herlaai. Hier skil jy letterlik die nek se wand dikte tot dit egalige dikte oor die hele nek is en ook dieselfde tussen doppe is.

NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]

- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Wil herlaai probeer
Cobus, met al die slim en ervare manne hier sien ek vir ons geen teespoed vorentoe as dit by die herlaai dinge kom nie, opleiding en raad is daar altyd beskikbaar.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Wil herlaai probeer
Raait,
Kitt is gekoop, mooi op bench vas gemaak....
Lekker pret...
Ek het maar eers net gekyk hoe elke tool/"die" werk en het met eerste slag die primer remover laat vassit in die dop..(f#k)
Al my primers verwyder en doppe se gatte skoongemaak...(als baie maklik)...om nuwe primer in te kry ook baie maklik
[img width=560 height=335]http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... AG0069.jpg[/img]
[img width=560 height=335]http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... 0071-1.jpg[/img]
vlnr, wat doen eerste "die"(full length sizer) behalwe om primer uit te haal?? size hy die nek??
volgende "die"(bullet sizing) druk punt in??
laaste "die"(factory die) krimp die nek??
Is my aannames reg?
Hoe nodig is die chamfer tool vir binne en buite die dop nek??
[img width=287 height=480]http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... AG0068.jpg[/img]
Twee probeer slae wat nie uitgewerk het nie....wat het ek verkeerd gedoen???..ander probeer slae was baie mooi
(all probeerslae was sonder kruit)
Dankie byvoorbaat
Kitt is gekoop, mooi op bench vas gemaak....
Lekker pret...
Ek het maar eers net gekyk hoe elke tool/"die" werk en het met eerste slag die primer remover laat vassit in die dop..(f#k)
Al my primers verwyder en doppe se gatte skoongemaak...(als baie maklik)...om nuwe primer in te kry ook baie maklik
[img width=560 height=335]http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... AG0069.jpg[/img]
[img width=560 height=335]http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... 0071-1.jpg[/img]
vlnr, wat doen eerste "die"(full length sizer) behalwe om primer uit te haal?? size hy die nek??
volgende "die"(bullet sizing) druk punt in??
laaste "die"(factory die) krimp die nek??
Is my aannames reg?
Hoe nodig is die chamfer tool vir binne en buite die dop nek??
[img width=287 height=480]http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... AG0068.jpg[/img]
Twee probeer slae wat nie uitgewerk het nie....wat het ek verkeerd gedoen???..ander probeer slae was baie mooi
(all probeerslae was sonder kruit)
Dankie byvoorbaat
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Wil herlaai probeer
Cobb,
Gooi daai crimping die weg, ek wil wed dat hy daai patrone so opneuk.
Ek crimp nie een van my patrone nie. Ek dink dis slegs nodig in die kalibers wat kwaai skop, om te keer dat die patroonpunte in die doppe instamp in die geweer se magasyn.
Groete,
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Wil herlaai probeer
Cobb
Stop die horlosie!
Jy het n uitstekende offer gekry by een van die toonaangewende manne as dit by herlaai kom, Jagtersdok. Sulke uitnodigings kom nie oor elke man se lewe nie en as jy dit nie gaan aangryp nie maak jy n groot fout. n Mens kan hier vir jou skryf dat ons vingers bloei maar sekere dinge en konsepte sink maar net beter in as jy dit eerstehans sien.
Ek wens ek het so n uitnodiging ontvang al die jare terug! Dit sou my soveel tyd, moeite en frustrasie gespaar het.
Groetnis
Wouter

Last edited by Wouter Roets on Tue May 24, 2011 10:40 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Wil herlaai probeer
Wouter
Jy is 110% reg en ek sal my dinge nog reel sodat ek by hom uitkom...
...maar anner manne wat nie so gelukkig is nie, kan net op die Forum staatmaak, en eks seker baie manne wil ook die info deel en sien, daarom die fotos en vrae....
Ek sal bietjie minder goed van myself dink as ek al die info net vir myself hou....
Jy is 110% reg en ek sal my dinge nog reel sodat ek by hom uitkom...
...maar anner manne wat nie so gelukkig is nie, kan net op die Forum staatmaak, en eks seker baie manne wil ook die info deel en sien, daarom die fotos en vrae....
Ek sal bietjie minder goed van myself dink as ek al die info net vir myself hou....
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Jaco Swart
- Hero Member

- Posts: 804
- Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm
Re: Wil herlaai probeer
Naand Manne.
Ons beplan om 'n herlaai "workshop" te hou by die manne wat regtig ken. Dit sal nie formeel wees nie , maar eerder 'n ken mekaar naweek waar ons idees en gedagtes rondom herlaai en jag met mekaar uitruil.
Ek het al met Wouter daaroor gesels en hy is in. Dit sal dan ook op 'n plek aangebied moet word waar ons slaapplek het en die nodige geriewe het , soos bv 'n lekker saal/ lapa waar ons sal kan kuier.
As julle manne weet van 'n plek wat sentraal is bv rondom Pretoria of so moet julle laat weet.
Wouter gee bietjie jou gedagtes ook.

JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
Rustenburg
Noord-Wes
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Wil herlaai probeer
Jagtersdok
Ek het jou ge-PM
Cobus
Ek het jou ge-PM
Cobus
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Wil herlaai probeer
Kobus
Ek dink jy het my dalk verkeerd verstaan. Ek het nie bedoel dat ek nie bereid was om jou te help nie, ek wou jou maar net probeer atent maak oor die groot offer wat aan jou gemaak is en dat jy dit met altwee hande moet aangryp.
Ek verstaan bitter goed die furstrasie en moedeloosheid wat jy en n klomp ander mense mee sit. Jy lees dalk n ding in n boek maar dit wil nie aldag in die praktyk so uitwerk nie!
Jaco
Ek sal slaapplek vir so 24 mense aan die einde van Augustus he, huidig is daar vir so 12 op die plaas. Ek weet dit is dalk bietjie ver vir die meeste mense van die rand so meskien is jou plan nie so sleg nie. kom ons kyk wat is die belangstelling dan vat ons dit verder. Ek het met Dok gepraat en hy is in.
Cobus
Dit is waar wat Geno gese het. Daai is maar net jou krimpdie wat maar te ver ingedraai was. Los hom uit daar is nie werklik aplikasie vir hom op daai kaliber nie.
Vra gerus verder vir die ander se onthalwe. Ons help graag.
Groetnis
Wouter
Ek dink jy het my dalk verkeerd verstaan. Ek het nie bedoel dat ek nie bereid was om jou te help nie, ek wou jou maar net probeer atent maak oor die groot offer wat aan jou gemaak is en dat jy dit met altwee hande moet aangryp.
Ek verstaan bitter goed die furstrasie en moedeloosheid wat jy en n klomp ander mense mee sit. Jy lees dalk n ding in n boek maar dit wil nie aldag in die praktyk so uitwerk nie!
Jaco
Ek sal slaapplek vir so 24 mense aan die einde van Augustus he, huidig is daar vir so 12 op die plaas. Ek weet dit is dalk bietjie ver vir die meeste mense van die rand so meskien is jou plan nie so sleg nie. kom ons kyk wat is die belangstelling dan vat ons dit verder. Ek het met Dok gepraat en hy is in.
Cobus
Dit is waar wat Geno gese het. Daai is maar net jou krimpdie wat maar te ver ingedraai was. Los hom uit daar is nie werklik aplikasie vir hom op daai kaliber nie.
Vra gerus verder vir die ander se onthalwe. Ons help graag.
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Wil herlaai probeer
Cobb
Die beste manier om die basiese stappe aan te leer is hier te gaan loer: http://www.rcbs.com/guide/step_by_step_reloading.aspx#
Ek het ook maar hierdie stappe geoefen en dit bemeester. Dit is die BASICS.
Nadat jy hierdie "verstaan" van herlaai ken, is die bywoon van 'n herlaaikursus baie noodsaaklik. 'n Ervare herlaaier wat net vinnig vir jou wys - met sy "oulike" en gevorderde toerusting is aan die begin dalk ook nie die regte ding nie. As jy self die proses uitrafel is dit op eie tyd. Wees egter asseblief versigtig met kruit, ladings, puntdiepte, ens. Dis hier waar iemand kan help.
Die ding is net - hierdie is so 'n breedvoerige storie dat ons dit nie op die forum ordentlik kan bespreek nie - sonder om snaaks te wees
Groetnis!
Hein M

Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Wil herlaai probeer
Cobb geen pyn nie
Jy kan maar een aand in die week oorkom ook, dit hoef nie naweek te wees nie.
Daa wat jy gedoen het is die maklikste fout wat meeste herlaaiers vroeg in hulle lewens oorkom, en ek het gesoute manne al gesien dit mee gebeur.
Geno moenie so gou die krmping die die skuld gee nie, as jy mooi gaan kyk buldge die nek en die skouer uit. Met die Krimping die wat te diep is bulge jou skouer uit maar die neck bly reguit want die ding squees soos collet die.
Daai foutjie is die seater die wat Cobb ten to one ingedraai het tot dat die shelholder aan die matrys raak met die ram heelbo. Lee en paar ander dies het shamfer/rol crimp ingebou in die seater die. Nou hoe moet jy die seater die opstel om dit te voorkom?
Jy vat lee dop sit in shelholder en druk die ram tot heelbo. Nou draai jy die seater die in tot waar jy voel dit raak die dop. As jy nie wil krimp nie draai jy kwart draai uit. As jy wil krimp draai 8ste draai aan nadat jy die ram laat sak het. Lock in position. Nou kan jy laai en bullets seat. As jy besluit het om te krimpsal jy voel die laaste knerts wat jy die ram laat beweeg het effens meer weerstand. Maar ja jy hoef nie die krimp die te gebruik nie en mens krimp net kalibers wat baie skop hehehe
Wat die herlaai kursus ding betref, Baas Wout en Jaco ja eks in.
Jy kan maar een aand in die week oorkom ook, dit hoef nie naweek te wees nie.
Daa wat jy gedoen het is die maklikste fout wat meeste herlaaiers vroeg in hulle lewens oorkom, en ek het gesoute manne al gesien dit mee gebeur.
Geno moenie so gou die krmping die die skuld gee nie, as jy mooi gaan kyk buldge die nek en die skouer uit. Met die Krimping die wat te diep is bulge jou skouer uit maar die neck bly reguit want die ding squees soos collet die.
Daai foutjie is die seater die wat Cobb ten to one ingedraai het tot dat die shelholder aan die matrys raak met die ram heelbo. Lee en paar ander dies het shamfer/rol crimp ingebou in die seater die. Nou hoe moet jy die seater die opstel om dit te voorkom?
Jy vat lee dop sit in shelholder en druk die ram tot heelbo. Nou draai jy die seater die in tot waar jy voel dit raak die dop. As jy nie wil krimp nie draai jy kwart draai uit. As jy wil krimp draai 8ste draai aan nadat jy die ram laat sak het. Lock in position. Nou kan jy laai en bullets seat. As jy besluit het om te krimpsal jy voel die laaste knerts wat jy die ram laat beweeg het effens meer weerstand. Maar ja jy hoef nie die krimp die te gebruik nie en mens krimp net kalibers wat baie skop hehehe
Wat die herlaai kursus ding betref, Baas Wout en Jaco ja eks in.
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Wil herlaai probeer
Hein
Ek dink dis hoe die ervare herlaaier die oordrag proses van kennis benader.
As mens besef dat die basics eers bemeester moet word en dit eers oordra, dit laat oefen en stap vir stap verder gaan, dan is 'n mentor van onskatbare waarde.

Wouter , Dok en die Manne.
Julle wat naby Pretoria bly moet maar skree as julle van 'n plek weet.
Ek weet daar by Brits/ Beestekraal is 'n paar vakansie oorde wat wel oor chalets, kampeerplek en kuier areas beskik.
Julle moet maar besluit. My voorstel sal wees dat ons 'n post begin en kyk hoe is die belangstelling. As dit nie baie belangstelling lok nie , kan ons daar na jou toe ry Wouter as dit reg is.
As ons egter goeie belangstelling kry moet ons dan kyk vir 'n sentrale bymekaar kom plek.
Dok , ek sal vra dat jy vir ons so post aanmekaar slaan as dit nie te veel moeite gaan wees nie.
Groetnis
Julle wat naby Pretoria bly moet maar skree as julle van 'n plek weet.
Ek weet daar by Brits/ Beestekraal is 'n paar vakansie oorde wat wel oor chalets, kampeerplek en kuier areas beskik.
Julle moet maar besluit. My voorstel sal wees dat ons 'n post begin en kyk hoe is die belangstelling. As dit nie baie belangstelling lok nie , kan ons daar na jou toe ry Wouter as dit reg is.
As ons egter goeie belangstelling kry moet ons dan kyk vir 'n sentrale bymekaar kom plek.
Dok , ek sal vra dat jy vir ons so post aanmekaar slaan as dit nie te veel moeite gaan wees nie.
Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
Rustenburg
Noord-Wes
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Wil herlaai probeer
Ek maak so Jaco
Is Augustus maand okay vir julle? gee die manne darem bietjie tyd om te beplan etc.
Is Augustus maand okay vir julle? gee die manne darem bietjie tyd om te beplan etc.
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3647
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Wil herlaai probeer
Dn te JAGJagtersdok wrote: Ek maak so Jaco
Is Augustus maand okay vir julle? gee die manne darem bietjie tyd om te beplan etc.
- Jaco Swart
- Hero Member

- Posts: 804
- Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm
Re: Wil herlaai probeer
Dok.
Dis reg so.
Ons maak 'n datum vas in Augustus en vat dit dan van daar af. Sodra die belangstelling aangedui word sal ons dan ook laat weet waar ons gaan saam kuier en wat almal moet doen en saambring.
Ek kyk uit vir jou post.
Groetnis
Dis reg so.
Ons maak 'n datum vas in Augustus en vat dit dan van daar af. Sodra die belangstelling aangedui word sal ons dan ook laat weet waar ons gaan saam kuier en wat almal moet doen en saambring.
Ek kyk uit vir jou post.
Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
Rustenburg
Noord-Wes
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Wil herlaai probeer
Cobb
Terwyl jy (julle) al kwylende wag op daardie herlaaikursus, sal hierdie info solank help: http://home.comcast.net/~jesse99/caseprep.html
Hier is 'n magdom lekker leeswerk. Geniet!
Hein
Terwyl jy (julle) al kwylende wag op daardie herlaaikursus, sal hierdie info solank help: http://home.comcast.net/~jesse99/caseprep.html
Hier is 'n magdom lekker leeswerk. Geniet!
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Gerard
Re: Wil herlaai probeer
Ek het vandag 'n man gehelp met ladingontwikkeling op 'n 223 en 'n 243. Die 223 kon nog nie onder 4 duim of so op 100m kom nie en die 243 was nie sleg nie maar ook nie waffers nie.
Hy bring toe die gewere en al sy koeels, kruit, slagdoppies en matryse. Lang storie kort, met die opmeting van die gewere en die matryse vind ek die gewere pragtig binne spesifikasie en die 243 matryse ook. Die 223 sizer het egter asentries gemeet met amper 0.5mm. Die ammunisie het soos klein piesangkies uitgekom. Ons het die doppe gedruk met my 223 sizer (nie Lee fabrikaat nie) en daar was die ammunisie mooi reguit.
Met albei die gewere was die slagdoppies nie volledig in plek nie en sommige was merkbaar hoog in die gat. Hy gebruik een van daardie plastiek en aluminium hand toestelle waar die 100 slagdoppies jou so sit en kyk.
Dit het weereens vir my bevestig dat die koop van toerusting waarskynlik die belangrikste stap in herlaai is. Jy kan jou metodes aanpas en ander maniere van doen aanleer, maar, as die geld gespandeer is op goedkoop koop, kan die spulletjie duur word as jy weer moet koop.
Daar is sekere fabrikate wat mens net aan mense verkoop wat jy nie van hou nie. Toerusting wat van aluminium gemaak is het geen plek in 'n respektabele herlaaier se werkswinkel nie.
Ek klim nou van my seepkissie af.